LEVÍTIKUS 10

Nadab en Abíhu word deur vuur van die Here verteer.

1 EN die seuns van Aäron,Nadab en Abíhu,het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit envreemde vuur voor die aangesig van dieHeregebring, wat Hy hulle nie beveel het nie.

2 Daarophet daar vuur van die aangesig van dieHereuitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van dieHere.

3 Toe sê Moses vir Aäron: Dit is dit wat dieHeregespreek het deur te sê: In diewat naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele volk wil Ek Myverheerlik.Maar Aäron het stilgebly.

4 En Moses het Mísael en Élsafan, die seuns vanUssiël, die oom van Aäron, geroep en aan hulle gesê: Kom nader, dra julle broers van die heiligdom af weg, buitekant die laer uit.

5 Toe het hulle nader gekom en hulle in hul rokke buitekant die laer uitgedra soos Moses gesê het.

6 Daarop sê Moses aan Aäron en sy seuns Eleásar en Ítamar:Laat julle hare nie loshang nie en maak geen skeure in julle klere nie, dat julle nie sterwe en Hyin toorn teen die hele vergadering losbreek nie. Maar julle broers, die hele huis van Israel, kan die brand beween wat dieHereaangesteek het.

7 Julle mag ook uit die ingang van die tent van samekoms nie uitgaan nie, dat julle nie sterwe nie;want die salfolie van dieHereis op julle. En hulle het gehandel ooreenkomstig die woord van Moses.

8 En dieHerehet met Aäron gespreek en gesê:

9 Moenie wyn of sterk drank drink nie, jy of jou seuns saam met jou as julle in die tent van samekoms ingaan, dat julle nie sterwe nie; ’n ewige insetting is dit vir julle geslagte;

10 en julle moetonderskeid maak tussen wat heilig en wat onheilig, en tussen wat onrein en wat rein is;

11 en julle moet die kinders van Israel leer al die insettinge wat dieHeredeur die diens van Moses aan hulle verkondig het.

12 En Moses het met Aäron gespreek en met sy seuns Eleásar en Ítamar wat oorgebly het: Neemdie spysoffer wat van die vuuroffers van dieHereoorgebly het, en eet dit as ongesuurde koekelangs die altaar; want dit is hoogheilig.

13 Daarom moet julle dit op ’n heilige plek eet, want dit is wat aan jou en jou seuns toekom uit die vuuroffers van dieHere; wantso is aan my bevel gegee.

14 Ookdie beweegbors en die hefboud moet julle op ’n rein plek eet, jy en jou seuns en jou dogters saam met jou; want as deel wat aan jou en jou seuns toekom, is hulle uit die dankoffers van die kinders van Israel gegee.

15 Die hefboud en die beweegbors moet hulle saam met die vuuroffers van die stukke vet bring om as beweegoffer voor die aangesig van dieHerete beweeg; en dit sal vir jou en jou seuns saam met jou ’n deel wees wat aan julle vir ewig toekom soos dieHerebeveel het.

16 En Moses het rondgesoek na die sondofferbok, maar dit was verbrand! Daarom was hy baie kwaad vir Eleásar en Ítamar, die seuns van Aäron wat oorgebly het; en hy het gesê:

17 Waarom het julle die sondoffer nie op ’n heilige plek geëet nie? Want dit is hoogheilig, en Hy het dit aan julle gegee om die ongeregtigheid van die vergadering weg te neem, om versoening vir hulle te doen voor die aangesig van dieHere.

18 Kyk,die bloed daarvan is nie binne in die heiligdom gebring nie. Julle moes dit sekerlik in die heiligdom geëet hetsoos ek beveel het.

19 Toe sê Aäron vir Moses: Kyk,hulle het vandag hul sondoffer en hul brandoffer voor die aangesig van dieHeregebring, en sulke dinge het my oorgekom; as ek vandag sondoffer geëet het, sou dit goed gewees het in die oë van dieHere?

20 Toe Moses dit hoor, was dit goed in sy oë.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

17 − 11 =