NÚMERI 5

Bevel om al die onreines buitekant die laer af te sonder.

1 EN dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

2 Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle uit die laer wegstuur aldie melaatse mense en almal wat’n vloeiing het, en almal wat deur’n lyk onrein is.

3 Man sowel as vrou moet julle wegstuur;buitekant die laer moet julle hulle wegstuur, sodat hulle nie hul laer verontreinigwaar Ek in hulle midde woon nie.

4 En die kinders van Israel het so gedoen en hulle buitekant die laer gestuur; soos dieHeremet Moses gespreek het, so het die kinders van Israel gedoen.

Wette oor die teruggawe van ontvreemde goed.

5 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

6 Spreek met die kinders van Israel:As ’n man of vrou enige menslike sonde doen, sodat ontrou teen dieHeregehandel word, en dié siel skuldig word,

7 dan moet hulle hul sonde wat hulle gedoen het, bely; daarna moet hy wat hy skuldig is, ten volle teruggee en die vyfde deel daarvan byvoeg, en hy moet dit aan dié een gee teen wie hy hom skuldig gemaak het.

8 Maar as die man geen losser het aan wie die skuld teruggegee kan word nie, behoort die skuld wat teruggegee moet word, aan dieHere, aan die priester, behalwedie versoeningsram waarmee hy vir hom versoening doen.

9 En elke heffing van al die heilige gawes van die kinders van Israel wat hulle na die priester bring,moet syne wees.

10 En elkeen se heilige gawes — dit moet syne wees: wat iemand aan die priester gee,moet syne wees.

Wet oor die jaloersheid.

11 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

12 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand se vrou afwyk en ’n troubreuk teen hom begaan,

13 en ’n man met haar vleeslike gemeenskap het, maar dit vir die oë van haar man verborge bly en sy nie uitgevind is nie — hoewel sy haar verontreinig het — terwyl daar geen getuie teen haar is en sy nie betrap is nie;

14 en daar kom ’n gees van jaloersheid oor hom, sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haarinderdaadverontreinig het; of ’n gees van jaloersheid kom oor hom, sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haar nie verontreinig het nie;

15 dan moet die man sy vrou na die priester bring, en hy moet haar offer vir haar saambring: ’n tiende van ’n efa garsmeel;hy moet daar geen olie op giet en geen wierook daar byvoeg nie, omdat dit ’n spysoffer van jaloersheid is, ’n gedenkofferwat die ongeregtigheid in gedagtenis bring.

16 En die priester moet haar laat nader kom en haar voor die aangesig van dieHerestel.

17 En die priester moet heilige water in ’n erdepot neem; en van die stof wat op die vloer van die tabernakel is, moet die priester neem en in die water gooi.

18 Daarna moet die priester die vrou voor die aangesig van dieHerestel en die hare van die vrou losmaak, en hy moet die gedenkoffer op haar hande sit — ’n spysoffer van jaloersheid is dit; en in die hand van die priester moet daar wees die water van bitter smart wat die vloek bring.

19 En die priester moet haar besweer en aan die vrou sê: As geen man met jou gemeenskap gehad het nie, en jy, terwyl jy aan jou man toebehoort het, nie afgewyk het in onreinheid nie — wees dan vry van hierdie water van bitter smart wat die vloek bring.

20 Maar as jy, terwyl jy aan jou man toebehoort het, afgewyk en jou verontreinig het deurdat ’n man behalwe jou eie man met jou vleeslike gemeenskap gehad het —

21 so moet dan die priesterdie vrou met die eed van vervloeking besweer, en die priester moet aan die vrou sê:Mag dieHerejou tot ’n vervloeking en ’n verwensing maak onder jou volk deurdat dieHerejou heup laat inval en jou skoot laat opswel;

22 en mag hierdie water wat die vloek bring,in jou ingewande ingaan om die skoot te laat opswel en die heup te laat inval. Dan moet die vrou sê:Amen, amen!

23 Daarna moet die priester hierdie vervloekinge op ’n blad skrywe en dit in die water van bitter smart uitwis;

24 en hy moet die vrou laat drink die water van bitter smart wat die vloek bring, sodat die water wat die vloek bring, in haar kan ingaan tot bitter smart.

25 En die priester moet uit die hand van die vrou die spysoffer van jaloersheid neem en die spysoffervoor die aangesig van dieHerebeweeg en dit na die altaar bring.

26 Die priestermoet ook van die spysoffer ’n handvol, as gedenkoffer daarvan, neem en dit op die altaar aan die brand steek; en daarna moet hy die vrou die water laat drink.

27 En as hy haar die water laat drink het, dan sal, as sy haar verontreinig en teen haar man troubreuk begaan het, die water wat die vloek bring, as bitter smart in haar ingaan, en haar skoot sal opswel en haar heup inval; en die vrousal onder haar volk ’n vervloeking wees.

28 Maar as die vrou haar nie verontreinig het nie, maar rein is, sal sy vry wees en swanger word.

29 Dit is die wet oor die jaloersheid: As ’n vrou afwykterwyl sy aan haar man toebehoort, en haar verontreinig;

30 of as oor ’n man die gees van jaloersheid kom en hy op sy vrou jaloers word — dan moet hy die vrou voor die aangesig van dieHerestel, en die priester moet met haar handel volgens hierdie hele wet.

31 En die man sal vry wees van ongeregtigheid, maar dié vrousal haar ongeregtigheid dra.

NÚMERI 6

Wet oor die nasireërsgelofte.

1 EN dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As ’n man of ’n vrou ’n besondere gelofte aflê, die geloftevan ’n nasireër, om hom aan dieHerete wy,

3 moet hy hom vanwyn en sterk drank onthou; wyn-asyn en asyn van sterk drank mag hy nie drink nie, ja, geen druiwesap mag hy drink nie en geen vars of gedroogde druiwe eet nie.

4 Al die dae van sy nasireërskap mag hy niks eet van alles wat van die wynstok gemaak is nie, selfs nie van die pitte en doppe nie.

5 Al die dae van die gelofte van sy nasireërskap mag geenskeermes oor sy hoof gaan nie. Totdat die dae om is dat hy hom aan dieHeretoewy, moet hy heilig wees — hy moetdie hare van sy hoof vry laat groei.

6 Al die dae dat hy hom aan dieHeregewy het,mag hy nie by ’n dooie kom nie.

7 Aan sy vader of sy moeder, aan sy broer of sy suster — aan hulle mag hy hom nie verontreinig as hulle dood is nie; want die wyding van sy God is op sy hoof.

8 Al die dae van sy nasireërskap is hy heilig aan dieHere.

9 En as heeltemal onverwags iemand by hom sterwe, sodat hy sy gewyde hoof verontreinig, moet hyop die dag van sy reiniging sy hoof skeer; op die sewende dag moet hy dit skeer.

10 Enop die agtste dag moet hy twee tortelduiwe of twee jong duiwe na die priester, na die ingang van die tent van samekoms, bring.

11 En die priester moet een as sondoffer en een as brandoffer berei en vir hom versoening doen vir wat hy uit oorsaak van die dooie gesondig het; so moet hy dan sy hoof op dieselfde dag heilig.

12 Daarna moet hy die dae van sy nasireërskap aan dieHerewy en ’n jaaroud lam as skuldoffer bring; en die vorige dae moet wegval, omdat sy nasireërskap verontreinig is.

13 En dit is die wet van die nasireër:Op die dag as die dae van sy nasireërskap om is, moet hulle hom na die ingang van die tent van samekoms bring;

14 en hy moet sy offer aan dieHerebring: een jaaroud lam sonder gebrek as brandoffer en een jaaroud ooilam sonder gebrekas sondoffer en een ram sonder gebrekas dankoffer

15 en ’n mandjieongesuurde koeke van fynmeel, koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoekemet olie bestryk, en die spysoffer endie drankoffers wat daarby behoort.

16 En die priester moet dit voor die aangesig van dieHerebring en die sondoffer enbrandoffer vir hom berei.

17 Hy moet ook die ram as dankoffer aan dieHeregereedmaak saam met die mandjie ongesuurde koeke; en die priester moetdie spysoffer en drankoffer vir hom berei.

18 Dan moet die nasireërby die ingang van die tent van samekoms sy gewyde hoof skeer en die hare van sy gewyde hoof neem en dit op die vuur gooi wat onder die dankoffer is.

19 Verder moet die priesterdie gekookte blad van die ram afneem en een ongesuurde koek uit die mandjie en een ongesuurde platkoek; enhy moet hulle op die hande van die nasireër sit nadat dié sy gewydehareafgeskeer het.

20 En die priester moet ditbeweeg as beweegoffer voor die aangesig van dieHere.Dit is iets heiligs vir die priester saam met die bors van die beweegoffer en die boud van die hefoffer. En daarna mag die nasireër wyn drink.

21 Dit is die wet vir die nasireër wat sy offer aan dieHerebeloof op grond van sy nasireërskap, behalwe wat hy verder kan bekostig. Volgens sy gelofte wat hy afgelê het, só moet hy doen volgens die wet van sy nasireërskap.

Die priesterlike seën.

22 EN dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

23 Spreek met Aäron en sy seuns en sê:So moet julle die kinders van Israel seën deur vir hulle te sê:

24 DieHeresal jou seën enjou behoed;

25 dieHeresal sy aangesig oor jou laat skyn enjou genadig wees;

26 dieHeresal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.

27 So moet hulle dan my Naam op die kinders van Israel lê; en Ék sal hulle seën.

NÚMERI 7

Offerandes van die twaalf stamowerstes ná die oprigting en heiliging van die tabernakel.

1 EN op die dag toe Mosesdie tabernakel klaar opgerig endit gesalf en geheilig het met al sy gereedskap, en die altaar met al sy gereedskap, en hy dit gesalf en geheilig het,

2 het die owerstes van Israel,die hoofde van hulle families, offers gebring — hulle was die owerstes van die stamme, hulle wat oor die geteldes gestaan het —

3 hulle het hul offer voor die aangesig van dieHeregebring: ses tentwaens en twaalf beeste; ’n wa vir twee owerstes en ’n bees vir elkeen; en hulle het dit voor die tabernakel gebring.

4 En dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

5 Neem dit van hulle aan, dat dit kan gebruik word om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig; en jy moet dit aan die Leviete gee, aan elkeen volgens sy dienswerk.

6 Toe het Moses die waens en die beeste geneem en dit aan die Leviete gegee:

7 twee waens en vier beeste hethy aan die seuns van Gerson gegee volgens hulle dienswerk;

8 en vier waens en agt beestehet hy aan die seuns van Merári gegee volgens hulle dienswerk, onder leiding van Ítamar, die seun van die priester Aäron.

9 Maar aan die seuns van Kehat het hy niks gegee nie; wantdie diens van die heiligdom het op hulle gerus:hulle moes dit op die skouers dra.

10 En die owerstes hetdie inwydingsgawe van die altaar gebring op die dag toe dit gesalf is, en die owerstes het hulle offer voor die altaar gebring.

11 En dieHerehet aan Moses gesê: Elke owerste moet, elkeen op ’n afsonderlike dag, sy offer bring vir die inwyding van die altaar.

12 En hy wat op die eerste dag sy offer gebring het, wasNagson, die seun van Ammínadab, van die stam van Juda.

13 En sy offer was: eensilwerskottel, honderd-en-dertigsikkelsin gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

14 een rookpan van tiensikkelsgoud,vol reukwerk;

15 een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

16 een bokram as sondoffer;

17 en asdankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Nagson, die seun van Ammínadab.

18 Op die tweede dag hetNetáneël, die seun van Suar, die owerste van Íssaskar, aangebring —

19 hy het sy offer gebring: een silwerskottel, honderd-en-dertigsikkelsin gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

20 een rookpan van tiensikkelsgoud, vol reukwerk;

21 een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

22 een bokram as sondoffer;

23 en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Netáneël, die seun van Suar.

24 Op die derde dag die owerste van die kinders van Sébulon,Elíab, die seun van Helon.

25 Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertigsikkelsin gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

26 een rookpan van tiensikkelsgoud, vol reukwerk;

27 een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

28 een bokram as sondoffer;

29 en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Elíab, die seun van Helon.

30 Op die vierde dag die owerste van die kinders van Ruben,Elísur, die seun van Sedéür.

31 Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertigsikkelsin gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

32 een rookpan van tiensikkelsgoud, vol reukwerk;

33 een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

34 een bokram as sondoffer;

35 en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Elísur, die seun van Sedéür.

36 Op die vyfde dag die owerste van die kinders van Símeon,Selúmiël, die seun van Surísaddai.

37 Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertigsikkelsin gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

38 een rookpan van tiensikkelsgoud, vol reukwerk;

39 een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

40 een bokram as sondoffer;

41 en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Selúmiël, die seun van Surísaddai.

42 Op die sesde dag die owerste van die kinders van Gad,Éljasaf, die seun van Réhuel.

43 Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertigsikkelsin gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

44 een rookpan van tiensikkelsgoud, vol reukwerk;

45 een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

46 een bokram as sondoffer;

47 en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Éljasaf, die seun van Réhuel.

48 Op die sewende dag die owerste van die kinders van Efraim,Elisáma, die seun van Ammíhud.

49 Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertigsikkelsin gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

50 een rookpan van tiensikkelsgoud, vol reukwerk;

51 een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

52 een bokram as sondoffer;

53 en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Elisáma, die seun van Ammíhud.

54 Op die agtste dag die owerste van die kinders van Manasse,Gámliël, die seun van Pedásur.

55 Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertigsikkelsin gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

56 een rookpan van tiensikkelsgoud, vol reukwerk;

57 een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

58 een bokram as sondoffer;

59 en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Gámliël, die seun van Pedásur.

60 Op die negende dag die owerste van die kinders van Benjamin,Abídan, die seun van Gideóni.

61 Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertigsikkelsin gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

62 een rookpan van tiensikkelsgoud, vol reukwerk;

63 een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

64 een bokram as sondoffer;

65 en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Abídan, die seun van Gideóni.

66 Op die tiende dag die owerste van die kinders van Dan,Ahiëser, die seun van Ammísaddai.

67 Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertigsikkelsin gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

68 een rookpan van tiensikkelsgoud, vol reukwerk;

69 een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

70 een bokram as sondoffer;

71 en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Ahiëser, die seun van Ammísaddai.

72 Op die elfde dag die owerste van die kinders van Aser,Págiël, die seun van Ogran.

73 Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertigsikkelsin gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

74 een rookpan van tiensikkelsgoud, vol reukwerk;

75 een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

76 een bokram as sondoffer;

77 en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Págiël, die seun van Ogran.

78 Op die twaalfde dag die owerste van die kinders van Náftali,Ahíra, die seun van Enan.

79 Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertigsikkelsin gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

80 een rookpan van tiensikkelsgoud, vol reukwerk;

81 een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

82 een bokram as sondoffer;

83 en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Ahíra, die seun van Enan.

84 Dit wasdie inwydingsgawe van die altaar van die kant van Israel se owerstes op die dag toe dit gesalf is: twaalf silwerskottels, twaalf silwerkomme, twaalf goue rookpanne —

85 elke skottel honderd-en-dertigsikkelssilwer, en elke kom sewentig; al die silwer van die goed was tweeduisend-vierhonderd volgens die sikkel van die heiligdom —

86 twaalf goue rookpanne, vol reukwerk; elke rookpan tiensikkelsvolgens die sikkel van die heiligdom; al die goud van die rookpanne was honderd-en-twintigsikkels.

87 Al die beeste vir die brandoffer was twaalf bulle; die ramme twaalf, die jaaroud lammers twaalf, met hulle spysoffer; en twaalf bokramme as sondoffer.

88 En al die beeste vir die dankoffer was vier-en-twintig bulle; die ramme sestig, die bokramme sestig, die jaaroud lammers sestig. Dit isdie inwydingsgawe van die altaar nadatdit gesalf is.

89 En as Moses in die tent van samekoms gegaan hetom met Hom te spreek, het hy die stem met hom hoor spreekvan die versoendeksel af wat op die ark van die Getuienis is, tussen die twee gérubs uit. So het Hy dan met hom gespreek.

NÚMERI 8

Die opsteek van die lampe.

1 EN dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met Aäron en sê vir hom: Asjy die lampe opsteek, moet die sewe lampe aan die voorkant van die kandelaar lig gee.

3 En Aäron het so gedoen: aan die voorkant van die kandelaar het hy dié lampe opgesteek soos dieHereMoses beveel het.

4 En dit was die maaksel van die kandelaar: dryfwerk uit goud; selfs sy voetstuk en sy blomme wasdryfwerk;volgens die beeltenis wat dieHereaan Moses getoon het, so het hy die kandelaar gemaak.

Reiniging van die Leviete.

5 EN dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

6 Neem die Leviete onder die kinders van Israel uit en reinig hulle.

7 En so moet jy met hulle doen om hulle te reinig: Sprinkel op hullewater van ontsondiging; en hulle moet ’n skeermes oor hulle hele liggaam laat gaan en hulle klere was en hulleself reinig.

8 Daarna moet hulle ’n jong bul neem endie spysoffer wat daarby behoort: fynmeel met olie gemeng; en ’n ander jong bul moet jy as sondoffer neem.

9 En jy moet die Leviete voor die tent van samekoms laat nader kom endie hele vergadering van die kinders van Israel versamel.

10 Dan moet jy die Leviete voor die aangesig van dieHerelaat nader kom, en die kinders van Israelmoet hulle hande op die Leviete lê.

11 En Aäron moet die Leviete as beweegoffer beweeg voor die aangesig van dieHerenamens die kinders van Israel, sodat hulle daar kan wees om die dienswerk van dieHerete verrig.

12 En die Levietemoet hulle hande op die kop van die bulle lê; en berei jy een as sondoffer en een as brandoffer vir dieHere, om vir die Leviete versoening te doen.

13 Dan moet jy die Leviete stel voor Aäron en sy seuns en hulle as beweegoffer aan dieHerebeweeg.

14 En jy moet die Leviete onder die kinders van Israel uit afsonder, dat die Levietemyne kan wees.

15 En daarna moet die Leviete inkom om die tent van samekoms te bedien. So moet jy hulle dan reinig en hulle as beweegoffer beweeg.

16 Want hulle is heeltemal aan My gegee onder die kinders van Israel uit,in die plek van alles wat die moederskoot open — al die eersgeborenes uit die kinders van Israel — het Ek hulle vir My geneem.

17 Want al die eersgeborenes onder die kinders van Israel is myne, van mense en van diere; op die dag toe Ek al die eersgeborenes in Egipteland getref het, het Ek hulle vir My geheilig.

18 En Ek het die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel geneem

19 endie Leviete gegee — hulle is gegee aan Aäron en sy seuns onder die kinders van Israel uit om die dienswerk van die kinders van Israel in die tent van samekoms te verrig en om vir die kinders van Israel versoening te doen,sodat daar geen plaag mag wees onder die kinders van Israel as die kinders van Israel na die heiligdom aankom nie.

20 En Moses en Aäron en die hele vergadering van die kinders van Israel het met die Leviete gedoen net soos dieHereMoses aangaande die Leviete beveel het; so het die kinders van Israel met hulle gedoen.

21 En die Levietehet hulleself ontsondig en hulle klere gewas, en Aäron het hulle beweeg as beweegoffer voor die aangesig van dieHere; en Aäron het versoening vir hulle gedoen om hulle te reinig.

22 En daarna het die Leviete gekom om hulle dienswerk in die tent van samekoms voor Aäron en sy seuns te verrig; soos dieHereMoses aangaande die Leviete beveel het, so het hulle met hulle gedoen.

23 En dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

24 Dit is die saak wat die Leviete betref:Van vyf-en-twintig jaar oud en daarbo moet hy kom om sy plig te vervul by die dienswerk van die tent van samekoms.

25 Maar van vyftig jaar oud moet hy vry wees van diensplig en nie meer dien nie —

26 hy kan sy broers in die tent van samekoms behulpsaam weesom die diens waar te neem, maar dienswerk moet hy nie verrig nie. So moet jy met die Leviete doen insake hulle ampspligte.

NÚMERI 9

Verhaal van die paasfees in die woestyn.

1 EN dieHerehet met Moses gespreek in die woestyn Sinai — in die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het,in die eerste maand — en gesê

2 dat die kinders van Israel die pasga op die bepaalde tyd moet hou.

3 Op die veertiende dag in hierdie maand, teen die aand, moet julle dit op die bepaalde tyd hou; volgens al sy insettinge en al sy verordeninge moet julle dit hou.

4 Toe het Moses met die kinders van Israel gespreek dat hulle die pasga moet hou.

5 En hulle het die pasga gehou op die veertiende dag van die eerste maand, teen die aand, in die woestyn Sinai; net soos dieHereMoses beveel het, so het die kinders van Israel gedoen.

6 En daar was manne wat deur die lyk van ’n mensonrein geword het en op dieselfde dag die pasga nie kon hou nie.Daarom het hulle nader gekom voor Moses en Aäron op dieselfde dag,

7 en dié manne het vir hom gesê: Ons is onrein deur die lyk van ’n mens; waarom moet ons te kort gedoen word, dat ons die offer van dieHerenie op die bepaalde tyd onder die kinders van Israel sou bring nie?

8 En Moses het vir hulle gesê: Bly staan, datek kan hoor wat dieHerejulle sal beveel.

9 Toe het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

10 Spreek met die kinders van Israel en sê: As iemand van julle of van julle geslagte deur ’n lyk onrein word of op ’n ver reis is, moet hy tog die pasga vir dieHerehou.

11 In die tweede maand, op die veertiende dag, teen die aand, moet hulle dit hou;met ongesuurde brode en bitter kruie moet hulle dit eet.

12 Hulle moet daarvan niks laat oorbly tot die môre toe of’n been daaraan breek nie;volgens die hele insetting van die pasga moet hulle dit hou.

13 Maar die man wat rein is en nie op reis is nie en nalaat om die pasga te hou, dié sielmoet uit sy volksgenote uitgeroei word; want hy het die offer van dieHerenie op die bepaalde tyd gebring nie. Dié manmoet sy sonde dra.

14 En as ’n vreemdeling by julle vertoef en die pasga vir dieHerehou, moet hy dit hou volgens die insetting van die pasga en volgens die verordening daarvan.Dit moet een insetting vir julle wees, vir die vreemdeling sowel as die kind van die land.

Die wolk- en vuurkolom bo die tabernakel.

15 ENop die dag toe hulle die tabernakel opgerig het, het die wolk die tabernakel van die tent van die Getuienis oordek, enin die aand was dit oor die tabernakel soos ’n gedaante van vuur, tot die môre toe.

16 So was dit altyddeur: die wolk het dit oordek, en snags ’n gedaante van vuur.

17 En so dikwels as die wolkvan die tent af optrek, het die kinders van Israel daarna weggetrek; en op die plek waar die wolk rus, daar het die kinders van Israel laer opgeslaan —

18 volgens die bevel van dieHerehet die kinders van Israel weggetrek en volgens die bevel van dieHerelaer opgeslaan;al die dae wat die wolk oor die tabernakel gerus het, het hulle in die laer gestaan.

19 En as die wolk baie dae oor die tabernakel bly, het die kinders van Israeldie diens van dieHerewaargeneem en nie weggetrek nie.

20 Maar somtyds was die wolk net ’n paar dae oor die tabernakel — volgens die bevel van dieHerehet hulle laer opgeslaan, en volgens die bevel van dieHerehet hulle weggetrek.

21 En somtyds was die wolk daar van die aand tot die môre — as die wolk in die môre optrek, het hulle weggetrek; of by dag of by nag — as die wolk optrek, het hulle weggetrek;

22 of ná twee dae of ’n maand of langer — as die wolk lank oor die tabernakel bly, het die kinders van Israelin die laer gestaan en nie weggetrek nie; en as dit optrek, het hulle weggetrek.

23 Volgens die bevel van dieHerehet hulle laer opgeslaan, en volgens die bevel van dieHerehet hulle weggetrek. Hulle het die voorskrif van dieHerein ag geneem volgens die bevel van dieHeredeur die diens van Moses.

NÚMERI 10

Bevel om twee silwertrompette te maak.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Maak vir jou twee silwertrompette; van dryfwerk moet jy dit maak; en hulle moet vir jou dienom die vergadering byeen te roep en om die laers te laat opbreek.

3 Ashulle dan daarop blaas, moet die hele vergadering by jou byeenkom by die ingang van die tent van samekoms.

4 Maar as hulle op een daarvan blaas, moet by jou byeenkom die owerstes,die stamhoofde van Israel.

5 En as julle alarm blaas, moetdie laers opbreek wat aan die oostekant staan.

6 Maar as julle die tweede keer alarm blaas, moet die laers opbreek wataan die suidekant staan. Alarm moet hulle blaas as hulle moet opbreek.

7 Maar as die vergadering byeen moet kom, moet julle blaas, maar niealarm maak nie.

8 En die seuns van Aäron, die priesters, moet op die trompette blaas; en diétrompettemoet vir julle ’n ewige insetting in julle geslagte wees.

9 Enas julle in jul land in oorlog kom teen die vyand wat met julle veg, moet julle met die trompette alarm blaas; dan sal aan jullegedink word voor die aangesig van dieHerejulle God, en julle sal van jul vyande verlos word.

10 Op die dag as julle vrolik is, sowel as op julle feestye enby die begin van julle maande moet julle by jul brandoffers en by jul dankoffers op die trompette blaas: hulle sal dien om julle in gedagtenis te bring voor die aangesig van julle God. Ek is dieHerejulle God.

Optog van die Israeliete uit die woestyn Sinai.

11 IN die tweede jaar, in die tweede maand, op die twintigste van die maand, het diewolk opgetrek van die tabernakel van die Getuienis af.

12 En die kinders van Israel het van plek tot plek weggetrek uitdie woestyn Sinai, en die wolk het gaan rus indie woestyn Paran.

13 So het hulle dan die eerste keer weggetrekvolgens die bevel van dieHeredeur die diens van Moses.

14 En eerste het weggetrek die vaandel van die laer van Juda se kinders volgens hulle leërafdelings; en oor sy afdeling wasNagson, die seun van Ammínadab.

15 En oor die afdeling van die stam van Íssaskar se kinders was Netáneël, die seun van Suar.

16 En oor die afdeling van die stam van Sébulon se kinders was Elíab, die seun van Helon.

17 Toe is dietabernakel afgebreek; en die seuns van Gerson en die seuns van Merári,die draers van die tabernakel, het weggetrek.

18 Daarna het weggetrekdie vaandel van die laer van Ruben volgens hulle leërafdelings; en oor sy afdeling wasElísur, die seun van Sedéür.

19 En oor die afdeling van die stam van Símeon se kinders was Selúmiël, die seun van Surísaddai.

20 En oor die afdeling van die stam van Gad se kinders was Éljasaf, die seun van Réhuel.

21 Daarna het die Kehatiete, die draers vandie heiligdom, weggetrek. Endie anderhet die tabernakel opgerig voordat hulle aangekom het.

22 Daarna het weggetrekdie vaandel van die laer van Efraim se kinders volgens hulle leërafdelings; en oor sy afdeling was Elisáma, die seun van Ammíhud.

23 En oor die afdeling van die stam van Manasse se kinders was Gámliël, die seun van Pedásur.

24 En oor die afdeling van die stam van Benjamin se kinders was Abídan, die seun van Gideóni.

25 Toe het weggetrek dievaandel van die laer van Dan se kinders wat, volgens hulle leërafdelings, die agterhoede vir al die leërs was; en oor sy afdeling wasAhiëser, die seun van Ammísaddai.

26 En oor die afdeling van die stam van Aser se kinders was Págiël, die seun van Ogran.

27 En oor die afdeling van die stam van Náftali se kinders was Ahíra, die seun van Enan.

28 Dit is die optogte van die kinders van Israel volgens hulle leërafdelings. En hulle het weggetrek.

29 En Moses het vir Hobab, die seun vanRéhuel, die Midianiet, die swaer van Moses, gesê: Ons trek na die plek waarvan dieHeregesê het:Ek sal dit aan julle gee. Trek saam met ons en ons sal aan jou goed doen; want dieHerehet oor Israel goeie dinge gespreek.

30 Maar hy het vir hom gesê: Ek sal nie saamtrek nie; maar ek sal na my land en my familie gaan.

31 Toe sê hy: Moet ons tog nie verlaat nie, juis daarom dat jy weet hoe ons laer moet opslaan in die woestyn, en jy sal vir onsas oë dien.

32 En as jy met ons saamtrek, sal onsdaardie goeie wat dieHereaan ons sal doen, ook aan jou doen.

33 En hulle hetvan die berg van dieHereaf drie dagreise ver getrek; en die verbondsark van dieHerehet drie dagreise ver voor hulle uit getrek om vir hulle’n rusplek uit te soek.

34 En die wolk van dieHerewas bedags oor hulle as hulle uit die laer wegtrek.

35 En as die ark wegtrek, het Moses gesê:Staan op,Here, dat u vyande verstrooi kan word en u haters voor u aangesig kan vlug.

36 En as dit rus, het hy gesê: Keer terug,Here, na die tienduisende van die duisende van Israel!

NÚMERI 11

Die volk by Tabéra. Murmurering en straf.

1 ENdie volk het hulle voor die ore van dieHerebeklaag dat dit sleg gaan. En toe dieHeredit hoor,het sy toorn ontvlam, endie vuur van dieHerehet onder hulle gebrand en het gewoed aan die kant van die laer.

2 Toe het die volk na Moses geroep, en Moseshet tot dieHeregebid; en die vuur het doodgegaan.

3 Daarom het hulle die plek Tabéra genoem, omdat die vuur van dieHereonder hulle gebrand het.

Die volk murmureer by Kibrot-Hattáäwa. Die kwartels.

4 EN diegemengde bevolking wat onder hulle was, is met lus bevang. Toe het die kinders van Israel ook weer geween en gesê:Wie sal vir ons vleis gee om te eet?

5 Ons dink aan die visse wat ons in Egipte verniet kon eet, aan die komkommers en die waterlemoene en die prei en die uie en die knoffel.

6 Maar nou is ons siel dor; daar’s glad niks nie: net die manna is voor ons oë.

7 Diemanna was soos koljandersaad, en dit het gelyk nabalsemgom.

8 Die volk het rondgeloop en dit versamel en in handmeule gemaal of in vysels gestamp, en hulle het dit in potte gekook en daarvan roosterkoeke gemaak. En die smaak daarvan was soos die smaak vanoliekoeke.

9 Enas die dou snags op die laer val, het die manna ook daarop geval.

10 Toe het Moses die volk, volgens hulle geslagte, elkeen by die deur van sy tent hoor ween; en die toorn van dieHerehet grootliks ontvlam; ook was dit verkeerd in die oë van Moses.

11 En Moses sê aan dieHere: Waarom het U u kneg kwaad aangedoen en waarom het ek geen genade in u oë gevind nie, dat U die las van hierdie hele volk op my lê?

12 Het ék hierdie hele volk dan ontvang? Of het ék hulle gebaar, dat U vir my sê:Dra hulle aan jou bors soos’n oppasser die suigling dra, na die land wat U aan hulle vadersmet ’n eed beloof het?

13 Waarvandaan moet ek vleis kry om aan al hierdie volk te gee? Want hulle ween by my en sê: Gee vir ons vleis, dat ons kan eet.

14 Ek alleen kan hierdie hele volk nie dra nie, want dit is vir my te swaar.

15 En as U so met my wil handel,slaan my dan maar liewer dood as ek genade in u oë gevind het, en laat ekmy ongeluk nie aansien nie.

16 Toe sê dieHereaan Moses: Bring vir Mysewentig manne uit die oudstes van Israel bymekaar, van wie jy weet dat hulle oudstes van die volk en syopsigters is, en bring hulle by die tent van samekoms, dat hulle daar by jou kan staan.

17 Dansal Ek neerdaal en daar met jou spreek; envan die Gees wat op jou is, sal Ek afsonder en op hulle lê; en hulle sal jou help omdie las van die volk te dra, sodat jy dit nie alleen hoef te dra nie.

18 En aan die volk moet jy sê:Heilig julle teen môre; dan sal julle vleis eet. Want julle het voor die ore van dieHeregeween en gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet? want dit was vir ons goed in Egipte. Daarom sal dieHerevir julle vleis gee, en julle sal eet.

19 Julle sal nie een dag of twee dae eet nie, of vyf dae of tien dae of twintig dae nie —

20 ’n hele maand lank,totdat dit uit julle neus uitkom en julle daarvan walg; omdat julle dieHerewat in julle midde is, verwerp en voor sy aangesig gehuil en gesê het:Waarom het ons tog uit Egipte uitgetrek?

21 Toe sê Moses:Seshonderdduisend te voet is die volk onder wie ek verkeer; en U het gesê: Ek sal aan hulle vleis gee, en hulle sal ’n hele maand lank eet!

22 Sal daar vir hulle kleinvee en beeste geslag word, sodat daar vir hulle genoeg sal wees? Of sal al die visse van die see vir hulle versamel word, sodat daar vir hulle genoeg is?

23 Maar dieHeresê vir Moses: Sou die hand van dieHerete kort wees? Nou sal jy sien ofmy woord vir jou uitkom of nie.

24 Toe het Moses uitgegaan en die woorde van dieHereaan die volk te kenne gegee; en hyhet sewentig manne uit die oudstes van die volk bymekaar laat kom en hulle rondom die tent laat staan.

25 Daarophet dieHereneergedaal in die wolk en met hom gespreek; en Hy het van die Gees wat op hom was, afgesonder en op die sewentig oudstes gelê. En terwyl die Gees op hulle rus, het hulle geprofeteer; maar daarna nie meer nie.

26 Maar twee manne het in die laer agtergebly: die naam van die een was Eldad en die naam van die ander Medad; en die Gees het op hulle gerus — hulle het behoort by die wat opgeskrywe was, hoewelhulle nie na die tent uitgegaan het nie — en hulle het in die laer geprofeteer.

27 Toe hardloop ’n seun en vertel dit aan Moses en sê: Eldad en Medad profeteer in die laer.

28 EnJosua, die seun van Nun, die dienaar van Moses van sy jeug af, antwoord en sê: My heer Moses,belet hulle dit!

29 Maar Moses sê vir hom: Ywer jy vir my?Ag, as die hele volk van dieHeremaar profete was, dat dieHeresy Gees oor hulle mag gee!

30 Daarop het Moses hom in die laer teruggetrek, hy en die oudstes van Israel.

31 Toe het ’nwind wat van dieHerekom, uitgevaar en kwartels van die see af oorgedrywe en op die laer gestrooi omtrent ’n dagreis hier en omtrent ’n dagreis daar, rondom die laer; en hulle was omtrent twee el bokant die grond.

32 Toe het die volk opgestaan daardie hele dag en die hele nag en die hele volgende dag en die kwartels versamel. Hy wat die minste gehad het, het tienhomer versamel. En hulle het dit oral vir hulle uitgesprei rondom die laer.

33 Dievleis was nog tussen hulle tande, voordat dit gekou was, toe die toorn van dieHerealreeds teen die volk ontvlam het, en dieHerehet onder die volk ’n baie groot slagting teweeggebring.

34 Daarom het hulle dié plek genoem Kibrot-Hattáäwa; want daar het hulle die volk begrawe wat so begerig was.

35 Van Kibrot-Hattáäwa af het die volk weggetrek na Háserot toe, en hulle het in Háserot gebly.

NÚMERI 12

Mirjam en Aäron word opstandig teen Moses. God besoek Mirjam met melaatsheid.

1 EN Mirjam en Aäron het teen Moses gespreek vanweë die Kusitiese vrou wat hy geneem het; want hyhet ’n Kusitiese vrou geneem.

2 En hulle het gesê: Het dieHeredan maar alleen met Moses gespreek?Het Hy nie ook met ons gespreek nie? En dieHerehet dit gehoor.

3 Maar die man Moses was baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem.

4 Toe het dieHeredadelik met Moses en Aäron en Mirjam gespreek: Julle drie, kom uit na die tent van samekoms! En hulle drie het uitgekom.

5 En dieHerehet in ’n wolkkolom neergedaal en by die ingang van die tent gaan staan. Daarna het Hy Aäron en Mirjam geroep, en hulle twee het uitgekom.

6 Toe sê Hy: Hoor tog my woorde. As julle profeet van dieHereis, sal Ek deur’n gesig My aan hom bekend maak,deur ’n droom sal Ek met hom spreek.

7 So is dit nie met my kneg Moses nie:in my hele huisis hy getrou.

8 Mond tot mond spreek Ek met hom, en deur aanskouing en nie deurduister woorde nie; en hy siendie verskyning van dieHere. Waarom het julle dan nie gevrees om teen my kneg, teen Moses, te spreek nie?

9 En die toorn van dieHerehet teen hulle ontvlam, en Hy het weggegaan.

10 En toe diewolk van die tent af weggetrek het, kyk, toe was Mirjammelaats, soos sneeu. En Aäron het Mirjam aangekyk en — sy was melaats!

11 Daarop sê Aäron vir Moses: Ag, my heer,lê tog nie op ons die sonde wat ons in ons dwaasheid begaan het nie.

12 Laat sy tog nie wees soos ’n dooie van wie se vleis, as hy uit sy moeder se skoot uitgaan, die helfte verteer is nie.

13 En Moses het dieHereaangeroep en gesê:oGod, maak haar tog gesond!

14 Toe sê dieHerevir Moses: As haar vader net maarin haar gesig gespuug het, sou sy nie sewe dae lank beskaamd wees nie? Laat sy sewe dae lank buitekant die laeropgesluit wees, en daarna mag sy opgeneem word.

15 En hulle het Mirjamsewe dae lank buitekant die laer opgesluit; en die volk het nie weggetrek voordat Mirjam opgeneem was nie.

16 Maar daarna het die volk vanHáserot af weggetrek en in die woestyn Paran laer opgeslaan.

NÚMERI 13

Bevel om twaalf manne te stuur om Kanaän te bespied.

1 EN dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

2 Stuur vir jou manne uit, dat hulle die land Kanaän wat Ek aan die kinders van Israel sal gee, kan verken. Van elke vaderlike stam moet julle een man stuur, elkeen ’n owerste onder hulle.

3 En Moses het hulle uitgestuuruit die woestyn Paran, volgens die bevel van dieHere— hulle almal manne wat hoofde was van die kinders van Israel.

4 En dit is hulle name: Van die stam van Ruben: Sámmua, die seun van Sakkur.

5 Van die stam van Símeon: Safat, die seun van Hori.

6 Van die stam van Juda:Kaleb, die seun van Jefúnne.

7 Van die stam van Íssaskar: Jígeal, die seun van Josef.

8 Van die stam van Efraim: Hoséa, die seun van Nun.

9 Van die stam van Benjamin: Palti, die seun van Rafu.

10 Van die stam van Sébulon: Gáddiël, die seun van Sodi.

11 Van die stam van Josef, vir die stam van Manasse: Gaddi, die seun van Susi.

12 Van die stam van Dan: Ámmiël, die seun van Gemálli.

13 Van die stam van Aser: Setur, die seun van Mígael.

14 Van die stam van Náftali: Nagbi, die seun van Wofsi.

15 Van die stam van Gad: Géhuel, die seun van Magi.

16 Dit is die name van die manne wat Moses gestuur het om die land te verken; en Moses hetHoséa, die seun van Nun, Josua genoem.

17 En Moses het hulle gestuur om die land Kanaän te verken en vir hulle gesê: Trek hierin die Suidland op en beklimdie gebergte.

18 En bekyk die land, hoe dit is, en die volk wat daarin woon, of dit sterk of swak, of dit min of baie is;

19 en hoe die land is waar hulle in woon, of dit goed of sleg is; en hoe die stede is waar hulle in woon, laers of vestings;

20 ook hoe die land is, ofdit vet of skraal is, of daar bome in is of nie; enwees dapper en bring van die vrugte van die land saam. Dit was toe die tyd van die eerste druiwe.

21 En hulle het opgetrek en die land verkenvan die woestyn Sin af tot byRehob,na die ingang van Hammat —

22 hulle het in die Suidland opgetrek en tot by Hebron gekom; en daar wasAhíman, Sesai en Talmai, die kinders van die Enakiete. EnHebron is sewe jaar voorSoan in Egipte gebou.

23 Daarop het hulle tot by die dal Eskol gekom en daar ’n rank met een tros druiwe afgesny, en twee het dit aan ’n draagstok gedra; ook van die granate en van die vye.

24 Dié plek het hulle die dal Eskol genoem vanweë die tros wat die kinders van Israel daar afgesny het.

25 En ná verloop van veertig dae het hulle teruggekom van die land te verken.

26 En hulle het weggegaan en by Moses en Aäron en die hele vergadering van die kinders van Israel gekom in die woestyn Paran, inKades, en aan hulle berig gebring, en aan die hele vergadering en hulle die vrugte van die land laat sien.

27 En hulle het hom vertel en gesê: Ons het gekom in die land waarheen u ons gestuur het; en waarlik,dit loop oor van melk en heuning,en dít is sy vrugte.

28 Maardie volk wat in die land woon, is sterk, en die stede is versterk en baie groot; en ons het daar ook die kinders van die Enakiete gesien.

29 Die Amalekiete woon in die Suidland, maar die Hetiete en Jebusiete en Amoriete woon in die gebergte, en die Kanaäniete woon by die see en aan die kant van die Jordaan.

30 Toe hetKaleb die volk stil gemaak teenoor Moses en gesê: Laat ons gerus optrek en dit in besit neem; want ons kan dit sekerlik oorweldig.

31 Maar die manne wat saam met hom opgetrek het, het gesê: Ons kan nie teen die volk optrek nie, want hulle is sterker as ons.

32 So het hulle danslegte gerugte onder die kinders van Israel versprei oor die land wat hulle verken het, deur te sê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is ’n land wat sy inwoners verteer; enal die mense wat ons daarin gesien het, is groot manne.

33 Ons het daar ook die reuse gesien, die kinders van Enak, van die reuse afkomstig; en ons was soossprinkane in ons oë; so was ons ook in hulle oë.

NÚMERI 14

Omdat hulle na Egipte wil teruggaan, moet die Israeliete veertig jaar in die woestyn bly.

1 TOE het die hele vergadering uitgeroep — hulle het hul stem verhef, endie volk het dié nag geween.

2 En al die kinders van Israelhet gemurmureer teen Moses en teen Aäron, en die hele vergadering het aan hulle gesê: Ag, as ons maar in Egipteland gesterf het! Of as ons maar hier in die woestyn gesterf het!

3 En waarom bring dieHereons na hierdie land om deur die swaard te val? Ons vroue en ons kinders sal ’n buit word. Sal dit nie beter vir ons wees om na Egipte terug te gaan nie?

4 En hulle sê vir mekaar:Laat ons ’n hoof aanstel enna Egipte teruggaan.

5 Toe hetMoses en Aäron op hulle aangesig geval voor die hele vergadering van die gemeente van die kinders van Israel.

6 En Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, twee van die wat die land verken het, het hulle klere geskeur

7 en die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê:Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is ’n buitengewoon goeie land.

8 As dieHere’n welbehae in ons het, sal Hy ons in hierdie land inbring en dit aan ons gee,’n land wat oorloop van melk en heuning.

9 Wees net nie teen dieHereopstandig nie,en wees julle nie bevrees vir die volk van die land nie, wanthulle is ons spys. Hulle beskutting het van hulle gewyk, endieHereis met ons. Wees nie bevrees vir hulle nie!

10 Toe sê die hele vergadering dat hulle gestenig moet word. Maardie heerlikheid van dieHerehet in die tent van samekoms verskyn voor al die kinders van Israel.

11 Daarop het dieHereaan Moses gesê: Hoe lank sal hierdie volkMy verag? En hoe lank sal hulle in My nie glo nie, ondanks al die tekens wat Ek onder hulle gedoen het?

12 Ek sal hulle met die pes tref en hulle uitroei; en Eksal jou ’n groter en sterker nasie maak as hulle.

13 Toehet Moses aan dieHeregesê: Maar die Egiptenaars het gehoor dat U deur u krag hierdie volk onder hulle uit laat optrek het

14 en dit aan die inwoners van hierdie land gesê.Hulle het gehoor dat U,Here, in die midde van hierdie volk is; dat U,Here, duidelik waarneembaar verskyn; datu wolk oor hulle staan en U in ’n wolkkolom voor hulle uit trek bedags en in ’n vuurkolom by nag.

15 As U nou hierdie volk soos een man ombring, dan sal die nasies wat die tyding aangaande U gehoor het, spreek en sê:

16 Omdat dieHerehierdie volknie kon inbring in die land wat Hy hulle met ’n eed beloof het nie, het Hy hulle in die woestyn omgebring.

17 Laat dan nou tog die krag van dieHeregroot word, soos U gespreek het deur te sê:

18 DieHereislankmoedig en groot van goedertierenheid, wat die ongeregtigheid en oortreding vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie, wat die ongeregtigheid van die vadersbesoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag.

19 Vergeef tog die ongeregtigheid van hierdie volkna die grootheid van u goedertierenheid, ensoos U hierdie volk van Egipte af tot hiertoe vergewe het.

20 Toe sê dieHere: Ek vergewe,volgens jou woord.

21 Maar so waar as Ek leef endie hele aarde van dieHerese heerlikheid vol sal word,

22 aldie manne wat my heerlikheid en my tekens gesien het wat Ek in Egipte en in die woestyn gedoen het, en My nou altien maal versoek het en na my stem nie geluister het nie,

23 hulle sal die land nie sien wat Ek aan hulle vaders met ’n eed beloof het nie, ja, almal wat My verag het, sal dit nie sien nie.

24 Maar my knegKaleb, omdat ’n ander gees in hom was en hy volhard hetom My te volg — hom sal Ek bring in die land waarin hy gekom het, en sy geslag sal dit in besit neem.

25 DieAmalekiete en die Kanaäniete woon in die laagte — draai môre weg entrek tog die woestyn in, op pad na die Skelfsee.

26 Daarna het dieHeremet Moses en Aäron gespreek en gesê:

27 Hoe lank sal hierdie bose vergaderingaanhoudat hulle teen My murmureer?Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor waarmee hulle teen My bly murmureer.

28 Sê vir hulle:So waar as Ek leef, spreek dieHere, waarlik,soos julle voor my ore gespreek het, so sal Ek aan julle doen.

29 Julle lyke sal in hierdie woestyn lê, naamlikal julle geteldes, volgens julle volle getal, van twintig jaar oud en daarbo, julle wat teen My gemurmureer het.

30 Waarlik, júlle sal nie in die land kom waaroor Ek my hand opgehef het om julle daarin te laat woon nie,behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne, en Josua, die seun van Nun.

31 En julle kinders waarvan julle gesê het: Hulle sal ’n buit word — dié sal Ek inbring en dié sal die land leer ken watjulle verwerp het.

32 Maarjúlle lyke sal in hierdie woestyn lê.

33 En julle kinders sal soos herders rondtrek in die woestyn,veertig jaar lank, en sal sodie gevolge vanjulle hoererydra totdat julle lyke in die woestyn verteer is.

34 Volgens die getal dae dat julle die land verken het,veertig dae, vir elke dag een jaar,moet julle jul ongeregtighede dra, veertig jaar lank, en my teëstand gewaar word.

35 Ek, dieHere, het dit gespreek; waarlik, dit sal Ek aan hierdiehele bose vergadering doen wat teen My bymekaargekom het. Hulle sal in hierdie woestyn omkom en daar sterwe.

36 En die manne wat Moses gestuur het om die land te verken en wat ná hulle terugkoms die hele vergadering teen hom laat murmureer het deur ’n slegte gerug aangaande die land te versprei,

37 die manne wat ’n slegte gerug aangaande die land versprei het,het gesterwe deur ’n plaag voor die aangesig van dieHere.

38 Maar van dié manne wat die land gaan verken het, het Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, in die lewe gebly.

39 En toe Moses hierdie woorde aan al die kinders van Israel gesê het,het die volk baie getreur

40 en die môre vroeg klaargemaak en op die top van die berg geklim en gesê:Hier is ons, en ons wil optrek na die plek wat dieHeregesê het, want ons het gesondig.

41 Maar Moses het gesê: Waaromoortree julle tog die bevel van dieHere, aangesien dit tog nie sal geluk nie?

42 Moenie optrek nie, want dieHereis nie in julle midde nie — anders word julle verslaan voor julle vyande.

43 Wantdie Amalekiete en die Kanaäniete is daar voor julle, en julle sal deur die swaard val; omdat julle van dieHereafvallig geword het, daarom sal dieHerenie met julle wees nie.

44 Nogtans het hulle vermetel gehandel om op die top van die berg te klim; maardie verbondsark van dieHereen Moses het nie uit die laer gewyk nie.

45 Toe hetdie Amalekiete en die Kanaäniete wat in dié gebergte woonagtig was, afgekom en hulle verslaan en hulle verstrooi tot byHorma.