DEUTERONÓMIUM 21

Versoening van doodslag deur ’n onbekende hand.

1 AS hulle in die land wat dieHerejou God jou sal gee om dit in besit te neem, een vind wat dood in die veld lê, sonder dat dit bekend is wie hom gedood het,

2 dan moet jou oudstes en jou regters uitgaan en die afstand meet na die stede wat rondom die een lê wat gedood is.

3 En die stad wat die naaste lê aan hom wat gedood is — die oudstes van dié stad moet ’n jong koei neem waarmee nie gewerk is nie, wat nie in ’n juk getrek het nie.

4 En die oudstes van dié stad moet die koei afbring in ’n dal met standhoudende water waarin nie gewerk of gesaai word nie; en hulle moet daar in die dal die koei se nek breek.

5 Dan moet die priesters, die seuns van Levi, aankom; wantdieHerejou God het hulle uitverkies om Hom te dien en om in die Naam van dieHerete seën, envolgens hulle uitspraak moet elke saak van twis en verwonding afgehandel word.

6 En al die oudstes van dié stad wat die naaste woon aan hom wat gedood is,moet hulle hande was oor die koei waarvan die nek in die dal gebreek is;

7 en hulle moet verklaar en sê: Ons hande het hierdie bloed nie vergiet nie, en ons oë het dit nie gesien nie.

8 Doen versoening vir u volk Israel wat U, oHere, verlos het, enlaat geen onskuldige bloed op u volk Israel rus nie, en laat die bloedskuld vir hulle versoen word.

9 En jy sal die onskuldige bloed uit jou midde verwyder as jy doen wat reg is in die oë van dieHere.

Oor krygsgevange vroue.

10 AS jy na die oorlog uittrek teen jou vyande en dieHerejou God hulle in jou hand gee en jy hulle gevangenes wegvoer,

11 en jy onder die gevangenes ’n vrou sien wat skoon van gestalte is, en jy haar liefkry en haar as vrou vir jou neem,

12 dan moet jy haar in jou huis inbring; en sy moet haar hoof skeer en haar naels knip.

13 En sy moet die klere waarin sy weggevoer is, uittrek en in jou huis bly enhaar vader en haar moeder ’n maand lank beween; en daarna kan jy by haar ingaan en met haar trou, en sy sal jou vrou wees.

14 En as jy geen behae in haar het nie, moet jy haar volgens haar begeerte laat gaan;maar jy mag haar glad nie vir geld verkoop nie; jy mag haar nie hard behandel nie, omdat jy haaronteer het.

Die eersgeboortereg.

15 AS ’n man twee vroue het, een wat hy liefhet en eenwat hy nie liefhet nie, en hulle baar vir hom seuns, sowel die geliefde as die nie-geliefde vrou, en die eersgebore seun behoort aan die nie-geliefde vrou,

16 dan mag hy, op die dagas hy sy seuns sy besittings laat erwe, nie die eersgeboortereg aan die seun van die geliefde vrou gee tot nadeel van die seun van die nie-geliefde vrou, die eersgeborene, nie.

17 Maar hy moet die eersgeborene, die seun van die nie-geliefde vrou, erken deur aan hom ’n dubbele deel te gee van alles wat hy besit; want hy isdie eersteling van sy krag:die eersgeboortereg is syne.

Oor wederstrewige kinders.

18 AS iemand ’n koppige en wederstrewige seun het, wat nie luister na die stem van sy vader en na die stem van sy moeder nie, en hulle hom tugtig, maar hy na hulle nie luister nie,

19 dan moet sy vader en sy moeder hom neem en hom uitbring na die oudstes van sy stad en na die poort van sy woonplek,

20 en hulle moet aan die oudstes van sy stad sê: Hierdie seun van ons is koppig en wederstrewig, hy luister nie na ons stem nie, hy is ’n deurbringer en dronkaard.

21 Dan moet al die manne van sy stad hom stenig, dat hy sterwe. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei, en die hele Israel sal dit hoor en vrees.

Begrafnis van die wat ter dood gebring is.

22 EN as in iemand ’n sonde iswat die doodstraf verdien en hy gedood word en jy hom aan ’n paal ophang,

23 dan mag sy lyk nie aan die paal oornag nie, maar jy moet hom sekerlik dié dag nog begrawe;want een wat opgehang is, is deur God vervloek. En jy magjou land wat dieHerejou God jou as erfenis sal gee, nie verontreinig nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eight + six =