II SAMUEL 22

Dawid se lof- en danklied.

1 EN Dawid het die woorde vanhierdie lied tot dieHeregespreek op die dag toe dieHerehom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul.

2 En hy het gesê:DieHereis my rots en my bergvesting en my redder;

3 God is my rotsby wie ek skuil; myskild en diehoring van my heil, myrotsvesting en my toevlug, my verlosser; van geweld het U my verlos.

4 Ek roep dieHereaanwat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos.

5 Want die golwe van die dood het my omring, strome van onheil het my oorval.

6 Bande van die doderyk het my omring, strikke van die dood het my teëgekom.

7 Toe ek benoud was, het ek dieHereaangeroep, en ek het geroep tot my God; en uit sy paleis het Hy my stem gehoor,en my hulpgeroep was in sy ore.

8 Toehet die aarde geskud en gebewe,die fondamente van die hemel het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was.

9 Rook in sy neus het opgegaan, en ’n vuur uit sy mond het verteer; kole uit Hom het gebrand.

10 En Hy het diehemel gebuig en neergedaal, enwolkedonkerheid was onder sy voete.

11 En Hy het op ’n gérub gery en gevlieg; ja, Hy het verskynop die vlerke van die wind.

12 En Hy het duisternis rondom Hom ashutte gestel, versameling van waters, diktes van wolke.

13 Uit die glans voor Hom het gloeiende kole gebrand.

14 Uit die hemel het dieHeregedonder, en die Allerhoogste het sy stem laat hoor.

15 En Hy hetpyle uitgestuur en hulle verstrooi, bliksems en hulleverwar.

16 En die beddings van die see het sigbaar geword, die fondamente van die wêreld is blootgelê, deur die dreiging van dieHere, vanweë die geblaas van die wind van sy neus.

17 Uit die hoogte het Hysy handuitgestrek,Hy het my gegryp, my uit groot waters getrek.

18 Hy het my verlos van my magtige vyand, van my haters, omdat hulle te sterk was vir my.

19 Hullehet my oorval op die dag van my nood, maar dieHerewas my steun.

20 En Hy het my uitgeleiin die ruimte, Hy het my gered, omdat Hybehae in my gehad het.

21 DieHerehet met my gehandel na my geregtigheid; na diereinheid van my hande het Hy my vergelde.

22 Want ek het die weë van dieHeregehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie.

23 Want al syverordeninge was voor my, en sy insettinge — daar het ek nie van afgewyk nie.

24 Maar ek was opreg voor Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid.

25 So het dieHeremy dan vergelde na my geregtigheid, na my reinheid voor sy oë.

26 Bydie liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg,

27 by die reine, rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.

28 EnU verlos die verdrukte volk, maar u oë is teen die hoogmoediges; U vernederhulle.

29 Want U is my lamp, oHere! En dieHerelaat my duisternis opklaar.

30 Want met U loop ek ’n bende storm, met my God spring ek oor ’n muur.

31 Die weg van God is volmaak; die woord van dieHereis gelouter; Hy is’n skild vir almal wat by Hom skuil.

32 Wantwie is God buiten dieHere, en wie ’n rots buiten onse God?

33 Die God wat my sterk toevlug is, en Hy het vir my’n weg volkomelik uitgesoek.

34 Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staanop my hoogtes.

35 Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms ’n koperboog span.

36 En U het my die skild van u uitredding gegee, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.

37 U hetmy voetstap onder my ruim gemaak, en my enkels het nie gewankel nie.

38 Ek het my vyande agtervolg en hulle verdelg en nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie.

39 Ja, ek het hulle vernietig en hulle verbrysel, sodat hulle nie weer opgestaan het nie, maar onder my voete geval het.

40 En U hetmy met krag omgord vir die stryd, U het my teëstanders onder my laat buk.

41 En Uhet my vyande vir my laat vlug; my haters, dié het ek vernietig.

42 Hulle het rondgekyk, maar daar was geen verlosser nie; na dieHere, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.

43 Toe het ek hulle vermaal soos die stof van die aarde,soos modder van die strate het ek hulle fyngemaal, hulle vertrap.

44 En U het my gereduit die getwis van my volk;U het my bewaar as ’n hoof van nasies; ’n volk wat ek nie geken het nie, het my gedien.

45 Uitlanders het al kruipende na my gekom; sodra hulle van my gehoor het, was hulle gehoorsaam aan my.

46 Uitlanders word kragteloos en kom met sidderinguit hulle vestings.

47 DieHereleef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die God wat dierots is van my heil!

48 Die God wat my die wraak gee envolke onder my neerwerp;

49 en wat my uitlei onder my vyande uit; ja, U verhef my bo my teëstanders, U bevry my vandie man van geweld.

50 Daarom wil ek U loof, oHere, onder die nasies, en tot eer van u Naam wil ek psalmsing;

51 Hy is dit wat dieverlossing van sy koning groot maak en goedertierenheid bewys aan sygesalfde, aan Dawid enaan sy nageslag tot in ewigheid.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

seventeen + 7 =