SAGARÍA 2

Derde gesig: Jerusalem met ’n meetsnoer gemeet.

1 EN ek het my oë opgehef en gekyk — daar was’n manmet ’n meetsnoer in sy hand.

2 Toe sê ek: Waar gaan u heen? En hy antwoord my: Om Jerusalem te meet, om te sien wat sy breedte en wat sy lengte is.

3 En meteens komdie engel wat met my gespreek het, vorentoe; en ’n ander engel het te voorskyn gekom, hom tegemoet,

4 aan wie hy sê: Loop gou, spreek met hierdie jongman en sê: Jerusalem sal lê soos’n oop landweens die menigte van mense en vee daar binne-in.

5 En Ek sal vir hom wees, spreek dieHere, ’n vurige muur rondom entot heerlikheid daar binne-in.

6 Op, op,vluguit die Noordland, spreek dieHere! Want Ek het julle na die vier windstreke van die hemel verstrooi, spreek dieHere.

7 Op, o Sion, red jouself, jy wat woon by die dogter van Babel!

8 Want so sê dieHerevan die leërskare: Hy het my gestuur agter heerlikheid aan na die nasies wat julle uitgebuit het; want wie julle aanraak, raaksý oogappel aan.

9 Want kyk, Eksal my hand oor hulle swaai, sodat hulle ’n buit word vir hulle knegte. Dan sal julle weet dat dieHerevan die leërskare my gestuur het.

10 Jubel, en wees bly, o dogter van Sion!Want kyk, Ek komom in jou midde te woon, spreek dieHere.

11 Enbaie nasies sal hullein dié dag by dieHereaansluit, en hulle sal My tot ’n volk wees; en Ek sal in jou midde woon. Dan sal jy weet dat dieHerevan die leërskare my na jou gestuur het.

12 En dieHeresal besit neem van Juda as sy erfdeel op die heilige grond en Jerusalem weer verkies.

13 Swyg alle vlees voor dieHere! Want Hy verhef Hom uit sy heilige woning.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

14 + 3 =