MALEÁGI 3

1 KYK, Ek stuurmy boodskapperwat die weg voor My uit sal baan; dansal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle’n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê dieHerevan die leërskare.

2 Maar wie kandie dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? WantHy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die loog van die wassers.

3 En Hy sal sit: ’n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan dieHerein geregtigheid ’n offer sal bring.

4 Dan saldie offer van Juda en Jerusalem vir dieHereaangenaam wees soos in die ou dae en soos in die jare van die voortyd.

5 En Ek sal tot julle nader om strafgerig te hou, en Ek sal ’n haastige getuie wees teen die towenaars en teen die egbrekers en teen die meinediges en teendie wat die dagloner in sy loon,die weduwee en die wees verdruk; en teendie wat die vreemdeling wegstoot en My nie vrees nie, sê dieHerevan die leërskare.

6 Want Ek, dieHere,het nie verander nie;en julle, kinders van Jakob, is nie verteer nie.

7 Sedert die dae van julle vaders het julle van my insettinge afgewyk en dit nie onderhou nie.Keer terug na My, en Ek wil na julle terugkeer, sê dieHerevan die leërskare.Maar julle vra: Waarin moet ons terugkeer?

8 Mag ’n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? Indie tiendes en die offergawe.

9 Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie!

10 Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daarspys in my huis kan wees; enbeproef My tog hierin, sê dieHerevan die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ’n oorvloedige seën sal uitstort nie.

11 Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrings van julle grond nie sal verwoes nie;ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, sê dieHerevan die leërskare.

12 Enal die nasies sal julle gelukkig prys, omdat julle die land van welbehae sal wees, sê dieHerevan die leërskare.

13 Vermetel is julle woorde teen My, sê dieHere. Maar julle vra: Wat het ons onder mekaar teen U gespreek?

14 Julle het gesê: Dit is tevergeefs om God te dien, en wat baat dit ons om sy verordening te onderhou en in rouklere voor die aangesig van dieHerevan die leërskare te wandel?

15 En nou prys ons die vermeteles gelukkig; nie alleen word die wat goddeloosheid bedrywe, gebou nie, maar hulle versoek God en raak vry!

16 Toe het die wat dieHerevrees, met mekaar gespreek; en dieHerehet dit opgemerk en gehoor, en daar is’n gedenkboek voor sy aangesig geskrywe vir die wat dieHerevrees en sy Naam eer.

17 En hulle sal My tot ’n eiendom wees, sê dieHerevan die leërskare, op die dag wat Ek skep, en Ek sal met hulle medelyde hêsoos ’n man medelyde het met sy seun wat hom dien.

18 Dan sal julle weerdie onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat God dien en die wat Hom nie dien nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

twelve − eight =