SAGARÍA 4

Vyfde gesig: die goue kandelaar en die twee olyfbome.

1 ENdie engel wat met my gespreek het, het teruggekom en my gewek soos ’n man wat uit die slaap opgewek word.

2 En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien daar’n kandelaar, heeltemal van goud, en sy oliekan bo-oor hom ensy sewe lampe op hom; telkens sewe aanvoerpype loop na die lampe wat bo-oor hom is.

3 Ook twee olyfbome langs hom, een aan die regterkant van die oliekan en een aan die linkerkant daarvan.

4 Daarop het ek begin spreek en aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat beteken dit, my heer?

5 En die engel wat met my gespreek het, antwoord en sê vir my: Weet jy dan nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer.

6 Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van dieHereaan Serubbábel, naamlik:Nie deur krag of deur geweld nie,maar deur my Gees, sê dieHerevan die leërskare.

7 Wie is jy,groot berg? Voor Serubbábel sal jytot ’n gelykte word! En hy saldie sluitsteen te voorskyn bring onder uitroepe van: Genade, genade oor hom!

8 En die woord van dieHerehet tot my gekom en gesê:

9 Die hande van Serubbábelhet die fondament van hierdie huis gelê, en sy hande sal dit voltooi; dan sal jy weet dat dieHerevan die leërskare my na julle gestuur het.

10 Want wie verag die dag vanklein dinge, terwyl daardie sewe —die oë van dieHerewat die ganse aarde deurloop — met blydskap die skietlood aanskou in die hand van Serubbábel?

11 Daarop het ek begin spreek en aan hom gesê: Wat beteken hierdie twee olyfbome aan die regterkant van die kandelaar en aan die linkerkant daarvan?

12 En ek het toe nogmaals gespreek en vir hom gesê: Wat beteken die twee olyftakkies aan die kant van die twee goue pype wat goud uit hulle laat uitstroom?

13 Toe antwoord hy my en sê: Weet jy nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer.

14 En hy sê: Dit is die twee gesalfdeswat by die Here van die ganse aarde staan.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

twelve + 2 =