MALEÁGI 2

Straf oor die priesters aangekondig.

1 EN nou,priesters, tot julle kom hierdie gebod.

2 As julle nie gehoor gee nie, en as julle dit nie ter harte neem om my Naam eer te bewys nie, sê dieHerevan die leërskare, dansal Ek die vloek onder julle stuur enjulle seëninge in ’n vloek verander; ja, Ek het dit alreeds vervloek, omdat julle niks ter harte neem nie.

3 Kyk, Ek sal julle nakomelingskap bedreig, en Ek sal mis op julle gesigte strooi,die mis van julle feeste; en hulle sal julle na diemishoopdra.

4 En julle sal gewaar word dat Ek julle hierdie gebod gestuur het, dat ditmy verbond kan wees met Levi, sê dieHerevan die leërskare.

5 My verbond met hom was die lewe en die vrede; en Ek het dié aan hom gegee tot vrees; en hy het My gevrees en vir my Naam gebewe.

6 Betroubare regsleer was in sy mond, en onreg is op sy lippe nie gevind nie; in vrede en opregtheid het hy met My gewandel, en baie mense het hy van ongeregtigheid teruggebring.

7 Want die lippe van ’n priester moet kennis bewaar, en uit sy mond word onderrig gesoek, want hy is’n boodskapper van dieHerevan die leërskare.

8 Maar júlle het van die weg afgewyk, julle het baie deurjulonderrig laat struikel, julle hetdie verbond met Levi verbreek, sê dieHerevan die leërskare.

9 So maak Ek julle dan ook veragtelik en gering by die hele volk, omdat julle my weë nie hou nie en partydig handel by die regspraak.

10 Het ons nie almal een Vader nie?Het een God ons nie geskape nie? Waarom handel ons dan troueloos met mekaar, deur die verbond van ons vaders te ontheilig?

11 Juda het troueloos gehandel, en ’n gruwel is inIsrael en in Jerusalem gepleeg; want Juda het die heiligdom van dieHere, wat Hy liefhet, ontheilig, enhy hetdie dogter van ’n uitlandse god getrou.

12 Mag dieHerevan die man wat so iets doen, uitroei hom wat roep en hom wat antwoord gee uit die tente van Jakob, en hom wat ’n offer aan dieHerevan die leërskare bring.

13 En boonop doen julle dít: julle bedek die altaar van dieHeremet trane, met geween en versugting, omdat Hy Hom nie meer wend na die offer nie en dit van julle hand nie aanneem as welgevallig nie.

14 En julle vra: Waarom? Omdat dieHeregetuie is tussen jou endie vrou van jou jeug aan wie jy ontrou geword het, terwyl sy tog jou metgesel is en die vrou van jou verbond.

15 Het Hy dan nie eenmensgemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het? En waarom die een? Hy het ’n geslag van God gesoek. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie.

16 Want Ek haat egskeiding, sê dieHere, die God van Israel, en dat ’n mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê dieHerevan die leërskare. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie.

Die dag van die Here.

17 JULLE vermoei dieHeremet julle woorde. Nogtans vra julle: Waarmee vermoei onsHom?Deurdat julle sê: Elkeen wat kwaad doen, is goed in die oë van dieHere, en in hulle het Hy ’n behae; ofwaar isandersdie God van die reg?

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

five × three =