SAGARÍA 5

Sesde gesig: die vlieënde boekrol.

1 EN ek het my oë weer opgeslaan en gekyk — daar was ’n vlieëndeboekrol.

2 En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien ’n vlieënde boekrol, sy lengte is twintig el en sy breedte tien el.

3 Daarop sê hy vir my: Dit isdie vloek wat uitgaan oor die ganse land; want ooreenkomstig daarmee sal al die diewe hiervandaan weggeruim word, en ooreenkomstig daarmee sal al die meinediges hiervandaan weggeruim word.

4 En laat dit uitgaan, spreek dieHerevan die leërskare, en dit sal kom in die huis van die dief en in die huis van hom wat vals sweer by my Naam; endit sal binne-in sy huis vernag endit verteer saam met sy balke en sy klippe.

Sewende gesig: die vrou in die efa.

5 DAAROPkom die engel vorentoe wat met my gespreek het, en sê vir my: Slaan tog jou oë op, en kyk wat daar te voorskyn kom.

6 Toe sê ek: Wat beteken dit? En hy antwoord: Dit isdie efa wat te voorskyn kom. Verder het hy gesê: So lyk hulle in die ganse land.

7 En meteens word daar ’n looddeksel opgelig, en daar was ’n vrou wat binne-in die efa sit.

8 En hy sê: Dit is die goddeloosheid. En hy het haar binne-in die efa teruggewerp en die looddeksel op die opening daarvan gegooi.

9 Toe slaan ek my oë op en kyk — daar kom twee vroue te voorskyn met die wind in hulle vlerke; en hulle het vlerke gehad soos die vlerke van ’n groot sprinkaanvoël, en hulle het die efa weggevoer tussen die aarde en die hemel.

10 Daarop sê ek aan die engel wat met my gespreek het: Waarheen bring hulle die efa?

11 En hy antwoord my: Om vir haar ’n huis te bou indie land Sínear; en is dit klaar, dan word sy daar op haar plek neergesit.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

four × three =