SAGARÍA 3

Die vierde gesig: Josua, die hoëpriester, deur die Satan beskuldig, maar deur God geregverdig.

1 DAARNA het Hy myJosua,die hoëpriester, laat sien, terwyl hy voor die Engel van dieHerestaan, en die Satan aan sy regterhand staan om hom aan te klae.

2 Toe sê dieHereaan die Satan: Mag dieHerejou bestraf, o Satan! Ja, mag dieHere, wat Jerusalem verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie’n brandhout wat uit die vuur geruk is nie?

3 En Josua wasbekleed met vuil klere, terwyl hy voor die Engel staan.

4 Daarop het Hy aangehef en gesê aan die wat voor Hom staan:Neem die vuil klere van hom weg. Toe sê Hy vir hom: Kyk,Ek het jou skuld van jou weggeneem, enEk beklee jou met feesklere.

5 Daarop sê ek: Laat hulle ’n rein tulband op sy hoof sit. En hulle het die reintulband op sy hoof gesit en hom die klere aangetrek, terwyl die Engel van dieHeredaarby staan.

6 En die Engel van dieHerehet Josua plegtig verseker en gesê:

7 So sê dieHerevan die leërskare: As jy in my weë wandel en as jymy verordening onderhou, dan sal jy my huis bestuur sowel as my voorhowe bewaak, en Ek sal jou vrye toegang verleen onder diegene wathierstaan.

8 Luister tog, o Josua, jy wat die hoëpriester is, jy en jou vriende wat voor jou sit — ja, wondertekens is hulle. Want kyk, Ek salmy Kneg,die Spruit, laat kom!

9 Want kyk, die steen wat Ek voorJosua neergelê het — op die een steen is daarsewe oë; kyk, Ek salsy graveersel graveer, spreek dieHerevan die leërskare, en Ek sal die skuld van hierdie landop een dag uitdelg.

10 In dié dag, spreek dieHerevan die leërskare, sal julle mekaar uitnooi onder die wingerdstok en onder die vyeboom.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

3 − one =