DEUTERONÓMIUM 23

Wie nie in die vergadering van die Here mag kom nie.

1 HY wat deur verbryseling vermink of van wie die manlike deel afgesny is, mag in die vergadering van dieHerenie kom nie.

2 Geen baster mag in die vergadering van dieHerekom nie; selfs sy tiende geslag mag in die vergadering van dieHerenie kom nie.

3 Geen Ammoniet of Moabiet mag in die vergadering van dieHerekom nie; selfs hulle tiende geslag mag nooit in die vergadering van dieHerekom nie;

4 omdat hulle julle, by jul uittog uit Egipte, nie met brood en water op die pad tegemoetgekom het nie; en omdat hy Bíleam, die seun van Beor, uit Petor in Mesopotámië,teen jou gehuur het om jou te vloek.

5 Maar dieHerejou God wou nie na Bíleam luister nie; maar dieHerejou God het vir joudie vloek in ’n seën verander, omdat dieHerejou God jou liefgehad het.

6 Jy mag hulle vrede en hulle geluk solank as jy lewe, vir ewig nie soek nie.

7 Die Edomiet moet jy nie as ’n gruwel beskou nie,want hy is jou broer; die Egiptenaar moet jy nie as ’n gruwel beskou nie, wantjy was ’n vreemdeling in sy land.

8 Kinders wat vir hulle in die derde geslag gebore word, mag in die vergadering van dieHerekom.

Die reinheid van die laer.

9 WANNEER jy as leër teen jou vyande uittrek, pas dan op vir enigiets wat verkeerd is.

10 As daar iemand by jou is wat weens ’n voorval by nagnie rein is nie, moet hy buitekant die laer uitgaan; hy mag nie in die laer inkom nie.

11 Maar as die aand aankom,moet hy hom in die water bad; en teen sonsondergang mag hy in die laer inkom.

12 Jy moetbuitekant die laer ’n plek hê, en daarheen moet jy uitgaan.

13 En jy moet by jou gereedskap ’n grafie hê; as jy dan buitekant gaan sit, moet jy daarmee grawe en wat van jou uitgegaan het, weer toemaak.

14 Want dieHerejou Godwandel midde-in jou laer om jou te red en jou vyande aan jou oor te gee; daarom moet jou laer heilig wees, sodat Hy niks skandeliks by jou mag sien en Hom van jou afwend nie.

Ontvlugte slawe, hoere, rente, ens.

15 JY mag ’n slaaf wat van sy heer na jou ontsnap het, nie aan sy heer oorlewer nie.

16 Hy moet by jou bly, in jou midde, in die plek wat hy in een van jou poorte uitkies, waar dit vir hom goed is;jy mag hom nie verdruk nie.

17 Daar mag geen hoeruit die dogters van Israel wees nie; en daar mag geenskandseun uit die seuns van Israel wees nie.

18 Jy mag geen hoereloon of hondeprys in die huis van dieHerejou God as enige gelofte offer bring nie; want dié altwee is vir dieHerejou God ’n gruwel.

19 Jy mag jou broer geen rente oplê nie, rente van geld, rente van eetware, rente van enigiets wat ’n mens teen rente uitleen nie.

20 Die uitlander mag jy rente oplê, maar jou broer mag jy geen rente oplê nie,sodat dieHerejou God jou kan seën in alles waar jy jou hand aan slaan in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.

21 As jy aan dieHerejou God ’n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want dieHerejou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word.

22 Maar as jy nalaat om te belowe, sal dit geen sonde in jou wees nie.

23 Wat oor jou lippe gaan, moet jy hou en doen soos jy aan dieHerejou God vrywillig beloof het — wat jy met jou mond gespreek het.

24 As jy in die wingerd van jou naaste kom, mag jy na hartelus volop druiwe eet, maar in jou tas mag jy niks steek nie.

25 As jy in die ongesnyde graan van jou naaste kom,mag jy met jou hand are afpluk; maar ’n sekel mag jy nie swaai in die ongesnyde graan van jou naaste nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

two + 8 =