PSALMS 145

Lofpsalm op die grootheid en goedheid van God.

1 ’nLOFLIED van Dawid.

Alef.oMy God, o Koning, ek wil U verhoog en u Naam loof vir ewig en altyd.

2 Bet.Elke dag wil ek U loof en u Naam prys vir ewig en altyd.

3 Gimel.DieHereis groot en baie lofwaardig, en sy grootheid is ondeurgrondelik.

4 Dalet.Die een geslag prys u werke by die ander, en hulle verkondig u magtige dade.

5 He.Ek wil spreek van die glans van u heerlike majesteit en van u wonderbare dade.

6 Wau.En hulle sal spreek van die krag van u vreeslike dade, en u grootheid wil ek vertel.

7 Sajin.Hulle sal die gedagtenis van u grote goedheid laat uitstroom en jubel oor u geregtigheid.

8 Get.Genadig en barmhartig is dieHere, lankmoedig en groot van goedertierenheid.

9 Tet.DieHereis vir almal goed, en sy barmhartighede is oor al sy werke.

10 Jod.Al u werke loof U, oHere, enu gunsgenote prys U.

11 Kaf.Hulle maak melding van die heerlikheid van u koninkryk en spreek van u mag,

12 Lamed.om aan die mensekinders sy magtige dade bekend te maak en die glansryke heerlikheid van sy koninkryk.

13 Mem.U koninkryk is ’n koninkryk van alle eeue, en u heerskappy duur deur al die geslagte.

14 Samek.DieHereondersteun almal wat val, enHy rig almal op wat neergeboë is.

15 Ajin.Die oë van almal wag op U, enU gee hulle hul spys op die regte tyd.

16 Pe.U maak u hand oop en versadig alles wat lewe met welbehae.

17 Sade.DieHereis regverdig in al sy weë en goedgunstig in al sy werke.

18 Kof.DieHereis naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroepin waarheid.

19 Resj.Hy vervul die wens van die wat Hom vrees, en Hy hoor hul hulpgeroep en verlos hulle.

20 Sjin.DieHerebewaar almal wat Hom liefhet, maar Hy verdelg al die goddelose.

21 Tau.My mond sal die lof van dieHereuitspreek, enlaat alle vlees sy heilige Naam loof vir ewig en altyd.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

seven + 3 =