DEUTERONÓMIUM 29

Vernuwing van die verbond van God.

1 DIT is die woorde van die verbond wat dieHereMoses beveel het om met die kinders van Israel te sluit in die land Moab, behalwedie verbond wat Hy met hulle by Horeb gesluit het.

2 En Moses het die hele Israel geroep en vir hulle gesê:Julle het self gesien alles wat dieHerein Egipteland voor julle oë aan Farao en aan al sy dienaars en aan sy hele land gedoen het,

3 die groot versoekinge wat jou oë gesien het, dié groot tekens en wonders.

4 MaardieHerehet julle nie ’n hart gegee om te verstaan en oë om te sien en ore om te hoor tot vandag toe nie.

5 En Ek het julle veertig jaar lank in die woestyn laat trek;julle klere het aan julle nie verslyt nie, ewemin jou skoen aan jou voet.

6 Brood het julle nie geëet en wyn en sterk drank nie gedrink nie, dat julle kan weet dat Ek dieHerejulle God is.

7 En toe julle by hierdie plek kom, hetSihon, die koning van Hesbon, en Og, die koning van Basan, uitgetrek ons tegemoet om te veg, maar ons het hulle verslaan

8 en hulle land ingeneem endit as erfenis gegee aan die Rubeniete en Gadiete en aan die halwe stam van die Manassiete.

9 Onderhou dan die woorde van hierdie verbond en volbring dit, sodat jullevoorspoedig kan uitvoer alles wat julle doen.

10 Julle staan vandag almal voor die aangesig van dieHerejulle God: julle hoofde, julle stamme, julle oudstes en julle opsigters — al die manne van Israel;

11 julle kinders, julle vroue en jou vreemdeling wat binne-in jou laer is, jou houtkapper sowel as jou waterputter,

12 om oor te gaan in die verbond van dieHerejou God — en in syeedswering — wat dieHerejou God vandag met jou sluit;

13 sodat Hy jou vandag vir Hom as volk kanbevestig en vir jou ’n God kan weessoos Hy jou beloof het, ensoos Hy aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het.

14 En nie met julle alleenmaak ek hierdie verbond en hierdie eedswering nie,

15 maar met die wat vandag hier saam met ons voor die aangesig van dieHereonse God staan,én met die wat hier vandag nie saam met ons is nie.

16 Want julle weet self hoe ons in Egipteland gewoon en hoe ons dwarsdeur die nasies getrek het waardeur julle getrek het.

17 En julle het hulle verfoeisels en hulle drekgode, hout en klip, silwer en goud, by hulle gesien,

18 sodat daar onder julle geen man of vrou of geslag of stam mag wees wat sy hart vandag van dieHereonse God afwend om die gode van dié nasies te gaan dien nie,sodat daar onder julle geen wortel mag wees wat gif enwildeals dra nie,

19 en as hy die woorde van hierdie eedswering hoor, homself dan in sy hart gelukkig prys deur te sê: Dit sal met my goed gaan alhoewel ek in die verhardheid van my hart wandel — om so die bewaterde saam met die dorstige weg te ruk!

20 DieHeresal hom nie wil vergewe nie, maar dan saldie toorn van dieHereensy ywer teen dié man rook, en die hele vloek wat in hierdie boek geskrywe is, sal op hom rus; en dieHeresal sy naam onder die hemel uitdelg.

21 En dieHeresal hom tot sy ongeluk van al die stamme van Israel afskei volgens al die vloeke van die verbond wat in hierdie wetboek geskrywe is.

22 En die volgende geslag, julle kinders wat ná julle opstaan, en die uitlander wat uit ’n ver land kom, sal sê, as hulle die plae van daardie land sien en sy siektes wat dieHeredaarin laat uitbreek het —

23 ookswawel ensout deurdat sy hele oppervlakte uitgebrand is, wat nie besaai word en niks laat uitspruit nie, waarin hoegenaamd geen plante opslaan nie,soos die omkering van Sodom en Gomorra, Adma en Sebóim wat dieHerein sy toorn en in sy grimmigheid omgekeer het —

24 en al die nasies sal sê:Waarom het dieHereso met hierdie land gedoen? Wat beteken hierdie groot toorngloed?

25 Dan sal hulle antwoord: Omdat hulle die verbond van dieHere, die God van hulle vaders, verlaat het wat Hy met hulle gesluit het toe hulle deur Hom uit Egipteland uitgelei is,

26 en hulle ander gode gaan dien en hulle daarvoor neergebuig het, gode wat aan hulle nie bekend was nie, en wat Hy hulle nie toebedeel het nie,

27 daarom het die toorn van dieHereteen daardie land ontvlam om daaroor die hele vloek te bring wat in hierdie boek geskrywe is.

28 En dieHerehet hulle uit hulle land uitgeruk in toorn en in grimmigheid en in groot verbolgenheid; en Hy het hulle weggeslinger na ’n ander land, soos dit vandag is.

29 Die verborge dinge is vir dieHereonse God; maar die geopenbaarde dinge is vir ons en ons kinders tot in ewigheid, om te doen al die woorde van hierdie wet.

DEUTERONÓMIUM 30

Belofte van genadige verlossing in geval van berou.

1 ENas al hierdie dinge oor jou kom, die seën en die vloek wat ek jou voorgehou het, enjy dit ter harte neem onder al die nasies waarheen dieHerejou God jou verdryf het,

2 en jy jou tot dieHerejou Godbekeer en na sy stem luister net soos ek jou vandag beveel, jy en jou kinders, met jou hele hart en met jou hele siel,

3 dan sal dieHerejou Godjou lot verander en Hom oor jou ontferm; en Hysal jou weer versamel uit al die volke waarheen dieHerejou God jou verstrooi het.

4 Al was jou verstrooides aan die einde van die hemel, daarvandaan sal dieHerejou God jou versamel, en daarvandaan sal Hy jou gaan haal.

5 En dieHerejou God sal jou bring in die land wat jou vaders in besit geneem het, en jy sal dit in besit neem; en Hy sal aan jougoed doen en jou vermenigvuldig meer as jou vaders.

6 EndieHerejou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om dieHerejou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe.

7 En dieHerejou God sal al hierdie vloeke op jou vyande en op jou haters lê wat jou vervolg het.

8 Maar jý sal weer na die stem van dieHereluister en al sy gebooie doen wat ek jou vandag beveel.

9 En dieHerejou God sal die goeie aan jou oorvloedig gee in al die werk van jou hand, in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou land; want dieHeresal weer oor jou ten goedebly wees soos Hy bly was oor jou vaders,

10 as jy na die stem van dieHerejou God luister om sy gebooie en sy insettinge te hou wat in hierdie wetboek geskrywe is; as jy jou tot dieHerejou God bekeer met jou hele hart en met jou hele siel.

11 Want hierdie gebod wat ek jou vandag beveel,is vir jou nie te swaar nie en is nie ver nie.

12 Dit is nie in die hemel nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die hemel opklim en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen?

13 Dit is ook nie oorkant die see nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die oorkant van die see oorvaar en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen?

14 Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen.

15 Kyk, ek het jou vandag voorgehou die lewe en die geluk, en die dood en die ongeluk.

16 Wat ek jou vandag beveel, is om dieHerejou God lief te hê, in sy weë te wandel en sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge te hou, sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en dieHerejou God jou mag seën in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.

17 Maaras jou hart hom afwend en jy nie luister nie en jy jou laat verlei, sodat jy jou voor ander gode neerbuig en hulle dien,

18 dan verkondig ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom;julle sal die dae nie verleng in die land waarheen jy oor die Jordaan trek om dit in besit te gaan neem nie.

19 Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag,

20 deur dieHerejou God lief te hê, na sy stem te luister enHom aan te hang; want dit is joulewe en die lengte van jou dae, sodat jy kan woon in die landwat dieHereaan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het om dit aan hulle te gee.

DEUTERONÓMIUM 31

Josua die opvolger van Moses.

1 DAARNA het Moses gegaan en die hele Israel met hierdie woorde toegespreek

2 en vir hulle gesê: Ek is vandaghonderd-en-twintig jaar oud; ek kan nie meer uit- en ingaan nie, en dieHerehet vir my gesê:Jy mag deur hierdie Jordaan nie gaan nie.

3 DieHerejou God, Hy trek voor jou oor; Hy sal hierdie nasies voor jou uit verdelg, en jy sal hulle uit hul besitting verdrywe; Josua, hy trek voor jou oorsoos dieHeregespreek het.

4 En dieHeresal met hulle doensoos Hy met Sihon en met Og, die konings van die Amoriete, en met hulle land gedoen het, wat Hy verdelg het;

5 dieHeresal hulle aan julle oorgee, en julle moet met hulle handel geheel en al volgens die gebod wat ek julle beveel het.

6 Wees sterk en vol moed;wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is dieHerejou Godwat saam met jou trek;Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.

7 Toe het Moses Josua geroep en aan hom voor die oë van die hele Israel gesê: Wees sterk en vol moed, want jý sal met hierdie volk in die land ingaan wat dieHereaan hulle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee; en jý sal hulle dit laat erwe.

8 Endit is dieHerewat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; jy mag nie bevrees of verskrik wees nie.

Die wet moet om die sewe jaar gelees word.

9 EN Moses het hierdie wet opgeskryween dit gegee aan die priesters, die seuns van Levi,wat die verbondsark van dieHeregedra het, en aan al die oudstes van Israel.

10 En Moses het aan hulle bevel gegee en gesê: Aan die einde van sewe jaar, op die bepaalde tyd vandie jaar van kwytskelding,op die huttefees,

11 as die hele Israel komom te verskyn voor die aangesig van dieHerejou God op die plek wat Hy sal uitkies,moet jy hierdie wet voor die hele Israel, voor hulle ore lees.

12 Laat die volk byeenkom, die manne en die vroue en die kinders en jou vreemdeling wat in jou poorte is, dat hulle kan hoor en dat hulle kan leer om dieHerejulle God te vrees en sorgvuldig al die woorde van hierdie wet te hou.

13 En hulle kinderswat dit nie ken nie,moet hoor en leer om dieHerejulle God te vrees al die dae wat julle lewe in die land waarheen julle deur die Jordaan trek om dit in besit te neem.

Die afval van Israel aangekondig.

14 EN dieHerehet vir Moses gesê: Kyk, jou dae kom nader dat jy moet sterwe; roep Josua, en gaan julle in die tent van samekoms staan, datEk aan hom bevel kan gee. Toe het Moses en Josua gegaan en in die tent van samekoms gaan staan.

15 EndieHerehet in die tent in ’n wolkkolom verskyn terwyl die wolkkolom by die ingang van die tent bly staan het.

16 Toe sê dieHerevir Moses: Kyk, jy ontslaap met jou vaders, en hierdie volk sal opstaan, en hulle sal die vreemde gode van die land waarheen hulle gaan, in sy middeagternahoereer enMy verlaat en my verbond verbreek wat Ek met hulle gemaak het.

17 Dan sal my toorn op dié dag teen hulle ontvlam, enEk sal hulle verlaat enmy aangesig vir hulle verberg, sodat hulle verteer word en baie onheile en node hulle oorkom. Dan sal hulle op dié dag sê: Het hierdie onheile ons nie oorgekom, omdatonse God nie onder ons is nie?

18 MaarEk sal op dié dag my aangesig heeltemal verberg weens al die kwaad wat hulle gedoen het; want hulle het na ander gode afgewyk.

19 Skryf dan nou vir julle hierdie lied op, en leer dit aan die kinders van Israel; lê dit in hulle mond, dat hierdie lied vir My ’n getuie teen die kinders van Israel kan wees.

20 Want Ek sal hulle inbring in die land wat Ek aan hulle vaders met ’n eed beloof het, wat oorloop van melk en heuning, en hulle sal eet en versadig envet word; dan sal hulle afwyk na ander gode en dié dien, en hulle sal My verag en my verbond verbreek.

21 En as dan baie onheile en node oor hulle kom, dan sal hierdie lied in hulle aangesig as getuie antwoord — want dit sal uit die mond van hulle nageslag nie vergeet wees nie — wantEk ken hullegedagtes wat hulle vandag koester voordat Ek hulle inbring in die land wat Ek met ’n eed beloof het.

22 Toe het Moses hierdie lied op dié dag opgeskrywe en dit aan die kinders van Israel geleer.

23 En Hy het aan Josua, die seun van Nun, bevel gegee en gesê:Wees sterk en vol moed, want jý sal die kinders van Israel inbring in die land wat Ek hulle met ’n eed beloof het; en Ek sal met jou wees.

24 En toe Moses die woorde van hierdie wet klaar in ’n boek geskryf het tot die einde toe,

25 het Moses aan die Leviete wat die verbondsark van dieHeregedra het, bevel gegee en gesê:

26 Neem hierdie wetboek ensit dit neer aan die kant van die verbondsark van dieHerejulle God, dat ditdaar as getuie teen jou kan wees.

27 Want ék ken jou wederstrewigheid en jouhardnekkigheid. As julle, terwyl ek nog vandag by julle lewe,wederstrewig was teen dieHere— hoeveel te meer dan ná my dood!

28 Laat al die oudstes van julle stamme en julle opsigters by my vergader, dat ek voor hulle ore hierdie woorde kan spreek, enteen hulle die hemel en die aarde as getuies kan neem.

29 Want ek weet dat julle ná my dood gewisverderflik sal handel en sal afwyk van die weg wat ek julle beveel het, sodat die onheil julle aan die einde van die dae sal teëkom, omdat julle sal doen wat verkeerd is in die oë van dieHereom Hom deur die werk van julle hande te terg.

30 Toe het Moses voor die ore van die hele vergadering van Israel die woorde van hierdie lied tot die einde toe uitgespreek.

DEUTERONÓMIUM 32

Die lied wat Moses op bevel van God voorgedra het.

1 LUISTER,o hemele, dat ek kan spreek, en laat die aarde hoor die woorde van my mond.

2 Laat my leer drup soos die reën, my woord vloei soos die dou, soosreëndruppels op die grasspruitjies en soos reënbuie op die plante.

3 Want die Naam van dieHereroep ek uit: Geegrootheid aan onse God!

4 Die Rots — volkome is sy werk; wantal sy weë is strafgerigte;’n God van trou en sonder onreg; regverdig en reg is Hy.

5 Hulle het verderflik teen Hom gehandel — die wat sy seuns nie was nie,maarhulle skandvlek —’n verkeerde en verdraaide geslag.

6 Durf julle dit dieHerevergelde, o dwase en onwyse volk? Is Hý niejou Vader wat jougeskape het nie; het Hý jou niegemaak en jou toeberei nie?

7 Dink aan die dae van die ou tyd, let op die jare, van geslag tot geslag;vra jou vader, dat hy jou dit bekend maak; die ou mense, dat hulle jou dit sê.

8 Toe die Allerhoogsteaan die nasies ’n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaargeskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel.

9 Want dieHerese deel is sy volk, Jakob is sy afgemete erfdeel.

10 Hy het hom gevindin ’n woestynland en in ’n woeste wêreld, vol gehuil van die wildernis; Hy het hom omring, op hom ag gegee, hom bewaaksoos sy oogappel.

11 Soos ’n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, sy vlerke uitsprei, hulle opneem, hulle dra op sy vleuels —

12 dieHerealleen het hom gelei, en daar was geen vreemde god by hom nie.

13 Hy het hom laat ry op die hoogtes van die aarde, en hy het die opbrings van die veld geëet; en Hy het homheuning uit die rots laat suig en olie uit die klipharde rots;

14 dikmelk van beeste en melk van kleinvee, met die vet van lammers en ramme; stiere van Basan en bokke, met dieniervet van koring; endruiwebloed het jy gedrink, skuimende wyn.

15 Toe hetJesúrun vet geword enagterop geskop —jy het vet geword, dik geword, spekvet geword — en hy het God verwerp wat hom gemaak het, endie steenrots van sy heil geminag.

16 Hulle het deur vreemdegodesy ywer gewek; deur gruwels Hom geterg.

17 Hulle het aan die duiwels geoffer, wat nie-God is, gode wat aan hulle nie bekend was nie; nuwes wat kort gelede opgekom het, vir wie julle vaders nie gehuiwer het nie.

18 Die Steenrots wat jou verwek het, het jy veronagsaam; en jyhet die God vergeet wat jou voortgebring het.

19 Toe dieHeredit sien, het Hyhulleverwerp, uit ergernis oorsy seuns en dogters.

20 En Hy het gesê:Ek wil my aangesig vir hulle verberg, Ek wil sien wat hulle einde sal wees; want ’n heeltemal verkeerde geslag is hulle, kinders in wie geen trou is nie.

21 Hulle het my ywer gewek deur wat nie-God is, My getergdeur hulle nietige afgode.Ek sal dan hulle ywer wek deur die wat ’n nie-volk is, deur ’n dwase nasie sal Ek hulle terg.

22 Want ’n vuur is aangesteek in my toorn en het gebrand tot in die doderyk daaronder, en dit het die aarde met sy opbrings verteer en die fondamente van die berge aan die brand gesteek.

23 Ek sal onheile op hulle ophoop;my pyle sal Ek op hulle wegskiet.

24 As hulle uitgeput is van honger en verteer deur koorsgloed en dodelike siekte, sal Ekdie tand van wilde diere teen hulle loslaat met die gif van stofkruipers.

25 Buitekant sal die swaard beroof, en in die binnekamers die verskrikking; die jongman sowel as die jongedogter, die suigling saam met die grysaard.

26 Ek sou gesê het: Ek wil hulle wegblaas, hulle gedagtenis onder die mense uitroei —

27 as Ek nie vir die terging van die vyand bedug was nie, dat hulle teëstanders dit sou misverstaanen sê: Ons hand was hoog, en dieHerehet dit alles nie gedoen nie.

28 Want ’n nasie van verlore raadsplanne is hulle,en daar is geen verstand in hulle nie.

29 Was hulle wys, hulle sou dit insien, hulle sou op hulle einde let.

30 Hoe kan een dan duisend agtervolg en twee tienduisend op die vlug jaag, was dit nie dat hul Steenrots hulle verkoop en dieHerehulle oorgelewer het nie!

31 Want hullesteenrots is nie soos ons Steenrots nie —ja, ons vyande self is skeidsregters!

32 Want hulle wingerdstok is uit die wingerdstok van Sodom en uit die wingerde van Gomorra; hulle druiwe is giftige druiwe, bitter trosse dra hulle.

33 Hulle wyn isslanggif en wrede addergif.

34 Is dit nie by My opgegaar, in my skatkamers verseël nie?

35 My kom die wraak toe en die vergelding, op die tyd as hulle voet sal wankel; wantdie dag van hulle ondergang is naby, en wat oor hulle beskik is, kom gou.

36 Want dieHeresal aan sy volk reg verskaf, enHy sal medelyde hê met sy knegte as Hy sien dathullevashouplek weg is en dit met almal sonder uitsondering gedaan is.

37 Dan sal Hy sê:Waar is hulle gode, die steenrots waarin hulle toevlug geneem het,

38 wat die vet van hulle slagoffers geëet het, die wyn van hulle drankoffer gedrink het? Laat hulle opstaan en julle help, dat daar oor julle ’n beskerming kan wees!

39 Aanskou nou dat ditEk is en dat daar geen god naas My is nie;Ek maak dood en maak lewend,Ek het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand wat uit my hand red nie.

40 Want Ek sal my hand na die hemel ophef en sê: So waar as Ek ewig leef —

41 as Ek my glinsterendeswaard skerp gemaak het en my hand na die strafgerig gryp, sal Ek wraak oefen op my teëstanders en my haters vergelde.

42 Ek sal my pyle dronk maak van bloed, enmy swaard sal vlees eet: van die bloed van hom wat verslaan en gevang is, van die kop van die vyand se aanvoerders.

43 Jubel, o nasies, oor sy volk, want Hy sal die bloed van sy knegtewreek, en Hy salwraak oefen op sy teëstanders en versoening doen virsy landensy volk.

44 En Moses het gekom en al die woorde van hierdie lied voor die ore van die volk gespreek, hy en Hoséa, die seun van Nun.

45 En toe Moses met al hierdie woorde die hele Israel klaar toegespreek het,

46 sê hy vir hulle:Gee ag op al die woorde waarmee ek julle vandag waarsku, dat julle dit jul kinders beveel om al die woorde van hierdie wet sorgvuldig te hou.

47 Want dit is geen vergeefse woord vir julle nie,maar dit is julle lewe; en deur hierdie woord sal julle die dae verleng in die land waarheen julle deur die Jordaan trek om dit in besit te neem.

48 Daarna het dieHereop daardie selfde dag met Moses gespreek en gesê:

49 Klim op hierdie gebergte Abárim, die berg Nebo,wat in die land Moab is, wat teenoor Jérigo lê, en aanskou die land Kanaän wat Ek aan die kinders van Israel as besitting sal gee;

50 en sterwe op die berg waarheen jy opklim, enword versamel by jou volksgenote, soosjou broer Aäron gesterf het op die berg Hor en versamel is by sy volksgenote,

51 omdat julle onder die kinders van Israel ontrou teen My gehandel het by die twiswater van Kades, in die woestyn Sin, omdat julle My nie geheilig het onder die kinders van Israel nie.

52 Want reg voor sal jy die land sien, maar jy sal daar nie inkom, in die land wat Ek aan die kinders van Israel sal gee nie.

DEUTERONÓMIUM 33

Seëning van die twaalf stamme deur Moses voor sy dood.

1 EN dit isdie seën waarmee Moses,die man van God, die kinders van Israel geseën het voor sy dood.

2 En hy het gesê:DieHerehet gekom van Sinai en vir hulle opgegaan van Seïr af; Hy het in ligglans verskynvan die gebergte Paran engekom van heilige tienduisende af; aan sy regterhand was vlammende vuur vir hulle.

3 Ja, Hy het die stamme lief. Al sy heiliges — hulle is in u hand; en hullewas gelaer by u voet;elkeenontvang iets van u uitsprake.

4 Moses het ons die wet beveel,’n besitting vir die vergadering van Jakob.

5 En Hy hetKoning geword inJesúrun, toe die hoofde van die volk vergader het, die stamme van Israel almal saam.

6 Laat Ruben lewe en nie sterwe nie, en laat sy manne ’n aantal wees.

7 En dít vir Juda, en hy het gesê: Hoor,Here, die stem van Juda, en bring hom na sy volk toe; met sy hande het hy geveg vir hulle, en wees Uvir hom’n hulp teenoor sy teëstanders.

8 En van Levi het hy gesê:U Tummim en u Urim is vir die man,u gunsgenoot, uwat deur U beproef is in Massa, met wieU getwis het by die waters van Mériba;

9 wat van sy vader en sy moeder gesê het:Ek sien hom nie,en sy broers nie erken het en van sy seuns niks geweet het nie; want hulle het u woord bewaar en u verbond gehou.

10 Hulle sal Jakob u verordeninge leer en Israel u wet; hulle sal reukwerk voor U neerlê en ’n voloffer op u altaar.

11 Seën,Here, sy krag, en laat diewerk van sy hande U welgevallig wees; verpletter die lendene van die wat teen hom opstaan en hom haat, sodat hulle nie kan opstaan nie.

12 Van Benjamin het hy gesê: Die beminde van dieHere— hy sal veilig by Hom woon; Hy beskerm hom die hele dag en woon tussen sy berghange.

13 En van Josef het hy gesê:Geseënd deur dieHereis sy land met die kostelikste gawe van die hemel,met dou en met die wêreldvloed wat onder lê,

14 en met die kostelikste voortbrengsels van die son en met die kostelikste gewasse van die mane

15 en met die vernaamste voortbrengsel van die berge van die voortyd en met die kostelikste gawevan die ewige heuwels

16 en met die kostelikste gawe van die aarde en van sy volheid, en die welbehae van Homwat in die doringbos gewoon het — laat dit kom opdie hoof van Josef en op die hoofskedel van die vors onder sy broers.

17 Sy eersgebore stier — heerlikheid is syne, en sy horings is buffelhorings; daarmeesal hy die volke stoot, die eindes van die aarde almal saam. Endit is die tienduisende van Efraim, en dit is die duisende van Manasse!

18 En van Sébulon het hy gesê:Verheug jou, Sébulon, oor jou togte, en Íssaskar, oor jou tente.

19 Hulle salvolke na die berg roep; daarsal hulle offers van geregtigheid offer; want hulle sal die oorvloed van die see insuig en die verborgenste skatte van die sand.

20 En van Gad het hy gesê: Geseënd is Hy wat vir Gad ruimte maak; hy gaan lêsoos ’n leeuin en verskeur die arm, ja, die hoofskedel.

21 Enhy het vir hom ’n eerstelingsaandeel uitgekies, want daar was die deel van’n veldheer bewaar; en hy het gekom nadie hoofde van die volk, hy het die geregtigheid van dieHereuitgevoer en sy verordeninge met Israel.

22 En van Dan het hy gesê: Dan is’n jong leeuwat uit Basan uitspring.

23 En van Náftali het hy gesê: Náftali,versadig van geluk en vol van die seën van dieHere— neem jy see ensuidland in besit!

24 En van Aser het hy gesê:Geseënd is Aser bo die seuns; laat hy die liefling van sy broers wees, en een wat sy voet in olie insteek.

25 Mag jou grendel yster en koper wees, en jou sterkte soos jou dae.

26 Niemand is daar soos God, oJesúrun,wat oor die hemel ry as jou hulp, en oor die wolke in sy hoogheid.

27 Die ewige God is’n woning, en onder — ewige arms; en Hy het die vyand voor jou uit verdrywe en gesê: Verdelg!

28 So het Israel dan veilig gaan woon,die bron van Jakob in afsondering, in’n land van koring en mos; ja, sy hemellaat dou afdrup.

29 Welgeluksalig is jy, o Israel! Wie is soos jy? ’n Volk wat deur dieHereverlos is,die skild van jou hulp en wat die swaard van jou hoogheid is, sodat jou vyande julle al kruipende aan jou onderwerp; maar jý sal op hulle hoogtes stap.

DEUTERONÓMIUM 34

Dood en begrafnis van Moses.

1 TOE het Moses opgeklim uit die vlaktes van Moabna die berg Nebo, die top van Pisga wat teenoor Jérigo lê; en dieHerehet hom die hele land, Gíleadtot Dan toe, laat sien;

2 en die hele Náftali en die land Efraim en Manasse en die hele land Juda tot bydie Westelike See;

3 en die Suidland en dieJordaanstreek,die laagte van Jérigo, diepalmstad, tot bySoar.

4 En dieHerehet vir hom gesê:Dit is die land wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek dit gee;Ek het jou dit met jou oë laat sien, maar jy sal daarheen nie oortrek nie.

5 Toe het Moses, die kneg van dieHere, daar gesterwe in die land Moab, volgens die bevel van dieHere.

6 En Hy het hom in die dal in die land Moab, teenoor Bet-Peor, begrawe; enniemand het tot vandag toe sy graf geken nie.

7 En Moses was honderd-en-twintig jaar oud toe hy gesterf het;sy oog was nie verswak nie, en sy krag het nie vergaan nie.

8 Toe het die kinders van Israel Moses beween in die vlaktes van Moab,dertig dae lank. En die dae van die geween, van die rou oor Moses, het ten einde gekom.

9 En Josua, die seun van Nun, was vol vandie Gees van wysheid; want Moseshet hom die hande opgelê. En die kinders van Israel het na hom geluister en gedoen soos dieHereMoses beveel het.

10 En soos Moses,vir wie dieHerevan aangesig tot aangesig geken het,het daar geen profeet meer in Israel opgestaan nie —

11 wat betref al die tekens en die wonders wat dieHerehom opgedra het om in Egipteland aan Farao en aan al sy dienaars en sy hele land te doen,

12 en wat betref die hele magsopenbaring en al die groot, skrikwekkende dade wat Moses voor die oë van die hele Israel gedoen het.

NÚMERI 1

Telling van die Israeliete in die woestyn Sinai.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreekin die woestyn Sinai,in die tent van samekoms, op die eerste van die tweede maand, in die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, en gesê:

2 Neem julle die volle getal van die hele vergadering van die kinders van Israel op volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, almal wat manlik is,hoof vir hoof;

3 van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek in Israel, dié moet julle tel volgens hulle leërafdelings, jy en Aäron.

4 En met julle saam moet daar van elke stam ’n man wees, ’n man wat hoof is van sy families.

5 En dit is die name van die manne wat julle moet bystaan: Vir Ruben: Elísur, die seun van Sedéür;

6 vir Símeon: Selúmiël, die seun van Surísaddai;

7 vir Juda: Nagson, die seun van Ammínadab;

8 vir Íssaskar: Netáneël, die seun van Suar;

9 vir Sébulon: Elíab, die seun van Helon;

10 vir die kinders van Josef: vir Efraim: Elisáma, die seun van Ammíhud; vir Manasse: Gámliël, die seun van Pedásur;

11 vir Benjamin: Abídan, die seun van Gideóni;

12 vir Dan, Ahiëser, die seun van Ammísaddai;

13 vir Aser: Págiël, die seun van Ogran;

14 vir Gad: Éljasaf, die seun van Réhuel;

15 vir Náftali: Ahíra, die seun van Enan.

16 Dit was hulle wat uit die vergadering opgeroep was,die owerstes van hulle voorvaderlike stamme, die stamhoofde van Israel.

17 Toe het Moses en Aäron dié manne geneem watmet hulle name aangewys was,

18 en hulle het die hele vergadering op die eerste dag van die tweede maand bymekaar laat kom; en dié het hulle afkoms opgegee volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, hoof vir hoof,

19 soos dieHereMoses beveel het. En hy het hulle getel in die woestyn Sinai.

20 En die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel — hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, hoof vir hoof, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

21 hulle geteldes van die stam van Ruben was ses-en-veertigduisend-vyfhonderd.

22 Van die seuns van Símeon, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, hoof vir hoof, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

23 hulle geteldes van die stam van Símeon was negen-en-vyftigduisend-driehonderd.

24 Van die seuns van Gad, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

25 hulle geteldes van die stam van Gad was vyf-en-veertigduisend-seshonderd-en-vyftig.

26 Van die seuns van Juda, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

27 hulle geteldes van die stam van Juda was vier-en-sewentigduisend-seshonderd.

28 Van die seuns van Íssaskar, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

29 hulle geteldes van die stam van Íssaskar was vier-en-vyftigduisend-vierhonderd.

30 Van die seuns van Sébulon, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

31 hulle geteldes van die stam van Sébulon was sewen-en-vyftigduisend-vierhonderd.

32 Van die seuns van Josef, van die seuns van Efraim, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

33 hulle geteldes van die stam van Efraim was veertigduisend-vyfhonderd;

34 van die seuns van Manasse, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

35 hulle geteldes van die stam van Manasse was twee-en-dertigduisend-tweehonderd.

36 Van die seuns van Benjamin, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

37 hulle geteldes van die stam van Benjamin was vyf-en-dertigduisend-vierhonderd.

38 Van die seuns van Dan, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

39 hulle geteldes van die stam van Dan was twee-en-sestigduisend-sewehonderd.

40 Van die seuns van Aser, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

41 hulle geteldes van die stam van Aser was een-en-veertigduisend-vyfhonderd.

42 Van die seuns van Náftali, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

43 hulle geteldes van die stam van Náftali was drie-en-vyftigduisend-vierhonderd.

44 Dit is die geteldes wat Moses en Aäron en die owerstes van Israel getel het; twaalf man was dit, elkeen vir sy families.

45 So was dan al die geteldes van die kinders van Israel volgens hulle families, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat in Israel op kommando moet uittrek —

46 al die geteldes dan wasseshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig.

47 Maardie Leviete, volgens hulle voorvaderlike stam, is onder hulle nie getel nie.

48 DieHerehet naamlik met Moses gespreek en gesê:

49 Net die stam van Levi moet jy nie tel nie en hulle volle getal onder die kinders van Israel nie opneem nie;

50 maar stel jy die Leviete aan oor die tabernakel van die Getuienis en oor al sy gereedskap en oor alles wat daarby behoort. Húlle moet die tabernakel dra en alles wat daarby behoort, en húlle moet dit bedien enrondom die tabernakel laer opslaan.

51 En as die tabernakel wegtrek, moet die Leviete dit afbreek; en as die tabernakel rus, moet die Leviete dit oprig;en die onbevoegde wat nader kom, moet gedood word.

52 En die kinders van Israel moet laer opslaan elkeen op sy laerplek enelkeen by sy vaandel, volgens hulle leërafdelings.

53 Maar die Leviete moet laer opslaan rondom die tabernakel van die Getuienis, dat daar geentoorn oor die vergadering van die kinders van Israel kom nie. So moet dan die Levietedie diens van die tabernakel van die Getuienis waarneem.

54 En die kinders van Israel het dit gedoen; net soos dieHereMoses beveel het, so het hulle gedoen.

NÚMERI 2

Die laerorde.

1 EN dieHerehet met Moses en Aäron gespreek en gesê:

2 Die kinders van Israel moet laer opslaan elkeen by sy vaandel by die veldtekens van hulle families; op ’n afstand rondom die tent van samekoms moet hulle laer opslaan.

3 En die wat aan die oostekant, teen sonop, laer opslaan, moet wees: die vaandel van die laer van Juda volgens hulle leërafdelings; enNagson, die seun van Ammínadab, moet owerste oor die seuns van Juda wees.

4 En sy leër met hulle geteldes was vier-en-sewentigduisend-seshonderd.

5 En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van Íssaskar; en Netáneël, die seun van Suar, moet owerste oor die seuns van Íssaskar wees.

6 En sy leër met hulle geteldes was vier-en-vyftigduisend-vierhonderd.

7 Verderdie stam van Sébulon; en Elíab, die seun van Helon, moet owerste oor die seuns van Sébulon wees.

8 En sy leër met sy geteldes was sewen-en-vyftigduisend-vierhonderd.

9 Al die geteldes in die laer van Juda was honderd-ses-en-tagtigduisend-vierhonderd volgens hulle leërafdelings. Hulle moet eerste opbreek.

10 Die vaandel van die laer van Ruben volgens hulle leërafdelings moet aan die suidekant wees; en Elísur, die seun van Sedéür, moet owerste oor die seuns van Ruben wees.

11 En sy leër met sy geteldes was ses-en-veertigduisend-vyfhonderd.

12 En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van Símeon; en Selúmiël, die seun van Surísaddai, moet owerste oor die seuns van Símeon wees.

13 En sy leër met hulle geteldes was negen-en-vyftigduisend-driehonderd.

14 Verder die stam van Gad; en Éljasaf, die seun van Réhuel, moet owerste oor die seuns van Gad wees.

15 En sy leër met hulle geteldes was vyf-en-veertigduisend-seshonderd-en-vyftig.

16 Al die geteldes in die laer van Ruben was honderd-een-en-vyftigduisend-vierhonderd-en-vyftig volgens hulle leërafdelings.En hulle moet tweede opbreek.

17 Daarna moet die tent van samekoms opbreek: die laer van die Leviete, tussen die ander laers in. Soos hulle laer opslaan, so moet hulle opbreek, elkeen opsy plek volgens hulle vaandels.

18 Die vaandel van die laer van Efraim volgens hulle leërafdelings moet aan die westekant wees; en Elisáma, die seun van Ammíhud, moet owerste oor die seuns van Efraim wees.

19 En sy leër met hulle geteldes was veertigduisend-vyfhonderd.

20 En langs hom die stam van Manasse; en Gámliël, die seun van Pedásur, moet owerste oor die seuns van Manasse wees.

21 En sy leër met hulle geteldes was twee-en-dertigduisend-tweehonderd.

22 Verder die stam van Benjamin; en Abídan, die seun van Gideóni, moet owerste oor die seuns van Benjamin wees.

23 En sy leër met hulle geteldes was vyf-en-dertigduisend-vierhonderd.

24 Al die geteldes in die laer van Efraim was honderd-en-agtduisend-eenhonderd volgens hulle leërafdelings.En hulle moet derde opbreek.

25 Die vaandel van die laer van Dan moet aan die noordekant wees volgens hulle leërafdelings: en Ahiëser, die seun van Ammísaddai, moet owerste oor die seuns van Dan wees.

26 En sy leër met hulle geteldes was twee-en-sestigduisend-sewehonderd.

27 En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van Aser; en Págiël, die seun van Ogran, moet owerste oor die seuns van Aser wees.

28 En sy leër met hulle geteldes was een-en-veertigduisend-vyfhonderd.

29 Verder die stam van Náftali; en Ahíra, die seun van Enan, moet owerste oor die seuns van Náftali wees.

30 En sy leër met hulle geteldes was drie-en-vyftigduisend-vierhonderd.

31 Al die geteldes in die laer van Dan was honderd-sewen-en-vyftigduisend-seshonderd.Hulle moet laaste opbreek volgens hulle vaandels.

32 Dit is die geteldes van die kinders van Israel volgens hulle families. Al die geteldes van die laers volgens hulle leërafdelings wasseshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig.

33 Maardie Leviete is onder die kinders van Israel nie getel nie, soos dieHereMoses beveel het.

34 En die kinders van Israel het gedoen net soos dieHereMoses beveel het;so het hulle laer opgeslaan volgens hulle vaandels, en so het hulle opgebreek elkeen volgens sy geslagte, by sy families.

NÚMERI 3

Telling van die Leviete.

1 EN dit is die nakomelinge van Aäron en Moses op die dag toe dieHeremet Moses op die berg Sinai gespreek het.

2 En dit is die name van die seuns van Aäron: die eersgeboreneNadab, daarna Abíhu, Eleásar en Ítamar.

3 Dit is die name van die seuns van Aäron,die gesalfde priesters, wat hy aangestel het om die priesteramp te bedien.

4 Maar Nadab en Abíhu het gesterwe voor die aangesig van dieHeretoe hulle vreemde vuur voor die aangesig van dieHerein die woestyn Sinai gebring het, en hulle het geen kinders gehad nie; maar Eleásar en Ítamar het die priesteramp bedien voor die oë van hulle vader Aäron.

5 En dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

6 Laat die stam van Levi nader kom, en stel hulle voor die priester Aäron, dat hulle hom kan dien.

7 En hulle moet sy diens waarneem en die diens van die hele vergadering voor die tent van samekoms,om die dienswerk van die tabernakel te verrig.

8 En hulle moet sorg vir al die gereedskap van die tent van samekoms en vir die diens van die kinders van Israel, om die dienswerk van die tabernakel te verrig.

9 Enjy moet die Leviete aan Aäron en sy seuns gee; hulle is heeltemal aan hom gegee uit die kinders van Israel.

10 Maar Aäron en sy seuns moet jy aanstel,dat hulle hul priesteramp kan waarneem;en die onbevoegde wat nader kom, moet gedood word.

11 En dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

12 Kyk,Ek self het die Leviete geneem onder die kinders van Israel uit in die plek van al die eersgeborenes wat die moederskoot open, uit die kinders van Israel, dat die Leviete myne kan wees.

13 Wantal die eersgeborenes is myne:op die dag toe Ek al die eersgeborenes in Egipteland getref het, het Ek al die eersgeborenes in Israel vir My geheilig, mense sowel as diere; hulle moet myne wees. Ek is dieHere.

14 En dieHerehet met Moses gespreek in die woestyn Sinai en gesê:

15 Tel die seuns van Levi volgens hulle families, volgens hulle geslagte;almal wat manlik is, van ’n maand oud en daarbo — dié moet jy tel.

16 En Moses het hulle volgens die bevel van dieHeregetel soos dit hom beveel is.

17 En dit was die seuns van Levi volgens hulle name: Gerson en Kehat en Merári.

18 En dit is die name van die seuns van Gerson volgens hulle geslagte:Libni enSímeï.

19 En die seuns van Kehat volgens hulle geslagte:Amram en Jishar, Hebron en Ússiël.

20 En die seuns van Merári volgens hulle geslagte:Magli en Musi. Dit is die geslagte van die Leviete volgens hulle families.

21 Aan Gerson behoort die geslag van die Libniete en die geslag van die Simeïete. Dit is die geslagte van die Gersoniete.

22 Hulle geteldes volgens die getal van almal wat manlik was, van ’n maand oud en daarbo — húlle geteldes was seweduisend-vyfhonderd.

23 Die geslagte van die Gersoniete moet laer opslaan agter die tabernakel aan die westekant.

24 En owerste oor die familie van die Gersoniete moet Éljasaf, die seun van Lael, wees.

25 Endie seuns van Gerson moet by die tent van samekoms versorg:die tabernakel endie tent,sy dekkleed endie bedekking vir die ingang van die tent van samekoms;

26 endie behangsels van die voorhof endie bedekking vir die ingang van die voorhof wat rondom die tabernakel en die altaar is, ensy lyne — alles wat by sy bediening behoort.

27 En aan Kehat het behoort die geslag van die Amramiete en die geslag van die Jishariete en die geslag van die Hebroniete en die geslag van die Ussiëliete. Dit is die geslagte van die Kehatiete.

28 Volgens die getal van almal wat manlik is, van ’n maand oud en daarbo, was daar agtduisend-seshonderd wat die diens van die heiligdom waargeneem het.

29 Die geslagte van die seuns van Kehat moet laer opslaan aan die kant van die tabernakel, aan die suidekant.

30 En owerste oor die familie vir die geslagte van die Kehatiete moet wees Elísafan, die seun van Ússiël.

31 En hulle moet versorg:die ark endie tafel endie kandelaar endie altare en die gereedskap van die heiligdom waarmee hulle diens doen, endie voorhangsel en alles wat by die bediening daarvan behoort.

32 En die hoof van die owerstes van Levi moet wees Eleásar, die seun van Aäron, die priester, die opsigter oor die wat die diens van die heiligdom waarneem.

33 Aan Merári het behoort die geslag van die Magliete en die geslag van die Musiete. Dit is die geslagte van Merári.

34 En hulle geteldes volgens die getal van almal wat manlik is, van ’n maand oud en daarbo, was sesduisend-tweehonderd.

35 En die owerste van die familie vir die geslagte van Merári moet wees Súriël, die seun van Abihail; hulle moet laer opslaan aan die kant van die tabernakel, aan die noordekant.

36 En die toesig van die seuns van Merári — wat hulle te besorg het — moet wees oordie style van die tabernakel ensy dwarshoute ensy pilare ensy voetstukke en al die gereedskap sowel as die hele diens wat daarby behoort;

37 endie pilare van die voorhof rondom en hulle voetstukke enhulle penne enhulle lyne.

38 En die wat voor die tabernakel laer opslaan, aan die oostekant, voor die tent van samekoms, teen sonop, moet wees Moses en Aäron met sy seunswat die diens van die heiligdom waarneem, naamlik die diens vir die kinders van Israel; endie onbevoegde wat nader kom, moet gedood word.

39 Al die geteldes van die Leviete wat Moses en Aäron volgens die bevel van dieHere, volgens hulle geslagte getel het, almal wat manlik was, van ’n maand oud en daarbo,was twee-en-twintigduisend.

40 En dieHerehet aan Moses gesê: Tel al die manlike eersgeborenes van die kinders van Israel, van ’n maand oud en daarbo, en neem die getal van hulle name op.

41 En jy moet vir My — Ek is dieHere— die Leviete neem in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die vee van die kinders van Israel.

42 En Moses het, soos dieHerehom beveel het, al die eersgeborenes onder die kinders van Israel getel.

43 En al die manlike eersgeborenes volgens die getal name, van ’n maand oud en daarbo, volgens hulle geteldes, was twee-en-twintigduisend-tweehonderd-drie-en-sewentig.

44 En dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

45 Neem die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van hulle vee, sodat die Leviete myne kan wees. Ek is dieHere.

46 Wat aangaandie loskoping van die tweehonderd-drie-en-sewentigwat oor is bo die Leviete, uit die eersgeborenes van die kinders van Israel,

47 moet jy per hoofvyf sikkels neem; volgens die sikkel van die heiligdom moet jy dit neem;die sikkel is twintig gera.

48 En jy moet die geld as losprys van die wat onder hulle oor is, aan Aäron en sy seuns gee.

49 Daarop het Moses die loskoopgeld geneem van die wat oor was bo die wat deur die Leviete losgekoop was;

50 van die eersgeborenes van die kinders van Israel het hy die geld geneem,duisend-driehonderd-vyf-en-sestigsikkelsvolgens die sikkel van die heiligdom.

51 En Moseshet die loskoopgeld aan Aäron en sy seuns gegee volgens die bevel van dieHere, soos dieHereMoses beveel het.

NÚMERI 4

Die diens van die Leviete.

1 EN dieHerehet met Moses en Aäron gespreek en gesê:

2 Neem die volle getal van die seuns van Kehat op, onder die seuns van Levi uit, volgens hulle geslagte, volgens hulle families,

3 van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig is, om werk by die tent van samekoms te verrig.

4 Dit sal die dienswerk van die seuns van Kehat by die tent van samekoms wees, naamlikdie hoogheilige dinge.

5 By die opbreek van die laer moet Aäron en sy seuns kom endie voorhangsel tot bedekking afneem en daarmeedie ark van die Getuienis bedek.

6 En hulle moet’n dekkleed van robbevelle daarop sit en ’n doek, heeltemal van pers stof, daar bo-oor uitsprei ensy draaghoute insteek.

7 Hulle moet ook oor dietoonbroodtafel ’n pers doek uitsprei en daarop neersit die skottels en die rookpanne en die bekers en die drankofferkanne; ook moet die altyd-blywende brood daarop wees.

8 Daarna moet hulle ’n skarlaken doek daaroor uitsprei en dit met ’n dekkleed van robbevelle toemaak ensy draaghoute insteek.

9 Dan moet hulle ’n pers doek neem en diekandelaar tot verligting bedek,met sy lampe en sy snuiters en sy bakkies en al sy oliekanne waarmee hulle daarby diens doen.

10 En hulle moet dit met al sy gereedskap op ’n dekkleed van robbevelle neerlê en dit op die draagbaar sit.

11 Enoor die goue altaar moet hulle ’n pers doek uitsprei en dit met ’n dekkleed van robbevelle toemaak en sy draaghoute insteek.

12 Hulle moet ook al die gereedskap neem waarmee hulle diens in die heiligdom doen, en dit op ’n pers doek neerlê en met ’n dekkleed van robbevelle toemaak en dit op die draagbaar sit.

13 En hulle moet die as vandie altaar verwyder en daar ’n purper doek oor uitsprei.

14 En hulle moet al sy gereedskap daarop neersit waarmee hulle daarby diens doen: die vuurpanne, die vurke en die skoppe en die komme, al die gereedskap van die altaar; en hulle moet daar ’n dekkleed van robbevelle oor uitsprei en sy draaghoute insteek.

15 En eers nadat Aäron en sy seuns, by die opbreek van die laer, klaar is met die toemaak van die heiligdom en van al die gereedskap van die heiligdom,moet die seuns van Kehat kom om te dra;maar hulle mag nie aan die heilige dinge raak nie, sodat hulle nie sterwe nie. Hierdie dinge is dit wat die seuns van Kehat moet dra van die tent van samekoms.

16 En die toesig van Eleásar, die seun van die priester Aäron, gaan oordie olie vir die kandelaar endie reukwerk van speserye endie voortdurende spysoffer endie salfolie; die toesig oor die hele tabernakel en oor alles wat daarin is: die heiligdom en bybehorende gereedskap.

17 En dieHerehet met Moses en Aäron gespreek en gesê:

18 Sorg dat die stam van die geslagte van die Kehatiete nie onder die Leviete uitgeroei word nie.

19 Maar doen vir hulle dit, sodat hulle lewe en nie sterwe nie as hulle nadie hoogheilige dinge aankom: Aäron en sy seuns moet ingaan en hulle aanstel elkeen oor sy dienswerk en oor wat hy moet dra.

20 Maar hulle moet nie inkom om vir ’n oomblikdie heiligdom te sien nie, sodat hulle nie sterwe nie.

21 En dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

22 Neem die volle getal op ook van die seuns van Gerson volgens hulle families, volgens hulle geslagte.

23 Jy moet hulle tel van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat verplig is om diens te doen, om dienswerk te verrig by die tent van samekoms.

24 Dit sal die dienswerk van die geslagte van die Gersoniete wees by die diens en by die vervoer:

25 hullemoet dietentdoeke van die tabernakel dra, ook die tent van samekoms, sy dekkleed endie dekkleed van robbevellewat daar bo-oor is, en die bedekking vir die ingang van die tent van samekoms

26 en die behangsels van die voorhof en die bedekking vir die ingang van die poort van die voorhof wat rondom die tabernakel en die altaar is, en hulle lyne sowel as al die gereedskap wat by die bediening daarvan behoort; en alles wat daarvoor gedoen moet word, moet hulle verrig.

27 Die hele dienswerk van die seuns van die Gersoniete — alles wat hulle moet dra en hulle hele diens — moet wees volgens die bevel van Aäron en sy seuns; en julle moet hulle al hulle drawerk aanwys om dit waar te neem.

28 Dit is die dienswerk vir die geslagte van die seuns van die Gersoniete by die tent van samekoms; en wat hulle te besorg het, moet plaasvind onder leiding van Ítamar, die seun van die priester Aäron.

29 Wat aangaan die seuns van Merári — dié moet jy tel volgens hulle geslagte, volgens hulle families.

30 Jy moet hulle tel van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig is, om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig.

31 En dit is wat by hulle drawerk besorg moet word, hulle hele dienswerk by die tent van samekoms: die style van die tabernakel met sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke

32 en die pilare van die voorhof rondom met hulle voetstukke en hulle penne en hulle lyne — al die gereedskap sowel as alles wat by die bediening daarvan behoort. En die gereedskap wat by hulle drawerk besorg moet word, moet julle met die naam aanwys.

33 Dit is die dienswerk vir die geslagte van die seuns van Merári, hulle hele diens by die tent van samekomsonder leiding van Ítamar, die seun van die priester Aäron.

34 En Moses en Aäron en die owerstes van die vergadering het die seuns van die Kehatiete getel volgens hulle geslagte en volgens hulle families;

35 van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die tent van samekoms.

36 En hulle geteldes was volgens hulle geslagte tweeduisend-sewehonderd-en-vyftig.

37 Dit is die geteldes van die geslagte van die Kehatiete, almal wat by die tent van samekoms gedien het, wat Moses en Aäron volgens die bevel van dieHeredeur die diens van Moses getel het.

38 En die geteldes van die seuns van Gerson volgens hulle geslagte en volgens hulle families,

39 van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die tent van samekoms —

40 hulle geteldes was volgens hulle geslagte, volgens hulle families, tweeduisend-seshonderd-en-dertig.

41 Dit is die geteldes van die geslagte van Gerson se seuns, almal wat by die tent van samekoms gedien het, wat Moses en Aäron volgens die bevel van dieHeregetel het.

42 En die geteldes van die geslagte van Merári se seuns volgens hulle geslagte, volgens hulle families,

43 van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die tent van samekoms —

44 hulle geteldes was volgens hulle geslagte drieduisend-tweehonderd.

45 Dit is die geteldes van die geslagte van Merári se seuns wat Moses en Aäron volgens die bevel van dieHeredeur die diens van Moses getel het.

46 Al die getelde Leviete wat Moses en Aäron en die owerstes van Israel getel het, volgens hulle geslagte en volgens hulle families,

47 van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was om dienswerk te verrig en die werk van vervoer by die tent van samekoms —

48 hulle geteldes was agtduisend-vyfhonderd-en-tagtig.

49 Volgens die bevel van dieHeredeur tussenkoms van Moses is hulleaangewys elkeen vir sy diens en vir sy drawerk; naamlik die geteldes, soosdieHereMoses beveel het.