PSALMS 30

Die toorn van God duur ’n oomblik; sy goedheid is vir ewig.

1 ’nPSALM, ’n liedby die inwyding van die Huis. Van Dawid.

2 Ek sal U verhoog,Here, want U het my opgetrek en my vyande oor my nie laat bly wees nie.

3 Here, my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my gesond gemaak.

4 Here,U het my siel uitdie doderyk laat opkom; U het my lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal.

5 Psalmsing tot eer van dieHere, o sy gunsgenote, en loof sy heilige gedenknaam;

6 want ’n oomblik is daar in sy toorn, ’n lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôrens is daar gejuig.

7 Ek het wel in my sorgeloosheid gesê: Ek sal vir ewig nie wankel nie.

8 Here, U het my berg deur u welbehae sterk laat staan.U het u aangesig verberg — ek het verskrik geword!

9 Ek het U aangeroep,Here, en ek het dieHeregesmeek:

10 Watter voordeel is daar in my bloed as ek neerdaal in die kuil?Sal die stof U loof? Sal dit u trou verkondig?

11 Hoor,Here, en wees my genadig!Here, wees my ’n helper!

12 U het my weeklag vir my veranderin ’n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord;

13 sodatmyeer U kan besing en nie swyg nie.Here, my God, vir ewig sal ek U loof.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

1 × 3 =