PSALMS 141

Gebed om bewaar te bly van verleiding en vervolging.

1 ’nPSALM van Dawid.

# Here, ek roep U aan;kom tog gou na my toe; luister na my stem as ek U aanroep.

2 Laatmy gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, die opheffing van my hande soos dieaandoffer.

3 Here, stel’n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe.

4 Neig my hart nie tot iets wat sleg is, om in goddeloosheid dinge te doen saam met manne wat ongeregtigheid werk nie; en laat my van hulle lekkernye nie eet nie.

5 Laat die regverdige my met liefde slaan en my tugtig — hoofsalf sal my hoof nie weier nie; want nog is my gebed teen hulle booshede.

6 As hulle regters aan die kant van die rots afgegooi word, dan sal hulle hoor dat my woorde lieflik is.

7 Soos ’n mens in die aarde vore en skeure trek,is ons beendere gestrooi by die mond van die doderyk.

8 Wantop U is my oë,HereHere; by U skuil ek: giet my siel nie uit nie!

9 Bewaar my vir die mag van die vangnet van die wat vir mystrikke stel, en vir die strikke van die werkers van ongeregtigheid.

10 Laat die goddelosein hulle vangkuile val, almal saam, terwyl ék verbygaan!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

4 × 1 =