DEUTERONÓMIUM 19

Die vrystede.

1 ASdieHerejou God die nasies uitroei wie se land dieHerejou God jou sal gee, en jy hulle uit hul besitting verdrywe en in hulle stede en in hulle huise woon,

2 dan moet jy vir jou drie stede afsonder in jou land wat dieHerejou God jou sal gee om dit in besit te neem.

3 Jy moet vir jou die pad regmaak en jou grondgebied wat dieHerejou God jou laat erwe, in drie dele verdeel, sodat elkeen wat ’n doodslag begaan het, daarheen kan vlug.

4 En dit is die saak van hom wat ’n doodslag begaan het, wat daarheen vlug, dat hy kan lewe:hy wat sy naaste sonder opset doodslaan, terwyl hy hom van gister en eergister af nie vyandig was nie;

5 en hy wat saam met sy naaste in die bos gaan om hout te kap en sy hand swaai met die byl om die boom af te kap, en die yster glip van die steel af en tref sy naaste, sodat hy sterwe — hy moet in een van hierdie stede vlug om in die lewe te bly;

6 sodatdie bloedwreker hom wat ’n doodslag begaan het, nie agtervolg as sy hart verhit is en hom inhaal — omdat die pad lank is — en hom doodslaan nie, terwyl hy die dood nie verdien het nie, omdat hy hom van gister en eergister af nie vyandig was nie.

7 Daarom gee ek jou bevel en sê: Drie stede moet jy vir jou afsonder.

8 En as dieHerejou God jou grondgebied uitbrei, soos Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het, en jou die hele landgee wat Hy beloof het om aan jou vaders te gee

9 — as jy sorgvuldig al hierdie gebooie hou wat ek jou vandag beveel om dit te doen, om dieHerejou God lief te hê en altyd in sy weë te wandel —dan moet jy vir jou nog drie stede by hierdie drie byvoeg,

10 sodat geen onskuldige bloed vergiet word binne-in jou land wat dieHerejou God jou as erfenis sal gee, en bloedskuld op jou kom nie.

11 Maaras iemand sy naaste vyandig is en hom voorlê en teen hom opstaan en hom lewensgevaarlik slaan, sodat hy sterwe, en hy in een van hierdie stede vlug,

12 dan moet die oudstes van sy stad stuur en hom daarvandaan laat haal, en hulle moet hom in die hand van die bloedwreker oorgee, dat hy kan sterwe.

13 Jou oog mag hom nie verskoon nie,maar jy moet die onskuldige bloed uit Israel wegdoen, dat dit met jou goed kan gaan.

Straf vir grondroof en valse getuienis.

14 JOU naaste se grenslyn, deur die voorvaders getrek in jou erfdeel wat jy sal erwe in die land wat dieHerejou God jou sal gee om dit in besit te neem, mag jy nie verlê nie.

15 Een getuie mag nie teen iemand optree insake enige misdaad of enige sonde, by enige misstap wat hy begaan nie;op die verklaring van twee getuies of op die verklaring van drie getuies sal ’n saak van krag wees.

16 As ’n kwaadwillige getuie teen iemand optree om van ’n oortreding teen hom te getuig,

17 dan moet die twee manne wat die regsaak het, gaan staan voor die aangesig van dieHere,voor die priesters en die regters wat daar in dié dae sal wees.

18 En die regters moetterdeë ondersoek doen, en is die getuie ’n valse getuie, het hy vals teen sy broer getuig,

19 dan moet julle met hom doen soos hy gedink het om met sy broer te doen; somoet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.

20 En die ander moet dit hoor en vrees en nie meer verder by jou so iets verkeerds doen nie.

21 En jou oog mag nie verskoon nie:lewe vir lewe, oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet.

DEUTERONÓMIUM 20

Oorlogswette.

1 AS jy na die oorlog uittrek teen jou vyand enperde en strydwaens sien, ’n volk meer in getal as jy, dan moet jy vir hulle nie vrees nie; want dieHerejou God wat jou uit Egipteland laat optrek het,is met jou.

2 En as julle na die geveg kom, moet die priester nader kom en die volk toespreek;

3 en hy moet aan hulle sê: Hoor, Israel, julle trek vandag nader om te veg teen julle vyande; laat julle hart nie week word nie, wees nie bevrees en beangs en word nie verskrik vir hulle nie;

4 want dit is dieHerejulle God wat saam met julle trekom vir julle te stry teen julle vyande, om aan julle die oorwinning te gee.

5 Dan moet die opsigters die volk toespreek en sê: Wie is die man wat ’n nuwe huis gebou en ditnie ingewy het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders dit inwy nie.

6 En wie is die man wat ’n wingerd geplant en dit nie in gebruik geneem het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders dit in gebruik neem nie.

7 En wie is die man wat hom met ’n vrou verloof en haar nie geneem het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders haar neem nie.

8 Dan moet die opsigters verder die volk toespreek en sê:Wie is die man wat bevrees en week van hart is? Hy kan teruggaan huis toe, dat die hart van sy broers nie smelt soos sy hart nie.

9 En as die opsigters die volk klaar toegespreek het, moet leërowerstes aan die hoof van die volk aangestel word.

10 As jy naby ’n stad kom om daarteen te veg,moet jy dit vrede aanbied.

11 En as dit jou ’n antwoord van vrede gee en vir jou oopmaak, moet die hele volk wat daarin gevind word, aan jou dienspligtig wees en jou dien.

12 Maar as dit geen vrede met jou sluit nie, maar oorlog teen jou wil voer, moet jy dit beleër.

13 En dieHerejou God sal dit in jou hand gee, enjy moet al die manne daarin met die skerpte van die swaard verslaan;

14 net die vroue en die kinders en die vee en alles wat in die stad is — die hele buit moet jy vir jou roof; enjy moet die buit van jou vyande eet wat dieHerejou God jou gegee het.

15 So moet jy met al die stede maak wat baie ver van jou af is, wat nie by die stede van hierdie nasies behoort nie.

16 Maarvan die stede van hierdie volke wat dieHerejou God jou as erfenis sal gee, moet jy niks wat asem het, laat lewe nie.

17 Maar jy moet hulle heeltemal met die banvloek tref: die Hetiete en Amoriete, die Kanaäniete en Feresiete, die Hewiete en Jebusiete, soos dieHerejou God jou beveel het;

18 sodathulle julle nie leer om te handel volgens al hulle gruwels wat hulle vir hul gode gedoen het, en julle teen dieHerejulle God sondig nie.

19 As jy ’n stad baie lank beleër deur oorlog daarteen te voer om dit te verower, moet jy sy bome nie verwoes deur die byl daarteen te swaai nie; maar jy mag daarvan eet en mag dit nie afkap nie; want is die bome van die veld dan mense, dat hulle deur jou in beleëring moet kom?

20 Net bome waarvan jy weet dat dit geen vrugtebome is nie, dié mag jy verwoes en afkap; en jy moet teen die stad wat teen jou oorlog voer, ’n skans bou totdat dit val.

DEUTERONÓMIUM 21

Versoening van doodslag deur ’n onbekende hand.

1 AS hulle in die land wat dieHerejou God jou sal gee om dit in besit te neem, een vind wat dood in die veld lê, sonder dat dit bekend is wie hom gedood het,

2 dan moet jou oudstes en jou regters uitgaan en die afstand meet na die stede wat rondom die een lê wat gedood is.

3 En die stad wat die naaste lê aan hom wat gedood is — die oudstes van dié stad moet ’n jong koei neem waarmee nie gewerk is nie, wat nie in ’n juk getrek het nie.

4 En die oudstes van dié stad moet die koei afbring in ’n dal met standhoudende water waarin nie gewerk of gesaai word nie; en hulle moet daar in die dal die koei se nek breek.

5 Dan moet die priesters, die seuns van Levi, aankom; wantdieHerejou God het hulle uitverkies om Hom te dien en om in die Naam van dieHerete seën, envolgens hulle uitspraak moet elke saak van twis en verwonding afgehandel word.

6 En al die oudstes van dié stad wat die naaste woon aan hom wat gedood is,moet hulle hande was oor die koei waarvan die nek in die dal gebreek is;

7 en hulle moet verklaar en sê: Ons hande het hierdie bloed nie vergiet nie, en ons oë het dit nie gesien nie.

8 Doen versoening vir u volk Israel wat U, oHere, verlos het, enlaat geen onskuldige bloed op u volk Israel rus nie, en laat die bloedskuld vir hulle versoen word.

9 En jy sal die onskuldige bloed uit jou midde verwyder as jy doen wat reg is in die oë van dieHere.

Oor krygsgevange vroue.

10 AS jy na die oorlog uittrek teen jou vyande en dieHerejou God hulle in jou hand gee en jy hulle gevangenes wegvoer,

11 en jy onder die gevangenes ’n vrou sien wat skoon van gestalte is, en jy haar liefkry en haar as vrou vir jou neem,

12 dan moet jy haar in jou huis inbring; en sy moet haar hoof skeer en haar naels knip.

13 En sy moet die klere waarin sy weggevoer is, uittrek en in jou huis bly enhaar vader en haar moeder ’n maand lank beween; en daarna kan jy by haar ingaan en met haar trou, en sy sal jou vrou wees.

14 En as jy geen behae in haar het nie, moet jy haar volgens haar begeerte laat gaan;maar jy mag haar glad nie vir geld verkoop nie; jy mag haar nie hard behandel nie, omdat jy haaronteer het.

Die eersgeboortereg.

15 AS ’n man twee vroue het, een wat hy liefhet en eenwat hy nie liefhet nie, en hulle baar vir hom seuns, sowel die geliefde as die nie-geliefde vrou, en die eersgebore seun behoort aan die nie-geliefde vrou,

16 dan mag hy, op die dagas hy sy seuns sy besittings laat erwe, nie die eersgeboortereg aan die seun van die geliefde vrou gee tot nadeel van die seun van die nie-geliefde vrou, die eersgeborene, nie.

17 Maar hy moet die eersgeborene, die seun van die nie-geliefde vrou, erken deur aan hom ’n dubbele deel te gee van alles wat hy besit; want hy isdie eersteling van sy krag:die eersgeboortereg is syne.

Oor wederstrewige kinders.

18 AS iemand ’n koppige en wederstrewige seun het, wat nie luister na die stem van sy vader en na die stem van sy moeder nie, en hulle hom tugtig, maar hy na hulle nie luister nie,

19 dan moet sy vader en sy moeder hom neem en hom uitbring na die oudstes van sy stad en na die poort van sy woonplek,

20 en hulle moet aan die oudstes van sy stad sê: Hierdie seun van ons is koppig en wederstrewig, hy luister nie na ons stem nie, hy is ’n deurbringer en dronkaard.

21 Dan moet al die manne van sy stad hom stenig, dat hy sterwe. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei, en die hele Israel sal dit hoor en vrees.

Begrafnis van die wat ter dood gebring is.

22 EN as in iemand ’n sonde iswat die doodstraf verdien en hy gedood word en jy hom aan ’n paal ophang,

23 dan mag sy lyk nie aan die paal oornag nie, maar jy moet hom sekerlik dié dag nog begrawe;want een wat opgehang is, is deur God vervloek. En jy magjou land wat dieHerejou God jou as erfenis sal gee, nie verontreinig nie.

DEUTERONÓMIUM 22

Oor goed wat wegraak.

1 JYmag die bees van jou broer of sy stuk kleinvee nie sien ronddwaal en jou vir hulle verberg nie; jy moet hulle sekerlik na jou broer terugbring.

2 En as jou broer nie naby jou is nie en jy hom nie ken nie, moet jy dit in jou huis neem, en dit moet by jou wees totdat jou broer dit soek; dan moet jy dit aan hom teruggee.

3 So moet jy ook doen met sy esel, en so moet jy doen met sy kleed, ja, so moet jy doen met alles wat van jou broer wegraak, wat hy verloor en wat jy vind; jy mag jou nie verberg nie.

4 Jy mag die esel van jou broer of sy bees nie sien val op die pad en jou vir hulle verberg nie; saam met hom moet jy hulle sekerlik ophelp.

Verbode samevoeginge.

5 ’nVROU mag geen mansklere dra nie, en ’n man mag geen vrouensklere aantrek nie; want almal wat dit doen, is vir dieHerejou God ’n gruwel.

6 As jy op pad ’n voëlnes kry in een of ander boom of op die grond, met klein voëltjies of eiers, terwyl die moeder op die klein voëltjies of op die eiers sit,mag jy die moeder nie saam met die kleintjies wegneem nie.

7 Jy moet die moeder sekerlik laat wegvlieg, maar die kleintjies mag jy vir jou neem,dat dit met jou goed kan gaan en jy die dae kan verleng.

8 As jy ’n nuwe huis bou, moet jy ’n leuning aan jou dak maak, sodat jy geen bloedskuld op jou huis bring as iemand daarvan afval nie.

9 Jy mag in jou wingerd nietwee soorte saad saai nie, anders verval die volle opbrings aan die heiligdom: die saad wat jy saai en die opbrings van die wingerd.

10 Jy mag nie met ’n os en ’n esel tegelyk ploeë nie.

11 Jy mag geengemengde stof,wol en linne tegelyk, aantrek nie.

12 Klossies moet jy vir jou maak aan die vier hoeke van jou kleed waar jy jou mee toemaak.

Beskuldigde vroue.

13 AS ’n man ’n vrou neem en by haar ingaan en haar dan haat

14 en haar slegte dinge nagee en ’n slegte gerug oor haar versprei en sê: Hierdie vrou het ek geneem, en toe ek naby haar kom, het ek die maagdom nie aan haar gevind nie,

15 dan moet die vader en die moeder van die dogter die bewys van die dogter se maagdom neem en na die oudstes van die stad by die poort uitbring.

16 En die vader van die dogter moet aan die oudstes sê: Ek het my dogter aan hierdie man as vrou gegee, maar hy het haar gehaat;

17 en kyk, hy hethaarslegte dinge nagegee deur te sê: Ek het aan jou dogter die maagdom nie gevind nie — maar dit is die bewys van my dogter se maagdom. En hulle moet die kledingstuk voor die oudstes van die stad uitsprei.

18 Dan moet die oudstes van dié stad die man neem en hom tugtig

19 en hom ’n boete van honderdsikkelssilwer oplê en dit aan die vader van die dogter gee, omdat hy ’n slegte gerug oor ’n jongmeisie van Israel versprei het. Verder moet sy sy vrou wees; hy mag haar nie verstoot solank as hy lewe nie.

20 Maar as hierdie woord waarheid is: Die maagdom is aan die dogter nie gevind nie —

21 dan moet hulle die dogter na die deur van haar vader se huis uitbring, en die manne van haar stad moet haar stenig, dat sy sterwe, omdat sy’n skanddaad in Israel begaan het deur in die huis van haar vader te hoereer.So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.

Ongeoorloofde betrekkinge.

22 AS ’n man betrap word terwyl hy met ’n getroude vrou gemeenskap het, moet hulle altwee sterwe: die man wat met die vrou gemeenskap gehad het, en die vrou. So moet jy dan die kwaad uit Israel uitroei.

23 As ’n dogter, ’n jongmeisie, aan’n man verloof is, en iemand kry haar in die stad en hou met haar gemeenskap,

24 dan moet julle hulle twee na die poort van dié stad uitbring en hulle stenig, dat hulle sterwe; die dogter, omdat sy in die stad nie geskreeu het nie, en die man, omdat hydie vrou van sy naaste onteer het. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.

25 Maar as die man die verloofde dogter in die veld kry en die man haar aangryp en met haar gemeenskap het, moet die man wat met haar gemeenskap gehad het, alleen sterwe;

26 maar aan die dogter moet jy niks doen nie: daar is in die dogter geen sonde wat die dood verdien nie; want soos wanneer ’n man teen sy naaste opstaan en hom doodslaan, so is hierdie geval.

27 Want hy het haar in die veld gekry; die verloofde dogter het geskreeu, maar daar was niemand om haar te help nie.

28 As ’n man ’n dogter, ’n jongmeisie, kry wat nie verloof is nie, en haar aangryp en met haar gemeenskap het, en hulle word betrap,

29 dan moet die man wat met haar gemeenskap gehad het, die vader van die dogter vyftigsikkelssilwer gee; en sy moet sy vrou wees, omdat hy haar onteer het; hy mag haar nie verstoot solank as hy lewe nie.

30 ’n Man mag die vrou van sy vader nie neem nie, en hy mag die kombers van sy vader nie oplig nie.

DEUTERONÓMIUM 23

Wie nie in die vergadering van die Here mag kom nie.

1 HY wat deur verbryseling vermink of van wie die manlike deel afgesny is, mag in die vergadering van dieHerenie kom nie.

2 Geen baster mag in die vergadering van dieHerekom nie; selfs sy tiende geslag mag in die vergadering van dieHerenie kom nie.

3 Geen Ammoniet of Moabiet mag in die vergadering van dieHerekom nie; selfs hulle tiende geslag mag nooit in die vergadering van dieHerekom nie;

4 omdat hulle julle, by jul uittog uit Egipte, nie met brood en water op die pad tegemoetgekom het nie; en omdat hy Bíleam, die seun van Beor, uit Petor in Mesopotámië,teen jou gehuur het om jou te vloek.

5 Maar dieHerejou God wou nie na Bíleam luister nie; maar dieHerejou God het vir joudie vloek in ’n seën verander, omdat dieHerejou God jou liefgehad het.

6 Jy mag hulle vrede en hulle geluk solank as jy lewe, vir ewig nie soek nie.

7 Die Edomiet moet jy nie as ’n gruwel beskou nie,want hy is jou broer; die Egiptenaar moet jy nie as ’n gruwel beskou nie, wantjy was ’n vreemdeling in sy land.

8 Kinders wat vir hulle in die derde geslag gebore word, mag in die vergadering van dieHerekom.

Die reinheid van die laer.

9 WANNEER jy as leër teen jou vyande uittrek, pas dan op vir enigiets wat verkeerd is.

10 As daar iemand by jou is wat weens ’n voorval by nagnie rein is nie, moet hy buitekant die laer uitgaan; hy mag nie in die laer inkom nie.

11 Maar as die aand aankom,moet hy hom in die water bad; en teen sonsondergang mag hy in die laer inkom.

12 Jy moetbuitekant die laer ’n plek hê, en daarheen moet jy uitgaan.

13 En jy moet by jou gereedskap ’n grafie hê; as jy dan buitekant gaan sit, moet jy daarmee grawe en wat van jou uitgegaan het, weer toemaak.

14 Want dieHerejou Godwandel midde-in jou laer om jou te red en jou vyande aan jou oor te gee; daarom moet jou laer heilig wees, sodat Hy niks skandeliks by jou mag sien en Hom van jou afwend nie.

Ontvlugte slawe, hoere, rente, ens.

15 JY mag ’n slaaf wat van sy heer na jou ontsnap het, nie aan sy heer oorlewer nie.

16 Hy moet by jou bly, in jou midde, in die plek wat hy in een van jou poorte uitkies, waar dit vir hom goed is;jy mag hom nie verdruk nie.

17 Daar mag geen hoeruit die dogters van Israel wees nie; en daar mag geenskandseun uit die seuns van Israel wees nie.

18 Jy mag geen hoereloon of hondeprys in die huis van dieHerejou God as enige gelofte offer bring nie; want dié altwee is vir dieHerejou God ’n gruwel.

19 Jy mag jou broer geen rente oplê nie, rente van geld, rente van eetware, rente van enigiets wat ’n mens teen rente uitleen nie.

20 Die uitlander mag jy rente oplê, maar jou broer mag jy geen rente oplê nie,sodat dieHerejou God jou kan seën in alles waar jy jou hand aan slaan in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.

21 As jy aan dieHerejou God ’n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want dieHerejou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word.

22 Maar as jy nalaat om te belowe, sal dit geen sonde in jou wees nie.

23 Wat oor jou lippe gaan, moet jy hou en doen soos jy aan dieHerejou God vrywillig beloof het — wat jy met jou mond gespreek het.

24 As jy in die wingerd van jou naaste kom, mag jy na hartelus volop druiwe eet, maar in jou tas mag jy niks steek nie.

25 As jy in die ongesnyde graan van jou naaste kom,mag jy met jou hand are afpluk; maar ’n sekel mag jy nie swaai in die ongesnyde graan van jou naaste nie.

DEUTERONÓMIUM 24

Die skeibrief en die hertrou.

1 AS ’nman ’n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar ’n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur,

2 en sy uit sy huis uittrek en weggaan en ’n ander man s’n word,

3 en dié laaste man haar haat en haar ’n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as dié laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het —

4 dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie weer neem, dat sy sy vrou word nadat sy onrein geword het nie; want dit is ’n gruwel voor die aangesig van dieHere, en jy mag op die land wat dieHerejou God jou as erfenis sal gee, geen skuld laai nie.

5 As ’n man pas getroud is, hoef hy nie op kommando uit te trek nie, en hulle moet hom in geen enkele opsig iets oplê nie; een jaar lank moet hy vry wees vir sy huis en aan sy vrou wat hy geneem het, vreugde verskaf.

Pande, menseroof en melaatsheid.

6 NIEMAND mag die handmeul of die boonste maalklip as pand neem nie, want hy neemdie lewe as pand.

7 As iemand betrap word wat ’n persoon uit sy broers, uit die kinders van Israel, steel en hom hard behandel en hom verkoop, dan moet dié dief sterwe. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.

8 Neem jou inag by die plaag van melaatsheid om baie noukeurig te handel volgens alles wat die Levitiese priesters julle sal leer; soos ek hulle beveel het, moet julle dit sorgvuldig hou.

9 Dink aan wat dieHerejou God op die pad, by julle uittog uit Egipte,aan Mirjam gedoen het.

10 As jy aan jou naaste enigiets leen, mag jy in sy huis nie ingaan om sy pand te gaan haal nie;

11 buite moet jy bly staan, en die man aan wie jy geleen het, moet die pand vir jou buitentoe uitbring.

12 En as hy ’n arm man is, moet jy met sy pand nie gaan slaap nie.

13 Jy moet hom sekerlik teen sonsondergang die pand teruggee, dat hy in sy kleed kan slaap enjou kan seën; endit sal geregtigheid vir jou wees voor die aangesig van dieHerejou God.

14 Jy mag ’n arm en behoeftige dagloner uit jou broers of uit jou vreemdelinge wat in jou land in jou poorte is, nie verdruk nie.

15 Op die dag selfmoet jy sy loon gee, sodat die son oor hom nie ondergaan nie — want hy is arm en sy siel verlang daarna —dat hy nie teen jou tot dieHereroep en dit sonde in jou word nie.

16 Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; elkeen moet vir sy eie sonde gedood word.

Barmhartigheid teenoor die weduwee, wese en vreemdelinge.

17 JY mag die reg van vreemdeling en wees nie verdraai nie en die kleed van ’n weduwee nie as pand neem nie.

18 Maarjy moet daaraan dink dat jy ’n slaaf was in Egipte en dieHerejou God jou daaruit verlos het; daarom beveel ek jou om hierdie saak te doen.

19 As jy jou oes op jou land insamel en ’n gerf op die land vergeet, mag jy nie omdraai om dit te gaan haal nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees, dat dieHerejou God jou kanseën in al die werk van jou hande.

20 As jy jou olywe afslaan, moet jy nie agter jou in die takke rond soek nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees.

21 As jy jou wingerd oes, moet jy agter jounie skoon afoes nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees.

22 Enjy moet daaraan dink dat jy ’n slaaf was in Egipteland; daarom beveel ek jou om hierdie saak te doen.

DEUTERONÓMIUM 25

Beperking van aantal slae by geregtelike lyfstraf.

1 AS daar tussen manne’n twis is en hulle na die gereg kom endie regtershulle vonnis en die regverdigeregverdig verklaar en die skuldige skuldig verklaar,

2 as dan die skuldige slae verdien, moet die regter hom laat lê en hom in sy teenwoordigheid met ’n aantal slae laat slaan ooreenkomstig sy skuld;

3 veertig slae mag hy hom laat gee, nie meer nie, dat hy hom nie verder met baie slae bo dié laat slaan en jou broer voor jou oë veragtelik gemaak word nie.

4 Jy mag ’n os nie muilband as hy graan dors nie.

Huwelik met ’n broer se weduwee.

5 AS broers bymekaar woon en een van hulle sterwe sonder dat hy ’n seun het, dan mag die vrou van die oorledene nie daarbuite ’n vreemde man s’n word nie; haar swaer moet by haar ingaan en haar as sy vrou neem en die swaershuwelik met haar sluit;

6 en die eersgeborene wat sy baar,moet staan op naam van sy oorlede broer, datsy naam nie uit Israel uitgedelg word nie.

7 Maar as dit die man nie beval om sy skoonsuster te neem nie, moet sy skoonsuster nadie poort opgaan na die oudstes toe, en sê: My swaer weier om sy broer se naam in Israel in stand te hou; hy wil met my die swaershuwelik nie sluit nie —

8 dan moet die oudstes van sy stad hom roep en met hom spreek; bly hy dan daarby staan en sê:Dit beval my nie om haar te neem nie —

9 dan moet sy skoonsuster voor die oë van die oudstes na hom toe nader kom ensy skoen van sy voet aftrek en in sy gesig spuug, en sy moet verklaar en sê: So moet met die man gedoen word watdie huis van sy broer nie wil bou nie.

10 En sy naam moet in Israel genoem word: Die huis van die kaalvoet.

11 As manne met mekaar veg, die een met die ander, en die een se vrou aankom om haar man te red uit die hand van die een wat hom slaan, en haar hand uitsteek en hom by die skaamdele gryp,

12 dan moet jy haar hand afkap;jou oog mag nie verskoon nie.

Regte gewigte en mate.

13 JY mag nie twee soorteweegstene, ’n grote en ’n kleintjie, in jou sak hê nie.

14 Jy mag in jou huis nie twee soorte efas, ’n grote en ’n kleintjie, hê nie.

15 Jy moet ’n volle en regte gewig hê; jy moet ’n volle en regte efa hê;sodat jou dae verleng mag word in die land wat dieHerejou God jou sal gee.

16 Wantalmal wat hierdie dinge doen, is ’n gruwel vir dieHerejou God — almal wat onreg doen.

Ámalek moet uitgeroei word.

17 DINK aan wat Ámalek op die pad by julle uittog uit Egipte aan jou gedoen het,

18 hoe hy jou op die pad teëgekom het en by jou die agterhoede, al die swakkes agter jou, verslaan het terwyl jy moeg en mat was, en hy God nie gevrees het nie.

19 As dan dieHerejou God vir jou rus gee van al jou vyande rondom, in die land wat dieHerejou God jou as erfenis sal gee om dit in besit te neem, danmoet jy die gedagtenis van Ámalek onder die hemel uitdelg; vergeet dit nie.

DEUTERONÓMIUM 26

Offer van die eerstelinge en die driejaarlikse tiendes.

1 EN as jy in die land kom wat dieHerejou God jou as erfenis sal gee en jy dit in besit neem en daarin woon,

2 dan moet jy neem uit die eerstelinge van al die vrugte van die land wat jy inbring uit jou land wat dieHerejou God jou sal gee, en dit in ’n mandjie sit; en jy moetgaan na die plek wat dieHerejou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon,

3 en na die priester kom wat daar in dié dae sal wees, en jy moet vir hom sê: Ek verklaar vandag aan dieHereu God dat ek in die land gekom het wat dieHereaan ons vaders met ’n eed beloof het om aan ons te gee.

4 En die priester moet die mandjie uit jou hand neem en dit voor die altaar van dieHerejou God neersit.

5 Dan moet jy voor die aangesig van dieHerejou God verklaar en sê:My vader was ’n swerwende Arameër en het na Egipte afgetrek en daar as vreemdeling vertoefmet min mense; maar hy het daar ’n groot, magtige en talryke nasie geword.

6 Maardie Egiptenaars het ons mishandel en ons verdruk en ’n harde diens op ons gelê.

7 Toe het ons dieHere, die God van ons vaders, aangeroep; en dieHerehet ons stem gehoor en ons ellende en ons moeite en ons verdrukking aangesien;

8 endieHerehet ons uit Egipte uitgelei deur ’n sterke hand en ’n uitgestrekte arm en deur groot skrikwekkende dade en deur tekens en wonders;

9 en Hy het ons na hierdie plek gebring en ons hierdie land gegee,’n land wat oorloop van melk en heuning.

10 Hier het ek dan nou die eerstelinge gebring van die vrugte van die land wat U,Here, my gegee het. Dan moet jy dit neersit voor die aangesig van dieHerejou God en jou neerbuig voor die aangesig van dieHerejou God.

11 Enjy moet vrolik wees oor al die goeie dinge wat dieHerejou God jou en jou huis gegee het; jy en die Leviet en die vreemdeling wat by jou is.

12 As jy aldie tiendes van jou opbrings klaar afgesonder het in die derde jaar,die jaar van die tiendes, dan moet jy aan die Leviet, die vreemdeling, die wees en die weduwee gee, dat hulle in jou poorte kan eet en versadig word.

13 En jy moet voor die aangesig van dieHerejou God sê: Ek het die heilige goed uit die huis weggebring en dit ook aan die Leviet en die vreemdeling, die wees en die weduwee gegee, geheel en al volgens u gebod wat U my beveel het;ek het geeneen van u gebooie oortree of vergeet nie.

14 Ek het daarvan in my rou nie geëet en daarvan as ’n onreine niks weggebring en daarvan aan ’n dooie niks gegee nie; ek het na die stem van dieHeremy God geluister; ek het gedoen net soos U my beveel het.

15 Kyk tog uit u heilige woning, uit die hemel, neer en seën u volk Israel en die land wat U ons gegee het, soos U aan ons vaders met ’n eed beloof het, ’n land wat oorloop van melk en heuning.

16 Vandag beveel dieHerejou God jou om hierdie insettinge en verordeninge na te kom; onderhou dan en doen dit met jou hele hart en met jou hele siel.

17 Vandag het jy dieHerelaat verklaar dat Hy vir jou ’n God sal wees, en dat jy in sy weë moet wandel en sy insettinge en sy gebooie en sy verordeninge moet hou en na sy stem moet luister.

18 En dieHerehet jou vandag laat verklaar dat jy vir Hom’n eiendomsvolk sal wees soos Hy jou beloof het, en dat jy al sy gebooie sal onderhou;

19 en dat Hy jou dandie hoogste sal stel bo al die nasies wat Hy gemaak het, tot ’n lof en ’n roem en ’n sieraad, en dat jy’n heilige volk aan dieHerejou God sal wees soos Hy beloof het.

DEUTERONÓMIUM 27

Bevel om gedenkstene en ’n altaar wes van die Jordaan op te rig en om die seën en vloek daar uit te spreek.

1 EN Moses het saam met die oudstes van Israel aan die volk bevel gegee en gesê: Onderhou al die gebooie wat ek julle vandag beveel.

2 En die dagas julle deur die Jordaan gaan in die land wat dieHerejou God jou sal gee, moet jy vir jou groot klippe oprig en dit met kalk bestryk.

3 En jy moet as jy oortrek daarop skrywe al die woorde van hierdie wet, sodat jy kan kom in die land wat dieHerejou God jou sal gee,’n land wat oorloop van melk en heuning, soos dieHere, die God van jou vaders, jou beloof het.

4 As julle dan deur die Jordaan trek, moet julle hierdie klippe waaromtrent ek julle vandag bevel gee,op die berg Ebal oprig, en jy moet dit met kalk bestryk.

5 En jy moet daar vir dieHerejou God ’n altaar bou, ’n altaar van klippe;jy mag geen yster daaroor swaai nie.

6 Van ongekapte klippe moet jy die altaar van dieHerejou God bou; en jy moet daarop brandoffers bring aan dieHerejou God.

7 Ook moet jy dankoffers slag en daar eet en vrolik wees voor die aangesig van dieHerejou God.

8 En jy moet op die klippe baie duidelik skrywe al die woorde van hierdie wet.

9 Verder het Moses en die Levitiese priesters die hele Israel toegespreek en gesê: Wees stil en luister, o Israel!Vandag het jy die volk van dieHeregeword.

10 Daarom moet jy na die stem van dieHerejou God luister en sy gebooie en sy insettinge volbring wat ek jou vandag beveel.

11 En Moses het aan die volk op dié dag bevel gegee en gesê:

12 Hierdiestammemoet staan om die volk te seën op die berg Gerísim as julle deur die Jordaan getrek het: Símeon en Levi en Juda en Íssaskar en Josef en Benjamin.

13 En hierdie moet staan om te vervloek op die berg Ebal: Ruben, Gad en Aser en Sébulon, Dan en Náftali.

14 Endie Leviete moet verklaar en aan al die manne van Israel hardop sê:

15 Vervloek is die man wat ’n gesnede of gegote beeld maak, ’n gruwel vir dieHere, werk van ’n ambagsman se hande, en dit in die geheim opstel;en die hele volk moet antwoord en sê: Amen.

16 Vervloek is hy wat sy vader of sy moeder verag; en die hele volk moet sê: Amen.

17 Vervloek is hy wat sy naaste se grenslyn verlê; en die hele volk moet sê: Amen.

18 Vervloek is hy wat ’n blinde op die dwaalweg lei; en die hele volk moet sê: Amen.

19 Vervloek is hy wat die reg van vreemdeling, wees en weduwee verdraai; en die hele volk moet sê: Amen.

20 Vervloek is hy wat met die vrou van sy vader gemeenskap het, want hy het die kombers van sy vader opgelig; en die hele volk moet sê: Amen.

21 Vervloek is hy wat met enige dier gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.

22 Vervloek is hy wat met sy suster, die dogter van sy vader of die dogter van sy moeder, gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.

23 Vervloek is hy wat met sy skoonmoeder gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.

24 Vervloek is hy wat sy naaste in die geheim doodslaan; en die hele volk moet sê: Amen.

25 Vervloek is hy wat ’n omkoopgeskenk aanneem om ’n persoon — onskuldige bloed — dood te slaan; en die hele volk moet sê: Amen.

26 Vervloek is hy wat die woorde van hierdie wet nie hou om dit te doen nie; en die hele volk moet sê: Amen.

DEUTERONÓMIUM 28

Seëninge en vervloekinge.

1 AS jy dan goed luister na die stem van dieHerejou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal dieHerejou God joudie hoogste stel bo al die nasies van die aarde.

2 En al hierdie seëninge sal oor jou kom enjou inhaal as jy luister na die stem van dieHerejou God.

3 Geseënd sal jy wees in die stad, en geseënd sal jy weesin die veld.

4 Geseënd sal weesdie vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee.

5 Geseënd sal wees jou mandjie en jou bakskottel.

6 Geseënd sal jy wees byjou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang.

7 DieHeresal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug.

8 DieHeresal die seën oor jou gebied in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan; en Hy sal jou seën in die land wat dieHerejou God jou sal gee.

9 DieHeresal jou vir Hom as heilige volk bevestig soos Hy jou dit gesweer het, as jy die gebooie van dieHerejou God hou en in sy weë wandel.

10 En al die volke van die aarde sal sien dat dieNaam van dieHereoor jou uitgeroep is, en hullesal vir jou vrees.

11 En dieHeresal die goeie aan jou oorvloedig gee in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou land, in die land wat dieHereaan jou vaders met ’n eed beloof het om aan jou te gee.

12 DieHeresal sy goeie skatkamer, die hemel, vir jou oopmaakom die reën van jou land op die regte tyd te gee en om al die werk van jou hand te seën; en jysal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te leen nie.

13 En dieHeresal joudie kop en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die gebooie van dieHerejou God wat ek jou vandag beveel om te hou en te doen,

14 en jy nie regs of links afwyk van al die woorde wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop om hulle te dien nie.

15 Maaras jy nie luister na die stem van dieHerejou God, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal.

16 Vervloek sal jy weesin die stad, en vervloek sal jy wees in die veld.

17 Vervloek sal wees jou mandjie en jou bakskottel.

18 Vervloek sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee.

19 Vervloek sal jy wees by jou ingang, en vervloek sal jy wees by jou uitgang.

20 DieHeresal teen jou stuur die vervloeking, die verwarring endie bedreiging in alles waar jy jou hand aan slaan, wat jy moet doen; totdat jy verdelg is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die boosheid van jou handelinge, dat jy My verlaat het.

21 DieHeresal maak datdie pes jou aankleef totdat Hy jou vernietig uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.

22 DieHeresal jou swaar tref mettering enkoors en vurige koors en ontsteking en droogte enbrandkoring enheuningdou; en hulle sal jou vervolg totdat jy omkom.

23 Enjou hemel wat bo jou hoof is, sal koper, en die aarde wat onder jou is, yster wees.

24 DieHeresal die reën van jou land poeier en stof maak; van die hemel sal dit op jou afkom totdat jy verdelg is.

25 DieHeresal maak dat jy voor jou vyande verslaan word; op een pad sal jy teen hom uittrek en op sewe paaie sal jy voor hom uit vlug — en jysal ’n skrikbeeld vir al die koninkryke van die aarde word.

26 Enjou lyke sal as voedsel dien vir al die voëls van die hemel en vir die diere van die aardesonder dat iemand hulle skrikmaak.

27 DieHeresal jou swaar tref metswere van Egipte en metgeswelle en skurfte en uitslag waarvan jy nie kan gesond word nie.

28 DieHeresal jou slaan metkranksinnigheid en blindheid ensinsverwarring,

29 sodat jy op die middagsal rondtas soos die blinde in die donker rondtas, en in jou weë sal jy geen voorspoed hê nie; maar jy sal altyddeur net verdruk en beroof wees sonder dat daar ’n helper is.

30 Jy sal jou met ’n vrou verloof, maar ’n ander man sal haar skend;’n huis sal jy bou, maar daarin nie woon nie; ’n wingerd plant, maar dit nie in gebruik neem nie.

31 Jou bees word voor jou oë geslag, maar jy sal daarvan nie eet nie; jou esel word voor jou weggeroof en sal na jou nie terugkom nie; jou kleinvee word aan jou vyande gegee sonder dat daar vir jou ’n helper is.

32 Jou seuns en jou dogters word aan ’n ander volk gegee, terwyl jou oë dit sien en die hele dag na hullesmag sonder dat jy daar iets aan kan doen.

33 Die vrugte van jou land en al jou werk sal ’n volk eet wat jy nie ken nie; en jy sal altyddeur net verdruk en hard behandel word.

34 En jy sal kranksinnig weesvanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien.

35 DieHeresal jou tref metbose swere aan die knieë en aan die bene — waarvan jy nie gesond kan word nie — van jou voetsool tot jou skedel.

36 DieHeresal jou en jou koning wat jy oor jou sal aanstel, na ’n nasie laat gaan wat jy en jou vaders nie geken het nie; endaar sal jy ander gode, hout en klip, dien.

37 En jy sal ’n voorwerp vanverbasing,’n spreekwoord en ’n spot wees onder al die volke waarheen dieHerejou sal wegvoer.

38 Jy sal baie saad op die land uitbring, maar min insamel; wantdie sprinkaan sal dit afeet.

39 Wingerde sal jy plant en bewerk maar geen wyn drink of wegbêre nie; want die wurm sal dit opeet.

40 Olyfbome sal jy hê in jou hele grondgebied, maar jy sal jou nie met olie salf nie; want jou olywe sal afval.

41 Seuns en dogters sal jy verwek, maar hulle sal vir jou nie wees nie; want hullesal in gevangenskap gaan.

42 Al jou bome en die vrugte van jou land sal die sprinkaan in besit neem.

43 Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër oor jou opklim; en jý sal laer en laer afsak.

44 Hý sal aan jou leen, maar jý sal aan hom nie leen nie;hy sal die kop en jy die stert wees.

45 En al hierdie vloeke sal oor jou kom en jou agtervolg en jou inhaal totdat jy verdelg is, omdat jy nie geluister het na die stem van dieHerejou God om sy gebooie en sy insettinge wat Hy jou beveel het, te hou nie;

46 en hulle sal by jou’n teken en ’n wonder wees, en by jou nageslag tot in ewigheid.

47 Omdat jy dieHerejou God nie met vreugde envrolikheid van hart weensdie oorvloed van alles gedien het nie,

48 sal jy jou vyand wat dieHereteen jou sal stuur, dien in honger en in dors en in naaktheid en in gebrek aan alles; en hysal ’n ysterjuk op jou nek sit totdat hy jou verdelg het.

49 DieHeresal teen jou ’n nasie bring van ver, van die einde van die aarde af,soos ’n arend vlieg — ’n nasie wie se taal jy nie verstaan nie,

50 ’n nasie hard van aangesig,wat ’n grysaard nie ontsien en vir ’n seun geen genade het nie.

51 En hulle saldie vrug van jou vee en die vrugte van jou land opeet totdat jy verdelg is; wat vir jou geen koring, mos of olie, aanteel van jou beeste of aanteel van jou kleinvee sal laat oorbly totdat hulle jou tot niet gemaak het nie.

52 En hullesal jou in benoudheid bring in al jou poorte totdat jou hoë en versterkte mure val waarop jy in jou hele land vertrou het; ja, hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte in jou hele land wat dieHerejou God jou gegee het.

53 En jysal die vrug van jou liggaam eet, die vlees van jou seuns en jou dogters wat dieHerejou God jou gegee het, in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou benoud sal maak.

54 Die vertroetelde en baie verwénde man by jou — sy oog sal sy broer en die vrou wat hy liefhet, en sy orige kinders wat hy nog behou het, skeef aankyk;

55 sodat hy aan geeneen van hulle iets sal gee van die vlees van sy kinders wat hy eet nie, omdat daar vir hom niksandersoorgelaat is in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak nie.

56 Die vertroetelde en verwénde vrou by jou wat van verwendheid en weekheid nooit probeer het om haar voetsool op die grond neer te sit nie — haar oog sal die man wat sy liefhet en haar seun en haar dogter skeef aankyk,

57 ook haar nageboorte wattussen haar voete uitgaan, en haar kinders wat sy sal baar; want sy sal dit stilletjies eet by gebrek aan alles in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak.

58 As jy nie sorgvuldig al die woorde van hierdie wet hou wat in hierdie boek geskryf is, om hierdie heerlike en gedugte Naam,dieHerejou God, te vrees nie,

59 dansal dieHereoor jou en oor jou nageslag buitengewone plae bring, groot en aanhoudende plae, en kwaadaardige en aanhoudende siektes;

60 en Hy sal weer op jou bring aldie kwale van Egipte waarvoor jy bang was, sodat hulle jou aanklewe.

61 Ook allerhande siektes en allerhande plae wat in die boek van hierdie wet nie geskrywe is nie, dié sal dieHereteen jou laat opkom totdat jy verdelg is.

62 En julle sal metmin mense oorbly, in plaas dat julle gewees hetsoos die sterre van die hemel in menigte, omdat jy nie geluister het na die stem van dieHerejou God nie.

63 En soos dieHereoor jullebly was om aan julle goed te doen en julle te vermenigvuldig, so sal dieHereoor julle bly wees om julle tot niet te maak en julle te verdelg; en julle sal uitgeruk word uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.

64 En dieHeresal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde; endaar sal jy ander gode, hout en klip, dien, wat jy en jou vaders nie geken het nie.

65 Enonder dié nasies sal jy geen rus hê nie, en vir jou voetsool sal daar geen rusplek wees nie;maar dieHeresal jou daar ’n bewende hart gee ensmagtende oë en ’n kwynende siel.

66 En jou lewe sal voor jouaan ’n draadhang, en jy sal nag en dag skrik en van jou lewe nie seker wees nie.

67 In die môre sal jy sê: Ag, was dit maar aand! En in die aand sal jy sê: Ag, was dit maar môre! — vanweë die skrik van jou hart wat jou sal aangryp, en vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien.

68 En dieHeresal jou op skepe na Egipte terugbring, op die pad waarvan ek vir jou gesê het:Jy sal dit verder nie meer sien nie; en daar sal julle aan jul vyande as slawe en slavinne verkoop word, maar daar sal geen koper wees nie.