PSALMS 146

God die enigste ware helper.

1 HALLELUJA!Loof dieHere, o my siel!

2 Ek wil dieHereprys solank as ek lewe; ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek nog daar is.

3 Vertrou nie op prinse,op die mensekind, by wie geen heil is nie.

4 Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan.

5 Welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op dieHeresy God,

6 wat hemel en aarde gemaak het, die see en alles wat daarin is; wat trou bly tot in ewigheid;

7 wat aan die verdruktes reg doen, wat aan die hongeriges brood gee.DieHeremaak die gevangenes los.

8 DieHereopendie oë vandie blindes; dieHererig die wat geboë is, op; dieHerehet die regverdiges lief.

9 DieHerebehoed die vreemdelinge; Hy rigwees en weduwee weer op;maar die weg van die goddelose maak Hy krom.

10 DieHereis vir ewig Koning; jou God, o Sion, is van geslag tot geslag!Halleluja!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

three × four =