JOSUA 3

Deurtog van die volk deur die droë bedding van die Jordaan.

1 DAAROP het Josua die môre vroeg klaargemaak, en hy met al die kinders van Israel hetvan Sittim af weggetrek en by die Jordaan aangekom en daar die nag oorgebly voordat hulle deurgetrek het.

2 Enaan die einde van drie dae het dieopsigters die laer deurgegaan

3 en aan die volk bevel gegee en gesê: Net soos julle die verbondsark van dieHerejulle God sienen die Levitiese priesters wat hom dra, moet julle van jul staanplek af opbreek en agter hom aan trek.

4 Maar laat daar ’n afstand van omtrent tweeduisend el tussen julle en hom wees; kom nie naby hom nie; sodat julle die pad kan weet waar julle langs moet trek; want gister en eergister het julle nie met dié pad getrek nie.

5 Verder het Josua aan die volk gesê:Heilig julle; want môre sal dieHerewonders onder julle doen.

6 En Josua het met die priesters gespreek en gesê:Neem die verbondsark op en trek weg voor die volk uit; toe het hulle die verbondsark opgeneem en voor die volk uit getrek.

7 Daarop sê dieHerevir Josua: Vandag sal Ek begin om jou groot te maak voor die oë van die hele Israel, sodat hulle kan weetdat Ek met jou sal wees soos Ek met Moses gewees het.

8 Gee jy dan bevel aan die priesters wat die verbondsark dra, en sê: Net soos julle aan die kant van die water van die Jordaan kom, moet julle in die Jordaan bly staan.

9 Toe sê Josua aan die kinders van Israel: Kom nader hierheen en luister na die woorde van dieHerejulle God.

10 Verder het Josua gesê: Hieraan sal julle erken dat daar’n lewende God tussen julle is, en dat Hy sekerlikdie Kanaäniete en Hetiete en Hewiete en Feresiete en Girgasiete en Amoriete en Jebusiete voor julle uit sal verdrywe:

11 Kyk, die verbondsark vandieHerevan die hele aarde trek voor julle uit die Jordaan in.

12 Neem dan nou vir julle twaalf manne uit die stamme van Israel,een man uit elke stam;

13 en net soos die voetsole van die priesters wat die ark van dieHere, die Here van die hele aarde, dra, in die water van die Jordaan rus, sal die water van die Jordaan afgekeer word — die water wat van die bokant afkom, en ditsal soos een wal bly staan.

14 En toe die volk wegtrek uit hulle tente om deur die Jordaan te gaan, met die priesters wat dieverbondsark dra, op die voorpunt van die volk,

15 en net toe die draers van die ark by die Jordaan kom en die priesters wat die ark dra, hulle voete aan die kant van die water insteek, terwyldie Jordaan vol was op al sy walleal die dae van die oes,

16 bly die water staan wat van die bokant afkom: dit het opgerys soos een wal, baie ver weg by die stad Adam wat langsSartan lê; en die wat afstroomna die See van die Vlakte,die Soutsee, het heeltemal verdwyn; toe het die volk deurgetrek, teenoor Jérigo.

17 Maar die priesters wat die verbondsark van dieHeregedra het, het onbeweeglik bly staan op droë grond binne-in die Jordaan, terwyldie hele Israel op droë grond deurtrek, totdat die hele volk die deurtog deur die Jordaan voleindig het.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

five × 4 =