SAGARÍA 1

Die profeet spoor die Jode tot bekering aan.

1 IN die agtste maand,in die tweede jaar van Daríus, het die woord van dieHeregekom tot Sagaría, die seun van Berégja, die seun vanIddo, die profeet, en gesê:

2 DieHerewas baie vertoornd op julle vaders.

3 So moet jy dan aan hulle sê: So spreek dieHerevan die leërskare:Keer terug na My, spreek dieHerevan die leërskare, en Ek sal na julle terugkeer, sê dieHerevan die leërskare.

4 Moenie soos julle vaders wees nie,tot wie die vroeëre profete geroep en gesê het: So sê dieHerevan die leërskare: Bekeer julle tog van julle bose weë en julle bose werke; maar hulle het nie gehoor en na My nie geluister nie, spreek dieHere.

5 Julle vaders — waar is hulle? En sal die profete vir ewig lewe?

6 Maar my woorde en my insettinge wat Ek my knegte, die profete, beveel het, het dit julle vaders nie ingehaal nie, sodat hulle tot inkeer gekom en gesê het:Soos dieHerevan die leërskare Hom voorgeneem het om aan ons te doen ooreenkomstig onsweë en ons werke, so het Hy met ons gedoen?

Eerste gesig: die perde.

7 OP die vier-en-twintigste dag van die elfde maand, dit is die maand Sebat, in die tweede jaar van Daríus, het die woord van dieHeretot die profeet Sagaría, die seun van Berégja, die seun van Iddo, gekom en gesê:

8 Ek het in die nag ’n gesig gesien — daar was’n manwat op ’n bruin perd ry, en hy het gestaan tussen die mirtebome wat in die diepte was; en agter hom was daarbruin, vos en wit perde.

9 Toe sê ek: Wat beteken dit, my heer? Endie engel wat met my gespreek het, antwoord my: Ek sal jou toon wat dit beteken.

10 En die man wat tussen die mirtebome gestaan het, het aangehef en gesê: Dit is hulle wat dieHeregestuur het om die aarde te deurkruis.

11 Daarop het hulle die Engel van dieHere, wat tussen die mirtebome gestaan het, toegespreek en gesê: Ons het die aarde deurkruis, en kyk, die ganse aarde is stil en rustig.

12 Daarop het die Engel van dieHereaangehef en gesê:Herevan die leërskare,hoe lank nog bly U sonder ontferming oor Jerusalem en oor die stede van Judawaarop U alreedssewentig jaar vertoornd was?

13 Toe antwoord dieHeredie engel wat met my gespreekhet, goeie woorde, troosvolle woorde.

14 Daarop sê die engel wat met my gespreek het: Roep en sê: So spreek dieHerevan die leërskare:Ek ywer oor Jerusalem en oor Sion met ’n groot ywer;

15 maar Ek is grootliks vertoornd oordie sorglose nasies wat, terwyl Ek ’n weinig vertoornd was,die onheil aangehelp het.

16 Daarom, so sê dieHere: Ek wend My met ontferming tot Jerusalem;my huis sal daarin gebou word, spreek dieHerevan die leërskare, en’n meetsnoer oor Jerusalem gespan word.

17 Roep verder en sê: So spreek dieHerevan die leërskare: My stede sal weer oorstroom wees van goeie dinge, endieHeresal Sion weer vertroos, enHy sal Jerusalem weer verkies.

Tweede gesig: die horings en die smede.

18 EN ek het my oë opgeslaan en gekyk —daar was vier horings.

19 Toe sê ek aandie engel wat met my gespreek het: Wat beteken dit? En hy antwoord my:Dit is die horings wat Juda, Israel en Jerusalem verstrooi het.

20 Daarop toon dieHeremy vier smede.

21 Toe sê ek: Wat kom hulle maak? En Hy antwoord en sê: Dit is die horings wat Juda só verstrooi het dat niemand sy hoof opgehef het nie; maar hierdiemannehet gekom om hulle skrik aan te jaag, om die horings van die nasies neer te werpwat die horing teen die land van Juda opgesteek het om dit te verstrooi.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

18 − 14 =