PSALMS 144

Gebed vir die oorwinning en ’n beeld van toekomstige seën.

1 ’nPSALMvan Dawid.

# Geloofd sy dieHere, my rots,wat my hande leer om te veg, my vingers om oorlog te voer —

2 my goedertierenheid enmy bergvesting, my skans en my redder, my skild en die Een by wie ek skuil, watmy volk aan my onderwerp.

3 oHere, wat is die mens dat U hom ken, die mensekind dat U op hom ag gee?

4 Die mens is soos die nietigheid; sy dae is soos’n vlugtige skaduwee.

5 Buig u hemele,Here, en daal neer;raak die berge aan, dat hulle rook!

6 Slingerbliksems en verstrooi hulle; stuur u pyle uit en verwar hulle!

7 Strek uit die hoogte u hande uit;ruk my uit, en red myuit groot waters, uit die hand vanvreemdes,

8 wie se mond leuens spreek en wie se regterhand ’n regterhand van bedrog is.

9 oGod, ek wil’n nuwe lied sing tot u eer, opdie tiensnarige harp wil ek U psalmsing.

10 U wat aan konings die oorwinning gee, wat u kneg Dawid ontruk aan die gevaarlike swaard.

11 Ruk my uit en red my uit die hand van vreemdes, wie se mond leuens spreek en wie se regterhand ’n regterhand van bedrog is;

12 sodat ons seunssoos plante mag wees wat opgekweek is in hulle jeug, ons dogters sooshoekpilare wat uitgebeitel is na die boustyl van ’n paleis;

13 dat ons skure vol mag wees, wat allerhande soortevoorraadoplewer; ons kleinvee by duisende mag aanteel, by tienduisende vermeerder word op ons velde;

14 ons beeste gelaai mag wees; geen bresin ons mureen geen uittog daaruit, en geen geskreeu op ons pleine nie.

15 Welgeluksalig is die volk met wie dit so gaan;welgeluksalig is die volk wie se God dieHereis!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

16 − 1 =