DEUTERONÓMIUM 34

Dood en begrafnis van Moses.

1 TOE het Moses opgeklim uit die vlaktes van Moabna die berg Nebo, die top van Pisga wat teenoor Jérigo lê; en dieHerehet hom die hele land, Gíleadtot Dan toe, laat sien;

2 en die hele Náftali en die land Efraim en Manasse en die hele land Juda tot bydie Westelike See;

3 en die Suidland en dieJordaanstreek,die laagte van Jérigo, diepalmstad, tot bySoar.

4 En dieHerehet vir hom gesê:Dit is die land wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek dit gee;Ek het jou dit met jou oë laat sien, maar jy sal daarheen nie oortrek nie.

5 Toe het Moses, die kneg van dieHere, daar gesterwe in die land Moab, volgens die bevel van dieHere.

6 En Hy het hom in die dal in die land Moab, teenoor Bet-Peor, begrawe; enniemand het tot vandag toe sy graf geken nie.

7 En Moses was honderd-en-twintig jaar oud toe hy gesterf het;sy oog was nie verswak nie, en sy krag het nie vergaan nie.

8 Toe het die kinders van Israel Moses beween in die vlaktes van Moab,dertig dae lank. En die dae van die geween, van die rou oor Moses, het ten einde gekom.

9 En Josua, die seun van Nun, was vol vandie Gees van wysheid; want Moseshet hom die hande opgelê. En die kinders van Israel het na hom geluister en gedoen soos dieHereMoses beveel het.

10 En soos Moses,vir wie dieHerevan aangesig tot aangesig geken het,het daar geen profeet meer in Israel opgestaan nie —

11 wat betref al die tekens en die wonders wat dieHerehom opgedra het om in Egipteland aan Farao en aan al sy dienaars en sy hele land te doen,

12 en wat betref die hele magsopenbaring en al die groot, skrikwekkende dade wat Moses voor die oë van die hele Israel gedoen het.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

two + 2 =