DEUTERONÓMIUM 33

Seëning van die twaalf stamme deur Moses voor sy dood.

1 EN dit isdie seën waarmee Moses,die man van God, die kinders van Israel geseën het voor sy dood.

2 En hy het gesê:DieHerehet gekom van Sinai en vir hulle opgegaan van Seïr af; Hy het in ligglans verskynvan die gebergte Paran engekom van heilige tienduisende af; aan sy regterhand was vlammende vuur vir hulle.

3 Ja, Hy het die stamme lief. Al sy heiliges — hulle is in u hand; en hullewas gelaer by u voet;elkeenontvang iets van u uitsprake.

4 Moses het ons die wet beveel,’n besitting vir die vergadering van Jakob.

5 En Hy hetKoning geword inJesúrun, toe die hoofde van die volk vergader het, die stamme van Israel almal saam.

6 Laat Ruben lewe en nie sterwe nie, en laat sy manne ’n aantal wees.

7 En dít vir Juda, en hy het gesê: Hoor,Here, die stem van Juda, en bring hom na sy volk toe; met sy hande het hy geveg vir hulle, en wees Uvir hom’n hulp teenoor sy teëstanders.

8 En van Levi het hy gesê:U Tummim en u Urim is vir die man,u gunsgenoot, uwat deur U beproef is in Massa, met wieU getwis het by die waters van Mériba;

9 wat van sy vader en sy moeder gesê het:Ek sien hom nie,en sy broers nie erken het en van sy seuns niks geweet het nie; want hulle het u woord bewaar en u verbond gehou.

10 Hulle sal Jakob u verordeninge leer en Israel u wet; hulle sal reukwerk voor U neerlê en ’n voloffer op u altaar.

11 Seën,Here, sy krag, en laat diewerk van sy hande U welgevallig wees; verpletter die lendene van die wat teen hom opstaan en hom haat, sodat hulle nie kan opstaan nie.

12 Van Benjamin het hy gesê: Die beminde van dieHere— hy sal veilig by Hom woon; Hy beskerm hom die hele dag en woon tussen sy berghange.

13 En van Josef het hy gesê:Geseënd deur dieHereis sy land met die kostelikste gawe van die hemel,met dou en met die wêreldvloed wat onder lê,

14 en met die kostelikste voortbrengsels van die son en met die kostelikste gewasse van die mane

15 en met die vernaamste voortbrengsel van die berge van die voortyd en met die kostelikste gawevan die ewige heuwels

16 en met die kostelikste gawe van die aarde en van sy volheid, en die welbehae van Homwat in die doringbos gewoon het — laat dit kom opdie hoof van Josef en op die hoofskedel van die vors onder sy broers.

17 Sy eersgebore stier — heerlikheid is syne, en sy horings is buffelhorings; daarmeesal hy die volke stoot, die eindes van die aarde almal saam. Endit is die tienduisende van Efraim, en dit is die duisende van Manasse!

18 En van Sébulon het hy gesê:Verheug jou, Sébulon, oor jou togte, en Íssaskar, oor jou tente.

19 Hulle salvolke na die berg roep; daarsal hulle offers van geregtigheid offer; want hulle sal die oorvloed van die see insuig en die verborgenste skatte van die sand.

20 En van Gad het hy gesê: Geseënd is Hy wat vir Gad ruimte maak; hy gaan lêsoos ’n leeuin en verskeur die arm, ja, die hoofskedel.

21 Enhy het vir hom ’n eerstelingsaandeel uitgekies, want daar was die deel van’n veldheer bewaar; en hy het gekom nadie hoofde van die volk, hy het die geregtigheid van dieHereuitgevoer en sy verordeninge met Israel.

22 En van Dan het hy gesê: Dan is’n jong leeuwat uit Basan uitspring.

23 En van Náftali het hy gesê: Náftali,versadig van geluk en vol van die seën van dieHere— neem jy see ensuidland in besit!

24 En van Aser het hy gesê:Geseënd is Aser bo die seuns; laat hy die liefling van sy broers wees, en een wat sy voet in olie insteek.

25 Mag jou grendel yster en koper wees, en jou sterkte soos jou dae.

26 Niemand is daar soos God, oJesúrun,wat oor die hemel ry as jou hulp, en oor die wolke in sy hoogheid.

27 Die ewige God is’n woning, en onder — ewige arms; en Hy het die vyand voor jou uit verdrywe en gesê: Verdelg!

28 So het Israel dan veilig gaan woon,die bron van Jakob in afsondering, in’n land van koring en mos; ja, sy hemellaat dou afdrup.

29 Welgeluksalig is jy, o Israel! Wie is soos jy? ’n Volk wat deur dieHereverlos is,die skild van jou hulp en wat die swaard van jou hoogheid is, sodat jou vyande julle al kruipende aan jou onderwerp; maar jý sal op hulle hoogtes stap.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

13 − 2 =