DEUTERONÓMIUM 9

Herinnering aan Israel se opstand en oortredinge.

1 HOOR, Israel, jytrek vandag deur die Jordaan om nasies in besit te gaan neemwat groter en sterker is as jy, stede wat groot en tot aan die hemel versterk is,

2 ’n groot volk van hoë gestalte,die kinders van die Enakiete, wat jy self ken en van wie jy hoor sê het: Wie kan standhou voor die kinders van Enak?

3 Weet dan vandag dat dieHerejou God die Een is watvoor jou oortreksoos ’n verterende vuur. Hý sal hulle vernietig en hulle voor jou onderwerp,sodat jy hulle gou kan verdrywe en tot niet maak soos dieHerejou beloof het.

4 As dieHerejou God hulle voor jou uit verjaag,moet dan nie in jou hart spreek en sê: DieHerehet my ter wille van my geregtigheid ingebring om hierdie land in besit te neem nie; wantweens die goddeloosheid van hierdie nasies verdryf dieHerehulle voor jou uit.

5 Nie ter wille van jou geregtigheid en die opregtheid van jou hart kom jy in om hulle land in besit te neem nie, maar weens die goddeloosheid van hierdie nasies verdryf dieHerejou God hulle voor jou uit, en omdie woord te vervul wat dieHerevir jou vaders, Abraham, Isak en Jakob, gesweer het.

6 Weet dan dat dieHerejou God nie ter wille van jou geregtigheid jou hierdie goeie land gee om dit in besit te neem nie, want jy is’n hardnekkige volk.

7 Dink daaraan, vergeet nie hoe jy dieHerejou God in die woestyn vertoorn het nie;van die dag af dat jy uit Egipteland uitgetrek het, totdat julle by hierdie plek gekom het, was julle wederstrewig teen dieHere.

8 Ja,by Horeb het julle dieHerevertoorn, sodat dieHeretoornig was op julle om julle te verdelg.

9 Toe ek op die berg geklim het om die kliptafels te ontvang, die tafels van die verbond wat dieHeremet julle gesluit het, het ekveertig dae en veertig nagte lank op die berg gebly — brood het ek nie geëet en water nie gedrink nie —

10 en dieHerehet my die twee kliptafels gegee wat beskrywe was met die vinger van God, en daarop al die woorde soos dieHereop die berg, uit die vuur, met julle gespreek het,op die dag van die vergadering.

11 En aan die einde van veertig dae en veertig nagte het dieHeremy die twee kliptafels gegee, die tafels van die verbond,

12 en dieHerehet vir my gesê:Staan op, klim hiervandaan gou af, want jou volk wat jy uit Egipte uitgelei het, het verderflik gehandel;hulle het gou afgewyk van die weg wat Ek hulle beveel het; hulle het vir hulle ’n gegote beeld gemaak.

13 Verder hetdieHeremet my gespreek en gesê: Ek het hierdie volk aangesien, en kyk, dit is ’n hardnekkige volk.

14 Laat My staan dat Ek hulle verdelg en hulle naam onder die hemeluitdelg;en Ek sal jou ’n nasie maak wat magtiger is en meer as hulle.

15 Daarop het ek omgedraai en van die berg afgeklim terwyldie berg met vuur brand, en die twee tafels van die verbond was in my twee hande.

16 Toesien ek dat julle waarlik teen dieHerejulle God gesondig het; julle het vir julle ’n gegote kalf gemaak; julle het gou afgewyk van die weg wat dieHerejulle beveel het.

17 En ek het die twee tafels gegryp en dit uit my twee hande gegooi en dit voor julle oë verbrysel.

18 Daarophet ek voor die aangesig van dieHereneergeval,soos die eerste keer, veertig dae en veertig nagte lank — brood het ek nie geëet en water nie gedrink nie — vanweë al julle sonde wat julle begaan het deur te doen wat verkeerd is in die oë van dieHereom Hom te terg.

19 Want ek was bang vir die toorn en die grimmigheid waarmee dieHereop julle so toornig was, dat Hy julle wou verdelg;maar dieHerehet my dié keer ook verhoor.

20 Ook was dieHerebaie toornig op Aäron, sodat Hy hom wou verdelg; maar ek het ook vir Aäron in dié tyd gebid.

21 Enek het julle sonde, die kalf wat julle gemaak het, geneem en dit met vuur verbrand en dit stukkend gestamp en terdeë gemaal totdat dit so fyn soos stof was; en dié stof het ek in die stroom gegooi wat van die berg afkom.

22 Ook byTabéra en byMassa en byKibrot-Hattáäwa het julle elke keer dieHerevertoorn.

23 Entoe dieHerejulle uit Kades-Barnéa gestuur het met die woorde: Trek op en neem die land in besit wat Ek julle gegee het — was julle wederstrewig teen die bevel van dieHerejulle God enhet julle Hom nie geglo en na sy stem nie geluister nie.

24 Wederstrewig was julle teen dieHerevan die dag af dat ek julle ken.

25 En ek het neergeval voor die aangesig van dieHere, die veertig dae en veertig nagte wat ek neergeval het, omdat dieHeregesê het dat Hy julle wou verdelg.

26 En ek het dieHeregebid en gesê: Here,Here, stort u volk en u erfdeel wat U deur u grootheid verlos het, wat U uit Egipte deur ’n sterke hand uitgelei het, nie in die verderf nie.

27 Dink aan u knegte Abraham, Isak en Jakob; kyk nie na die hardheid van hierdie volk of na hulle goddeloosheid en hulle sonde nie,

28 sodat die land waar U ons uitgelei het, nie kan sê nie:Omdat dieHerehulle nie kon bring in die land wat Hy hulle beloof het nie, en omdat Hy hulle haat, het Hy hulle uitgelei om hulle in die woestyn te laat sterwe!

29 Hulle is tog u volk en u erfdeel wat U deur u grote krag en u uitgestrekte arm uitgelei het.

DEUTERONÓMIUM 10

1 IN dié tyd het dieHerevir my gesê:Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes en klim op die berg na My toe;maak vir jou ook ’n ark van hout.

2 En Ek sal op die tafels skrywe die woorde wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het; enjy moet dit in die ark sit.

3 Toe het ek ’n ark vanakasiahout gemaak entwee kliptafels soos die eerstes gekap en op die berg geklim met die twee tafels in my hand.

4 EnHy het op die tafels, volgens die eerste skrif, die tien woorde geskrywewat dieHereop die dag van die vergadering by die berg uit die vuur met julle gespreek het; en dieHerehet dit aan my gegee.

5 En ek het omgedraai envan die berg afgeklim endie tafels in die ark gesit wat ek gemaak het;en dit was daar, soos dieHeremy beveel het.

6 En die kinders van Israel het van BéërotBené-Jáäkan weggetrek naMoséra toe.Daar het Aäron gesterwe, en daar is hy begrawe; en sy seun Eleásar het die priesteramp in sy plek bedien.

7 Daarvandaan het hulle weggetrek na Gudgod, en van Gudgod na Jotbat, ’n land van waterstrome.

8 In dié tyd het dieHeredie stam van Leviafgesonderom die verbondsark van dieHerete dra,om voor die aangesig van dieHerein sy diens te staan enin sy Naam te seën tot vandag toe.

9 Daarom het Levi geen deel of erfenis saam met sy broers nie; dieHereis sy erfdeel, soos dieHerejou God hom beloof het.

Nuwe vermaning tot gehoorsaamheid.

10 ENék het op die berg gestaan soos die vorige dae, veertig dae en veertig nagte lank; en dieHerehet my ook dié keer verhoor; dieHerewou jou nie in die verderf stort nie.

11 Maar dieHerehet vir my gesê: Staan op, gaan heen om voor die volk uit verder te trek, dat hulle kan inkom en die land in besit neem wat Ek aan hulle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee.

12 En nou, Israel,wat eis dieHerejou God van jou as netom dieHerejou God te vrees,in al sy weë te wandel enHom lief te hê en dieHerejou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel,

13 om te hou die gebooie van dieHereen sy insettinge wat ek jou vandag beveel,dat dit met jou goed kan gaan?

14 Kyk, aan dieHerejou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is.

15 Maar net aan jou vaders het dieHere’n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.

16 Besny dan dievoorhuid van julle hart enverhard julle nek nie verder nie.

17 Want dieHerejulle God is die God van die gode endieHerevan die here; die grote, magtige en gedugte God watdie persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie;

18 wat reg verskaf aan die wees en die weduwee, en die vreemdeling liefhet, sodat Hy hom brood en klere gee.

19 Daarom moet julle die vreemdeling liefhê, want julle was vreemdelinge in Egipteland.

20 DieHerejou God moet jy vrees, Hom moet jy dien en Hom moet jy aanhang enby sy Naam sweer.

21 Hy is jou lof, en Hy is jou God wat hierdie groot en vreeslike dinge wat jou oë gesien het, aan jou gedoen het.

22 Sewentig siele sterk het jou vaders na Egipte afgetrek, maar nou het dieHerejou God jou gemaaksoos die sterre van die hemel in menigte.

DEUTERONÓMIUM 11

1 DAAROM moet jy dieHerejou Godliefhê enaltyd sy ordening, sy insettinge sowel as sy verordeninge en sy gebooie onderhou.

2 En julle moet vandag weet datekniespreektot julle kinders wat die onderwysing van dieHerejulle God nie geweet en nie gesien het nie:sy grootheid, sy sterke hand en sy uitgestrekte arm

3 en sy tekens en sy dade wat Hy in Egipte gedoen het aan Farao, die koning van Egipte, en aan sy hele land;

4 en wat Hy gedoen het aan die leër van Egipte, aan sy perde en aan sy strydwaenswaaroor Hy die waters van die Skelfsee laat aanstroom het toe hulle julle agtervolg het, sodat dieHerehulle omgebring het tot vandag toe;

5 en wat Hy vir julle in die woestyn gedoen het tot julle aankoms op hierdie plek;

6 enwat Hy aan Datan en Abíram, die seuns van Elíab, die seun van Ruben, gedoen het — hoe die aarde sy mond oopgemaak en hulle saam met hul huisgesinne en hul tente en al die lewende wesens agter hulle aan, onder die hele Israel verslind het;

7 maar julle eie oë het gesien al die groot werke wat dieHeregedoen het.

8 Onderhou dan al die gebooie wat ek jou vandag beveel, dat jullesterk kan wees en inkom en die land in besit neem waarheen julle oortrek om dit in besit te neem,

9 endat julle die dae kan verleng in die landwat dieHereaan julle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle en hul nageslag te gee,’n land wat oorloop van melk en heuning.

10 Want die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, is nie soos Egipteland waar julle uitgetrek het, wat jy met jou saad besaai en met jou voet, soos ’n groentetuin, natgelei het nie.

11 Maar die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem, is ’n land van berge en laagtes wat van die reën van die hemel water drink;

12 ’n land waar dieHerejou God voor sorg;die oë van dieHerejou God is altyddeur daarop, van die begin van die jaar tot die einde van die jaar.

13 As julle dan goed luister na my gebooie wat Ek julle vandag beveel,om dieHerejulle God lief te hê en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel,

14 dan salEk die reën van julle land gee op die regte tyd,vroeë reëns en laat reëns, sodat jy jou koring en jou mos en jou olie kan insamel.

15 En Ek sal plante gee op jou veld vir jou vee, en jy sal eet en versadig word.

16 Neem julle in ag dat julle hartnie verlei word nie, sodat julle afwyk en ander gode dien en voor hulle neerbuig,

17 en die toorn van dieHereteen julle ontvlam en Hy die hemeltoesluit, sodat daar geen reën is en die aarde sy opbrings nie gee nie, enjulle gou uit die goeie land omkom wat dieHerejulle gee.

18 Lê dan hierdie woorde van my weg in julle hart en in julle siel, enbind dit as ’n teken op julle hand en laat dit as ’n voorhoofsband tussen julle oë wees,

19 en leer dit aan julle kinders deur daaroor te spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan;

20 en skryf dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte,

21 sodat julle dae en die dae van julle kinders in die land wat dieHereaan julle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee, kan vermenigvuldigsoos die dae van die hemel bo-oor die aarde.

22 Want asjulle ywerig al hierdie gebooie hou wat ek julle beveel, om dit te doen deur dieHerejulle God lief te hê, in al sy weë te wandel en Hom aan te hang,

23 dan sal dieHereal hierdie nasies voor julle uit verdrywe, en julle salgroter en magtiger nasies as julle uit hulle besitting verdrywe.

24 Elke plek waar julle voetsool op trap, sal aan julle behoort;van die woestyn en die Líbanon, van die rivier, die Eufraatrivier,tot by die Westelike See sal julle grondgebied wees.

25 Niemand sal teen julle standhou nie; dieHerejulle God saldie skrik en vrees vir julle oor die hele land laat kom waarop julle sal loop,soos Hy julle beloof het.

26 Kyk, ek hou julle vandag seën en vloek voor —

27 die seën as julle luister na die gebooie van dieHerejulle God wat ek julle vandag beveel;

28 endie vloek as julle nie luister na die gebooie van dieHerejulle God nie, maar afwyk van die weg wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop wat julle nie geken het nie.

29 As dan dieHerejou God jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, moet jydie seën op die berg Gerísim lê en die vloek op die berg Ebal.

30 Lê hulle nie oorkant die Jordaan, agter die pad in die weste, in die land van die Kanaäniete wat in die Vlakte woon, teenoor Gilgal, by die terpentynbome vanMore nie?

31 Want julle trek deur die Jordaan om die land in besit te gaan neem wat dieHerejulle God aan julle sal gee; en julle sal dit in besit neem en daarin woon.

32 Onderhou dan sorgvuldiglik al die insettinge en die verordeninge wat ek julle vandag voorhou.

DEUTERONÓMIUM 12

Die enigste heiligdom.

1 DIT is die insettinge en die verordeninge wat julle sorgvuldig moet hou in die land wat dieHere, die God van jou vaders, jou gegee het om dit in besit te neemal die dae wat julle op die aarde lewe.

2 Julle moet terdeë verniel al die plekke waar die nasies wat julle gaan verdrywe, hulle gode gedien hetop die hoë berge en op die heuwels en onder elke groen boom.

3 En julle moet hulle altare omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme met vuur verbrand en die gesnede beelde van hulle gode omkap en hulle naam van dié plek laat verdwyn.

4 So mag julle nie doen met dieHerejulle God nie;

5 maardie plek wat dieHerejulle God uit al julle stamme sal uitkies om sy Naam daar te vestig om daar te woon, moet julle opsoek en daarheen moet jy kom.

6 En daarheen moet julle jul brandoffers bring en julle slagoffers en julletiendes en die offergawe van julle hand en julle gelofte- en julle vrywillige offers en die eersgeborenes van julle beeste en van julle kleinvee.

7 Endaar moet julle voor die aangesig van dieHerejulle God eet envrolik wees, julle en jul huisgesinne, oor alles waar julle jul hand aan slaan, waarin dieHerejou God jou geseën het.

8 Julle moet nie doen net soos ons vandag hier doen nie —elkeen net maar wat reg is in sy eie oë.

9 Want julle het nog nie gekom in die rusplek en in die erfenis wat dieHerejou God jou sal gee nie.

10 Maar julle sal deur die Jordaan trek en woon in die land wat dieHerejulle God julle laat erwe, en Hy sal julle rus gee van al julle vyande rondom, en julle sal veilig woon.

11 Dan moet julle nadie plek wat dieHerejulle God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, alles bring wat ek julle beveel: julle brandoffers en julle slagoffers, julle tiendes en die offergawe van julle hand en al julle keurgelofte-offers wat julle dieHeresal belowe.

12 Enjulle moet vrolik wees voor die aangesig van dieHerejulle God, julle en julle seuns en julle dogters en julle slawe en julle slavinne en die Leviet wat in julle poorte is, want hy het geen deel of erfenis saam met julle nie.

13 Neem jou in ag dat jy jou brandoffers nie bring op elke plek wat jy sien nie.

14 Maar op die plek wat dieHerein een van jou stamme sal uitkies, daar moet jy jou brandoffers bring en daar alles doen wat ek jou beveel.

15 Maarna hartelus mag jy slag en vleis eet ooreenkomstig die seën van dieHerejou God wat Hy jou in al jou poorte gee;die onreine en die reine mag daarvan eet,soos van die gemsbok en die takbok.

16 Net die bloed mag julle nie eet nie; jy moet dit soos water op die grond uitgooi.

17 Jy mag in jou poorte nie eet die tiendes van jou koring en jou mos en jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en jou kleinvee en al jou gelofte-offers wat jy sal belowe, en jou vrywillige offers en die offergawe van jou hand nie.

18 Maar jy moet dit eet voor die aangesig van dieHerejou God op die plek wat dieHerejou God sal uitkies, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet wat in jou poorte is; en jy moet vrolik wees voor die aangesig van dieHerejou God oor alles waar jy jou hand aan slaan.

19 Neem jou in ag dat jy die Leviet nie aan sy lot oorlaat solank as jy in jou land lewe nie.

20 As dieHerejou God jou grondgebied uitbrei,soos Hy jou beloof het, en jy sê: Ek wil vleis eet — omdat jy lus het om vleis te eet — dan mag jy na hartelus vleis eet.

21 As die plek wat dieHerejou God sal uitkies om sy Naam daar te vestig, ver van jou af is, dan mag jy van jou beeste en jou kleinvee slag wat dieHerejou gee, soos ek jou beveel het; en jy mag na hartelus in jou poorte eet.

22 Maar soos die gemsbok en die takbok geëet word, so moet jy dit eet; die onreine en die reine moet dit saam eet.

23 Bly daar net vas by dat jy die bloed nie eet nie, wantdie bloed is die siel, en jy mag die siel nie saam met die vleis eet nie.

24 Jy mag dit nie eet nie; op die grond moet jy dit uitgooi soos water.

25 Jy mag dit nie eet nie,dat dit met jou en jou kinders ná jou goed kan gaanas jy doen wat reg is in die oë van dieHere.

26 Netjou heilige gawes wat jy het, en jougelofte-offers moet jy neem en na die plek kom wat dieHeresal uitkies;

27 enjy moet jou brandoffers, die vleis en die bloed, berei op die altaar van dieHerejou God, en die bloed van jou slagoffers moet teen die altaar van dieHerejou God uitgegiet word; maar die vleis moet jy eet.

28 Luister sorgvuldig na al hierdie woorde wat ek jou beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed kan gaan tot in ewigheid, as jy doen wat goed en reg is in die oë van dieHerejou God.

29 AsdieHerejou God die nasies waar jy na toe gaan om hulle uit die besitting te verdrywe, voor jou uitroei, en jy hulle verdrywe en in hulle land woon,

30 neem jou dan in agdat jy nie, agter hulle aan, verstrik word nadat hulle voor jou uit verdelg is nie, en dat jy nie na hulle gode vra en sê nie: Hoe het hierdie nasies hulle gode gedien? — dat ek ook so kan doen.

31 So mag jy nie handel met dieHerejou God nie; want alles wat vir dieHere’n gruwel is, wat Hy haat, het hulle vir hulle gode gedoen; wantselfs hulle seuns en hulle dogters verbrand hulle met vuur vir hulle gode.

32 Alles wat ek julle beveel, dit moet julle sorgvuldig hou;jy mag daar niks byvoeg en daar niks van weglaat nie.

DEUTERONÓMIUM 13

Voorskrifte met betrekking tot valse profete en voorstanders van afgodery.

1 AS ’n profeet of een wat asdromer optree, by jou opstaan enjou ’n teken of wonder aankondig,

2 endie teken of wonder kom uit wat hy jou beloof het met die woorde: Laat ons agter ander gode aan loop — wat jy nie geken het nie — en hulle dien,

3 dan moet jy nie luister na die woorde van dié profeet of na dié man wat as dromer optree nie; want dieHerejulle Godbeproef julle om te weet of julle werklik dieHerejulle God liefhet met julle hele hart en met julle hele siel.

4 Julle moet dieHerejulle Godnavolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luisteren Hom dien en Hom aanhang.

5 Maardié profeet of dié man wat as dromer optree, moet gedood word, want hy het afval verkondig van dieHerejulle God wat julle uit Egipteland uitgelei en jou uit die slawehuis verlos het, deur jou af te drywe van die weg wat dieHerejou God jou beveel het om daarop te wandel.So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.

6 As jou broer, die seun van jou moeder, of jou seun of dogter ofdie vrou wat jy liefhet, of jou vriendwat soos jou eie siel is, jou in die geheim verlok en sê: Laat ons gaan en ander gode dien — wat jy en jou vaders nie geken het nie,

7 uit die gode van die volke wat rondom julle is, naby jou of ver van jou af; van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde —

8 dan moet jy nie inwillig en na hom nie luister nie; ook magjou oog hom nie verskoon nie, en jy mag jou nie ontferm en niks om sy ontwil wegsteek nie,

9 maar jy moet hom sekerlik doodmaak;jou hand moet eerste teen hom wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk.

10 En jy moet hom stenig, dat hy sterwe; want hy het probeer om jou weg te drywe van dieHerejou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.

11 Endie hele Israel sal dit hoor en vrees, en hulle sal nie meer so ’n verkeerde ding by jou doen nie.

12 As jy in een van jou stede wat dieHerejou God jou gee om daar te woon, hoor sê:

13 Deugniete het by jou opgetree en die inwoners van hulle stad verlei deur te sê: Laat ons gaan en ander gode dien — wat julle nie geken het nie —

14 dan moet jy terdeë ondersoek en naspeur en uitvra, en as dit waarheid is, staan die saak vas, is hierdie gruwel by jou gedoen,

15 dan moet jy die inwoners van dié stad sekerlik verslaan met die skerpte van die swaarddeur dit met die banvloek te tref en alles wat daarin is, ook die vee, met die skerpte van die swaard.

16 En al die buit daarvan moet jy op die stadsplein bymekaarbring en die stad en al die buit as voloffermet vuur verbrand aan dieHerejou God; en dit moet vir ewig ’npuinhoop wees, dit mag nie weer opgebou word nie.

17 Ook mag daar niks van wat bangoed is, aan jou hand bly kleef nie,sodat dieHereHom van die gloed van sy toorn kan afwend en aan jou barmhartigheid kan bewys en Hom oor jou ontferm en jou vermenigvuldig,soos Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het —

18 as jy luister na die stem van dieHerejou God om al sy gebooie te hou wat ek jou vandag beveel,deur te doen wat reg is in die oë van dieHerejou God.

DEUTERONÓMIUM 14

Rein en onrein diere.

1 JULLE iskinders van dieHerejulle God;julle mag julle ter wille van ’n dooie nie stukkend kerwe of’n kaalte tussen julle oë maak nie.

2 Want jy is ’n volk heilig aan dieHerejou God, en jou het dieHereuitverkies omsy eiendomsvolk te wees uit al die volke wat op die aarde is.

3 Jy mag niks eet wat ’n gruwel is nie.

4 Dit is die diere wat julle mag eet: ’n bees, ’n skaap en ’n bok;

5 ’n takbok en ’n gemsbok en ’n gestippelde takbok en ’n steenbok en ’n ribbok en ’n eland en ’n klipspringer;

6 en al die diere wat gesplitste kloue het, en wel heeltemal in twee gesplitste kloue,enherkou onder die diere — dié mag julle eet.

7 Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat die gesplitste kloue het: die kameel en die haas en die das, want hulle herkou maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hulle vir julle;

8 ook die vark, want hy het gesplitste kloue, maar is geen herkouer nie — onrein is hy vir julle. Van hulle vleis mag julle nie eet enhulle aas mag julle nie aanraak nie.

9 Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het, mag julle eet.

10 Maar alles wat geen vinne en skubbe het nie, mag julle nie eet nie — onrein is dit vir julle.

11 Al die rein voëls mag julle eet.

12 Maar dít is wat julle uit hulle nie mag eet nie: die arend en die lammervanger en die aasvoël;

13 endie kuikendief en die valk en die gier na sy soorte;

14 en elke kraai na sy soorte;

15 en die volstruis en die naguil en die seemeeu en die kleinvalk na sy soorte;

16 en die steenuil en die steunuil en die silweruil;

17 en die pelikaan en die kleinaasvoël en die visvanger;

18 en die groot-sprinkaanvoël en die reier na sy soorte, en die hoep-hoep en die vlermuis.

19 Enal die insekte met vlerke moet vir julle onrein wees;hulle mag nie geëet word nie.

20 Al die rein voëls mag julle eet.

21 Julle mag geen aas eet nie; vir die vreemdeling wat in jou poorte is, kan jy dit gee, dat hy dit eet, of jy kan dit aan ’n uitlander verkoop;want jy is ’n heilige volk aan dieHerejou God.Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.

Die tiendes.

22 JY moet noukeurig die hele opbrings van jou saad — wat jaar vir jaar uit die land uitspruit — vertien.

23 En jy moet voor die aangesig van dieHerejou God op die plek wat Hy sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, die tiendes eet van jou koring, van jou mos en van jou olie endie eersgeborenes van jou beeste en van jou kleinvee, dat jy kan leer om dieHerejou God altyd te vrees.

24 En as die pad vir jou te lank is, as jy dit nie kan vervoer nie, omdatdie plek wat dieHerejou God sal uitkies om sy Naam daar te vestig, te ver van jou af is, as dieHerejou God jou sal seën,

25 dan moet jy dit tot geld maak en die geld in jou hand bind en na die plek gaan wat dieHerejou God sal uitkies.

26 Dan moet jy die geld gee vir alles wat jou siel begeer, vir beeste en kleinvee en wyn en sterk drank en vir alles wat jou siel van jou begeer, enjy moet daar eet voor die aangesig van dieHerejou God en vrolik wees, jy en jou huis.

27 Maardie Leviet wat in jou poorte is, hom moet jy nie aan sy lot oorlaat nie, want hy het geen deel of erfenis saam met jou nie.

28 Aan die einde van drie jaar moet jy uitbring al die tiendes van jou opbrings in dié jaar en dit in jou poorte wegsit;

29 dan moet die Leviet kom — omdat hy geen deel of erfenis saam met jou het nie — en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is, en hulle moet eet en versadig word, sodatdieHerejou God jou kan seën in al die werk van jou hand wat jy doen.

DEUTERONÓMIUM 15

Die kwytskelding.

1 AAN die einde vansewe jaar moet jy ’n kwytskelding laat plaasvind.

2 En dit is die saak van die kwytskelding: elke skuldeiser moet kwytskeld wat hy aan sy naaste geleen het; hy moet sy naaste en sy broer nie aanmaan nie, want tot eer van dieHereis daar ’n kwytskelding uitgeroep.

3 Die uitlander mag jy aanmaan; maar wat jy by jou broer het, moet jou hand kwytskeld.

4 Maar daar moet geen arme by jou wees nie,want dieHeresal jou ryklik seën in die land wat dieHerejou God jou as erfenis sal gee om dit in besit te neem;

5 asjy net goed luister na die stem van dieHerejou God om sorgvuldig te hou al hierdie gebooie wat ek jou vandag beveel.

6 Want dieHerejou God seën jou soos Hy jou beloof het,sodat jy aan baie nasies sal uitleen, maar self nie hoef te leen nie; enjy sal oor baie nasies heers, maar oor jou sal hulle nie heers nie.

Die armes en die slawe.

7 AS daar by jou ’n arme is, een uit jou broers, in een van jou poorte, in jou land wat dieHerejou God jou sal gee, dan moet jy jou hart nie verhard en jou hand nie toehou vir jou arm broer nie.

8 Maar jy moet jou hand wyd oopmaak vir hom, en jy moet gewillig aan hom leen, genoegsaam vir sy behoefte, wat hom ontbreek.

9 Neem jou in ag, dat daar in jou hart geen slegte gedagte is nie, naamlik: Die sewende jaar, die jaar van kwytskelding, is naby — enjou oog dan jou arm broer skeef aankyk, en jy hom niks gee nie, enhy teen jou na dieHereroep, endit sonde in jou word.

10 Jy moet aan hom gewillig gee, enjou hart moet nie bedroef wees as jy aan hom gee nie; wantter wille hiervan sal dieHerejou God jou seën in al jou werk en in alles waar jy jou hand aan slaan.

11 Wantdie arme sal in die land nie ontbreek nie; daarom gee ek jou bevel en sê:Jy moet jou hand wyd oopmaak vir jou broer, vir die ellendige en die arme in jou land.

12 As jou broer, ’n Hebreeuse man of ’n Hebreeuse vrou, hom aan jou verkoop, moet hy jou ses jaar lank dien; maar in die sewende jaar moet jy hom as vryman van jou laat weggaan.

13 En as jy hom as vryman van jou laat weggaan, moet jy hom nie met leë hande laat weggaan nie.

14 Jy moet hom ’n behoorlike voorraad saamgee van jou kleinvee en jou dorsvloer en jou wynpers; waarin dieHerejou God jougeseën het, daarvan moet jy aan hom gee.

15 Enjy moet daaraan dink dat jy ’n slaaf in Egipteland was, en dat dieHerejou God jou verlos het; daarom beveel ek jou vandag hierdie saak.

16 Maaras hy vir jou sê: Ek wil nie van jou weggaan nie — aangesien hy jou en jou huis liefhet, omdat dit vir hom goed was by jou —

17 dan moet jy ’n els neem en dit deur sy oor en in die deur steek, sodat hy vir altyd jou slaaf word; en ook met jou slavin moet jy net so doen.

18 Dit moet nie hard in jou oë wees as jy hom as vry man van jou laat weggaan nie, want die dubbele loon van’n dagloner het hy vir jou ses jaar lank ingedien; en dieHerejou God sal jou seën in alles wat jy doen.

Die eerstelinge van die vee.

19 AL die eersgeborenes van die manlike geslag wat onder jou beeste en onder jou kleinvee aankom, moet jy aan dieHerejou God heilig; jy mag nie werk met die eersgeborene van jou beeste, en die eersgeborene van jou kleinvee nie skeer nie.

20 Voor die aangesig van dieHerejou God moet jy dit jaar vir jaar eet op die plek wat dieHeresal uitkies, jy en jou huis.

21 Maar as daar ’n liggaamsgebrek aan is — lam of blind, enige lelike gebrek — dan moet jy dit nie aan dieHerejou God offer nie;

22 in jou poorte mag jy dit eet,die onreine en die reine saam, soos die gemsbok en die takbok.

23 Net die bloed mag jy nie eet nie; jy moet dit op die grond uitgooi soos water.

DEUTERONÓMIUM 16

Die groot jaarlikse feeste.

1 ONDERHOUdie maand Abib en hou pasga vir dieHerejou God; wantin die maand Abib het dieHerejou God jou in die nag uit Egipte uitgelei.

2 En jy moet vir dieHerejou God as pasgakleinvee en beeste slag,op die plek wat dieHeresal uitkies om sy Naam daar te laat woon.

3 Jy mag geen gesuurde brood daarby eet nie; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode daarby eet, brood van ellende — want baiehaastig het jy uit Egipteland uitgetrek — sodat jy al die dae van jou lewe die dag van jou uittog uit Egipteland in gedagtenis kan hou.

4 En daar mag by jou sewe dae lank geen suurdeeg in jou hele grondgebied gesien word nie; ook mag niks van die vleis wat jy die eerste dag in die aand slag,tot die môre toe oorbly nie.

5 Jy mag die pasga nie slag in een van jou poorte wat dieHerejou God aan jou gee nie.

6 Maar op die plek wat dieHerejou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, moet jy die pasga slag,in die aand teen sononder, op die tyd van jou uittog uit Egipte.

7 Dan moet jy ditkook en eet op die plek wat dieHerejou God sal uitkies; daarna moet jy in die môre omdraai en na jou tente gaan.

8 Ses dae lank moet jy ongesuurde brode eet, enop die sewende dag is daar ’n feestyd vir dieHerejou God;danmag jy geen werk doen nie.

9 Sewe weke moet jy tel; vandat die sekel die eerste keer in die ongesnyde graan geslaan word, moet jy sewe weke begin tel.

10 Dan moet jy die fees van die weke hou vir dieHerejou God ooreenkomstig die vrywillige offer van jou hand wat jy sal gee,namate dieHerejou God jou sal seën.

11 Enjy moet vrolik wees voor die aangesig van dieHerejou God, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet wat in jou poorte is, en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat by jou is, op die plek wat dieHerejou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon.

12 En jy moet daaraan dink dat jy ’n slaaf in Egipte was; en jy moet hierdie insettinge sorgvuldig hou.

13 Die huttefees moet jy sewe dae lank hou as jy van jou dorsvloer en jou wynpers insameling hou.

14 Enjy moet vrolik wees op jou fees, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is.

15 Sewe dae lank moet jy vir dieHerejou God fees hou op die plek wat dieHeresal uitkies; want dieHerejou God sal jou seën in al jou inkomste en in al die werk van jou hande; en jy moet net maar vrolik wees.

16 Drie maal in die jaar moet al jou manne voor die aangesig van dieHerejou God verskyn op die plek wat Hy sal uitkies; op die fees van die ongesuurde brode en op die fees van die weke en op die huttefees; enhulle mag nie met leë hande voor die aangesig van dieHereverskyn nie;

17 elkeenvolgens die gawe van sy hand ooreenkomstig die seën van dieHerejou God wat Hy jou gegee het.

Die regtersamp. Pligte van regters en konings.

18 REGTERS enopsigters moet jy vir jou aanstel in al jou poorte wat dieHerejou God jou sal gee volgens jou stamme; en hulle moet die volk oordeel volgens ’n regverdige regspraak.

19 Jy mag die reg nie verdraai nie;jy mag nie partydig wees nie;ook mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie, want die geskenk verblind die oë van die wyse en verdraai die sake van die wat reg het.

20 Geregtigheid, geregtigheid moet jy najaag, dat jy kan lewe en die land in besit kan neem wat dieHerejou God jou sal gee.

21 Jy mag vir jou nie’n heilige boomstam — enige boom — plant langs die altaar van dieHerejou God wat jy vir jou sal maak nie.

22 Ook mag jy vir jou geen klippilaar, wat dieHerejou God haat, oprig nie.

DEUTERONÓMIUM 17

1 JYmag aan dieHerejou God geen bees of stuk kleinvee waaraan ’n liggaamsgebrek, iets slegs, is, offer nie; want dit is vir dieHerejou God ’n gruwel.

2 As by jou, in een van jou poorte wat dieHerejou God jou sal gee, ’n man of ’n vrou gevind word wat doen wat verkeerd is in die oë van dieHerejou Goddeur sy verbond te oortree,

3 en ander gode gaan dien en voor hulle neerbuig, en voor die son of die maan of die hele leër van die hemel —wat Ek nie beveel het nie —

4 en dit aan jou vertel word, en jy dit hoor, dan moet jy terdeë ondersoek instel, en as dit waarheid is, staan die saak vas, is hierdie gruwel in Israel gedoen,

5 dan moet jy dié man of dié vrou wat hierdie verkeerde ding gedoen het, na jou poorte uitbring — die man of die vrou — enjy moet hulle stenig, dat hulle sterwe.

6 Op die verklaring van twee getuies of drie getuies moet die veroordeelde gedood word; hy mag nie gedood word op die verklaring van een getuie nie.

7 Die hand van die getuies moet eerste teen hom wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk. Somoet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.

8 As ’n saak vir jou te swaar is om te beslis oor manslag, oor regsaansprake en oor verwonding — regsake in jou poorte — dan moet jy klaarmaak en opgaanna die plek wat dieHerejou God sal uitkies;

9 en jy moet kom na die Levitiese priesters en na die regter wat daar in dié dae sal wees, en jy moet uitvra; dan salhulle jou die geregtelike uitspraak te kenne gee.

10 En jy moet handel ooreenkomstig die uitspraak wat hulle jou te kenne sal gee, uit dié plek wat dieHeresal uitkies; en jy moet sorgvuldig doen net soos hulle jou sal leer.

11 Ooreenkomstig die wet wat hulle jou leer en volgens die regspraak wat hulle jou sê, moet jy handel; jy mag nie regs of links afwyk van die uitspraak wat hulle jou te kenne gee nie.

12 En die man watvermetel handel, dat hy nie luister na die priesterwat staan om daar dieHerejou God te dien, of na die regter nie — dié man moet sterwe.So moet jy dan die kwaad uit Israel uitroei.

13 En die hele volksal dit hoor en vrees en nie meer vermetel handel nie.

14 As jy kom in die land wat dieHerejou God jou sal gee, en dit in besit neem en daarin woon en dan sê:Ek wil ’n koning oor my aanstel soos al die nasies wat rondom my is,

15 dan moet jy sekerlik ’n koning oor jou aanstelwat dieHerejou God sal verkies;uit die midde van jou broers moet jy ’n koning oor jou aanstel; jy mag geen uitlander, wat jou broer nie is nie, oor jou aanstel nie.

16 Hy mag net nie vir hombaie perde aanskaf nie, en hy mag die volk nie na Egipteteruglei om baie perde aan te skaf nie, aangesien dieHerevir julle gesê het:Julle mag nooit meer teruggaan op hierdie pad nie.

17 Ookmag hy nie baie vroue aanskaf nie, dat sy hart nie afwyk nie; hy mag ook vir hom nie uitermate baie silwer en goud aanskaf nie.

18 En as hy op die troon van sy koninkryk sit, moet hy vir hom ’n afskrif van hierdie wet in ’n boek skrywe, uit diéwat voor dieLevitiese priesters lê;

19 en dit moet by hom wees, en hy moet al die dae van sy lewe daarin lees, dat hy kan leer om dieHeresy God te vrees deur al die woorde van hierdie wet en hierdie insettinge te hou, om dit te doen;

20 sodat sy hart hom nie verhef oor sy broers nieen hy van die gebod nie regs of links afwyk nie; dat hy die dae kan verleng in sy koninkryk, hy en sy seuns, onder Israel.

DEUTERONÓMIUM 18

Regte van priesters en Leviete.

1 DIE Levitiese priesters, die hele stam van Levi,mag geen deel of erfenis saam met Israel hê nie; van die vuuroffers van dieHereen van sy erfdeelmoet hulle eet.

2 En hy mag geen erfdeel hê onder sy broers nie; dieHereis sy erfdeel soos Hy hom beloof het.

3 En dit moet die reg van die priesters wees van die kant van die volk, van die wat ’n slagoffer bring, of dit ’n bees of ’n stuk kleinvee is:hulle moet aan die priester die blad en die twee kakebene en die maag gee.

4 Die eerstelinge van jou koring, jou mos en jou olie en die eerstelinge van die skeersel van jou kleinvee moet jy aan hom gee.

5 Want dieHerejou God het hom uit al jou stamme uitverkies,dat hy altyd kan staan om te dien in die Naam van dieHere, hy en sy seuns.

6 En as ’n Leviet uit een van jou poorte kom, uit die hele Israelwaar hy as vreemdeling vertoef, en hy na hartelus komna die plek wat dieHeresal uitkies,

7 dan moet hy dien in die Naam van dieHeresy Godsoos al sy broers, die Leviete, wat daar voor die aangesig van dieHerestaan;

8 ’n gelyke aandeel moet hulle geniet, behalwe wat hy verkoop volgens familiebesit.

Straf oor die waarsêers.

9 AS jy kom in die land wat dieHerejou God jou sal gee,moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te doen nie.

10 Daar mag niemand by jou gevind wordwat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan —wat met waarsêery, goëlery of metverklaring van voortekens of towery omgaan nie,

11 of wat met besweringe omgaan, ofwat ’n gees van ’n afgestorwene vra of ’n gees wat waarsê, ofwat die dooies raadpleeg nie.

12 Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir dieHere’n gruwel; enom hierdie gruwels ontwil verdryf dieHerejou God hulle voor jou uit.

13 Opreg moet jy wees met dieHerejou God.

14 Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting verdrywe, luister na goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, dieHerejou God het jou nie so iets toegelaat nie.

Belofte van ’n groot Profeet.

15 ’nPROFEET uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal dieHerejou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister —

16 net soos jy van dieHerejou God by Horeb gevra het toe jyop die dag van die vergadering gesê het:Ek kan die stem van dieHeremy God nie langer hoor en hierdie groot vuur nie meer sien nie, anders sterf ek.

17 Toe het dieHerevir my gesê:Dit is goed wat hulle gespreek het.

18 ’n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Eksal my woorde in sy mond lê, enHy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel.

19 En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis.

20 Maar die profeetwat so vermetel isom ’n woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, ofwat in die naam van ander gode spreek, dié profeet moet sterwe.

21 En as jy in jou hart sê: Hoe sal ons die woord weet wat dieHerenie gespreek het nie? —

22 as die profeet in die Naam van dieHerespreek, en wat hy gesê het, gebeur nie en kom nie uit nie, dan is dit die woord wat dieHerenie gespreek het nie; deur vermetelheid het die profeet dit gespreek; jy mag vir hom nie bang wees nie.