PSALMS 143

Dawid bid om gou verlos te word van sy vyande.

1 ’nPSALM van Dawid.

# oHere, hoor my gebed; luister tog na my smekinge; verhoor myin u trou, in u geregtigheid.

2 Engaan nie na die gereg met u kneg nie, wantniemand wat leef, is voor u aangesig regverdig nie.

3 Want die vyand vervolg my siel; hy vertrap my lewe teen die grond; hy laat my woonin duisternisse soos hulle wat lankal dood is.

4 En my gees versmag in my, my hart verstyf in my binneste.

5 Ek dink aan die dae uit die voortyd; ek peins oor al u dade; ek dink ná oor die werk van u hande.

6 Ek brei my hande tot U uit;my sieldorsna Usoos ’n uitgedorde land. Sela.

7 Verhoor my tog gou,Here:my gees beswyk! Verberg u aangesig nie vir my nie, sodat ek nie word soos hulle wat in die kuil neerdaal nie.

8 Laat my u goedertierenheidin die môre hoor, want op U vertrou ek;maak my bekend die pad wat ek moet gaan, want ek hef my siel op tot U.

9 Red my van my vyande,Here! By U skuil ek.

10 Leer my om u welbehae te doen, want U is my God. Laatu goeie Gees my lei in’n gelyk land.

11 oHere,maak my lewendom u Naam ontwil; lei my siel uit die benoudheid, in u geregtigheid.

12 Envernietig my vyande in u goedertierenheid, en bring hulle almal om wat my as vyand behandel; wantek is u kneg.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

7 + nine =