DEUTERONÓMIUM 17

1 JYmag aan dieHerejou God geen bees of stuk kleinvee waaraan ’n liggaamsgebrek, iets slegs, is, offer nie; want dit is vir dieHerejou God ’n gruwel.

2 As by jou, in een van jou poorte wat dieHerejou God jou sal gee, ’n man of ’n vrou gevind word wat doen wat verkeerd is in die oë van dieHerejou Goddeur sy verbond te oortree,

3 en ander gode gaan dien en voor hulle neerbuig, en voor die son of die maan of die hele leër van die hemel —wat Ek nie beveel het nie —

4 en dit aan jou vertel word, en jy dit hoor, dan moet jy terdeë ondersoek instel, en as dit waarheid is, staan die saak vas, is hierdie gruwel in Israel gedoen,

5 dan moet jy dié man of dié vrou wat hierdie verkeerde ding gedoen het, na jou poorte uitbring — die man of die vrou — enjy moet hulle stenig, dat hulle sterwe.

6 Op die verklaring van twee getuies of drie getuies moet die veroordeelde gedood word; hy mag nie gedood word op die verklaring van een getuie nie.

7 Die hand van die getuies moet eerste teen hom wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk. Somoet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.

8 As ’n saak vir jou te swaar is om te beslis oor manslag, oor regsaansprake en oor verwonding — regsake in jou poorte — dan moet jy klaarmaak en opgaanna die plek wat dieHerejou God sal uitkies;

9 en jy moet kom na die Levitiese priesters en na die regter wat daar in dié dae sal wees, en jy moet uitvra; dan salhulle jou die geregtelike uitspraak te kenne gee.

10 En jy moet handel ooreenkomstig die uitspraak wat hulle jou te kenne sal gee, uit dié plek wat dieHeresal uitkies; en jy moet sorgvuldig doen net soos hulle jou sal leer.

11 Ooreenkomstig die wet wat hulle jou leer en volgens die regspraak wat hulle jou sê, moet jy handel; jy mag nie regs of links afwyk van die uitspraak wat hulle jou te kenne gee nie.

12 En die man watvermetel handel, dat hy nie luister na die priesterwat staan om daar dieHerejou God te dien, of na die regter nie — dié man moet sterwe.So moet jy dan die kwaad uit Israel uitroei.

13 En die hele volksal dit hoor en vrees en nie meer vermetel handel nie.

14 As jy kom in die land wat dieHerejou God jou sal gee, en dit in besit neem en daarin woon en dan sê:Ek wil ’n koning oor my aanstel soos al die nasies wat rondom my is,

15 dan moet jy sekerlik ’n koning oor jou aanstelwat dieHerejou God sal verkies;uit die midde van jou broers moet jy ’n koning oor jou aanstel; jy mag geen uitlander, wat jou broer nie is nie, oor jou aanstel nie.

16 Hy mag net nie vir hombaie perde aanskaf nie, en hy mag die volk nie na Egipteteruglei om baie perde aan te skaf nie, aangesien dieHerevir julle gesê het:Julle mag nooit meer teruggaan op hierdie pad nie.

17 Ookmag hy nie baie vroue aanskaf nie, dat sy hart nie afwyk nie; hy mag ook vir hom nie uitermate baie silwer en goud aanskaf nie.

18 En as hy op die troon van sy koninkryk sit, moet hy vir hom ’n afskrif van hierdie wet in ’n boek skrywe, uit diéwat voor dieLevitiese priesters lê;

19 en dit moet by hom wees, en hy moet al die dae van sy lewe daarin lees, dat hy kan leer om dieHeresy God te vrees deur al die woorde van hierdie wet en hierdie insettinge te hou, om dit te doen;

20 sodat sy hart hom nie verhef oor sy broers nieen hy van die gebod nie regs of links afwyk nie; dat hy die dae kan verleng in sy koninkryk, hy en sy seuns, onder Israel.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

three × two =