NÚMERI 12

Mirjam en Aäron word opstandig teen Moses. God besoek Mirjam met melaatsheid.

1 EN Mirjam en Aäron het teen Moses gespreek vanweë die Kusitiese vrou wat hy geneem het; want hyhet ’n Kusitiese vrou geneem.

2 En hulle het gesê: Het dieHeredan maar alleen met Moses gespreek?Het Hy nie ook met ons gespreek nie? En dieHerehet dit gehoor.

3 Maar die man Moses was baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem.

4 Toe het dieHeredadelik met Moses en Aäron en Mirjam gespreek: Julle drie, kom uit na die tent van samekoms! En hulle drie het uitgekom.

5 En dieHerehet in ’n wolkkolom neergedaal en by die ingang van die tent gaan staan. Daarna het Hy Aäron en Mirjam geroep, en hulle twee het uitgekom.

6 Toe sê Hy: Hoor tog my woorde. As julle profeet van dieHereis, sal Ek deur’n gesig My aan hom bekend maak,deur ’n droom sal Ek met hom spreek.

7 So is dit nie met my kneg Moses nie:in my hele huisis hy getrou.

8 Mond tot mond spreek Ek met hom, en deur aanskouing en nie deurduister woorde nie; en hy siendie verskyning van dieHere. Waarom het julle dan nie gevrees om teen my kneg, teen Moses, te spreek nie?

9 En die toorn van dieHerehet teen hulle ontvlam, en Hy het weggegaan.

10 En toe diewolk van die tent af weggetrek het, kyk, toe was Mirjammelaats, soos sneeu. En Aäron het Mirjam aangekyk en — sy was melaats!

11 Daarop sê Aäron vir Moses: Ag, my heer,lê tog nie op ons die sonde wat ons in ons dwaasheid begaan het nie.

12 Laat sy tog nie wees soos ’n dooie van wie se vleis, as hy uit sy moeder se skoot uitgaan, die helfte verteer is nie.

13 En Moses het dieHereaangeroep en gesê:oGod, maak haar tog gesond!

14 Toe sê dieHerevir Moses: As haar vader net maarin haar gesig gespuug het, sou sy nie sewe dae lank beskaamd wees nie? Laat sy sewe dae lank buitekant die laeropgesluit wees, en daarna mag sy opgeneem word.

15 En hulle het Mirjamsewe dae lank buitekant die laer opgesluit; en die volk het nie weggetrek voordat Mirjam opgeneem was nie.

16 Maar daarna het die volk vanHáserot af weggetrek en in die woestyn Paran laer opgeslaan.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

four × four =