DEUTERONÓMIUM 18

Regte van priesters en Leviete.

1 DIE Levitiese priesters, die hele stam van Levi,mag geen deel of erfenis saam met Israel hê nie; van die vuuroffers van dieHereen van sy erfdeelmoet hulle eet.

2 En hy mag geen erfdeel hê onder sy broers nie; dieHereis sy erfdeel soos Hy hom beloof het.

3 En dit moet die reg van die priesters wees van die kant van die volk, van die wat ’n slagoffer bring, of dit ’n bees of ’n stuk kleinvee is:hulle moet aan die priester die blad en die twee kakebene en die maag gee.

4 Die eerstelinge van jou koring, jou mos en jou olie en die eerstelinge van die skeersel van jou kleinvee moet jy aan hom gee.

5 Want dieHerejou God het hom uit al jou stamme uitverkies,dat hy altyd kan staan om te dien in die Naam van dieHere, hy en sy seuns.

6 En as ’n Leviet uit een van jou poorte kom, uit die hele Israelwaar hy as vreemdeling vertoef, en hy na hartelus komna die plek wat dieHeresal uitkies,

7 dan moet hy dien in die Naam van dieHeresy Godsoos al sy broers, die Leviete, wat daar voor die aangesig van dieHerestaan;

8 ’n gelyke aandeel moet hulle geniet, behalwe wat hy verkoop volgens familiebesit.

Straf oor die waarsêers.

9 AS jy kom in die land wat dieHerejou God jou sal gee,moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te doen nie.

10 Daar mag niemand by jou gevind wordwat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan —wat met waarsêery, goëlery of metverklaring van voortekens of towery omgaan nie,

11 of wat met besweringe omgaan, ofwat ’n gees van ’n afgestorwene vra of ’n gees wat waarsê, ofwat die dooies raadpleeg nie.

12 Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir dieHere’n gruwel; enom hierdie gruwels ontwil verdryf dieHerejou God hulle voor jou uit.

13 Opreg moet jy wees met dieHerejou God.

14 Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting verdrywe, luister na goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, dieHerejou God het jou nie so iets toegelaat nie.

Belofte van ’n groot Profeet.

15 ’nPROFEET uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal dieHerejou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister —

16 net soos jy van dieHerejou God by Horeb gevra het toe jyop die dag van die vergadering gesê het:Ek kan die stem van dieHeremy God nie langer hoor en hierdie groot vuur nie meer sien nie, anders sterf ek.

17 Toe het dieHerevir my gesê:Dit is goed wat hulle gespreek het.

18 ’n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Eksal my woorde in sy mond lê, enHy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel.

19 En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis.

20 Maar die profeetwat so vermetel isom ’n woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, ofwat in die naam van ander gode spreek, dié profeet moet sterwe.

21 En as jy in jou hart sê: Hoe sal ons die woord weet wat dieHerenie gespreek het nie? —

22 as die profeet in die Naam van dieHerespreek, en wat hy gesê het, gebeur nie en kom nie uit nie, dan is dit die woord wat dieHerenie gespreek het nie; deur vermetelheid het die profeet dit gespreek; jy mag vir hom nie bang wees nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

12 + ten =