MALEÁGI 1

Die liefde van die Here vir sy volk. Ondank van die volk.

1 GODSPRAAK. Die woord van dieHereaanIsrael deur die diens van Maleági.

2 Ek het julle liefgehad, sê dieHere. Nogtans vra julle: Waarin het U ons liefgehad? Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek dieHere. Toghet Ek Jakob liefgehad,

3 maar Esau het Ek gehaat ensy gebergte ’n wildernis gemaak en sy erfdeel aan die jakkalse van die woestynprysgegee.

4 As Edom sê: Ons is wel verwoes, maar ons sal die puinhope weer opbou — dan sê dieHerevan die leërskare dit: Laat hulle bou, Ek breek dit tog af; en die mense sal hulle noem: Grondgebied van goddeloosheid, en: Die volk waarop dieHerevertoornd is tot in ewigheid!

5 En julle oë sal dit aanskou, en julle sal sê: Groot is dieHereoor die gebied van Israel!

6 ’n Seun eer die vader, en ’n kneg sy heer. As Ek dan ’n Vader is, waar is my eer? En as Ek ’n Heer is, waar is die vrees vir My? sê dieHerevan die leërskare aan julle,o priesters, wat my Naam verag! Maar julle sê: Waardeur het ons u Naam verag?

7 Julle bringspyswat verontreinig is, op my altaar, en dan vra julle: Waardeur het ons U verontreinig? Deurdat julle sê: Die tafel van dieHereis veragtelik.

8 En as julle’n blindedierbring om te offer, is dit geen kwaad nie! En as julle ’n lam of ’n siekdierbring, is dit geen kwaad nie! Bring dit tog virjou goewerneur! Sal hy ’n welgevalle aan jou hê of jou goedgesind wees? sê dieHerevan die leërskare.

9 Smeek dan nou tog die aangesig van God, dat Hy ons genadig kan wees! Sulke dinge is deur julle gedoen — sal Hy dan om julle ontwil goedgesind wees? sê dieHerevan die leërskare.

10 Ag, was daar maar iemand onder julle wat die deure wou sluit, sodat julle nie tevergeefs vuur op my altaar kan aansteek nie! Ek het in julle geen welgevalle nie, sê dieHerevan die leërskare, enin ’n offer uit julle hand het Ek geen behae nie.

11 Want van die opgang van die son tot sy ondergang toeis my Naam groot onder die heidene; enin elke plek word tot eer van my Naam reukwerk gebring en’n rein offer; want my Naam is groot onder die heidene, sê dieHerevan die leërskare.

12 Julle daarenteen ontheilig dit as julle sê:Die tafel van dieHereis verontreinig, en wat sy opbrings betref — sy spys is veragtelik.

13 En julle sê: Kyk, wat ’n moeite! En julle verag dit, sê dieHerevan die leërskare; en julle bring geroofde enlam en siekdiere— so bring julle dan die offer! Kan Ek dit met welgevalle uit julle hand aanneem? sê dieHere.

14 Vervloek is ook die bedrieër wat, terwyl daar onder sy kleinvee’n manlike dier is, ’n gelofte doen en togiets wat vermink is, aan dieHereoffer; want Ek is ’n groot Koning, sê dieHerevan die leërskare, en my Naam is gedug onder die heidene.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eight − 8 =