MALEÁGI 4

1 WANT kyk,die dag kom, endit brand soos ’n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe,’n stoppel wees; endie dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê dieHerevan die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie.

2 Maar vir julle wat my Naam vrees,sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.

3 En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole op die dag wat Ek skep, sê dieHerevan die leërskare.

4 Dink aandie wet van Moses, my kneg, wat Ek hom beveel hetop Horeb vir die hele Israel — insettinge en verordeninge.

5 Kyk, Ek stuur julle die profeetElíavoordat die groot en vreeslike dag van dieHereaanbreek.

6 En hy saldie hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

twenty − 17 =