PSALMS 142

Gebed onder sware vervolging.

1 ’nONDERWYSING van Dawid,toe hy in die spelonk was. ’n Gebed.

2 Hardop roep ek dieHereaan, hardop smeek ek dieHere.

3 Ek stort my klagte uit voor sy aangesig; ek maak voor sy aangesig my nood bekend.

4 As my gees in my versmag, dan ken Ú my pad. Op die pad wat ek moet gaan,het hulle ’n vangnet vir my gespan.

5 Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat my ken nie; die toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie.

6 Ek roep U aan, oHere! Ek sê: U is my skuilplek,my deelin die land van die lewendes.

7 Luister na my smeking,want ek is baie swak; red my van my vervolgers, want hulle is vir my te sterk.

8 Lei my siel uit die gevangenis om u Naam te loof. Die regverdiges sal my omring as U aan my goed doen.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

14 − seven =