JOSUA 3

Deurtog van die volk deur die droë bedding van die Jordaan.

1 DAAROP het Josua die môre vroeg klaargemaak, en hy met al die kinders van Israel hetvan Sittim af weggetrek en by die Jordaan aangekom en daar die nag oorgebly voordat hulle deurgetrek het.

2 Enaan die einde van drie dae het dieopsigters die laer deurgegaan

3 en aan die volk bevel gegee en gesê: Net soos julle die verbondsark van dieHerejulle God sienen die Levitiese priesters wat hom dra, moet julle van jul staanplek af opbreek en agter hom aan trek.

4 Maar laat daar ’n afstand van omtrent tweeduisend el tussen julle en hom wees; kom nie naby hom nie; sodat julle die pad kan weet waar julle langs moet trek; want gister en eergister het julle nie met dié pad getrek nie.

5 Verder het Josua aan die volk gesê:Heilig julle; want môre sal dieHerewonders onder julle doen.

6 En Josua het met die priesters gespreek en gesê:Neem die verbondsark op en trek weg voor die volk uit; toe het hulle die verbondsark opgeneem en voor die volk uit getrek.

7 Daarop sê dieHerevir Josua: Vandag sal Ek begin om jou groot te maak voor die oë van die hele Israel, sodat hulle kan weetdat Ek met jou sal wees soos Ek met Moses gewees het.

8 Gee jy dan bevel aan die priesters wat die verbondsark dra, en sê: Net soos julle aan die kant van die water van die Jordaan kom, moet julle in die Jordaan bly staan.

9 Toe sê Josua aan die kinders van Israel: Kom nader hierheen en luister na die woorde van dieHerejulle God.

10 Verder het Josua gesê: Hieraan sal julle erken dat daar’n lewende God tussen julle is, en dat Hy sekerlikdie Kanaäniete en Hetiete en Hewiete en Feresiete en Girgasiete en Amoriete en Jebusiete voor julle uit sal verdrywe:

11 Kyk, die verbondsark vandieHerevan die hele aarde trek voor julle uit die Jordaan in.

12 Neem dan nou vir julle twaalf manne uit die stamme van Israel,een man uit elke stam;

13 en net soos die voetsole van die priesters wat die ark van dieHere, die Here van die hele aarde, dra, in die water van die Jordaan rus, sal die water van die Jordaan afgekeer word — die water wat van die bokant afkom, en ditsal soos een wal bly staan.

14 En toe die volk wegtrek uit hulle tente om deur die Jordaan te gaan, met die priesters wat dieverbondsark dra, op die voorpunt van die volk,

15 en net toe die draers van die ark by die Jordaan kom en die priesters wat die ark dra, hulle voete aan die kant van die water insteek, terwyldie Jordaan vol was op al sy walleal die dae van die oes,

16 bly die water staan wat van die bokant afkom: dit het opgerys soos een wal, baie ver weg by die stad Adam wat langsSartan lê; en die wat afstroomna die See van die Vlakte,die Soutsee, het heeltemal verdwyn; toe het die volk deurgetrek, teenoor Jérigo.

17 Maar die priesters wat die verbondsark van dieHeregedra het, het onbeweeglik bly staan op droë grond binne-in die Jordaan, terwyldie hele Israel op droë grond deurtrek, totdat die hele volk die deurtog deur die Jordaan voleindig het.

JOSUA 4

Die twaalf klippe opgerig as ’n gedenkteken.

1 EN toe die hele volk die deurtog deur die Jordaan voleindig het, het dieHeremet Josua gespreek en gesê:

2 Neem vir julle uit die volk twaalf manne, uit elke stam een man,

3 en gee hulle bevel en sê: Neem vir julle vandaar, uit die middel van die Jordaan, van die plek waardie voete van die priesters vas bly staan het,twaalf klippe en bring dit saam met julle deur en sit dit neer opdie slaapplek waar julle vannag gaan oorbly.

4 Toe het Josua die twaalf man geroep wat hy uit die kinders van Israel, uit elke stam een man, aangestel het,

5 en Josua het vir hulle gesê: Trek uit voor die ark van dieHerejulle God tot binne-in die Jordaan, en tel vir julle ’n klip op, elke man een op sy skouer, volgens die getal van die stamme van die kinders van Israel,

6 sodat dit ’n teken onder julle kan wees.As julle kinders later vra en sê: Wat beteken hierdie klippe vir julle?

7 moet julle vir hulle sê:omdat die water van die Jordaan afgekeer is voor die verbondsark van dieHereby sy deurtog deur die Jordaan — die water van die Jordaan is afgekeer; daarom is hierdie klippe as’n aandenking vir die kinders van Israel vir altyd.

8 Die kinders van Israel het toe so gedoen soos Josua beveel het: hulle het twaalf klippe uit die middel van die Jordaan opgetel soos dieHeremet Josua gespreek het, volgens die getal van die stamme van die kinders van Israel; en hulle het dit saam met hulle deurgebring na die slaapplek toe en dit daar neergesit.

9 Josua het ook twaalf klippe opgerig in die middel van die Jordaan, op die plek waar die voete van die priesters, die draers van die verbondsark, gestaan het; en dit is daar tot vandag toe.

10 En die priesters wat die ark gedra het, het bly staan in die middel van die Jordaan totdat alles volbring was wat dieHereJosua beveel het om aan die volk te sê, volgens alles wat Moses Josua beveel het; en die volk het gou deurgetrek.

11 En toe die hele volk die deurtog voleindig het, het die ark van dieHeremet die priesters voor die oë van die volk deurgegaan.

12 En die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse hetgewapend voor die kinders van Israel deurgetreksoos Moses aan hulle gesê het.

13 Omtrent veertigduisend wat vir oorlog gewapen was, het voor die aangesig van dieHeredeurgetrek om te veg, na die vlaktes van Jérigo toe.

14 Dié dag het dieHereJosua groot gemaak voor die oë van die hele Israel, sodat hulle hom gevrees het soos hulle Moses gevrees het al die dae van sy lewe.

15 En dieHerehet met Josua gespreek en gesê:

16 Gee bevel aan die priesters watdie ark van die Getuienis dra, dat hulle uit die Jordaan uit opklim.

17 Josua het daarop die priesters bevel gegee en gesê: Klim op uit die Jordaan.

18 En toe die priesters wat die verbondsark van dieHeregedra het, opklim uit die middel van die Jordaan, het die priesters skaars hulle voetsole gelig en die droë grond bereik, of die water van die Jordaan het na sy plek teruggekeeren soos gister en eergister op al sy walle geloop.

19 En die volk het op die tiende van die eerste maand uit die Jordaan uit opgetrek en laer opgeslaanby Gilgal, aan die oostelike grens van Jérigo.

20 Endaardie twaalf klippe wat hulle uit die Jordaan geneem het, het Josua by Gilgal opgerig.

21 En hy het met die kinders van Israel gespreek en gesê:Wanneer julle kinders later hulle vaders vra en sê: Wat beteken hierdie klippe?

22 dan moet julle dit aan julle kinders bekend maak en sê: Op droë grond het Israel deur hierdie Jordaan getrek,

23 deurdat dieHerejulle God die water van die Jordaan voor julle uit laat opdroog het, totdat julle deurgetrek het, soos dieHerejulle God gedoen het met die Skelfseewat Hy voor ons uit laat opdroog het, totdat ons deurgetrek het;

24 dat al die volke van die aarde kan weet dat die hand van dieHeresterk is, sodat julledieHerejulle God altyd mag vrees.

JOSUA 5

1 EN toe al die konings van die Amoriete wat anderkant die Jordaan na die weste was, en al die konings van die Kanaänietewat by die see woon,hoor dat dieHeredie water van die Jordaan voor die kinders van Israel uit laat opdroog het, totdat hulle deurgetrek het, het hulle hartversmelten was daar in hulle geen moed meer vanweë die kinders van Israel nie.

Josua besny die volk en vier die pasga. Die manna hou op. Die leërowerste van die Here.

2 IN dié tyd het dieHerevir Josua gesê: Maak vir jou klipmesse en besny weer die kinders van Israel vir die tweede keer.

3 Toe het Josua vir hom klipmesse gemaak en die kinders van Israel besny by die heuwel van die voorhuide.

4 En dit is die rede dat Josuahullebesny het:Die hele volk wat uit Egipte uitgetrek het, die manspersone, al die krygsmanne, het op pad in die woestyn gesterwe, op hulle trek uit Egipte.

5 Want die hele volk wat uitgetrek het, was besnede; maar die hele volk wat op pad in die woestyn gebore is, op hulle trek uit Egipte, het hulle nie besny nie.

6 Wantveertig jaar lank het die kinders van Israel in die woestyn getrek, totdat die hele volk omgekom het, die krygsmanne wat uit Egipte weggetrek het, wat nie aan die stem van dieHeregehoorsaam was nie; vir wie dieHeregesweer het dat Hy hulle die land nie sou laat sien wat dieHerehulle vaders met ’n eed beloof het om aan ons te gee nie —’n land wat oorloop van melk en heuning.

7 Maar in hulle plek het Hy hul seuns gestel; dié het Josua besny; want hulle was onbesnede, omdat hulle op pad nie besny is nie.

8 En toe die hele volk klaar besny is, het hulle op hul plek in die laer geblytotdat hulle gesond was.

9 Toe het dieHerevir Josua gesê: Vandag het Ekdie smaad van Egipte van julle afgewentel. Daarom het hulle dié plek Gilgal genoem tot vandag toe.

10 Terwyl die kinders van Israel by Gilgal gelaer was, het hulle die pasga gehouop die veertiende dag van die maand in die aand, in die vlaktes van Jérigo.

11 En hulle het die dag ná die pasga van die opbrings van die land geëet: ongesuurde brode engebraaide koring, daardie selfde dag.

12 Endie dag nadat hulle van die opbrings van die land geëet het, het die manna opgehou, sodat die kinders van Israel verder geen manna gehad het nie; maar hulle het geëet van die opbrings van die land Kanaän in daardie jaar.

13 En terwyl Josua by Jérigo was, slaan hy sy oë op en kyk,en daar staan ’n man teenoor hommet ’n ontblote swaard in sy hand; en Josua het na hom gegaan en hom gevra: Behoort U by ons of by ons vyande?

14 En Hy sê: Nee, maar Ek is die leërowerste van dieHere; Ek het nou gekom.Toe val Josua met sy aangesig op die grond en buig hom neer en vra Hom: Wat wil my Here aan sy dienskneg sê?

15 Toe sê die leërowerste van dieHerevir Josua:Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilig. En Josua het so gedoen.

JOSUA 6

Verwoesting van Jérigo. Ragab gespaar.

1 MAAR Jérigo hetsy poortegesluit en was gesluit vanweë die kinders van Israel; niemand het uit- of ingegaan nie.

2 Toe het dieHerevir Josua gesê:Kyk, Ek gee Jérigo met sy koning en dapper helde in jou hand.

3 Julle moet dan om die stad trek, al die krygsmanne; trek die stad een maal om; so moet jy doen ses dae lank.

4 En sewe priesters moet seweramshorings voor die ark dra; maar op die sewende dag moet julle die stad sewe maal omtrek;en die priesters moet op die horings blaas;

5 en as hullelang geluide op die ramshoring blaas, as julle die geluid van die horing hoor, moet die hele volk ’n groot krygsgeskreeu aanhef: dan sal die stadsmuur op sy plek inval; en die volk moet inklim, elkeen reg voor hom uit.

6 Toe het Josua, die seun van Nun, die priesters geroep en aan hulle gesê: Neem die verbondsark op, en laat sewe priesters sewe ramshorings voor die ark van dieHeredra.

7 En aan die volk het hy gesê: Trek op en gaan om die stad; maar die gewapendes moet voor die ark van dieHereoptrek.

8 En net toe Josua dit aan die volk gesê het, het die sewe priesters, die draers van die sewe ramshorings, opgetrek voor die aangesig van dieHereen geblaas op die horings, terwyl die verbondsark van dieHereagter hulle aan gaan.

9 Die gewapendes het ook voor die priesters getrek wat op die horings geblaas het, terwyl die agterhoede agter die ark aan gaan en daar gedurig op die horings geblaas word.

10 En Josua het aan die volk bevel gegee en gesê: Julle mag nie skreeu of julle stem laat hoor nie, en geen woord mag uit julle mond uitgaan nie tot op die dag dat ek vir julle sê: Skreeu! dan moet julle skreeu.

11 Toe het die ark van dieHereom die stad getrek, een keer rondom; daarna het hulle in die laer gekom en in die laer die nag oorgebly.

12 En Josua het die môre vroeg klaargemaak,en die priesters het die ark van dieHeregedra;

13 en die sewe priesters wat die sewe ramshorings gedra het, het voor die ark van dieHeregedurig geloop en blaas op die horings, terwyl die gewapendes voor hulle loop; en die agterhoede het agter die ark van dieHereaan gegaan, terwyl gedurig op die horings geblaas word.

14 So het hulle dan op die tweede dag die stad een keer omgetrek; daarna het hulle in die laer teruggekom. So het hulle ses dae lank gedoen.

15 Maar op die sewende dag het hulle vroeg klaargemaak toe die rooidag uitkom, en die stad op dieselfde manier sewe maal omgetrek; net maar dié dag het hulle die stad sewe maal omgetrek.

16 En toe die priesters die sewende keer op die horings blaas, sê Josua vir die volk: Skreeu! want dieHeregee die stad aan julle oor.

17 Maar die stad met al wat daarin is, moet ’n banoffer aan dieHerewees; net Ragab, die hoer, mag lewe, sy en almal wat by haar in die huis is,omdat sy die boodskappers wat deur ons gestuur was, weggesteek het.

18 Maar neem julle net in ag vir die ban, dat julle nie, terwyl julle met die banvloek tref, tog van die bangoed neem en die laer van Israel onder die ban bring endit in die ongeluk stort nie.

19 Maar al die silwer en goud en die koper- en ystervoorwerpe is heilig aan dieHere: dit moet by die skat van dieHerekom.

20 Toe skreeu die volk, en hulle het op die horings geblaas; en toe die volk die geluid van die horing hoor, het die volk ’n groot krygsgeskreeu aangehef; endie muur het op sy plek ingeval, en die volk het in die stad geklim, elkeen reg voor hom uit, en hulle het die stad ingeneem.

21 Enalles wat in die stad was, het hulle deur die skerpte van die swaard met die banvloek getref, man sowel as vrou, jonk sowel as oud, tot bees, skaap en esel toe.

22 En aan die twee manne wat die land verken het, het Josua gesê: Gaan in die huis van die hoer, en bring die vrou en almal wat aan haar behoort, daaruit,soos julle vir haar gesweer het.

23 Die jongmanne, die spioene, het toe ingegaan en Ragabmet haar vader en haar moeder en haar broers en almal wat aan haar behoort het uitgebring — al haar familiebetrekkinge het hulle uitgebring en hulle buitekant die laer van Israel laat bly.

24 En die stad met alles wat daarin was, het hulle met vuur verbrand;net die silwer en die goud en die koper — en ystervoorwerpe het hulle by die skat van die huis van dieHeregevoeg.

25 Maar Josua het Ragab, die hoer, laat lewe en haar familie en almal wat aan haar behoort het;sodat sy onder Israel gewoon het tot vandag toe, omdat sy die boodskappers weggesteek het wat Josua gestuur het om Jérigo te verken.

26 In dié tyd het Josuahullelaat sweer met die woorde:Vervloek is die man voor die aangesig van dieHerewat sal opstaan om hierdie stad Jérigo op te bou: ten koste van sy eersgeborene sal hy sy fondamente lê, en ten koste van sy jongste sal hy sy poorte insit.

27 En dieHerewas met Josua, endie gerug van hom het deur die hele land gegaan.

JOSUA 7

Misdaad van Agan en sy straf.

1 MAAR die kinders van Israel het hulle vergryp aan die bangoed; want Agan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag, van die stam van Juda, het van die bangoed geneem, sodat die toorn van dieHereontvlam het teen die kinders van Israel.

2 Daarop het Josua manne van Jérigo af gestuur na Ai wat byBet-Awen lê, oostelik vanBet-el, en hy het met hulle gespreek en gesê: Trek op en verken die land; en die manne het opgetrek en Ai verken.

3 Toe hulle by Josua terugkom, het hulle vir hom gesê: Al die manskappe hoef nie op te trek nie; omtrent tweeduisend man of omtrent drieduisend kan optrek, en hulle sal Ai verslaan; moenie al die manskappe met ’n tog daarheen vermoei nie, want hulle is daar maar min.

4 So het daar dan van die manskappe omtrent drieduisend man daarnatoe opgetrek;maar hulle moes vlug voor die manne van Ai;

5 en die manne van Ai het uit hulle omtrent ses-en-dertig man doodgeslaan en hulle agtervolg van die poort af tot by Sebárim en hulle verslaan op die afdraand;en die volk se hart het versmelt en soos water geword.

6 Toe het Josua sy klere geskeur en met sy aangesig op die grond geval voor die ark van dieHere, tot die aand toe, hy en die oudstes van Israel, enhulle het stof op hul hoofde gegooi.

7 En Josua het gesê: Ag, HereHere,waarom het U hierdie volk ooit deur die Jordaan laat trek om ons oor te gee in die hand van die Amoriete, sodat hulle ons kan vernietig? Het ons tog maar besluit om oorkant die Jordaan te bly!

8 Ag Here, wat sal ek sê nadat Israel vir sy vyande die rug gegee het?

9 En as die Kanaäniete en al die inwoners van die land dit hoor, sal hulle ons omsingel enons naam van die aarde af uitroei;wat sal U dan vir u grote Naam doen?

10 Toe sê dieHereaan Josua: Staan op; waarom tog lê jy op jou aangesig?

11 Israel het gesondig enhet ook my verbond oortree wat Ek hulle opgelê het, en ook geneemvan die bangoed en ook gesteel en dit selfs heimlik by hulle goed gevoeg.

12 En die kinders van Israel sal nie kan standhou voor hulle vyande nie; hulle sal hul vyande die rug gee, omdat hulle self ’n ban geword het. Ek sal nie meer met julle wees tensy julle die ban onder julle uit verdelg nie.

13 Staan op!Heilig die volk en sê: Heilig julleself teen môre; want so sê dieHere, die God van Israel: Daar is ’n ban in jou midde, Israel! Jy sal nie kan standhou voor jou vyande totdat julle die ban onder julle uit verwyder het nie.

14 Kom dan môre vroeg aan volgens julle stamme; en die stam watdieHeredeur die lotaanwys, moet aankom volgens die geslagte; en die geslag wat dieHereaanwys, moet aankom volgens die huisgesinne, en die huisgesin wat dieHereaanwys, moet aankom man vir man.

15 En hy wat in besit van die bangoed aangewys is, moet met vuur verbrand word, hy met alles wat aan hom behoort, omdat hy die verbond van dieHereoortree en ’n skanddaad in Israel begaan het.

16 En Josua het vroeg in die môre klaargemaak en Israel laat aankom volgens sy stamme; en die stam van Juda is aangewys.

17 Toe hy die geslagte van Juda laat aankom, hetdie lotdie geslag van dieSargiete aangewys; toe hy die geslag van die Sargiete laat aankom man vir man, is Sabdi aangewys;

18 toe hy sy huisgesin man vir man laat aankom,is Agan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag, van die stam van Juda,aangewys.

19 Toe sê Josua vir Agan: My seun, maak tog dieHere, die God van Israel, heerlik engee Hom die eer; engee my tog te kenne wat jy gedoen het; steek dit nie vir my weg nie.

20 Toe het Agan Josua geantwoord en gesê: Waarlik, ek het gesondig teen dieHere, die God van Israel, en so en so het ek gedoen.

21 Ek het naamlik een mooi mantel uit Sínear by die buitgoed gesien en tweehonderd sikkels silwer en een goudstaaf van vyftig sikkels in gewig, en ek het dit begeer en dit geneem; en kyk, daar lê dit begrawe in die grond binne-in my tent, en die silwer daaronder.

22 Toe Josua dan boodskappers stuur en hulle na die tent loop, lê dit daar begrawe in sy tent, en die silwer daaronder.

23 En hulle het dit uit die tent uitgehaal en dit na Josua en al die kinders van Israel gebring en dit voor die aangesig van dieHereuitgeskud.

24 Daarop het Josua en die hele Israel met hom saam Agan, die seun van Serag, geneem met die silwer en die mantel en die goudstaaf en sy seuns en sy dogters en sy beeste en sy esels en sy kleinvee en sy tent en alles wat aan hom behoort het, en hulle het hul nadie dal Agor gebring.

25 En Josua het gesê:Hoe het jy ons in die ongeluk gestort! DieHeresal jou vandag in die ongeluk stort! Daarop het die hele Israel homgestenig, en hulle het hulle met vuur verbrand en klippe op hulle gegooi.

26 En hulle het’n groot hoop klippe op hom gestapel wat tot vandag toe daar is.Toe het dieHereHom afgewend van die gloed van sy toorn. Daarom noem hulle daardie plekDal Agor tot vandag toe.

JOSUA 8

Inneming en verwoesting van Ai.

1 DAAROP sê dieHerevir Josua:Wees nie bevrees of verskrik nie; neem al die weerbare manskappe met jou saam en maak jou klaar, trek op na Ai; kyk,Ek gee die koning van Ai en sy volk en sy stad en sy land in jou hand.

2 En jy moet met Ai en sy koning doen soos jy metJérigo en sy koning gedoen het; netsy buit en sy vee mag julle vir julself buitmaak. Stel vir jou ’n hinderlaag op teen die stad, aan die agterkant.

3 Toe het Josua hom gereedgemaak met al die weerbare manskappe om op te trek na Ai, en Josua het dertigduisend man, dapper helde, uitgesoek en hulle in die nag uitgestuur

4 en aan hulle bevel gegee en gesê: Kyk,julle moet teen die stad ’n hinderlaag opstel, aan die agterkant van die stad; moenie te ver van die stad af weggaan nie, en hou julle almal gereed;

5 en ek met al die manskappe wat by my is, ons sal na die stad toe aankom; as hulle dan ’n uitval maak om ons te ontmoet, soos die vorige keer,sal ons voor hulle uit vlug;

6 en hulle sal uittrek agter ons aan totdat ons hulle van die stad afgesny het — want hulle sal dink: Hulle vlug voor ons uit soos die vorige keer — en ons sal voor hulle uit vlug.

7 Dan moet julle uit die hinderlaag opstaan en die stad inneem; want dieHerejulle God sal dit in julle hand gee.

8 En as julle die stad verower het, moet julle die stad aan die brand steek, na die woord van dieHeremoet julle handel;kyk, ek gee julle bevel.

9 So het Josua hulle dan uitgestuur, en hulle het getrek na die hinderlaag en gebly tussen Bet-el en Ai,aan die westekant van Ai; maar Josua het dié nag onder die manskappe deurgebring.

10 Die môre vroeg het Josua hom klaargemaak en die manskappe gemonster en opgetrek met die oudstes van Israel, op die voorpunt van die manskappe, na Ai toe.

11 En al die weerbare manskappe wat by hom was, het opgetrek en nader gegaan en teenoor die stad gekom, en hulle het laer opgeslaan aan die noordekant van Ai, sodat die dal tussen hulle en Ai was.

12 So het hy dan omtrent vyfduisend man geneem en hulle in ’n hinderlaag opgestel tussen Bet-el en Ai, aan die westekant van die stad.

13 En hulle het die manskappe opgestel, die hele leër wat noordelik van die stad was, met sy agterhoede aan die westekant van die stad, maar Josua het dieselfde nag die laagte ingetrek.

14 En toe die koning van Ai dit merk, het die manne van die stad hulle in die vroegte gou klaargemaak en uitgetrek om Israel in die geveg te ontmoet, hy en al sy manskappe, op ’n afgesproke plek voor die vlakte; maar hyhet nie geweet dat daar vir hom agter die stad ’n hinderlaag lê nie.

15 En Josua en die hele Israelhet hul laat verslaan voor hulle en gevlug in die rigting van die woestyn.

16 Al die manskappe in die stad is toe opgeroep om hulle agterna te jaag; en terwyl hulle Josua agtervolg,is hulle van die stad afgesny,

17 sodat niemand in Ai en Bet-el oorgebly het wat nie agter Israel aan uitgetrek het nie; en hulle het die stad oop laat staan en Israel agternagejaag.

18 En dieHerehet vir Josua gesê: Steek die spies wat in jou hand is, na Ai toe uit, want Ek wil dit in jou hand gee. Daarop steek Josua die spies wat in sy hand was, na die stad uit.

19 En die hinderlaag het gou van sy plek af opgestaan en gestorm net toe hy sy hand uitgesteek het, en hulle het in die stad ingekom en dit ingeneem en die stad gou aan die brand gesteek.

20 Toe die manne van Ai agter hulle omkyk, sien hulle hoe die rook van die stad na die hemel optrek; maar hulle het geen kans gehad om hierheen of daarheen te vlug nie, want die manskappe wat op die vlug was na die woestyn, het omgedraai teen die vervolgers.

21 Toe Josua en die hele Israel sien dat die hinderlaag die stad inneem en dat die rook van die stad opstyg, het hulle omgedraai en die manne van Ai aangeval.

22 Daarop trek dié uit die stad hulle tegemoet, sodat hulle tussen Israel in geraak het, ’n deel duskant en ’n deel anderkant; en hulle het hul verslaantotdat daar niemand van hulle oor was wat vrygeraak of ontvlug het nie.

23 Maar hulle het die koning van Ai lewendig gevang en hom na Josua gebring.

24 En nadat Israel al die inwoners van Ai in die veld, in die woestyn waar hulle hul agtervolg het, geheel en al van kant gemaak het, en hulle almal tot die laaste een toe deur die skerpte van die swaard geval het, het die hele Israel teruggekom na Ai en dit met die skerpte van die swaard verslaan.

25 Al die gesneuweldes op dié dag, manne sowel as vroue, was twaalf duisend — al die mense van Ai.

26 En Josua het sy hand met die uitgestrekte spies nie teruggetrek voordat hy al die inwoners van Ai met die banvloek getref het nie.

27 Net die vee en die buit van daardie stad het die Israeliete vir hulle buitgemaak, volgens die woord van dieHerewat HyJosua beveel het.

28 Toe het Josua Ai verbrand en daarvan ’npuinhoop gemaak vir ewig, ’n wildernis tot vandag toe.

29 En die koning van Ai het hy aan ’n paal opgehang tot die aand toe;maar teen sonsondergang het Josua bevel gegee, en hulle het sy lyk van die paal afgehaal en dit by die ingang van die stadspoort gegooi en’n groot hoop klippe op hom gestapel wat vandag nog daar is.

Die wet word opgeskrywe en daarna gelees op die berge Gerísim en Ebal.

30 TOE het Josua ’n altaar gebou vir dieHere, die God van Israel,op die berg Ebal,

31 soos Moses, die kneg van dieHere, die kinders van Israel beveel het, soos geskrywe staan in diewetboek van Moses: ’n Altaar van ongekapte klippe waaroor geen yster geswaai is nie;en dáárop het hulle aan dieHerebrandoffers gebring en dankoffers geslag.

32 Endaar het hy ’n afskrif van die wet van Moses op die klippe geskrywe, wat hy geskrywe het voor die oë van die kinders van Israel,

33 terwyl die hele Israel met sy oudstes endie opsigters en sy regters aan weerskante van die ark staan — teenoor die Levitiese priesters,die draers van die verbondsark van dieHere— die vreemdeling sowel asdie kind van die land: die een helfte daarvan teen die berg Gerísim en die ander helfte daarvan teen die berg Ebal,soos Moses, die kneg van dieHere, tevore bevel gegee het om die volk van Israel te seën.

34 En daarnahet hy al die woorde van die wet voorgelees,die seën endie vloek, net soos dit geskrywe staan in die wetboek.

35 Daar was geen woord van alles wat Moses beveel het, wat Josua nie voorgelees het voor die hele vergadering van Israel,met die vroue en die kinders endie vreemdeling wat onder hulle saamgetrek het nie.

JOSUA 9

Israel word deur die Gibeoniete bedrieg en sluit ’n verdrag met hulle.

1 EN toe al die konings wat wes van die Jordaan woonop die Gebergte en in die Laeveld en aan die hele kus van dieGroot See na die kant van die Líbanon toe:die Hetiete en Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, dit hoor,

2 het hulle bymekaargekom om soos een man teen Josua en Israel te veg.

3 Maar toe die inwoners vanGíbeonhoor wat Josua met Jérigo en met Ai gedoen het,

4 het hulle ook met lis gehandel: hulle het gegaan en hulle as boodskappers aangestel en verslyte sakke op hulle esels geneem en verslyte wynsakke wat geskeur en weer toegebind was;

5 ook verslyte en gelapte skoene aan hulle voete en verslyte klere aan hulle lyf; en al die brood van hulle padkos was droogenverkrummeld.

6 So het hulle dan na Josua gegaanin die laer van Gilgal en aan hom en die manne van Israel gesê: Ons kom van ’n ver land af; sluit dan nou ’n verbond met ons.

7 Maar die manne van Israel het aan dieHewiete gesê: Miskien woon julle onder ons;hoe kan ons dan ’n verbond met julle sluit?

8 Toe sê hulle vir Josua:Ons is u dienaars! Daarop het Josua hulle gevra: Wie is julle, en waar kom julle vandaan?

9 En hulle sê vir hom:U dienaars kom van ’n baie ver land af, vanweë die Naam van dieHereu God; want ons het diegerug van Hom gehoor, en alles wat Hy in Egipte gedoen het;

10 en alles wat Hy aan die twee konings van die Amoriete oorkant die Jordaan gedoen het, aan Sihon, die koning van Hesbon, en Og, die koning van Basan, wat inÁstarot was.

11 Daarom het ons oudstes en al die inwoners van ons land met ons gespreek en gesê: Neem padkos met julle saam vir die reis en trek hulle tegemoet en sê aan hulle: Ons is julle dienaars, sluit dan nou ’n verbond met ons.

12 Ons brood hier — warm het ons dit as padkos uit ons huise geneem, die dag toe ons uitgetrek het om na julle te gaan — kyk maar, nou het dit droog en verkrummeld geword.

13 En die wynsakke hier wat ons as nuwes volgemaak het — kyk maar, hulle is geskeur; en ons klere hier en ons skoene — hulle is verslyt deur die baie lang reis.

14 Toe neem die manne van hulle padkos; maardie mond van dieHerehet hulle nie geraadpleeg nie.

15 En Josuahet met hulle vrede gemaak en met hulle ’n verbond gesluit, dat hy hulle sou laat lewe; en die owerstes van die vergadering het hulle dit met ’n eed beloof.

16 Maar aan die einde van drie dae, nadat die verbond met hulle gesluit was, hoor die volk dat hulle in hul nabyheid en tussen hulle in woon.

17 Die kinders van Israel het naamlik weggetrek en op die derde dag by hulle stede gekom; en hulle stede was:Gíbeon en Kefíra en Béërot enKirjat-Jeárim.

18 Maar die kinders van Israel het hulle nie verslaan nie, omdat die owerstes van die vergadering vir hulle gesweer het by dieHere, die God van Israel; die hele vergadering het toe teen die owerstes gemurmureer.

19 Daarop sê al die owerstes aan die hele vergadering: Ons het self vir hulle gesweer by dieHere, die God van Israel; en nou mag ons hulle nie aanraak nie.

20 Dit sal ons aan hulle doen en hulle laat lewe, sodat daar nie toorn oor ons komter wille van die eed wat ons vir hulle gesweer het nie.

21 Verder sê die owerstes vir hulle: Laat hulle lewe! En hulle hethoutkappers en waterputters geword van die hele vergadering, soos die owerstes aan hulle gesê het.

22 Toe laat Josua hulle roep en spreek met hulle en sê: Waarom het julle ons bedrieg deur te sê:Ons woon baie ver van julle af — terwyl julle tussen ons in woon?

23 Nou dan,vervloek is julle! En nooit sal julle ophou om knegte, houtkappers sowel as waterputters, vir die huis van my God te wees nie.

24 Toe het hulle Josua geantwoord en gesê: Omdat aan u dienaars verseker meegedeel was dat dieHereu Godaan Moses, sy kneg, bevel gegee het om die hele land aan julle te gee en al die inwoners van die land voor julle uit te verdelg,daarom was ons vir julle baie bevrees ter wille van ons lewe en het ons hierdie ding gedoen.

25 Maar hier is ons nouin u hand: doen soos dit goed en reg is in u oë om met ons te handel.

26 Hy het toe so met hulle gedoen en hulle gered uit die hand van die kinders van Israel, dat dié hulle nie gedood het nie.

27 So het Josua dan op dié dag houtkappers en waterputters van hulle gemaak vir die vergadering en vir die altaar van dieHere, tot vandag toe,op die plek wat Hy sou uitkies.

JOSUA 10

Die groot slag van Gíbeon. Son en maan staan stil. Verskeie stede in die Suide ingeneem.

1 EN toe Adóni-Sedek, die koning van Jerusalem, hoor dat Josua Ai ingeneem en dit met die banvloek getref het —soos hy met Jérigo en sy koning gedoen het,so het hy met Ai en sy koning gedoen —en dat die inwoners van Gíbeon vrede gesluit het met Israel en in hulle midde was,

2 het hullebaie bevrees geword, omdat Gíbeon ’n groot stad was, soos een van die koningstede, en omdat hy groter as Ai en al sy manne helde was.

3 Adóni-Sedek, die koning van Jerusalem, stuur toe na Hoham, die koning vanHebron, en na Píream, die koning van Jarmut, en na Jáfia, die koning vanLagis, en na Debir, die koning van Eglon, om te sê:

4 Trek na my toe op en help my, dat ons Gíbeon kan verslaan, omdat hy met Josua en met die kinders van Israel vrede gesluit het.

5 So het dan die vyf Amoritiese konings vergader en opgetrek: die koning van Jerusalem, die koning vanHebron, die koning van Jarmut, die koning van Lagis, die koning van Eglon, hulle en al hul leërmagte; en hulle het Gíbeon beleër en daarteen geveg.

6 Maar die manne van Gíbeon het na Josua gestuur,in die laer van Gilgal, om te sê: Trek u hande nie af van u dienaars nie, kom gou op na ons toe en verlos ons en help ons; want al die konings van die Amoriete wat die Gebergte bewoon, het hulle teen ons verenig.

7 Daarop het Josua opgetrek uit Gilgal, hy en al die weerbare manskappe en al die dapper helde met hom saam.

8 En dieHerehet aan Josua gesê:Wees nie bevrees vir hulle nie, want Ek gee hulle in jou hand; niemand van hulle sal voor jou standhou nie.

9 Toe Josua hulle skielik oorval — hy het die hele nag deur van Gilgal af opgetrek —

10 het dieHerehulle inverwarring gebring voor Israel, en hy het ’n groot slag onder hulle geslaan by Gíbeon en hulle agtervolg op pad na die hoogte vanBet-Horon en hulle verslaan tot byAséka en tot byMakkéda.

11 En toe hulle voor Israel uit vlug terwyl hulle op die afdraand van Bet-Horon was,het dieHeregroot haelstene uit die hemel op hulle gewerp tot by Aséka, sodat hulle gesterf het; daar het meer gesterf deur die haelstene as wat die kinders van Israel met die swaard doodgeslaan het.

12 Toe het Josua met dieHeregespreek, op die dag dat dieHeredie Amoriete aan die kinders van Israel oorgegee het, en voor die oë van Israel gesê:Son, staan stil in Gíbeon, en maan, in die dal vanÁjalon!

13 Toe staan die son stil en bly die maan staan totdat die volk hulle gewreek het op hul vyande. Staan dit nie geskrywe in die Boek van die Opregte nie? En die son het bly staan in die middel van die hemel en het hom nie gehaas om onder te gaan nie, omtrent ’n volle dag.

14 En daar was geen dag soos hierdie een, voor hom en ná hom, dat dieHerena die stem van ’n man geluister het nie; wantdieHerehet vir Israel gestry.

15 Daarop het Josua, en die hele Israel met hom saam, na die laer van Gilgal teruggekeer.

16 Maar daardie vyf konings het gevlug en weggekruip in die spelonkby Makkéda.

17 Toe aan Josua geboodskap en gesê is: Die vyf konings is gevind: hulle kruip weg in die spelonk by Makkéda —

18 het Josua gesê: Rol groot klippe teen die ingang van die spelonk en stel manne daarby aan om hulle te bewaak.

19 Maar julle, moenie bly staan nie; jaag julle vyande agterna en sny hulle agterhoede af; laat hulle nie toe om in hul stede in te kom nie, want dieHerejulle God gee hulle in julle hand.

20 En toe Josua en die kinders van Israel hulle heeltemal verslaan het met ’n baie groot slagtotdat hulle vernietig was, en enkele uit hulle vrygeraak en in die versterkte stede ingegaan het,

21 het al die manskappe by die laer, by Josua behoue teruggekom in Makkéda;niemand het teen die kinders van Israel sy tong verroer nie.

22 Daarop sê Josua: Maak oop die ingang van die spelonk en bring hierdie vyf konings uit die spelonk uit na my toe.

23 Hulle het so gedoen en dié vyf konings uit die spelonk na hom gebring: die koning van Jerusalem, die koning van Hebron, die koning van Jarmut, die koning van Lagis, die koning van Eglon.

24 En toe hulle dié konings uitgebring het na Josua, roep Josua al die manne van Israel en sê aan die aanvoerders van die krygsmanne wat met hom saam getrek het: Kom nader, sit julle voete op die nekke van hierdie konings; en hulle het nader gekom en hul voete op hulle nekke gesit.

25 En Josua sê vir hulle:Wees nie bevrees of verskrik nie; wees sterk en vol moed,want so sal dieHeremet al julle vyande doen teen wie julle sal veg.

26 En daarna het Josua hulle neergeslaan en hulle gedooden hulle aan vyf pale opgehang; en hulle het aan die pale bly hang tot die aand toe.

27 En teen sonsondergang het Josua bevel gegee om hulle van die pale af te haal en in die spelonk te gooi waarin hulle weggekruip het; en hulle hetgroot klippe voor die ingang van die spelonk gepak, wat vandag nog daar is.

28 Daardie dag het Josua ook Makkéda ingeneem en dit met die skerpte van die swaard verslaan; en sy koning, die stad self en al die siele wat daarin was, het hy met die banvloek getref sonder iemand te laat oorbly wat vrygeraak het; en met die koning van Makkéda het hy gedoennet soos met die koning van Jérigo.

29 Toe trek Josua oor en die hele Israel met hom saam van Makkéda naLibna om met Libna oorlog te voer.

30 En dieHerehet dit ook met sy koning in die hand van Israel gegee, en hy het dit verslaan met die skerpte van die swaard en al die siele wat daarin was; hy het niemand daarin laat vryraak nie; en hy het met sy koning gedoen net soos met die koning van Jérigo.

31 Toe trek Josua oor en die hele Israel met hom saam van Libna na Lagis om dit te beleër en daarteen te veg.

32 En dieHerehet Lagis in die hand van Israel gegee, sodat hy dit ingeneem het op die tweede dag en dit met al die siele wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan het net soos hy met Libna gedoen het.

33 Toe trek Horam, die koning vanGeser, op om Lagis te help; maar Josua het hom en sy volk verslaan totdat daar niemand van hom was wat vrygeraak het nie.

34 Daarop trek Josua oor en die hele Israel met hom saam van Lagis na Eglon om dit te beleër en daarteen te veg.

35 En hulle het dit ingeneem op dieselfde dag en dit verslaan met die skerpte van die swaard; en al die siele wat daarin was, het hy op dieselfde dag met die banvloek getref net soos hy met Lagis gedoen het.

36 Toe trek Josua op en die hele Israel met hom saam van Eglon na Hebron om daarteen te veg.

37 En hulle het dit ingeneem en dit met sy koning en al sy stede en al die siele wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan sonder om iemand te laat oorbly wat vrygeraak het, net soos hy met Eglon gedoen het: hy het dit met al die siele wat daarin was, met die banvloek getref.

38 Daarop draai Josua weg en die hele Israel met hom saam naDebir om daarteen te veg.

39 En hy het dit geneem met sy koning en al sy stede; en hulle het hulle met die skerpte van die swaard verslaan en al die siele wat daarin was, met die banvloek getref sonder om iemand te laat oorbly wat vrygeraak het; soos hy met Hebron gedoen het, so het hy met Debir en sy koning gedoen, en soos hy met Libna en sy koning gedoen het.

40 So het Josua dan die hele land verslaan, die Gebergte en die Suidland en die Laeveld endie Hange met al hulle konings sonder om iemand te laat oorbly wat vrygeraak het; enalles wat asemhaal, het hy met die banvloek getref, soos dieHere, die God van Israel, beveel het.

41 En Josua het hulle verslaan vanKades-Barnéa af tot byGasa, en die hele landGosen tot by Gíbeon.

42 En al hierdie konings met hulle land het Josua in een slag geneem, omdat dieHere, die God van Israel, vir Israel gestry het.

43 Daarna het Josua en die hele Israel met hom saam na die laer van Gilgal teruggegaan.

JOSUA 11

Groot slag by die waters van Merom. Oorwinninge in die Noorde en elders.

1 EN toeJabin, die koning vanHasor, dit hoor, het hy gestuur na Jobab, die koning vanMadon, en na die koning vanSimron en na die koning van Agsaf;

2 verder na die konings in die Noorde, in die gebergte en op die Vlakte suid vanKínnerot en indie Laeveld en op die hoëveld van Dor in die weste;

3 na die Kanaäniete in die ooste en in die weste en die Amoriete en Hetiete en Feresiete enJebusiete op die gebergte endie Hewiete onderaanHermon, in die land vanMispa.

4 Hulle het dan uitgetrek en al hulle leërs saam met hulle, ’n volk talryk soos die sand wat aan die seestrand is in menigte, met ’n groot getal perde en strydwaens;

5 en al hierdie konings het volgens afspraak byeengekom en saam laer opgeslaan by die waters van Merom, om met Israel oorlog te voer.

6 Toe sê dieHerevir Josua:Wees vir hulle nie bevrees nie; want môre omtrent sulke tyd sal Ek hulle, almal verslaan, aan Israel oorgee;hulle perde se hakskeensenings moet jy afsny enhulle waens met vuur verbrand.

7 En Josua met al die weerbare manskappe by hom het skielik op hulle afgekom by die waters van Merom en hulle oorval.

8 En dieHerehet hulle in die hand van Israel gegee, sodat dié hulle verslaan en hulle agtervolg het tot by Groot-Sidon en tot by Mísrefot-Maim en tot by die laagte van Mispe teen die ooste; en hulle het hul verslaan totdat daar niemand van hulle was wat vrygeraak het nie.

9 En Josua het met hulle gedoen soos dieHereaan hom gesê het: hulle perde se hakskeensenings het hy afgesny en hulle strydwaens met vuur verbrand.

10 En in dié tyd het Josua omgedraai en Hasor ingeneem en sy koning met die swaard verslaan; want Hasor was tevore die hoof van al daardie koninkryke.

11 En hulle het al die siele wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan en hulle met die banvloek getref; niks wat asemhaal, het oorgebly nie, en Hasor het hy met vuur verbrand.

12 En al daardie koningstede met al hulle konings het Josua geneem en hulle met die skerpte van die swaard verslaan; hy het hulle met die banvloek getref,soos Moses, die kneg van dieHere, beveel het.

13 Net al die stede wat op hulle heuwels gelê het, dié het Israel nie verbrand nie, behalwe Hasor alleen — wat Josua verbrand het.

14 En al die buit van daardie stede en die vee het die kinders van Israel vir hulleself buitgemaak; net al die mense het hulle verslaan met die skerpte van die swaard, totdat hulle dié verdelg het; hulle het niks wat asemhaal, laat oorbly nie.

15 Soos dieHereMoses, sy kneg, beveel het,so het Moses aan Josua bevel gegee, enso het Josua gehandel; hy het niks nagelaat van alles wat dieHereMoses beveel het nie.

16 So het Josua dan hierdie hele land ingeneem:die Gebergte en die hele Suidlanden die hele land Gosen en die Laeveld en die Vlakte en die gebergte van Israel met sy laagte;

17 van die Kaal Berg af, wat oploop naSeïr toe, tot by Baäl-Gad in die laagte van die Líbanon onderaan dieberg Hermon; en al hulle konings het hy gevang en hulle verslaan en hulle gedood.

18 Baie lank het Josua met al hierdie konings oorlog gevoer.

19 Daar was geen stad wat met die kinders van Israel vrede gesluit het nie, behalwedie Hewiete, die inwoners van Gíbeon; alles het hulle met wapengeweld geneem.

20 WantdieHerehet dit so bestier dat hulle hul hardnekkig voorgeneem het om Israel te bestry, sodat dié hulle met die banvloek sou tref, dat daar vir hulle geen genade sou wees nie; maar dat dié hulle sou verdelg, soos dieHereMoses beveel het.

21 En in dié tyd het Josua gekom endie Enakiete uitgeroei, uit die gebergte, uitHebron,Debir, Anab en uit die hele gebergte van Juda en die hele gebergte van Israel; met hul stede saam het Josua hulle met die banvloek getref.

22 Niemand van die Enakiete het oorgebly in die land van die kinders van Israel nie; net inGasa, inGat en inAsdod het hulle oorgebly.

23 So het Josua dan die hele land ingeneemnet soos dieHeremet Moses gespreek het;en Josua het dit as ’n erfdeel aan Israel gegee volgens hulleafdelings, volgens hulle stamme;en die land het gerus van oorlog.

JOSUA 12

Opsomming van die konings wat Israel verslaan het.

1 EN dit is die konings van die land wat die kinders van Israel verslaan en wie se land hulle in besit geneem het oos van die Jordaan, teen sonop;van die Arnonrivier aftot by die berg Hermon, en die hele Vlakte teen die ooste:

2 Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon gewoon het, wat geheers het vanÁroër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê: van die middel van die rivier af en oor die helfte van Gílead tot by dieJabbokrivier, die grens van die kinders van Ammon;

3 enoor die Vlakte tot by die Kínnerotsee, na die ooste toe, en tot by die See van die Vlakte, die Soutsee, oostelik in die rigting vanBet-Hajésimot en teen die suide onderaan die hange van Pisga;

4 endie grondgebied van Og, die koning van Basan, uit ’noorblyfsel van die Refaïete,wat in Ástarot en Edréï gewoon het,

5 en wat geheers het oor diegebergte Hermon en oorSalka en oor die hele Basantot by die grens van die Gesuriete en die Maägatiete, en tot die helfte van Gílead, die grondgebied van Sihon, die koning van Hesbon.

6 Moses, die kneg van dieHere, en die kinders van Israel het hulle verslaan; enMoses, die kneg van dieHere, het dit as ’n besitting gegee aan die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse.

7 En dit is die konings van die landwat Josua en die kinders van Israel verslaan het, duskant die Jordaan na die weste toe: van Baäl-Gad in die laagte van die Líbanon af tot by die Kaal Berg wat oploop na Seïr toe; en Josua het dit as ’n besitting aan die stamme van Israel gegee volgens hulleafdelings —

8 op die Gebergte en in die Laeveld en in die Vlakte en aan die hange en in die woestyn en in die Suidland: die Hetiete, Amoriete en Kanaäniete, die Feresiete, Hewiete en Jebusiete:

9 die koning van Jérigo, een;die koning van Ai wat langsaan Bet-el lê, een;

10 die koning van Jerusalem, een; die koning van Hebron, een;

11 die koning van Jarmut, een; die koning van Lagis, een;

12 die koning van Eglon, een;die koning van Geser, een;

13 die koning van Debir, een; die koning van Geder, een;

14 die koning van Horma, een; die koning van Arad, een;

15 die koning van Libna, een;die koning van Adúllam, een;

16 die koning van Makkéda, een;die koning van Bet-el, een;

17 die koning van Tappúag, een; die koning van Hefer, een;

18 die koning van Afek, een; die koning van Lassáron, een;

19 die koning van Madon, een; die koning van Hasor, een;

20 die koning van Simron-Meron, een; die koning van Agsaf, een;

21 die koning van Táänag, een;die koning van Megíddo, een;

22 die koning van Kedes, een; die koning van Jókneam, by die Karmel, een;

23 die koning van Dor, op die hoëveld van Dor, een; die koning vandie heidene by Gilgal, een;

24 die koning van Tirsa, een — al die konings saam, een-en-dertig.