SAGARÍA 6

Agtste gesig: die vier strydwaens.

1 EN ek het weer my oë opgeslaan en gekyk — daar was vier strydwaens wat tussen die twee berge uit te voorskyn kom, en die berge was berge van koper.

2 Voor die eerste wa wasbruin perde, en voor die tweede wa swart perde,

3 en voor die derde wa wit perde, en voor die vierde wa bont perde, sterkes.

4 Daarop het ek aangehef en aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat beteken dit, my heer?

5 En die engel het geantwoord en vir my gesê:Dit is die vier winde van die hemel wat uitgaan nadat hulle hul gestel het by die Here van die ganse aarde.

6 Dié met die swart perde trek uit nadie land van die noorde, en die wittes trek uit agter hulle aan; en die bontes trek uit na die land van die suide.

7 En toe die sterkes uittrek, het hulle begeer om weg te trekom die aarde te deurkruis; en Hy het gesê: Trek weg, deurkruis die aarde! En hulle het die aarde deurkruis.

8 Toe het Hy my geroep en aan my dit gesê: Kyk, die wat uittrek na die land van die noorde, hulle bring my Gees tot rus in die land van die noorde.

9 En die woord van dieHerehet tot my gekom en gesê:

10 Neem aan van die ballinge,uit die handvan Héldai, Tobía en Jedája — kom jy op dieselfde dag en gaan na die huis van Josía, die seun van Sefánja, waar hulle uit Babel aangekom het —

11 neem dan aan silwer en goud, en maak’n kroon en sit dit op die hoof vanJosua, die seun van Jósadak, die hoëpriester,

12 en sê vir hom dit: So spreek dieHerevan die leërskare: Kyk, daar kom ’n Man wie se Naam isSpruit, en Hy saluit sy plek uitspruit, enHy sal die tempel van dieHerebou.

13 Ja,Hý sal die tempel van dieHerebou, enHý sal majesteit verkry en sit en heers op sy troon; ooksal Hy ’n priester wees op sy troon, en die raad van vrede sal tussen hulle twee bestaan.

14 En die kroon moet as gedagtenis bly aan Helem en Tobía en Jedája, en aan die vriendelikheid van die seun van Sefánja in die tempel van dieHere.

15 Endie wat ver is,sal kom en aan die tempel van dieHerebou. Dan sal julle weet dat dieHerevan die leërskare my na julle gestuur het. En dit salsowees, as julle nougeset luister na die stem van dieHerejulle God.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eight − six =