PSALMS 147

’n Lofpsalm.

1 LOOF dieHere, wantdit is goed om onse God te besing, jalieflik;’n loflied is gepas!

2 DieHerebou Jerusalem op; Hyversamel van Israel die wat verdryf is.

3 Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.

4 Hy bepaal die getal van die sterre;Hy gee hulle almal name.

5 Onse Here is groot en ryk aan krag; sy verstand is oneindig.

6 DieHererig die ootmoediges weer op; die goddelose mense verneder Hy tot die grond toe.

7 Sing ’n danklied tot eer van dieHere, psalmsing tot eer van onse God met die siter;

8 wat die hemel met wolke oordek, watvir die aarde reën berei,wat op die berge gras laat uitspruit,

9 wat aan die vee hulle voedsel gee,aan die jong rawe as hulle roep.

10 Hy het geen welbehae in die krag van die perd, geen welgevalle in die bene van die man nie.

11 DieHerehet ’n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop.

12 oJerusalem, prys dieHere!oSion, loof jou God!

13 Want Hy het die grendels van jou poorte sterk gemaak; Hy het jou kinders binne-in jou geseën.

14 Hy wat aan jou grondgebied vrede verskaf,wat jou versadig met die beste van die koring,

15 wat sy bevel na die aarde stuur — sy woord loop baie vinnig.

16 Hy geesneeu soos wol; Hy strooi ryp soos as.

17 Hy werp sy ys heen soos stukke — wie kan bestaan voor sy koue?

18 Hy stuur sy woord en laat hulle smelt; Hy laat sy wind waai — die waters loop.

19 Hy maak aan Jakob sy woorde bekend, aan Israel sy insettinge en sy verordeninge.

20 So het Hy aan geen enkele nasie gedoen nie; ensyverordeninge, dié ken hulle nie. Halleluja!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

1 − 1 =