NÚMERI 14

Omdat hulle na Egipte wil teruggaan, moet die Israeliete veertig jaar in die woestyn bly.

1 TOE het die hele vergadering uitgeroep — hulle het hul stem verhef, endie volk het dié nag geween.

2 En al die kinders van Israelhet gemurmureer teen Moses en teen Aäron, en die hele vergadering het aan hulle gesê: Ag, as ons maar in Egipteland gesterf het! Of as ons maar hier in die woestyn gesterf het!

3 En waarom bring dieHereons na hierdie land om deur die swaard te val? Ons vroue en ons kinders sal ’n buit word. Sal dit nie beter vir ons wees om na Egipte terug te gaan nie?

4 En hulle sê vir mekaar:Laat ons ’n hoof aanstel enna Egipte teruggaan.

5 Toe hetMoses en Aäron op hulle aangesig geval voor die hele vergadering van die gemeente van die kinders van Israel.

6 En Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, twee van die wat die land verken het, het hulle klere geskeur

7 en die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê:Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is ’n buitengewoon goeie land.

8 As dieHere’n welbehae in ons het, sal Hy ons in hierdie land inbring en dit aan ons gee,’n land wat oorloop van melk en heuning.

9 Wees net nie teen dieHereopstandig nie,en wees julle nie bevrees vir die volk van die land nie, wanthulle is ons spys. Hulle beskutting het van hulle gewyk, endieHereis met ons. Wees nie bevrees vir hulle nie!

10 Toe sê die hele vergadering dat hulle gestenig moet word. Maardie heerlikheid van dieHerehet in die tent van samekoms verskyn voor al die kinders van Israel.

11 Daarop het dieHereaan Moses gesê: Hoe lank sal hierdie volkMy verag? En hoe lank sal hulle in My nie glo nie, ondanks al die tekens wat Ek onder hulle gedoen het?

12 Ek sal hulle met die pes tref en hulle uitroei; en Eksal jou ’n groter en sterker nasie maak as hulle.

13 Toehet Moses aan dieHeregesê: Maar die Egiptenaars het gehoor dat U deur u krag hierdie volk onder hulle uit laat optrek het

14 en dit aan die inwoners van hierdie land gesê.Hulle het gehoor dat U,Here, in die midde van hierdie volk is; dat U,Here, duidelik waarneembaar verskyn; datu wolk oor hulle staan en U in ’n wolkkolom voor hulle uit trek bedags en in ’n vuurkolom by nag.

15 As U nou hierdie volk soos een man ombring, dan sal die nasies wat die tyding aangaande U gehoor het, spreek en sê:

16 Omdat dieHerehierdie volknie kon inbring in die land wat Hy hulle met ’n eed beloof het nie, het Hy hulle in die woestyn omgebring.

17 Laat dan nou tog die krag van dieHeregroot word, soos U gespreek het deur te sê:

18 DieHereislankmoedig en groot van goedertierenheid, wat die ongeregtigheid en oortreding vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie, wat die ongeregtigheid van die vadersbesoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag.

19 Vergeef tog die ongeregtigheid van hierdie volkna die grootheid van u goedertierenheid, ensoos U hierdie volk van Egipte af tot hiertoe vergewe het.

20 Toe sê dieHere: Ek vergewe,volgens jou woord.

21 Maar so waar as Ek leef endie hele aarde van dieHerese heerlikheid vol sal word,

22 aldie manne wat my heerlikheid en my tekens gesien het wat Ek in Egipte en in die woestyn gedoen het, en My nou altien maal versoek het en na my stem nie geluister het nie,

23 hulle sal die land nie sien wat Ek aan hulle vaders met ’n eed beloof het nie, ja, almal wat My verag het, sal dit nie sien nie.

24 Maar my knegKaleb, omdat ’n ander gees in hom was en hy volhard hetom My te volg — hom sal Ek bring in die land waarin hy gekom het, en sy geslag sal dit in besit neem.

25 DieAmalekiete en die Kanaäniete woon in die laagte — draai môre weg entrek tog die woestyn in, op pad na die Skelfsee.

26 Daarna het dieHeremet Moses en Aäron gespreek en gesê:

27 Hoe lank sal hierdie bose vergaderingaanhoudat hulle teen My murmureer?Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor waarmee hulle teen My bly murmureer.

28 Sê vir hulle:So waar as Ek leef, spreek dieHere, waarlik,soos julle voor my ore gespreek het, so sal Ek aan julle doen.

29 Julle lyke sal in hierdie woestyn lê, naamlikal julle geteldes, volgens julle volle getal, van twintig jaar oud en daarbo, julle wat teen My gemurmureer het.

30 Waarlik, júlle sal nie in die land kom waaroor Ek my hand opgehef het om julle daarin te laat woon nie,behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne, en Josua, die seun van Nun.

31 En julle kinders waarvan julle gesê het: Hulle sal ’n buit word — dié sal Ek inbring en dié sal die land leer ken watjulle verwerp het.

32 Maarjúlle lyke sal in hierdie woestyn lê.

33 En julle kinders sal soos herders rondtrek in die woestyn,veertig jaar lank, en sal sodie gevolge vanjulle hoererydra totdat julle lyke in die woestyn verteer is.

34 Volgens die getal dae dat julle die land verken het,veertig dae, vir elke dag een jaar,moet julle jul ongeregtighede dra, veertig jaar lank, en my teëstand gewaar word.

35 Ek, dieHere, het dit gespreek; waarlik, dit sal Ek aan hierdiehele bose vergadering doen wat teen My bymekaargekom het. Hulle sal in hierdie woestyn omkom en daar sterwe.

36 En die manne wat Moses gestuur het om die land te verken en wat ná hulle terugkoms die hele vergadering teen hom laat murmureer het deur ’n slegte gerug aangaande die land te versprei,

37 die manne wat ’n slegte gerug aangaande die land versprei het,het gesterwe deur ’n plaag voor die aangesig van dieHere.

38 Maar van dié manne wat die land gaan verken het, het Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, in die lewe gebly.

39 En toe Moses hierdie woorde aan al die kinders van Israel gesê het,het die volk baie getreur

40 en die môre vroeg klaargemaak en op die top van die berg geklim en gesê:Hier is ons, en ons wil optrek na die plek wat dieHeregesê het, want ons het gesondig.

41 Maar Moses het gesê: Waaromoortree julle tog die bevel van dieHere, aangesien dit tog nie sal geluk nie?

42 Moenie optrek nie, want dieHereis nie in julle midde nie — anders word julle verslaan voor julle vyande.

43 Wantdie Amalekiete en die Kanaäniete is daar voor julle, en julle sal deur die swaard val; omdat julle van dieHereafvallig geword het, daarom sal dieHerenie met julle wees nie.

44 Nogtans het hulle vermetel gehandel om op die top van die berg te klim; maardie verbondsark van dieHereen Moses het nie uit die laer gewyk nie.

45 Toe hetdie Amalekiete en die Kanaäniete wat in dié gebergte woonagtig was, afgekom en hulle verslaan en hulle verstrooi tot byHorma.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

6 + 9 =