II SAMUEL 13

Bloedskande van Amnon. Sy dood.

1 EN daarna het dít gebeur.Absalom, die seun van Dawid, het naamlik ’n mooi suster gehad met die naam vanTamar, en Amnon, die seun van Dawid, was verlief op haar.

2 En Amnon het dit hom so aangetrek, dat hy siek was oor sy suster Tamar; want sy was ’n jongmeisie, en dit was in Amnon se oë onmoontlik om haar iets aan te doen.

3 Maar Amnon het ’n vriend gehad, met die naam van Jónadab, ’n seun van Dawid se broerSímea; en Jónadab was ’n baie skrander man.

4 En dié vra hom: Waarom lyk jy môre vir môre so bedruk, seun van die koning? Sal jy my dit nie te kenne gee nie? Toe sê Amnon vir hom: Ek is verlief op Tamar, die suster van my broer Absalom.

5 Toe sê Jónadab vir hom: Gaan lê op jou bed en hou jou siek. As jou vader dan kom om jou te sien, moet jy vir hom sê: Laat my suster Tamar tog kom en my iets gee om te eet en die ete voor my oë klaarmaak, dat ek dit kan sien en uit haar hand eet.

6 En Amnon het gaan lê en hom siek gehou. Toe die koning kom om hom te sien, sê Amnon aan die koning: Laat my suster Tamar tog kom en voor my oë twee koekies maak, dat ek uit haar hand kan eet.

7 Daarop het Dawid na Tamar in die huis gestuur en gesê: Gaan tog in die huis van jou broer Amnon en maak vir hom ete klaar.

8 Toe gaan Tamar in die huis van haar broer Amnon terwyl hy daar lê, en sy het deeg geneem en geknie en koekies voor sy oë gemaak en die koekies gebak.

9 En sy het die pan geneem en dit voor hom omgekeer, maar hy het geweier om te eet. En Amnon het gesê: Laat almal van my weggaan! En almal het van hom weggegaan.

10 Toe sê Amnon aan Tamar: Bring die ete in die slaapkamer, dat ek uit jou hand kan eet. En Tamar het die koekies wat sy gemaak het, geneem en vir haar broer Amnon in die slaapkamer gebring.

11 Terwyl sy dit nader bring na hom om te eet, het hy haar gegryp en vir haar gesê: Kom lê by my, my suster!

12 Maar sy sê vir hom: Asseblief nie, my broer, onteer my nie, want so iets mag in Israel nie gedoen word nie; moenie so ’n skande begaan nie.

13 Waar sou ék tog met my skande heen, en jý sou soos een van die dwase in Israel wees; spreek dan tog nou met die koning, want hy sal my nie van jou terughou nie.

14 Maar hy wou nie na haar luister nie en het haar oorweldig en haar onteer en met haar gemeenskap gehad.

15 Toe het Amnon ’n baie groot afkeer van haar gekry, ja, die afkeer wat hy van haar gekry het, was groter as die liefde waarmee hy haar liefgehad het; en Amnon sê vir haar: Staan op, gaan weg!

16 Maar sy sê vir hom: Aangaande die kwaad om my weg te stuur, dit is groter as die ander wat jy my aangedoen het. Maar hy wou nie na haar luister nie.

17 Daarop roep hy sy kneg wat hom bedien, en sê: Stuur hierdievroutog van my af weg buitentoe, en sluit die deur agter haar toe.

18 En sy het ’nlang rok met moue aangehad, want sulke mantels het die koninklike dogters wat maagde was, gedra. Toe sy bediende haar buitentoe uitgebring en die deur agter haar toegesluit het,

19 het Tamaras op haar hoof gestrooi en daardie lang rok met moue geskeur; daarby het sy haarhand op haar hoof gelê en aldeur geloop en weeklaag.

20 En haar broer Absalom sê vir haar: Was jou broer Amnon by jou? Swyg dan nou, my suster! Hy is jou broer, sit jou hart nie op hierdie saak nie. So het Tamar dan as ’n verlatene in die huis van haar broer Absalom gebly.

21 Toe koning Dawid al hierdie dinge hoor, het hy baie kwaad geword.

22 Maar Absalom het met Amnongeen kwaad of goed gepraat nie, maar Absalom het Amnon gehaat, omdat hy sy suster Tamar onteer het.

23 En ná twee volle jare het Absalomskeerders gehad in Baäl-Hasor wat by Efraim is, en Absalom het al die seuns van die koning genooi.

24 Daarop kom Absalom by die koning en sê: Kyk tog, u dienaar het skeerders. Laat die koning en sy dienaars tog met u dienaar saamgaan.

25 Maar die koning sê vir Absalom: Ag nee, my seun, laat ons tog nie almal saamgaan nie, sodat ons jou nie lastig val nie. En hy het by hom aangehou, maar hy wou nie gaan nie en het hom die afskeidseën gegee.

26 Daarop sê Absalom: So nie, laat my broer Amnon tog saam met ons gaan. Maar die koning sê vir hom: Waarom moet hy met jou saamgaan?

27 Toe Absalom dan by hom aanhou, het hy Amnon en al die seuns van die koning met hom saam laat gaan.

28 En Absalom het sy dienaars bevel gegee en gesê: Let tog op, net soos Amnon se hart vrolik is van die wyn en ek vir julle sê: Slaan Amnon dood! dan moet julle hom doodmaak. Wees nie bevrees nie; het ék julle dit nie beveel nie? Wees sterk en wees wakker manne.

29 En die dienaars van Absalom het met Amnon gedoen soos Absalom hulle beveel het. Toe het al die seuns van die koning opgestaan, en hulle het elkeen op sy muil geklim en gevlug.

30 Terwyl hulle op pad was, kom die gerug by Dawid: Absalom het al die seuns van die koning doodgeslaan en nie een van hulle het oorgebly nie.

31 Toe staan die koning open skeur sy klere engaan lê op die grond, terwyl al sy dienaars met geskeurde klere daarby staan.

32 MaarJónadab, die seun van Dawid se broer Símea, het geantwoord en gesê: My heer moet nie dink dat hulle al die jongmanne, die seuns van die koning, gedood het nie, maar Amnon alleen is dood, want dit was aan die gesig van Absalom te sien van die dag af dat hy sy suster Tamar onteer het.

33 My heer die koning moet dit dan nou nie ter harte neem en dink al die seuns van die koning is dood nie. Maar Amnon alleen is dood.

34 En Absalom het gevlug. Toe die jongman wat op wag staan, sy oë opslaan, sien hy dat daar ’n groot skare kom van ’n pad agter hom, aan die kant van die berg.

35 En Jónadab sê aan die koning: Kyk, daar kom die seuns van die koning; volgens die woord van u dienaar, so het dit gebeur.

36 En net toe hy klaar gespreek het — daar kom die seuns van die koning aan en verhef hulle stem en ween. En ook die koning en al sy dienaars het geween met ’n baie groot geween.

37 Maar Absalom het gevlug en naTalmai, die seun van Ammíhur, die koning van Gesur, gegaan. EnDawidhet al die dae gerou oor sy seun.

38 En Absalom het gevlug en na Gesur gegaan, en hy was daar drie jaar lank.

39 Endie geesvan koning Dawid het baie verlang om na Absalom uit te gaan, want hy het homselfgetroos oor Amnon, dat hy dood was.

II SAMUEL 14

Absalom word na Jerusalem teruggeroep.

1 TOE Joab, die seun van Serúja, merk dat die hart van die koningaan Absalom verkleef was,

2 het Joab naTekóa gestuur en daarvandaan ’n skrander vrou laat haal en aan haar gesê: Stel jou tog aan soos een wat treur, en trek rouklere aan; ensalf jou nie met olie nie, maar hou jou soos ’n vrou wat al baie dae rou oor ’n dode.

3 Gaan dan na die koning en spreek met hom volgens hierdie woord. En Joab het die woorde in haar mond gelê.

4 En die vrou uit Tekóa het by die koning ingekom enop haar aangesig op die grond geval en gebuig en gesê: Help, o koning!

5 Toe vra die koning haar: Wat wil jy hê? En sy sê: Voorwaar, ek is ’n weduwee en my man is dood.

6 En u dienares het twee seuns gehad, en hulle twee het met mekaar geveg in die veld; en daar was niemand om hulle uitmekaar te maak nie, sodat die een die ander neergeslaan en hom gedood het.

7 En kyk, toe staan die hele geslag op teen u dienares, en hulle sê: Gee hom wat sy broer doodgeslaan het, dat ons hom kan doodmaak vir die lewe van sy broer wat hy vermoor het, ja, ook die erfgenaam kan verdelg. So wil hulle dan my vuurkool wat oorgebly het, uitdoof om vir my man geen naam of oorblyfsel op die aardbodem te laat bly nie.

8 En die koning antwoord die vrou: Gaan na jou huis, en ek sal oor jou bevel gee.

9 Daarop sê die vrou uit Tekóa aan die koning: Op my, my heer die koning, en op my familie sal die skuld rus, maar die koning en sy troon is onskuldig.

10 En die koning antwoord: Elkeen wat met jou spreek, moet jy na my bring, dan sal hy jou verder nie meer aanraak nie.

11 En sy sê: Laat die koning tog dink aan dieHereu God, sodatdie bloedwreker nie te veel vernieling aanrig en hulle my seun nie verdelg nie. Toe sê hy: So waar as dieHereleef,nie een haar van jou seun sal op die grond val nie!

12 En die vrou vra: Laat u dienares tog ’n woord met my heer die koning spreek. En hy antwoord: Spreek.

13 Toe sê die vrou: Waarom het u dan so iets bedink teen die volk van God? Want daardeur dat die koning hierdie woord spreek, is hy soos ’n skuldige deurdat die koningsy eie verstotene nie laat terugkom nie.

14 Want ons moet eenmaal sterwe en soos water wees wat uitgegooi word op die grond, wat ’n mens nie weer kan versamel nie; en God neem die lewe nie weg nie, maar Hy koester gedagtes om ’n verstotene nie van Hom af te stoot nie.

15 Dat ék dan nou kom om hierdie woord met my heer die koning te spreek, was omdat die volk my bevrees gemaak het. Maar u dienares het gedink: Laat ek tog met die koning gaan spreek; miskien sal die koning die wens van u dienares uitvoer.

16 Want die koning sal seker luister om sy dienares te red uit die hand van die man watprobeerom my en my seun saam uitdie erfdeel van God uit te roei.

17 Verder het u dienares gedink: Mag tog die woord van my heer die koning tot gerusstelling wees. Wantsoos ’n engel van God, so is my heer die koning om goed en kwaad te verstaan. En mag dieHereu God met u wees!

18 Toe antwoord die koning die vrou en sê: Steek tog vir my niks weg wat ek jou sal vra nie. En die vrou sê: Laat my heer die koning maar spreek.

19 Daarop vra die koning: Het Joab die hand in dit alles met jou saam? En die vrou antwoord en sê:So waar as u siel leef, my heer die koning, dit is onmoontlik om regs of links af te wyk van alles wat my heer die koning gespreek het; ja, u dienaar Joab, hý het my bevel gegee, enhy het al hierdie woorde in u dienares se mond gelê.

20 Om die saak ’n ander voorkoms te gee, het u dienaar Joab hierdie ding gedoen. Maar my heer is wys soos die wysheid van ’n engel van God om alles te weet wat op die aarde gebeur.

21 En die koning sê vir Joab: Nou kyk, ek voer hierdie wens uit. Gaan dan heen, bring die jongman Absalom terug.

22 Daarop val Joab op sy aangesig op die grond en hy buig hom neer en seën die koning. En Joab sê: Vandag weet u dienaar dat ek guns in u oë gevind het, my heer die koning, omdat die koning die wens van sy dienaar uitvoer.

23 En Joab het hom klaargemaaken na Gesur gegaan en Absalom na Jerusalem gebring.

24 En die koning het gesê: Hy kan in sy huis intrek, maar my aangesig mag hy nie sien nie. En Absalom het in sy huis ingetrek, maar die aangesig van die koning nie gesien nie.

25 En in die hele Israel was daar geen man so mooi soos Absalom, so geprys nie: van sy voetsool af tot sy hoofskedel toe was daar geen gebrek aan hom nie.

26 Enas hy sy hoof laat skeer — hy het dit naamlik aan die end van elke jaar laat skeer, omdat dit vir hom te swaar was, daarom het hy dit laat skeer — dan het die hare van sy hoof tweehonderd sikkels geweeg volgens die koninklike gewig.

27 Envir Absalom is drie seuns gebore en een dogter met die naam van Tamar, ’n vrou wat mooi van aansien was.

28 En Absalom het twee volle jare in Jerusalem gewoon sonder dat hy die aangesig van die koning gesien het.

29 Daarom het Absalom Joab laat roep, om hom na die koning te stuur, maar hy wou nie na hom kom nie; en hy het nog vir die tweede keer gestuur, maar hy wou nie kom nie.

30 Daarop sê hy aan sy dienaars: Kyk, Joab se stuk land is langsaan myne, en hy het gars daarop; gaan steek dit aan die brand. En Absalom se dienaars het die stuk land aan die brand gesteek.

31 Toe staan Joab op en kom by Absalom in die huis en vra hom: Waarom het jou dienaars die stuk land wat aan my behoort, aan die brand gesteek?

32 En Absalom sê vir Joab: Kyk, ek het na jou gestuur om te sê: Kom hierheen, dat ek jou na die koning kan stuur om te vra: Waarvoor het ek van Gesur af gekom? Dit was vir my beter as ek nog daar was. Ek wil dan nou die aangesig van die koning sien, en as daar by my skuld is, laat hy my dan doodmaak.

33 Toe het Joab na die koning gegaan en hom dit meegedeel. En hy het Absalom geroep, en dié het na die koning gegaan en voor hom gebuig met sy aangesig na die aarde toe, voor die koning; en die koning het Absalomgesoen.

II SAMUEL 15

Opstand van Absalom. Vlug van Dawid.

1 EN daarna het Absalom vir hom ’nwa en perde aangeskaf en vyftig man om voor hom uit te loop.

2 Verder het Absalom gereeld vroeg opgestaan en langs die pad na die poort gaan staan; en Absalom het elkeen wat ’n saak gehad het om na die koning te kom vir regspraak, aangeroep en gesê: Uit watter stad is jy? As hy dan antwoord: U dienaar is uit een van die stamme van Israel —

3 dan sê Absalom vir hom: Kyk, jou saak is goed en reg, maar van die koning se kant sal niemand jou gehoor gee nie.

4 Verder het Absalom gesê: Mag hulle my as regter in die land aanstel, dat elkeen wat ’n geskil of regsaak het, na mý kan kom; dan sal ék aan hom reg laat geskied.

5 En elke keer as iemand nader kom om voor hom te buig, steek hy sy hand uit en gryp hom en soen hom.

6 Op dié manier het Absalom met al die Israeliete gehandel wat vir regspraak na die koning kom, sodat Absalom die hart van die manne van Israel gesteel het.

7 En ná verloop van vier jaar het Absalom aan die koning gesê: Laat my tog gaan en my gelofte wat ek aan dieHeregedoen het, in Hebron betaal;

8 want u dienaar het’n gelofte gedoentoe ek in Gesur in Aram gewoon het, en gesê: As dieHeremy werklik in Jerusalem terugbring, sal ek dieHeredien.

9 Toe sê die koning vir hom:Gaan in vrede! En hy het hom klaargemaak en na Hebron gegaan.

10 Verder het Absalom spioene uitgestuur onder al die stamme van Israel om te sê: As julle die geluid van die ramshoring hoor, moet julle sê: Absalom is koning in Hebron!

11 En uit Jerusalem het tweehonderd man met Absalom saamgetrek watgenooi was en in hulle onskuld gegaan het sonder dat hulle van die hele saak iets geweet het.

12 Absalom het ook, terwyl hy die slagoffers bring,Agitófel, die Giloniet, ’nraadgewer van Dawid, uit sy stad, uit Gilo, laat roep. So het dan die sameswering sterk geword en die mense aldeur meer by Absalom aangesluit.

13 Toe daar dan ’n boodskapper by Dawid kom en sê:Die hart van die manne van Israel is agter Absalom aan —

14 het Dawid aan al sy dienaars wat by hom in Jerusalem was, gesê: Maak klaar en laat onsvlug, want daar sal vir ons geen ontkoming wees voor Absalom uit nie! Maak gou om weg te kom, sodat hy ons nie miskien gou inhaal en onheil oor ons bring en die stad met die skerpte van die swaard verslaan nie.

15 En die dienaars van die koning sê vir die koning: Net soos my heer die koning verkies — hier is u dienaars!

16 En die koning het uitgegaan met sy hele huis agter hom aan, maar die koning hettien byvroue agter laat bly om die huis op te pas.

17 En toe die koning met al die mense agter hom aan uitgetrek het, het hulle bly staan by die verste huis,

18 onderwyl al sy dienaars langs hom verbytrek, ook al dieKreti en al diePleti. Ook al die Gittiete, seshonderd man wat uitGat agter hom aan gekom het, het voor die koning verbygetrek.

19 En die koning sê virÍttai, die Gittiet: Waarvoor sou jy ook met ons saamgaan? Draai om en bly by die koning, want jy is ’n uitlander en ook ’n balling uit jou woonplek.

20 Jy het gister gekom, en vandag sou ek jou laat rondswerwe om met ons saam te trek terwyl ekwie weet waarheen gaan! Draai om, en bring jou broers terug. Mag guns en trou met jou wees!

21 Maar Íttai het die koning geantwoord en gesê:So waar as dieHereleef en my heer die koning leef, voorwaar, op die plek waar my heer die koning sal wees vir dood of vir lewe, daar sal u dienaar sekerlik ook wees!

22 Toe sê Dawid vir Íttai: Gaan,trek dan verby! En Íttai, die Gittiet, het verbygetrek met al sy manne en al die kinders wat by hom was.

23 En die hele land het hardop gehuil terwyl al die mense verbytrek; en die koning het deurdie spruit Kidron getrek; en al die mense het deurgetrek op pad na diewoestyn.

24 En kyk,Sadok was ook daar, en al die Leviete by hom wat die verbondsark van God dra, en hulle het die ark van God neergesit —Ábjatar het ook opgetrek — totdat al die mense uit die stad tot die laaste toe deurgetrek het.

25 Toe sê die koning vir Sadok: Bring die ark van God terug in die stad. As ek genade vind in die oë van dieHere,sal Hy my terugbring, en Hy sal my dit ensy woning laat sien.

26 Maar as Hy so sê: Ek het in jou geenbehae nie — hier is ek! Laat Hy met my doen soos goed is in sy oë.

27 Verder het die koning aan die priester Sadok gesê:U is tog siener? Gaan in vrede na die stad terug, enjulle twee seuns, Ahímaäs, jou seun, en Jónatan, die seun van Ábjatar, met julle saam.

28 Kyk, ek vertoef by diewoestyndriwwe totdat daar ’n woord van julle kom om my in te lig.

29 En Sadok en Ábjatar het die ark van God teruggebring na Jerusalem en daar gebly.

30 En Dawid het die hoogte van die olywe opgeklim, terwyl hy aldeur loop en ween; ensy hoof was bedek, en hy hetkaalvoet geloop; en al die mense wat by hom was, hulle het elkeen sy hoof bedek en opgegaan en aldeur geween.

31 Nadat aan Dawid meegedeel is: Agitófel is onder die samesweerders met Absalom saam, het Dawid gesê: oHere,verydel tog die raad van Agitófel!

32 En toe Dawid tot bo-op die top kom, waar hulle God aanbid het, ontmoet Húsai, dieArkiet, hom daar, met geskeurde rok engrond op sy hoof.

33 En Dawid sê vir hom: As jy saam met my verder gaan, sal jy mytot ’n las wees.

34 Maar as jy teruggaan na die stad en vir Absalom sê:U dienaar, o koning, wil ek wees; tevore was ek wel u vader se dienaar, maar nou is ek u dienaar — dan kan jy vir my die raad van Agitófel verydel.

35 En is die priesters Sadok en Ábjatar nie daar saam met jou nie? Alles wat jy dan hoor uit die huis van die koning,moet jy aan Sadok en Ábjatar, die priesters, te kenne gee.

36 Kyk, hulle twee seuns is daarby hulle, Ahímaäs van Sadok en Jónatan van Ábjatar, en deur hulle moet julle alles wat julle verneem, aan my laat weet.

37 Daarop hetHúsai, die vriend van Dawid, in die stad gekom, terwyl Absalom aankom na Jerusalem.

II SAMUEL 16

1 NADAT Dawid van die top af ’n entjie verder getrek het, komSiba, die dienaar van Mefibóset, meteens hom tegemoet met ’n paar opgesaalde esels en op hulle tweehonderd brode enhonderd rosynekoeke en honderd somervrugte en ’n sak wyn.

2 En die koning het Siba gevra: Wat wil jy hiermee maak? En Siba sê: Die esels is vir die huis van die koning om op te ry, en die brood en die somervrugte vir die dienaars om te eet, en die wyn vir dievermoeides in die woestyn om te drink.

3 En die koning vra: Maar waar is die seun van jou heer?En Siba sê vir die koning: Kyk, hy het daar in Jerusalem gebly, want hy dink: Vandag sal die huis van Israel my vader se koningskap aan my teruggee.

4 Daarop sê die koning vir Siba: Kyk, alles wat aan Mefibóset behoort, is joue. En Siba sê: Ek buig my neer! Mag ek genade vind in u oë, my heer die koning!

5 En toe koning Dawid tot byBahúrim gekom het, kom daarvandaan juis ’n man te voorskyn uit die geslag van die huis van Saul met die naam vanSímeï, die seun van Gera; hy het uitgekom en gedurigdeur gevloek

6 en Dawid en al die dienaars van koning Dawid met klippe gegooi, alhoewel al die mense en al die helde aan sy regter- en aan sy linkerkant was.

7 En dit het Símeï gesê terwyl hy vloek: Weg, weg, jou bloedvergieter en jou deugniet!

8 DieHerehetal die bloed van die huis van Saul, in wie se plek jy koning geword het,op jou laat neerkom; en dieHerehet die koningskap in die hand van jou seun Absalom gegee, en hier is jy nou in jou ongeluk, omdat jy ’n bloedvergieter is.

9 Toe vra Abísai, die seun van Serúja, vir die koning: Waarom moet hierdiedooie hond my heer die koning vloek? Laat ek tog oorstap en sy kop afslaan!

10 Maar die koning sê:Wat het ek met julle te doen,seuns van Serúja? As hy vloek, en as dieHereaan hom gesê het: Vloek Dawid! wie mag dan vra: Waarom maak jy so?

11 Verder het Dawid aan Abísai en al sy dienaars gesê: Kyk, my seun wat uit my liggaam voortgekom het, soek my lewe: hoeveel te meer dan nou die Benjaminiet? Laat hom staan, dat hy vloek, want dieHerehet hom dit beveel.

12 Miskien sal dieHeremy ellende aansien en sal dieHeremy goed vergelde vir die vloek wat my vandag tref.

13 Dawid en sy manne het toe met die pad getrek, terwyl Símeï al langs hom aan die kant van die berg gedurig loop en vloek, en al langs hom met klippe gooi en stof maak.

14 En moeg het die koning en al die mense wat by hom was,by die Jordaanaangekom en daar asem geskep.

Die raad van Agitófel en dié van Húsai.

15 INTUSSEN hetAbsalom en al die manskappe, die manne van Israel, in Jerusalem aangekom, en Agitófel was by hom.

16 En net toe Húsai, dieArkiet, die vriend van Dawid, by Absalom kom, sê Húsai vir Absalom: Mag die koning leef, mag die koning leef!

17 Maar Absalom vra vir Húsai: Is dit jou liefde teenoor jou vriend?Waarom het jy nie saam met jou vriend getrek nie?

18 Toe sê Húsai vir Absalom: Nee, maar aan hom wat dieHereverkies, en hierdie volk en al die manne van Israel, aan hom behoort ek, en by hom sal ek bly.

19 En ten tweede:Wie sal ék dien? Is dit nie voor die aangesig van sy seun nie? Soos ek voor u vader gedien het, so sal ek voor u wees.

20 Daarop sê Absalom vir Agitófel: Julle moet raad gee onder mekaar wat ons moet doen.

21 En Agitófel sê vir Absalom: Gaan in by diebyvroue van u vader wat hy laat agter bly het om die huis op te pas. Dan sal die hele Israel hoor dat u u gehaat gemaak het by u vader, endie hande van almal wat by u is, sal versterk word.

22 Hulle het toe vir Absalom ’n tent op die dak opgeslaan, en Absalom hetvoor die oë van die hele Israel by die byvroue van sy vader ingegaan.

23 En die raad wat Agitófel in dié dae gegee het, was asof ’n mens die woord van God geraadpleeg het. So was elke raad van Agitófelvir Dawid sowel as vir Absalom.

II SAMUEL 17

1 VERDER het Agitófel vir Absalom gesê: Laat ek tog twaalfduisend man uitsoek en my klaarmaak en Dawid vannag agternajaag,

2 dat ek hom kan oorval, terwyl hy moeg en slap van hande is, en hom verskrik; dan sal al die mense vlug wat by hom is, en ek sal net die koning neerslaan.

3 En ek sal die hele volk na u terugbring: die terugkeer van almal hang af van die man wat u soek; die hele volk sal tevrede wees.

4 En die woord was reg in die oë van Absalom en in die oë van al die oudstes van Israel.

5 Maar Absalom het gesê: Roep tog ookHúsai, die Arkiet, en laat ons ook hoor wat hy sê.

6 Toe Húsai by Absalom inkom, het Absalom met hom gespreek en gesê: So het Agitófel gespreek. Sal ons sy raad opvolg? So nie, spreek jy dan.

7 En Húsai sê vir Absalom: Die raad wat Agitófel hierdie keer gegee het, is nie goed nie.

8 Verder het Húsai gesê: U weet dat u vader en sy manne helde is en bitter van siel soos’n beer wat van haar kleintjies beroof is in die veld; ook is u vader ’n krygsman, en hy sal nie by die volk vernag nie.

9 Kyk, nou het hy hom weggesteek in een van die kuile of in een van die ander plekke, en as daar al by die begin enkele onder hulle val en die mense dit hoor, sal hulle sê: Die manskappe wat Absalom volg, het ’n neerlaag gely!

10 Dan sal selfs hy wat ’n dapper man is, wat ’n hart het soos ’n leeu se hart, heeltemalversmelt; want die hele Israel weet dat u vader ’n held is, en dat dapper manne by hom is.

11 Maar ek raai aan: Laat die hele Israelvan Dan tot Berséba,soos sand wat aan die seestrand is in menigte, voltallig by u versamel word; en u moet persoonlik in die stryd trek.

12 En as ons by hom kom in een van die plekke waar hy hom bevind, dan val ons op hom neer soos dou op die aarde val, sodat daar van hom en van al die manne wat by hom is, selfs nie een oorbly nie.

13 En as hy hom in ’n stad terugtrek, moet die hele Israel toue aanbring na daardie stad, en ons sal dit wegsleep na die spruit totdat daar selfs geen klippie meer te vinde is nie.

14 Toe sê Absalom en al die manne van Israel: Die raad van Húsai, die Arkiet, is beter as die raad van Agitófel. Maar dieHerehet dit beskikom die goeie raad van Agitófel te verydel, sodat dieHeredie onheil oor Absalom kon bring.

15 En Húsai het aan Sadok en Ábjatar, die priesters, gesê: So en so het Agitófel Absalom en die oudstes van Israel aangeraai, maar so en so het ek aangeraai.

16 Stuur dan nou gou, en laat Dawid weet: Vernag nie bydie woestyndriwwe nie, maar trek sekerlik deur; anders word die koning en al die mense wat by hom is, vernietig.

17 Intussen het Jónatan en Ahímaäs bydie fontein Rogel gestaan, terwyl ’n diensmeisie gaan om vir hulle berig te bring; hulle moes dan weer gaan en dit aan koning Dawid oorbring. Want hulle moes hulle nie laat sien deur in die stad in te gaan nie.

18 Maar ’n seun het hulle gesien en dit aan Absalom meegedeel. Toe gaan hulle twee haastig weg en kom by die huis van ’n manin Bahúrim wat ’n put op sy erf gehad het, en hulle het daarin afgesak.

19 Endie vrou het ’n doek geneem en dit bo-oor die put oopgetrek engraankorrels daarop uitgestrooi, sodat ’n mens niks kon merk nie.

20 Toe Absalom se dienaars by die vrou in die huis kom, vra hulle: Waar is Ahímaäs en Jónatan? Endie vrou sê vir hulle: Hulle het die watertjie deurgegaan. En hulle het gesoek maar niks gekry nie, en na Jerusalem teruggegaan.

21 Nadat hulle weg was, het hulle uit die put opgeklim en verder gegaan en aan koning Dawid berig gebring en aan Dawid gesê: Maak julle klaar en trek gou die water deur, want so het Agitófel teen julle raad gegee.

22 Daarop het Dawid hom klaargemaak, en al die mense wat by hom was, en die Jordaan deurgetrek. Teen dat dit die môre lig geword het, het selfs nie een ontbreek wat nie die Jordaan deurgetrek het nie.

23 En toe Agitófel sien dat sy raad nie opgevolg is nie, saal hy die esel op en maak hom klaar, en hy het na sy huis insy stad gegaan en aan sy huis bevel gegee enhomself verwurg. So het hy dan gesterwe; en hy is begrawe in die graf van sy vader.

Neerlaag en dood van Absalom.

24 EN Dawid het al inMahanáim aangekom terwyl Absalom deur die Jordaan trek, hy en al die manne van Israel saam met hom.

25 En Absalom het Amása in Joab se plek oor die leër aangestel; en Amása was die seun van ’n man met die naam van Jitra, die Ismaeliet wat ingegaan het by Abígail, die dogter van Nahas, die suster van Serúja, Joab se moeder.

26 En Israel en Absalom het laer opgeslaan in die land Gílead.

27 Net toe Dawid in Mahanáim aankom, bringSobi, die seun van Nahas, uit Rabba van die kinders van Ammon, enMagir, die seun van Ámmiël, uit Lódebar, enBarsíllai, die Gileadiet, uit Rógelim,

28 beddegoed en skottels en erdegoed en koring en gars en meel en gebraaide koring en bone en lensies, ook gebraai,

29 en heuning en dikmelk en kleinvee en kaas van beesmelk na Dawid om te eet, en na die mense wat by hom was, want hulle het gesê: Die mense het honger en ismoeg en het dors gewordin die woestyn.

II SAMUEL 18

1 EN Dawid het die manskappe gemonster wat by hom was, en owerstes oor duisend en owerstes oor honderd oor hulle aangestel.

2 En Dawid het die manskappe uitgestuur: ’n derde deel onder bevel van Joab, en ’n derde onder Abísai, die seun van Serúja, die broer van Joab,en ’n derde onder Íttai, die Gittiet; en die koning het aan die manskappe gesê:Ek sal ook seker saam met julle uittrek.

3 Maar die manskappe het gesê: U mag nie uittrek nie, want as ons miskien vlug, sal hulle nie op ons ag gee nie; ja, al sterwe die helfte van ons, hulle sal nie op ons ag gee nie, want u is soos tienduisend van ons. Dit is dan nou beter dat u ons van die stad uit te hulp kom.

4 Toe sê die koning vir hulle: Wat goed is in julle oë, sal ek doen. En die koning het langs die poort gaan staan, terwyl al die manskappe by honderde en by duisende uittrek.

5 En die koning het Joab en Abísai en Íttai bevel gegee en gesê: Saggies met die jongman, met Absalom. En al die manskappe het gehoor toe die koning aan al die owerstes bevel gee omtrent Absalom.

6 Daarop trek die manskappe uit, die veld in om Israel te ontmoet; en die geveg het plaasgevind indie bos van Efraim.

7 En die manskappe van Israel is daar voor die dienaars van Dawid verslaan, en die neerlaag was dié dag daar groot, twintigduisend.

8 Maar die geveg is daar uitgebrei oor die oppervlakte van die hele land, en die bos het daardie dag onder die mense meer verteer as wat die swaard verteer het.

9 En die dienaars van Dawid het Absalom onverwags aangetref terwyl Absalom op ’n muil ry; en toe die muil onder die digte takke van ’n grootterpentynboom ingaan, het sy hoof in die terpentynboom vasgehaak, sodat hy tussen hemel en aarde bly hang het, terwyl die muil onder hom wegloop.

10 Toe die man dit sien, het hy aan Joab berig gebring en gesê: Kyk, ek het Absalom aan ’n terpentynboom sien hang.

11 En Joab sê vir die man wat hom die berig gebring het: En as jy dit gesien het, waarom het jy hom dan nie daar teen die grond neergeslaan nie? Dan moes ek jou tien silwerstukke en eengord gegee het.

12 Maar die man sê vir Joab: Al kon ek ook duisend silwerstukke op my hande weeg, ek sou my hand tog nie uitsteek teen die seun van die koning nie;want die koning het u en Abísai en Íttai voor ons ore bevel gegee en gesê: Julle, wie dan ook, moet vir die jongman Absalom sorg.

13 Of as ek vals teen sy lewe gehandel het — niks tog bly vir die koning verborge nie — dan sou u opsy gestaan het.

14 Toe sê Joab: Ek wil nie so by jou vertoef nie! En hy het drie spiese in sy hand geneem en dié in die hart van Absalom gesteek, terwyl hy nog lewendig was binne-in die terpentynboom.

15 En tien jongmanne, wapendraers van Joab, het nader gekom en Absalom doodgeslaan.

16 Daarop blaas Joab op die ramshoring, en al die manskappe het omgedraai en Israel nie meer agtervolg nie, want Joab het die manskappe teruggehou.

17 Toe het hulle Absalom geneem en hom in die bos in ’n groot kuil gegooi en’n baie groot hoop klippe bo-op hom gestapel, onderwyl die hele Israelelkeen na sy tent vlug.

18 En Absalom het gedurende sy lewedie gedenksteen wat indie koningsdal staan, geneem en vir homself opgerig met die woorde:Ek het geen seun om my naam in gedagtenis te hou nie; en hy het die gedenksteen na sy naam genoem, en dit word tot vandag toe genoem die gedenkteken van Absalom.

Dawid rou oor Absalom.

19 DAAROP sêAhímaäs, die seun van Sadok: Laat my tog hardloop en aan die koning die goeie boodskap bring dat dieHereaan hom reg verskaf het teenoor sy vyande.

20 Maar Joab sê vir hom: Jy is nie vandag ’n man vir ’n boodskap nie, maar anderdag kan jy ’n boodskap bring — vandag mag jy nie die boodskap bring nie juis omdat die seun van die koning dood is.

21 Toe sê Joab vir die Kusiet: Gaan vertel die koning wat jy gesien het! En die Kusiet het voor Joab gebuig en gehardloop.

22 Maar Ahímaäs, die seun van Sadok, het nog ’n keer aan Joab gesê: Laat kom wat wil — laat my tog ook agter die Kusiet aan hardloop. En Joab vra: Waarom wil jy dan nou hardloop, my seun? Vir jou is daar tog geen boodskappersloon te kry nie.

23 Laat kom wat wil,sê hy,ek hardloop. En hy antwoord hom: Hardloop! En Ahímaäs het met die pad nadieJordaanstreek gehardloop en die Kusiet verbygegaan.

24 En terwyl Dawid tussen die twee poortingange sit, hetdie wag op die dak van die poort op die muur geklim; en toe hy sy oë opslaan, sien hy meteens ’n man alleen hardloop.

25 Toe het die wag uitgeroep en dit aan die koning meegedeel. En die koning sê: As hy alleen is, dan is daar ’n goeie boodskap in sy mond. Terwyl hy al nader en nader kom,

26 sien die wag ’n ander man hardloop; en die wag het die poortwagter toegeroep en gesê: Kyk, daar hardloopnog’n man alleen. Daarop sê die koning: Hy bring ook ’n goeie boodskap.

27 Verder het die wag gesê: Ek sien die gang van die eerste issoos die gang van Ahímaäs, die seun van Sadok. Toe sê die koning:Hy is ’n goeie man, en hy kom met ’n goeie boodskap.

28 En Ahímaäs het uitgeroep en aan die koning gesê: Vrede! En hy het hom voor die koning gebuig met sy aangesig na die aarde en gesê: Geloofd sy dieHereu God wat die manne oorgelewer het wat hulle hand teen my heer die koning opgetel het.

29 Toe vra die koning: Gaan dit goed met die jongman, met Absalom? En Ahímaäs antwoord: Ek het ’n groot gewoel gesien toe Joab die dienaar van die koning, naamlik u dienaar, gestuur het, maar ek het nie geweet wat dit was nie.

30 Daarop sê die koning: Gaan opsy en kom hier staan. Toe hy dan opsy gaan en daar bly staan,

31 kom die Kusiet juis aan; en die Kusiet sê: My heer die koning moet die blye boodskap ontvang dat dieHereaan u vandag reg verskaf het teenoor almal wat teen u opgestaan het.

32 En die koning het die Kusiet gevra: Gaan dit goed met die jongman, met Absalom? En die Kusiet sê:Mag dit met die vyande van my heer die koning en met almal wat teen u opstaan om kwaad te doen, gaan soos met dié jongman!

33 Toe het die koning baie ontroerd geword en opgeklim na die bovertrek van die poort en geween; en hy het rondgeloop en só gesê:My seun Absalom, my seun, my seun Absalom! Ag, as ek self maar in jou plek gesterf het! Absalom, my seun, my seun!

II SAMUEL 19

1 EN aan Joab is meegedeel: Kyk, die koning ween en bedryf rou oor Absalom.

2 En daardie dag het die oorwinning vir die hele volk ’n roubedryf geword, omdat die volk dié dag hoor sê het: Die koning is bedroef oor sy seun.

3 Daarom het die volk dié dag stilletjies die stad ingekom, net soos mense wat skaam is, wegsluip as hulle in die geveg gevlug het.

4 En die koninghet sy gesig toegemaak, en die koning het hardop uitgeroep: My seun Absalom! Absalom, my seun, my seun!

5 Toe kom Joab by die koning in die huis en sê: U het vandag die aangesig van al u dienaars beskaamd gemaak, wat vandag u lewe en die lewe van u seuns en dogters en die lewe van u vroue en die lewe van u byvroue gered het,

6 deur lief te hê diegene wat u haat, en te haat diegene wat u liefhet; want u gee vandag te kenne dat owerstes en onderdane vir u niks is nie, want ek merk vandag dat, as Absalom lewendig en ons almal vandag dood was, dit dan in u oë reg sou gewees het.

7 Staan dan nou op, gaan uit en spreek na die hart van u dienaars, want ek sweer by dieHere— as u nie uitgaan nie, sal sekerlik vannag geen man by u bly nie; en dit sal vir u ’n groter onheil wees as al die onheile wat u oorgekom het van u jeug af tot nou toe.

8 En die koning het opgestaan en in die poort gaan sit; en hulle het die hele volk laat weet en gesê: Kyk, die koning sit in die poort. Daarna het die hele volk voor die koning gekom. Maar Israel het gevlugelkeen na sy tente toe.

Koning Dawid gaan terug na Jerusalem.

9 EN die hele volk onder al die stamme van Israel het onder mekaar getwis en gesê: Die koning het ons verlos uit die hand van ons vyande, en hý het ons gered uit die hand van die Filistyne, en nou moes hy die land uit vlug vir Absalom;

10 en Absalom wat ons oor ons gesalf het, het in die geveg gesneuwel: waarom is julle dan nou nalatig om die koning terug te bring?

11 Toe het koning Dawid gestuur naSadok en Ábjatar, die priesters, om te sê: Spreek met die oudstes van Juda en vra: Waarom sou julle die laastes wees om die koning terug te bring na sy huis? (Die gesegde van die hele Israel het naamlik die koning in sy huis bereik.)

12 Julle is my broers;my been en my vlees is julle: waarom sou julle dan die laastes wees om die koning terug te bring?

13 Envir Amása moet julle sê: Is jy nie my been en my vlees nie?Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen as jy nie al die daeleërowerste voor my in die plek van Joab sal wees nie!

14 So het hy dan die hart van al die manne van Judasonder uitsondering geneig, sodat hulle die koning laat weet het: Kom terug, u met al u dienaars.

15 Daarop het die koning teruggegaan en by die Jordaan aangekom; en Juda het naGilgal gekom om die koning tegemoet te gaan, om die koning oor die Jordaan te bring.

16 EnSímeï, die seun van Gera, die Benjaminiet, wat uitBahúrim was, het hom gehaas en saam met die manne van Juda afgekom om koning Dawid te ontmoet,

17 en duisend man uit Benjamin was saam met hom; verderSiba, die dienaar van Saul se huis, met sy vyftien seuns en sy twintig slawe saam met hom; en hulle het voor die koning al die Jordaan bereik.

18 En die pont het heen en weer gevaar om die huis van die koning oor te bring en te doen wat goed was in sy oë. En Símeï, die seun van Gera, het voor die koning neergeval toe hy die Jordaan sou oortrek

19 en aan die koning gesê: My heer moet my die skuld nie toereken en daar nie aan dink hoe u dienaarverkeerd gehandel het op die dag dat my heer die koning uit Jerusalem uitgetrek het, deurdat die koningdit ter harte sou neem nie.

20 Want u dienaar weet dat ék gesondig het; maar soos u sien, vandag het ek die eerste van die helehuis van Josef afgekom om my heer die koning tegemoet te gaan.

21 Toe het Abísai, die seun van Serúja, geantwoord en gesê: Moet Símeï nie hieroor gedood word, dat hydie gesalfde van dieHeregevloek het nie?

22 Maar Dawid sê:Wat het ek met julle te doen, seuns van Serúja, dat julle vandag my teëstanders word?Sou iemand vandag in Israel gedood word? Want weet ek dan nie dat ek vandag koning oor Israel is nie?

23 Daaropsê die koning aan Símeï: Jy sal nie sterf nie. En die koning het vir hom gesweer.

24 Mefibóset, diekleinseun van Saul, het ook afgekom die koning tegemoet, en hy het sy voete nie skoongemaak en sy baard nie geskeer en sy klere nie gewas van die dag af dat die koning weggegaan het tot op die dag dat hy behoue teruggekom het nie;

25 en toe hy in Jerusalem die koning tegemoetkom, sê die koning vir hom:Waarom het jy nie met my saamgetrek nie, Mefibóset?

26 En hy antwoord: My heer die koning, my dienaar het my bedrieg; want u dienaar het gedink: Ek wil vir my die esel laat opsaal, dat ek daarop kan ry en met die koning kan saamtrek, want u dienaar is lam.

27 Hy het ewenwel u dienaar by my heer die koning belaster, maar my heer die koning issoos ’n engel van God: doen dan wat goed is in u oë.

28 Want my hele familie was by my heer die koning niks anders as manne wat die dood verdien nie;tog het u u dienaar opgeneem onder die wat aan u tafel eet: watter regsaanspraak het ek dan nog meer om my verder op die koning te beroep?

29 Toe sê die koning vir hom: Waarom nog meer woorde? Ek sê: Jy en Siba moet die grond verdeel.

30 En Mefibóset het die koning geantwoord: Hy kan ook alles neem nadat my heer die koning behoue in sy huis gekom het.

31 Barsíllai, die Gileadiet, het ook afgekom vanRógelim en met die koning oor die Jordaan getrek om hom oor die Jordaan weg te bring.

32 En Barsíllai was baie oud, ’n man van tagtig jaar, enhy het die koning onderhou gedurende sy verblyf in Mahanáim, want hy was ’n baie vermoënde man.

33 Toe sê die koning vir Barsíllai: Trek jy saam met my oor, dan sal ek jou by my in Jerusalem onderhou.

34 Maar Barsíllai het die koning geantwoord: Hoeveel sal die dae van my lewensjare dan wees, dat ek saam met die koning moet opgaan na Jerusalem?

35 Ek is vandag tagtig jaar oud. Kan ek tussen goed en kwaad onderskei? of sal u dienaar kan proe wat ek eet en wat ek drink? of sal ek nog kan aanhoor die stem van die sangers en die sangeresse? Waarom sal u dienaar my heer die koning dan nog tot ’n las wees?

36 U dienaar kan net ’n entjie saam met die koning trek oor die Jordaan. Waarom tog sou die koning hierdie vergelding aan my doen?

37 Laat u dienaar tog maar omdraai, dat ek kan sterf in my stad by die graf van my vader en my moeder; maar hier is u dienaarKimham. Laat hy saam met my heer die koning oortrek, en doen aan hom wat goed is in u oë.

38 En die koning sê: Kimham kan saam met my oortrek, dan sal ek aan hom doen wat goed is in jou oë, en alles wat jy verkies om aan my op te dra, sal ek vir jou doen.

39 Toe trek die hele volk die Jordaan oor. En nadat die koning ook oorgetrek het,soen die koning Barsíllai en groet hom; en hy het na sy woonplek teruggegaan.

40 Daarop het die koning verder getrek na Gilgal, en Kimham het saam met hom getrek, en die hele volk van Juda en ook die helfte van die volk van Israel het die koning verder gebring.

Twis tussen Juda en Israel.

41 METEENS kom toe al die manne van Israel by die koning aan en sê aan die koning: Waarom het ons broers, die manne van Juda, u gesteelen die koning en sy huis en al die manne van Dawid saam met hom oor die Jordaan gebring?

42 Daarop antwoord al die manne van Juda die manne van Israel: Omdat die koningaan my verwant is; maar waarom is jy tog kwaad oor hierdie saak? Het ons ooit iets van die koning geëet, of is iets as ’n porsie vir ons weggedra?

43 En die manne van Israel het die manne van Juda geantwoord en gesê: Ek het tien aandele aan die koning en ook meerregop Dawid as jy. Waarom het jy my dan veragtelik behandel? Was my woord dan nie die eerste om my koning terug te bring nie? Maardie woord van die manne van Juda was heftiger as die woord van die manne van Israel.

II SAMUEL 20

Opstand en dood van Seba.

1 EN daar was by geval ’ndeugniet met die naam van Seba, die seun van Bigri, ’n Benjaminiet — hy het op die ramshoring geblaas en gesê:Ons het geen deel aan Dawid, en ons het geen erfdeel aan die seun van Ísai nie:elkeen na sy tente toe, o Israel!

2 Daarop trek al die manne van Israel van Dawid af weg, agter Seba, die seun van Bigri, aan; maar die manne van Juda het hulle koning aangehang van die Jordaan af tot by Jerusalem.

3 Toe Dawid in sy huis in Jerusalem kom, het die koning die tien vroue,die byvroue wat hy laat agterbly het om die huis op te pas, geneem en in ’n bewaakte huis gesit en hulle onderhou, maar nie by hulle ingegaan nie; en hulle was opgesluit tot die dag van hulle dood as lewenslange weduwees.

4 Daarna sê die koning aanAmása: Roep vir my die manne van Juda binne drie dae byeen; kom staan jy dan hier.

5 En Amása het gegaan om Juda byeen te roep, maar het langer weggebly as die bepaalde tyd wat hy vir hom vasgestel het.

6 Toe sê Dawid aan Abísai: Nou sal Seba, die seun van Bigri, ons meer kwaad doen as Absalom; neem jy die dienaars van jou heer en jaag hom agterna, sodat hy nie miskien vir hom versterkte stede vind en ons oog uitruk nie.

7 En daar het uitgetrek, agter hom aan, die manne van Joab en dieKreti en die Pleti en al die helde — hulle het uit Jerusalem uitgetrek om Seba, die seun van Bigri, agterna te jaag.

8 Terwyl hulle by die groot klip was wat by Gíbeon lê, kom Amása voor hulle uit. En Joab was omgord met sy wapenrok as sy kleed en daaroor was ’n gord met ’n swaard wat in die skede aan sy heupe vasgemaak was, en terwyl hy voortgaan, het dit geval.

9 En Joab sê vir Amása: Gaan dit goed met jou, my broer? En Joab het met die regterhand die baard van Amása gegryp om hom tesoen.

10 En Amása was nie op sy hoede vir die swaard wat in die hand van Joab was nie. Toe steek hy hom daarmeein die onderlyf en stort sy ingewande op die grond uit sonder om hom ’n tweede steek te gee, sodat hy gesterf het. Daarop het Joab en sy broer Abísai Seba, die seun van Bigri, agternagejaag.

11 Maar ’n man uit die dienaars van Joab het daar by hom bly staan en gesê: Wie in Joab behae het en wie vir Dawid is, laat hom Joab volg!

12 Terwyl Amása in die middel van die pad hom in die bloed lê en wentel en die man sien dat al die manskappe bly staan, het hy Amása uit die pad uit weggeneem na die veld en ’n kleed oor hom gegooi, omdat hy sien dat elkeen wat by hom kom, daar bly staan.

13 Toe hyhomuit die pad verwyder het, trek al die manskappe verby agter Joab aan om Seba, die seun van Bigri, agterna te jaag.

14 En dié het deur al die stamme van Israel getrek naAbel en Bet-Máäga en die hele Berim; en hulle het byeengekom en ook agter hom aan gegaan.

15 En hulle het gekom en hom in Abel-Bet-Máäga beleër en’n wal teen die stad opgegooi, wat teen die voorskans opgerys het. Terwyl al die manskappe van Joab besig was met verwoes om die muur te laat val,

16 roep ’n wyse vrou uit die stad: Luister, luister! Sê tog vir Joab: Kom hierheen, dat ek met u kan spreek.

17 En toe hy nader kom na haar, sê die vrou: Is u Joab? En hy antwoord: Ja. En sy sê vir hom: Hoor die woorde van u dienares. En hy antwoord: Ek hoor.

18 Daarop spreek sy en sê: Vroeër was hulle gewoond om só te sê: Laat hulle Abel maar net raadpleeg! en so het hulle ’n saak afgehandel.

19 Ek is een van die vredeliewendes, van die getroues in Israel. U is daarop uit om ’n stad te vernietig, nogal ’n moeder in Israel. Waarom wil udie erfdeel van dieHerete gronde rig?

20 En Joab antwoord en sê: Dit is ver, ver van my, dat ekte gronde sou rig en dat ek sou verwoes!

21 Die saak is nie so nie; maar ’n man van die gebergte van Efraim met die naam van Seba, die seun van Bigri, het sy hand opgehef teen die koning, teen Dawid: lewer hom alleen uit, dan wil ek van die stad af wegtrek. En die vrou sê vir Joab: Kyk, sy hoof sal oor die muur na u toe gegooi word.

22 En die vrou het haarin haar wysheid tot die hele volk gewend, en hulle het die hoof van Seba, die seun van Bigri, afgekap en na Joab oorgegooi. Toe het hy op die ramshoring geblaas, en hulle is verstrooi, weg van die stad af, elkeen na sy tente; en Joab het na Jerusalem, na die koning teruggegaan.

23 EnJoab was oor die hele leër van Israel, enBenája, die seun van Jójada, oor die Kreti en oor die Pleti;

24 enAdóram was oor die dwangarbeid, enJósafat, die seun van Ahílud, was kanselier.

25 En Seja was skrywer; enSadok en Ábjatar priesters.

26 En ookIra, die Jaïriet, was priester by Dawid.

II SAMUEL 21

Hongersnood in Israel. Die Gibeoniete en die huis van Saul.

1 EN toe daar in die dae van Dawid ’n hongersnood was, drie jaar lank, jaar ná jaar, het Dawid die aangesig van dieHeregesoek; en dieHerehet gesê: Vanweë Saul en vanweë sy huis waarop bloedskuld rus, omdathy die Gibeoniete omgebring het.

2 Toe roep die koning die Gibeoniete en sê vir hulle — die Gibeoniete het naamlik nie behoort tot die kinders van Israel nie, maarby ’n oorblyfsel van die Amoriete; en hoewel die kinders van Israel vir hulle gesweer het, het Saul probeer om hulle om te bring in sy ywer vir die kinders van Israel en Juda —

3 Dawid dan het aan die Gibeoniete gesê: Wat moet ek vir julle doen, en waarmee moet ek versoening doen, dat julledie erfdeel van dieHerekan seën?

4 Daarop sê die Gibeoniete vir hom: Dit is ons teenoor Saul en sy huis nie te doen om silwer en goud nie, en dit gaan vir ons nie daarom om iemand in Israel dood te maak nie. En hy vra: Wat dink julle dan moet ek vir julle doen?

5 En hulle sê vir die koning: Die man wat ons vernietig het en planne teen ons beraam het om ons te verdelg sonder dat ons in enige grondgebied van Israel kan voortbestaan —

6 laat sewe manne van sy seuns aan ons gegee word, dat ons hulle voor dieHerekan ophangin Gíbea van Saul, die uitverkorene van dieHere! En die koning het gesê: Ek salhullegee.

7 Maar die koning het Mefibóset, die seun van Jónatan, die seun van Saul, verskoon vanweëdie eed by dieHerewat tussen hulle was, tussen Dawid en Jónatan, die seun van Saul.

8 Toe neem die koning die twee seuns vanRispa, die dogter van Aja, wat sy vir Saul gebaar het, Armóni en Mefibóset, en die vyf seuns van Merab, die dogter van Saul, wat sy vir Ádriël, die seun van Barsíllai, die Meholatiet, gebaar het;

9 en hy het hulle oorgegee in die hand van die Gibeoniete, wat hulle opgehang het op die berg voor die aangesig van dieHere, sodat al sewe tesame omgekom het; en hulle is gedood in die eerste dae van die oes,in die begin van die gars-oes.

10 En Rispa, die dogter van Aja, het ’n sak geneem en dit vir haar oopgespan op die rots,van die begin van die oes af totdat daar water uit die hemel op hulle gegiet het, en sy het die voëls van die hemel oordag nie toegelaat om op hulle te gaan sit nie, en ook nie die diere van die veld in die nag nie.

11 Toe aan Dawid meegedeel is wat Rispa, die dogter van Aja, die byvrou van Saul, gedoen het,

12 het Dawid gegaan en die bene van Saul en die bene van sy seun Jónatan vandie burgers van Jabes in Gílead gaan haal,wat dit van die plein vanBet-San gesteel het, waar die Filistyne hulle opgehang het op die dag toe die Filistyne Saul op Gilbóa verslaan het.

13 En hy het die bene van Saul en die bene van sy seun Jónatan daarvandaan weggebring. Hulle het ook die bene van die wat opgehang is, versamel,

14 en die bene van Saul en van sy seun Jónatan in die land Benjamin, inSela, in die graf van sy vader Kis begrawe; en hulle het alles gedoen volgens die bevel van die koning. En daarna hetGod Hom oor die land ontferm.

Filistynse reuse word verslaan.

15 EN toe die Filistyne weer oorlog gehad het met Israel, het Dawid afgetrek, en sy dienaars saam met hom, en hulle het teen die Filistyne geveg, en Dawid het al moeg geword.

16 En Jisbi-Benob wat uit die kinders van die Refaïete was — die gewig van sy spies was driehonderdsikkelskoper in gewig, en hy was omgord met ’n nuweswaard— het gedink om Dawid te verslaan.

17 MaarAbísai, die seun van Serúja, het hom gehelp en die Filistyn verslaan en hom gedood. Toe het die manne van Dawid hom besweer en gesê:U mag nie meer saam met ons uittrek na die geveg nie, dat u die lamp van Israel nie uitblus nie.

18 En daarna was daar weer oorlog met die Filistyne in Gob. Toe hetSíbbegai, die Husatiet, Saf, uit die kinders van die Refaïete, verslaan.

19 En daar was weer oorlog met die Filistyne in Gob; en Élhanan, die seun van Jáäre-Orgim uit Betlehem, het Góliat, die Gittiet, wie sespiessteel soos ’n wewersbalk was, verslaan.

20 En daar was weer oorlog inGat; en daar was ’n baie lang man, met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet, vier-en-twintig in getal, en hy was ook ’n afstammeling van die Refaïete.

21 En hy het Israel gehoon, maar Jónatan, die seun vanSímea, die broer van Dawid, het hom verslaan.

22 Hierdie vier was afstammelinge van die Refaïete in Gat, en hulle het geval deur die hand van Dawid en deur die hand van sy dienaars.

II SAMUEL 22

Dawid se lof- en danklied.

1 EN Dawid het die woorde vanhierdie lied tot dieHeregespreek op die dag toe dieHerehom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul.

2 En hy het gesê:DieHereis my rots en my bergvesting en my redder;

3 God is my rotsby wie ek skuil; myskild en diehoring van my heil, myrotsvesting en my toevlug, my verlosser; van geweld het U my verlos.

4 Ek roep dieHereaanwat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos.

5 Want die golwe van die dood het my omring, strome van onheil het my oorval.

6 Bande van die doderyk het my omring, strikke van die dood het my teëgekom.

7 Toe ek benoud was, het ek dieHereaangeroep, en ek het geroep tot my God; en uit sy paleis het Hy my stem gehoor,en my hulpgeroep was in sy ore.

8 Toehet die aarde geskud en gebewe,die fondamente van die hemel het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was.

9 Rook in sy neus het opgegaan, en ’n vuur uit sy mond het verteer; kole uit Hom het gebrand.

10 En Hy het diehemel gebuig en neergedaal, enwolkedonkerheid was onder sy voete.

11 En Hy het op ’n gérub gery en gevlieg; ja, Hy het verskynop die vlerke van die wind.

12 En Hy het duisternis rondom Hom ashutte gestel, versameling van waters, diktes van wolke.

13 Uit die glans voor Hom het gloeiende kole gebrand.

14 Uit die hemel het dieHeregedonder, en die Allerhoogste het sy stem laat hoor.

15 En Hy hetpyle uitgestuur en hulle verstrooi, bliksems en hulleverwar.

16 En die beddings van die see het sigbaar geword, die fondamente van die wêreld is blootgelê, deur die dreiging van dieHere, vanweë die geblaas van die wind van sy neus.

17 Uit die hoogte het Hysy handuitgestrek,Hy het my gegryp, my uit groot waters getrek.

18 Hy het my verlos van my magtige vyand, van my haters, omdat hulle te sterk was vir my.

19 Hullehet my oorval op die dag van my nood, maar dieHerewas my steun.

20 En Hy het my uitgeleiin die ruimte, Hy het my gered, omdat Hybehae in my gehad het.

21 DieHerehet met my gehandel na my geregtigheid; na diereinheid van my hande het Hy my vergelde.

22 Want ek het die weë van dieHeregehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie.

23 Want al syverordeninge was voor my, en sy insettinge — daar het ek nie van afgewyk nie.

24 Maar ek was opreg voor Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid.

25 So het dieHeremy dan vergelde na my geregtigheid, na my reinheid voor sy oë.

26 Bydie liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg,

27 by die reine, rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.

28 EnU verlos die verdrukte volk, maar u oë is teen die hoogmoediges; U vernederhulle.

29 Want U is my lamp, oHere! En dieHerelaat my duisternis opklaar.

30 Want met U loop ek ’n bende storm, met my God spring ek oor ’n muur.

31 Die weg van God is volmaak; die woord van dieHereis gelouter; Hy is’n skild vir almal wat by Hom skuil.

32 Wantwie is God buiten dieHere, en wie ’n rots buiten onse God?

33 Die God wat my sterk toevlug is, en Hy het vir my’n weg volkomelik uitgesoek.

34 Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staanop my hoogtes.

35 Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms ’n koperboog span.

36 En U het my die skild van u uitredding gegee, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.

37 U hetmy voetstap onder my ruim gemaak, en my enkels het nie gewankel nie.

38 Ek het my vyande agtervolg en hulle verdelg en nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie.

39 Ja, ek het hulle vernietig en hulle verbrysel, sodat hulle nie weer opgestaan het nie, maar onder my voete geval het.

40 En U hetmy met krag omgord vir die stryd, U het my teëstanders onder my laat buk.

41 En Uhet my vyande vir my laat vlug; my haters, dié het ek vernietig.

42 Hulle het rondgekyk, maar daar was geen verlosser nie; na dieHere, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.

43 Toe het ek hulle vermaal soos die stof van die aarde,soos modder van die strate het ek hulle fyngemaal, hulle vertrap.

44 En U het my gereduit die getwis van my volk;U het my bewaar as ’n hoof van nasies; ’n volk wat ek nie geken het nie, het my gedien.

45 Uitlanders het al kruipende na my gekom; sodra hulle van my gehoor het, was hulle gehoorsaam aan my.

46 Uitlanders word kragteloos en kom met sidderinguit hulle vestings.

47 DieHereleef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die God wat dierots is van my heil!

48 Die God wat my die wraak gee envolke onder my neerwerp;

49 en wat my uitlei onder my vyande uit; ja, U verhef my bo my teëstanders, U bevry my vandie man van geweld.

50 Daarom wil ek U loof, oHere, onder die nasies, en tot eer van u Naam wil ek psalmsing;

51 Hy is dit wat dieverlossing van sy koning groot maak en goedertierenheid bewys aan sygesalfde, aan Dawid enaan sy nageslag tot in ewigheid.