II KRONIEKE 35

Josía hou ’n plegtige paasfees vir die Here.

1 DAARNAhet Josía in Jerusalem die pasga tot eer van dieHeregehou; en hulle het die pasga geslag op dieveertiende van die eerste maand.

2 En hy het die priesters hulle dienspligte laat waarneem en hulle versterk vir die diens in die huis van dieHere.

3 Ook het hy aan die Leviete,die onderwysers van die hele Israel, wat heilig was aan dieHere, gesê: Sit die heilige ark in die huis wat Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel, gebou het; julle hoef niks meer op die skouers te dra nie: dien nou dieHerejulle God en sy volk Israel;

4 en hou julle gereedvolgens julle families, volgens julle afdelings, ooreenkomstig dievoorskrif van Dawid, die koning van Israel, en dieverordening van sy seun Salomo:

5 gaan staan in die heiligdom volgens die afdelings van die families van julle broers, die volksgenote, naamlikvir elkeen daarvan’n afdeling van ’n Levitiese familie;

6 en slag die pasga enheilig julle en berei dit vir julle broers, om te doen volgens die woord van dieHeredeur die diens van Moses.

7 En Josía het aan die mense uit die volk afgegee kleinvee, skaaplammers en boklammers, dit alles as paasoffers, aan almal wat daar aanwesig was, dertigduisend in getal, en drieduisend beeste; dit was uit die besitting van die koning.

8 Ook sy vorste het aan die volk, aan die priesters en die Leviete vrywillig afgegee.Hilkía enSagaría en Jéhiël, die vorste oor die huis van God, het aan die priesters as paasoffers tweeduisend-seshonderdstuks kleinveeen driehonderd beeste gegee.

9 EnKonánja en sy broers Semája en Netáneël, en Hasábja en Jeï-el en Jósabad, die owerstes van die Leviete, het aan die Leviete as paasoffers vyfduisendstuks kleinveeen vyfhonderd beeste afgegee.

10 Die diens is toe gereël: die priestershet op hul plek gaan staan, en die Leviete volgens hulle afdelings, volgens die bevel van die koning.

11 Daarna het hulle die pasga geslag, en die priesters hetdie bloeduitdie Levietese hand geneem en dit uitgegooi, onderwyl die Leviete besig was om af te slag.

12 En hulle het wat vir die brandoffer bestem was, afgesonder om dit aan die familie-afdelings van die mense van die volk te gee om aan dieHerete offer, soos geskrywe is in die boek van Moses; en net so met die beeste.

13 En hullehet die pasga op die vuur gebraai volgens die voorskrif, maar die heilige gawes in potte en in kanne en in skottels gekook en gou aan al die mense van die volk gebring.

14 Daarna het hulle dit ook vir hulleself berei en vir die priesters; want die priesters, die seuns van Aäron, was tot in die nag besig met die offer van die brandoffer en die vetstukke; daarom het die Leviete dit vir hulleself en vir die priesters, die seuns van Aäron, berei.

15 En die sangers, die seuns van Asaf, was op hulle plek volgens die bevel vanDawid en van Asaf en Heman en Jedútun, die siener van die koning, endie poortwagters by elke poort; hulle het nie nodig gehad om van hulle diens af weg te gaan nie, want hulle broers, die Leviete, het dit vir hulle berei.

16 Die hele diens van dieHereis toe op dié dag gereël — om die pasga te hou en brandoffers te bring op die altaar van dieHerevolgens die gebod van koning Josía.

17 En die kinders van Israel wat aanwesig was, het die pasga gehou in dié tyd, en ook die fees vandie ongesuurde brode, sewe dae lank.

18 So’n pasga soos dié is in Israel nie gehou van die dae vandie profeet Samuel af nie, en al die konings van Israel het nie so ’n pasga gehou as wat Josía en die priesters en die Leviete en die hele Juda en Israel wat aanwesig was, en die inwoners van Jerusalem gehou het nie.

19 In die agttiende jaar van die regering van Josía is hierdie pasga gehou.

Josía sneuwel in ’n oorlog met Nego, koning van Egipte.

20 NÁ dit alles, toe Josía die huis herstel het, het Nego, die koning van Egipte, opgetrek om te veg byKárkemis aan die Eufraat, en Josía het uitgetrek hom tegemoet.

21 Toe stuur hy boodskappers na hom om te sê: Wat het ek met jou te doen, koning van Juda? Ek kom nie vandag teen jóú nie, maar teen die huis wat gedurig teen my oorlog voer; en God het gesê ek moet gou maak. Verset jou nie teen God wat met my is, dat Hy jou nie vernietig nie.

22 Josía het egter sy gesig nie van hom afgewend nie, maar homself onkenbaar gemaak om teen hom te veg; hy het nie geluister na die woorde van Nego uit die mond van God nie, en aangekom om te veg in die laagte van Megíddo.

23 En die skutters het koning Josía raak geskiet. Toe sê die koning aan sy dienaars: Bring my weg, want ek is swaar gewond.

24 Sy dienaars bring hom toe van die strydwa af weg en laat hom op sy tweede wa ry en vervoer hom na Jerusalem; en hy het gesterwe en is begrawe in die grafte van sy vaders, terwyl die hele Juda en Jerusalem oor Josíagerou het.

25 En Jeremiahet ’n klaaglied op Josía gedig, en aldie sangers en sangeresse het in hulle klaagliedere van Josía gespreek tot vandag toe en dit tot ’n insetting in Israel gemaak; en kyk, dit is beskrywe in die Klaagliedere.

26 En die verdere geskiedenis van Josía en sy vrome dade, volgens wat geskrywe is in die wet van dieHere,

27 sy geskiedenis dan, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Israel en Juda.

II KRONIEKE 36

Jóahas, Jójakim en Jójagin konings van Juda.

1 ENdie volk van die land het Jóahas, die seun van Josía, geneem en hom koning gemaak in die plek van sy vader in Jerusalem.

2 Drie-en-twintig jaar was Jóahas oud toe hy koning geword het, en drie maande het hy in Jerusalem geregeer.

3 En die koning van Egipte het hom in Jerusalem afgesit en die land ’n boete opgelê van honderd talente silwer en ’n talent goud.

4 Daarop het die koning van Egipte sy broer Éljakim koning gemaak oor Juda en Jerusalem en sy naam verander in Jójakim; maar Nego het sy broer Jóahas saamgeneem en hom na Egipte gebring.

5 Vyf-en-twintig jaar was Jójakim oud toe hy koning geword het, en elf jaar het hy in Jerusalem geregeer; en hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHeresy God.

6 Nebukadnésar, die koning van Babel, het teen hom opgetrek en hom met koperkettings geboei om hom na Babel te vervoer.

7 Ook van die voorwerpe van die huis van dieHerehet Nebukadnésar na Babel gebring en dit in sy tempel in Babel gesit.

8 Die verdere geskiedenis van Jójakim en sy gruwels wat hy bedryf het, en wat verder by hom gevind is, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Israel en Juda; en sy seun Jójagin het in sy plek koning geword.

9 Agttienjaar was Jójagin oud toe hy koning geword het, en drie maande en tien dae het hy in Jerusalem geregeer; en hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere.

10 By die wisseling van die jaarhet koning Nebukadnésar gestuur en hom na Babel laat bring, saam met die kosbare voorwerpe van die huis van dieHere, en sy broer Sedekía koning oor Juda en Jerusalem gemaak.

Sedekía die laaste koning van Juda. Nebukadnésar verwoes Jerusalem en voer die volk weg in gevangenskap.

11 EEN-EN-TWINTIG jaar was Sedekía oud toe hy koning geword het, en elf jaar het hy in Jerusalem geregeer.

12 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHeresy God; hy het hom nie verootmoedig nie voorJeremia, die profeet,wat gespreek hetuit die mond van dieHere.

13 En hy het ook gerebelleer teen koning Nebukadnésarwat hom by God laat sweer het; maar hy was hardnekkig en het sy hart verhard, sodat hy hom nie tot dieHere, die God van Israel, bekeer het nie.

14 Ook al die owerstes van die priesters en die volk het baie ontrou gehandel, volgens al die gruwels van die heidene, en die huis van dieHerewat Hy in Jerusalem geheilig het, verontreinig.

15 En dieHere, die God van hulle vaders, het vroeg en laat na hulle gestuur deur die diens van sy boodskappers; want Hy het medelyde met sy volk en met sy woning gehad.

16 Maar hulle het die boodskappers van God uitgelag en sy woorde verag enmet sy profete gespot, totdat die grimmigheid van dieHereteen sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.

17 So het Hy dan die koning van die Chaldeërs teen hulle laat optrek, endié het hulle jongmanne met die swaard in die huis van hulle heiligdom gedood en geen jongman of jongmeisie, oue of gryse, verskoon nie: Hy het alles in sy hand gegee.

18 Enal die voorwerpe van die huis van God, groot en klein, en die skatte van die huis van dieHereen die skatte van die koning en van sy vorste, alles het hy na Babel gebring.

19 En hulle het die huis van God verbrand en die muur van Jerusalem omgegooi en al die paleise daarvan met vuur verbrand, sodat al die kosbare voorwerpe daarvan vernietig is.

20 En die wat van die swaard oorgebly het, het hy na Babel in ballingskap weggevoer, enhulle het vir hom en sy seuns slawe geword, totdat die koninkryk van Persië tot heerskappy gekom het,

21 sodat die woord van dieHeredeur die mond vanJeremia vervul sou word: totdatdie land vir sy sabbatte vergoeding gekry het; al die dae van die verwoestinghet dit gerus om sewentig jaar vol te maak.

Kores gee die Jode verlof om na hulle land terug te gaan.

22 EN in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het dieHere— sodat die woord van dieHeredeur die mond van Jeremia in vervulling sou gaan — die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy ’n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê:

23 So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het dieHere, die God van die hemel, aan my gegee, en Hý het my opgedra om vir Hom ’n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is. Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort — mag dieHeresy God met hom wees, en laat hom optrek!

I KRONIEKE 1

Die tien aartsvaders van Adam tot Noag. Die seuns van Noag en hulle afstammelinge.

1 ADAM, Set, Enos,

2 Kenan, Mahalálel, Jered,

3 Henog, Metúsalag, Lameg,

4 Noag, Sem, Gam en Jafet.

5 Die seuns van Jafet was: Gomer en Magog en Madai en Jawan en Tubal en Meseg en Tiras.

6 En die seuns van Gomer was: Áskenas en Rifat en Togárma.

7 En die seuns van Jawan was: Elísa en Tarsísa, die Kittiërs en Rodaniete.

8 Die seuns van Gam was: Kus en Misráim, Put en Kanaän.

9 En die seuns van Kus was: Seba en Háwila en Sabta en Raéma en Sábtega; en die seuns van Raéma was: Skeba en Dedan.

10 En Kus was die vader van Nimrod; hý het begin om ’n geweldenaar op die aarde te wees.

11 En Misráim was die vader van die Ludiete en Anamiete en Lehabiete en die Naftuhiete,

12 en die Patrusiete en Kasluhiete — waaruit die Filistyne voortgekom het — en die Kaftoriete.

13 En Kanaän was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het

14 en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete,

15 en die Hewiete en Arkiete en Siniete,

16 en die Arwadiete en Semariete en Hamatiete.

17 Die seuns van Sem was: Elam en Assur en Arpágsad en Lud en Aram en Us en Hul en Geter en Meseg.

18 En Arpágsad was die vader van Selag, en Selag van Heber.

19 En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en sy broer se naam was Joktan.

20 En Joktan was die vader van Almódad en Selef en Hasarmáwet en Jerag,

21 en Hadóram en Usal en Dikla,

22 en Ebal en Abímael en Skeba,

23 en Ofir en Háwila en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan.

Die tien aartsvaders van Sem tot Abram. Die seuns van Abraham en hulle nakomelinge.

24 SEM, Arpágsad, Selag,

25 Heber, Peleg, Rehu,

26 Serug, Nahor, Tera,

27 Abram; dit is Abraham.

28 Die seuns van Abraham wasIsak enIsmael.

29 Dit is hulle geslagsregister: die eersgeborene van Ismael was Nébajot, en Kedar en Ádbeël en Mibsam,

30 Misma en Duma, Massa, Hadad en Tema,

31 Jetur, Nafis en Kedma; hulle was die seuns van Ismael.

32 Endie seuns van Ketúra, die byvrou van Abraham. Sy het gebaar: Simran en Joksan en Medan en Mídian en Jisbak en Suag. En die seuns van Joksan was Skeba en Dedan.

33 En die seuns van Mídian was: Efa en Efer en Henog en Abída en Éldaä. Hulle almal was seuns van Ketúra.

34 En Abraham was die vader van Isak. Die seuns van Isak was Esau en Israel;

35 die seuns van Esau: Élifas, Réhuel en Jehus en Jáelam en Korag.

36 Die seuns van Élifas was: Teman en Omar, Sefi en Gáetam, Kenas en Timna en Ámalek.

37 Die seuns van Réhuel was: Nahat, Serag, Samma en Missa.

38 En die seuns van Seïr was: Lotan en Sobal en Síbeon en Ana en Dison en Eser en Disan.

39 En die seuns van Lotan was Hori en Homam; en die suster van Lotan was Timna.

40 Die seuns van Sobal was: Aljan en Manáhat en Ebal, Sefi en Onam; en die seuns van Síbeon was Aja en Ana.

41 Die seuns van Ana was: Dison; en die seuns van Dison was: Hamran en Esban en Jitran en Keran.

42 Die seuns van Eser was: Bilhan en Saäwan en Jáäkan. Die seuns van Disan was Us en Aran.

43 En dit is die konings wat in die land Edom geregeer het voordat daar ’n koning oor die kinders van Israel geregeer het: Bela, die seun van Beor; en die naam van sy stad was Dinhába;

44 en Bela het gesterwe, en in sy plek het geregeer Jobab, die seun van Serag, uit Bosra.

45 En Jobab het gesterwe, en Husam, uit die land van die Temaniete, het in sy plek geregeer.

46 En Husam het gesterwe, en Hadad, die seun van Bedad, wat die Midianiete in die veld van Moab verslaan het, het in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Awit.

47 En Hadad het gesterwe, en Samla uit Másreka het in sy plek geregeer.

48 En Samla het gesterwe, en Saul uit Réhobot, aan die rivier, het in sy plek geregeer.

49 En Saul het gesterwe, en Baäl-Hánan, die seun van Akbor, het in sy plek geregeer.

50 Nadat Baäl-Hánan gesterf het, het Hadad in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Pahi; en die naam van sy vrou was Mehetábeël, die dogter van Matred, die dogter van Mésahab.

51 Toe Hadad gesterf het, was die vorste van Edom: die vors Timna, die vors Alja, die vors Jetet,

52 die vors Oholibáma, die vors Ela, die vors Pinon,

53 die vors Kenas, die vors Teman, die vors Mibsar,

54 die vors Mágdiël, die vors Iram; dit was die vorste van Edom.

I KRONIEKE 2

Die twaalf seuns van Israel en die nakomelinge van Juda.

1 DIT is die seuns van Israel:Ruben, Símeon, Levi en Juda, Íssaskar en Sébulon,

2 Dan, Josef en Benjamin, Náftali, Gad en Aser.

3 Die seuns van Juda was:Er en Onan en Sela, drie vir hom gebore uit die dogter van Sua, die Kanaänitiese vrou; en Er, die eersgeborene van Juda, het dieHeremishaag, daarom het Hy hom laat sterwe.

4 EnTamar, sy skoondogter, het vir hom Peres en Serag gebaar. Al die seuns van Juda was vyf.

5 Die seuns van Peres was Hesron en Hamul.

6 En die seuns van Serag was: Simri en Etan en Heman en Kalkol en Dara; almal saam vyf.

7 En die seuns van Karmi was: Agar, wat Israel in die ongeluk gestort het deurdat hy hom vergryp het aan diebangoed.

8 En die seuns van Etan was Asárja.

9 En die seuns van Hesron wat vir hom gebore is, was Jerágmeël en Ram en Kelúbai.

10 En Ram was die vader van Ammínadab, en Ammínadab van Nagson, die vors van die kinders van Juda.

11 En Nagson was die vader van Salma, en Salma vanBoas;

12 en Boas van Obed, en Obed van Ísai;

13 en Ísai was die vader vanElíab, sy eersgeborene, en van Abinádab, die tweede, en Símea, die derde;

14 van Netáneël, die vierde, van Ráddai, die vyfde,

15 van Osem, die sesde, van Dawid,die sewende.

16 En hulle susters was Serúja en Abígail. Endie seuns van Serúja was: Abísai en Joab en Ásahel, drie.

17 En Abígail het Amása gebaar; en die vader vanAmása was Jeter, die Ismaeliet.

18 En Kaleb, die seun van Hesron, het by sy vrou Asúba Jeríot verwek. En dit is haar seuns: Jeser en Sobab en Ardon.

19 Toe Asúba gesterf het, het Kaleb vir hom Efrat geneem en sy het vir hom Hur gebaar.

20 En Hur was die vader van Uri; en Uri van Besáleël.

21 Daarna het Hesron gegaan na die dogter van Magir, die vader van Gílead; en hy het haar geneem toe hy sestig jaar oud was; en sy het vir hom Segub gebaar.

22 En Segub was die vader van Jaïr, en hy het drie-en-twintig stede in die land Gílead gehad.

23 En Gesur en Aram het die Jaïrsdorpe van hulle afgeneem,enKenat met sy onderhorige plekke, sestig stede; hulle almal was seuns van Magir, die vader van Gílead.

24 En ná die dood van Hesron in Kaleb-Éfrata het Abía, die vrou van Hesron, vir hom ook Asgur, die vader van Tekóa, gebaar.

25 En die seuns van Jerágmeël, die eersgeborene van Hesron, was: die eersgeborene Ram; verder Buna en Oren en OsemuitAhía.

26 Jerágmeël het nog ’n ander vrou gehad met die naam van Atára; sy was die moeder van Onam.

27 En die seuns van Ram, die eersgeborene van Jerágmeël, was Maäs en Jamin en Eker.

28 En die seuns van Onam was Sámmai en Jada; en die seuns van Sámmai: Nadab en Abísur.

29 En die naam van die vrou van Abísur was Abíhail; en sy het vir hom Agban en Molid gebaar.

30 En die seuns van Nadab was Seled en Appáim; en Seled het gesterwe sonder kinders.

31 En die seuns van Appáim was Jíseï; en die seuns van Jíseï was Sesan; en die seuns van Sesan, Aglai.

32 En die seuns van Jada, die broer van Sámmai, was Jeter en Jónatan; en Jeter het gesterwe sonder kinders.

33 En die seuns van Jónatan was Pelet en Sasa. Dit was die seuns van Jerágmeël.

34 En Sesan het nie seuns gehad nie, net dogters; en Sesan het ’n Egiptiese dienaar gehad met die naam van Jarha;

35 en Sesan het sy dogter aan sy dienaar Jarha as vrou gegee; en sy het vir hom Áttai gebaar.

36 En Áttai was die vader van Natan, en Natan van Sabad;

37 en Sabad van Eflal, en Eflal van Obed;

38 en Obed van Jehu, en Jehu van Asárja;

39 en Asárja van Heles, en Heles van Eleása;

40 en Eleása van Sísemai, en Sísemai van Sallum;

41 en Sallum van Jekámja, en Jekámja van Elisáma.

42 En die seuns van Kaleb, die broer van Jerágmeël, was Mesa, sy eersgeborene — hy was die vader van Sif — en die seuns van Marésa, die vader van Hebron.

43 En die seuns van Hebron was: Korag en Tappúag en Rekem en Sema.

44 En Sema was die vader van Raham, die vader van Jórkeam; en Rekem van Sámmai.

45 En die seun van Sámmai was Maon; en Maon was die vader van Bet-Sur.

46 En Efa, die byvrou van Kaleb, het Haran en Mosa en Gases gebaar; en Haran was die vader van Gases.

47 En die seuns van Jóhdai was: Regem en Jotam en Gesan en Pelet en Efa en Saäf.

48 Die byvrou van Kaleb, Máäga, het Seber en Tírhana gebaar;

49 en sy het Saäf gebaar, die vader van Madmánna, Sewa, die vader van Magbéna en die vader van Gíbea; en die dogter van Kaleb was Agsa.

50 Dit was die seuns van Kaleb. Die seuns van Hur, die eersgeborene van Éfrata, was Sobal, die vader van Kirjat-Jeárim,

51 Salma, die vader van Betlehem, Haref, die vader van Bet-Gader.

52 En die seuns van Sobal, die vader van Kirjat-Jeárim, was Hároëendie helfte van Menúgōt.

53 En die geslagte van Kirjat-Jeárim was: die Jitriete en Putiete en Sumatiete en die Misraïete; uit hulle het die Sóreatiete en Estaoliete voortgekom.

54 Die seuns van Salma was: Betlehem en die Netofatiete, Atrot-Bet-Joab en die helfte van die Managtiete, die Soreïete.

55 En die geslagte van die skrywers wat in Jabes gewoon het: die Tireatiete, die Simeatiete, die Sugatiete; dit is dieKeniete wat van Hammat, die vader vandie huis van Regab, afkomstig is.

I KRONIEKE 3

Nakomelinge van Dawid.

1 DIT was die seuns van Dawid wat vir hom in Hebron gebore is: die eersgeborene Amnon, by Ahínoam, uit Jísreël; die tweede Daniël, by Abígail, uit Karmel;

2 die derde Absalom, die seun van Máäga, die dogter van Talmai, die koning van Gesur; die vierde Adónia, die seun van Haggit;

3 die vyfde Sefátja, by Abítal; die sesde Jítream, by sy vrou Egla.

4 Ses is vir hom in Hebron gebore waarhy sewe jaar en ses maande geregeer het; endrie-en-dertig jaar het hy in Jerusalem geregeer.

5 En die volgende is vir hom in Jerusalem gebore: Símea en Sobab en Natan en Salomo, vier by Bat-Sua, die dogter van Ámmiël.

6 Verder Jibhar en Elisáma en Elifélet

7 en Noga en Nefeg, en Jáfia

8 en Elisáma en Éljada en Elifélet, nege —

9 almal seuns van Dawid, behalwe die seuns van die byvroue; enTamar was hulle suster.

10 En die seun van Salomo wasRehábeam; sy seun was Abía; sy seun was Asa; sy seun was Jósafat;

11 sy seun was Joram; sy seun was Ahásia; sy seun was Joas;

12 sy seun was Amásia; sy seun was Asárja; sy seun was Jotam;

13 sy seun was Agas; sy seun was Hiskía; sy seun was Manasse;

14 sy seun was Amon; sy seun was Josía.

15 En die seuns van Josía was: die eersgeborene Jóhanan, die tweede Jójakim, die derde Sedekía, die vierde Sallum.

16 En die seuns van Jójakim was: Jegónja, sy seun, Sedekía, sy seun.

17 En die seuns van Jegónja was Assir; sy seun was Seáltiël;

18 verder Malkíram en Pedája en Senassar, Jekámja, Hósama en Nedábja.

19 En die seuns van Pedája was Serubbábel en Símeï; en die seuns van Serubbábel was: Mesúllam en Hanánja; en Selómit was hulle suster;

20 en Hásuba en Ohel en Berégja en Hasádja, Jusab-Hesed, vyf.

21 En die seuns van Hanánja was Pelátja, sy seun was Jesaja, sy seun was Refája, sy seun was Arnan, sy seun was Obádja, sy seun was Segánja.

22 En die seuns van Segánja was Semája; en die seuns van Semája was: Hattus en Jígeal en Baríag en Neárja en Safat, ses;

23 en die seuns van Neárja was: Eljoënai en Hiskía en Asríkam, drie;

24 en die seuns van Eljoënai was: Hodáwja en Éljasib en Pelája en Akkub en Jóhanan en Delája en Anáni, sewe.

I KRONIEKE 4

Ander nakomelinge van Juda.

1 DIE seuns van Juda was: Peres, Hesron en Karmi en Hur en Sobal.

2 En Reája, die seun van Sobal, was die vader van Jahat, en Jahat van Ahúmai en van Lahad; dit is die geslagte van die Sóreatiete;

3 en dit is die seuns van Etam: Jísreël en Jísma en Jidbas; en die naam van hulle suster was Hasselelpóni.

4 En Pnuel was die vader van Gedor, en Eser die vader van Husa. Dit is die seuns van Hur, die eersgeborene van Éfrata,die vader van Betlehem.

5 En Asgur, die vader van Tekóa, het twee vroue gehad: Hélea en Náära;

6 en Náära het vir hom Ahússam en Hefer en die Temeniete en die Ahastariete gebaar. Dit was die seuns van Náära.

7 En die seuns van Hélea was: Seret, Jesóhar en Etnan.

8 En Kōs was die vader van Anub en Hassobéba en van die geslagte van Ahárhel, die seun van Harum.

9 En Jabes was meer geëerd as sy broers; en sy moeder het hom Jabes genoem en gesê: Ek het met smart gebaar.

10 En Jabes het die God van Israel aangeroep en gesê: As U my ryklik seën en my grondgebied vermeerder en u hand met my sal wees en U die onheil afweer, sodat my geen smart tref nie! En God het laat kom wat hy begeer het.

11 En Kelub, die broer van Suha, was die vader van Mehir; hy is die vader van Eston.

12 En Eston was die vader van Bet-Ráfa en Paséag en Tehínna, die vader van die stad Nahas; dit is die manne van Rega.

13 En die seuns van Kenas was Ótniël en Serája; en die seuns van Ótniël: Hatat en Meonótai.

14 En Meonótai was die vader van Ofra, en Serája van Joab, die vader van die Handwerkersdal, want hulle was ambagsmanne.

15 En die seuns van Kaleb, die seun van Jefúnne, was: Iru, Ela en Naäm, en die seuns van Ela: Kenas.

16 En die seuns van Jehálleleël was: Sif en Sifa, Tíreja en Asáreël.

17 En die seuns van Esra was: Jeter en Mered en Efer en Jalon; en dit is die seuns van Bitja, die dogter van Farao, wat Mered as vrou geneem het; en sy het swanger geworden gebaar:Mirjam en Sámmai en Jisbag, die vader van Estemóa.

18 En sy Joodse vrou het gebaar: Jered, die vader van Gedor, en Heber, die vader van Sogo, en Jekútiël, die vader van Sanóag.

19 En die seuns van die vrou van Hodíja, die suster van Naham, die vader van Kehíla, was die Garmiet, en Estemóa, die Maägatiet.

20 En die seuns van Simon was: Amnon en Rinna, Ben-Hánan en Tilon; en die seuns van Jíseï was Sohet en Ben-Sohet.

21 Die seuns van Sela, die seun van Juda was: Er, die vader van Lega, en Láeda, die vader van Marésa, en die geslagte van die huis van die linnewewers van die huis van Asbéa;

22 verder Jokim en die manne van Koséba en Joas en Saraf — hulle wat oor Moab geheers het — en Jasubi-Léhem; maar die geskiedenisse is oud.

23 Hulle was die pottebakkers en die inwoners van Netáim en Gedéra; daar het hulle gebly by die koning in sy diens.

Nakomelinge van Símeon en hulle oorwinnings.

24 DIE seuns van Símeon was: Némuel en Jamin, Jarib, Serag, Saul;

25 Sallum was sy seun; Mibsam was sy seun; Misma was sy seun.

26 En die seuns van Misma was: Hámmuel, sy seun, Sakkur, sy seun, Símeï, sy seun.

27 En Símeï het sestien seuns en ses dogters gehad; maar sy broers het nie baie seuns gehad nie; en hulle hele geslag het nie so vermeerder soos die seuns van Juda nie.

28 Enhulle het gewoon in Berséba en Mólada en Hasar-Sual

29 en in Bilha en Esem en Tolad

30 en in Bétuel en Horma en Siklag

31 en in Bet-Márkabot en Hasar-Susim, en Bet-Bíreï en Saäráim; dit was hulle stede totdat Dawid koning geword het.

32 En hulle dorpe was: Etam en Ajin, Rimmon en Togen en Asan, vyf stede;

33 en al hulle dorpe wat in die omtrek van hierdie stede was, tot by Baäl; dit was hulle woonplekke, en hulle het hul geslagsregister gehad.

34 En Mésobab en Jamleg en Josa, die seun van Amásia,

35 en Joël en Jehu, die seun van Josíbja, die seun van Serája, die seun van Ásiël,

36 en Eljoënai en Jaäkóba en Jesohája en Asája en Ádiël en Jesímiël en Benája

37 en Sisa, die seun van Sífeï, die seun van Allon, die seun van Jedája, die seun van Simri, die seun van Semája —

38 die wat hier met hulle naam opgegee is, was vorste in hulle geslagte, en hulle families het sterk vermeerder.

39 En hulle het getrek tot by die ingang na Gedor, tot oostelik van die dal, om weiveld vir hulle kleinvee te soek.

40 En hulle het geil en goeie weiveld gevind, en die land was na alkante toe wyd en stil en rustig, want mense van Gam het daar tevore gewoon;

41 en die wat hier met hulle naam beskrywe is, het in die dae van Hiskía, die koning van Juda, gekom en hulle tente verslaan, en ook die Meüniete wat daar gevind is; en hulle het hul met die banvloek getref tot vandag toe; en hulle het in hulle plek gaan woon; want daar was weiveld vir hulle kleinvee.

42 Ook het van hulle, van die seuns van Símeon, vyfhonderd man getrek na diegebergte Seïr; en Pelátja en Neárja en Refája en Ússiël, die seuns van Jíseï, was aan hulle hoof.

43 En hulle het die oorblyfsel van die vrygeraaktes van Ámalek verslaan en daar gaan woon tot vandag toe.

I KRONIEKE 5

Nakomelinge van Ruben.

1 EN die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel — wanthy was die eersgeborene; maar omdat hydie bed van sy vader ontheilig het,is sy eersgeboortereg aan die seuns van Josef, die seun van Israel, gegee, maar hy moes nie in die geslagsregister volgens die eersgeboortereg aangegee word nie;

2 want Juda was sterk onder sy broers, en uit hom het een ’n vors geword, maar die eersgeboortereg het Josef gehad —

3 die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel, was: Henog en Pallu, Hesron en Karmi.

4 Die seuns van Joël: sy seun Semája, sy seun Gog, sy seun Símeï;

5 sy seun Miga, sy seun Reája, sy seun Baäl,

6 sy seun Beëra, vir wie Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, in ballingskap weggevoer het; hy was ’n vors van die Rubeniete.

7 En sy broers volgens elkeen se geslag soos in die geslagsregister opgegee, volgens hulle afstamming, was: Jeï-el, die hoof; verder Sagaría

8 en Bela, die seun van Asas, die seun van Sema, die seun van Joël; hy wat in Ároër en tot by Nebo en Baäl-Méon gewoon het.

9 En teen die ooste het hy gewoon tot by die ingang na die woestyn, van die Eufraatrivier af; want hulle vee het baie gewordin die land Gílead.

10 En in die dae van Saul het hulle oorlog gevoer metdie Hagareners, en toe dié in hulle hand geval het, het hulle in hulle tente gewoon aan die hele oostekant van Gílead.

Nakomelinge van Gad.

11 EN die seuns van Gad het teenoor hulle in die land Basan gewoon tot by Salka.

12 Joël was die hoof, en Safam die tweede in rang, en Jaénai en Safat, in Basan.

13 En hulle broers volgens hulle families was: Mígael en Mesúllam en Seba en Jórai en Jáekan en Sia en Eber, sewe.

14 Dit was die seuns van Abígail, die seun van Huri, die seun van Jaróag, die seun van Gílead, die seun van Mígael, die seun van Jesísai, die seun van Jagdo, die seun van Bus.

15 Ahi, die seun van Ábdiël, die seun van Guni, was die hoof van hulle families.

16 En hulle het gewoon in Gílead, in Basan en in sy onderhorige plekke en in al die weivelde van Saron tot waar dit ophou.

17 Hulle almal is in die geslagsregister opgeneem in die dae vanJotam, die koning van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die koning van Israel.

18 Van die seuns van Ruben en Gad en die halwe stam van Manasse, naamlik van die helde, manne wat skild en swaard dra en die boog span en ervare is in die oorlog, was daar vier-en-veertigduisend-sewehonderd-en-sestig wat op kommando moes uittrek.

19 En hulle het oorlog gevoer met die Hagareners en Jetur en Nafis en Nodab;

20 en hulle het hulp gekry teen hulle, en die Hagareners is in hulle hand oorgegee, en almal wat met hulle saam was; want hulle het God aangeroep in die oorlog, en Hy het hulle verhoor, omdat hulle op Hom vertrou het.

21 En hulle het hulle vee weggevoer: van hul kamele vyftigduisend; tweehonderd-en-vyftigduisend stuks kleinvee en tweeduisend esels en honderdduisend mense.

22 Want baie gesneuweldes het daar gelê, omdat die oorlog van God was; en hulle het in hulle plek gewoon tot die ballingskap toe.

Nakomelinge van die halwe stam van Manasse.

23 EN die seuns van die halwe stam van Manasse het in die land gewoon van Basan af tot by Baäl-Hermon en Senir en die berg Hermon; hulle was baie.

24 En dit was die hoofde van hulle families, naamlik: Efer en Jíseï en Éliël en Ásriël en Jeremia en Hodáwja en Jagdíël, manne, dapper helde, manne van naam, hoofde van hulle families.

25 Maar hulle het ontrou gehandel teen die God van hulle vaders, en die gode van die volke van die land wat God voor hulle uit verdelg het, agternagehoereer.

26 Daarom het die God van Israel die gees van Pul, die koning van Assirië, naamlik die gees van Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, aangewakker, wat hulle, die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse, in ballingskap weggevoer en hulle gebring het na Halag en Habor en Hara en die rivier van Gosan tot vandag toe.

I KRONIEKE 6

Die nakomelinge van Levi. Hulle diens en hul wonings.

1 DIE seuns van Levi was: Gerson, Kehat en Merári.

2 En die seuns van Kehat was: Amram, Jishar en Hebron en Ússiël.

3 En die seuns van Amram was: Aäron en Moses, en Mirjam; en die seuns van Aäron was: Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar.

4 EnEleásar was die vader van Pínehas; Pínehas van Abisúa;

5 en Abisúa van Bukki; en Bukki van Ussi;

6 en Ussi van Serágja; en Serágja van Mérajot;

7 en Mérajot van Amárja; en Amárja van Ahítub;

8 en Ahítub van Sadok; enSadok van Ahímaäs;

9 en Ahímaäs van Asárja; en Asárja van Jóhanan;

10 en Jóhanan van Asárja; dit is hy wat die priesteramp bedien het in die huis wat Salomo in Jerusalem gebou het.

11 En Asárja was die vader van Amárja; en Amárja van Ahítub;

12 en Ahítub van Sadok; en Sadok van Sallum;

13 en Sallum vanHilkía; en Hilkía van Asárja;

14 en Asárja vanSerája; en Serája van Jósadak;

15 en Jósadak het saamgegaan toe dieHereJuda en Jerusalemdeur die hand van Nebukadnésar in ballingskap weggevoer het.

16 Die seuns van Levi was: Gersom, Kehat en Merári.

17 En dit is die name van die seuns van Gersom: Libni en Símeï.

18 En die seuns van Kehat was: Amram en Jishar en Hebron en Ússiël.

19 Die seuns van Merári was Magli en Musi. En dit is die geslagte van die Leviete volgens hulle families:

20 van Gersom — sy seun was Libni, sy seun Jahat, sy seun Simma,

21 sy seun Joag, sy seun Iddo, sy seun Serag, sy seun Jéatrai.

22 Die seuns van Kehat was: sy seun Ammínadab, sy seun Korag, sy seun Assir,

23 sy seun Élkana, en sy seun Ébjasaf, en sy seun Assir,

24 sy seun Tahat, sy seun Úriël, sy seun Ussía, en sy seun Saul.

25 En die seuns van Élkana was: Amásai en ÁhimotenÉlkana;

26 die seuns van Élkana: sy seun Sófai, en sy seun Nahat,

27 sy seun Elíab, sy seun Jeróham, sy seun Élkana.

28 En die seuns van Samuel: die eersgeboreneJoël,en die tweede Abía.

29 Die seuns van Merári was: Magli; sy seun Libni, sy seun Símeï, sy seun Ussa;

30 sy seun Símea, sy seun Haggía, sy seun Asája.

31 En dit is hulle wat Dawid aangestel het vir die leiding van die sang in die huis van dieHerevandat die ark ’n rusplek gevind het.

32 En hulle het as sangers gedien voor die tabernakel van die tent van samekoms, totdat Salomo die huis van dieHerein Jerusalem gebou het; en hulle het in hul dienswerk gestaan volgens hulle ordening.

33 En dit is hulle wat in diens gestaan het saam met hulle seuns: van die seuns van die Kehatiete:Heman, die sanger, die seun van Joël, die seun van Samuel,

34 die seun van Élkana, die seun van Jeróham, die seun van Éliël, die seun van Toag,

35 die seun van Suf, die seun van Élkana, die seun van Mahat, die seun van Amásai,

36 die seun van Élkana, die seun van Joël, die seun van Asárja, die seun van Sefánja,

37 die seun van Tahat, die seun van Assir, die seun van Ébjasaf, die seun van Korag,

38 die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, die seun van Israel.

39 En sy broer was Asaf, wat aan sy regterhand gestaan het; Asaf was die seun van Berégja, die seun van Símea,

40 die seun van Mígael, die seun van Baäséja, die seun van Malkía,

41 die seun van Etni, die seun van Serag, die seun van Adája,

42 die seun van Etan, die seun van Simma, die seun van Símeï,

43 die seun van Jahat, die seun van Gersom, die seun van Levi.

44 En hulle broers, die seuns van Merári, aan die linkerhand, was: Etan, die seun van Kisi, die seun van Abdi, die seun van Mallug,

45 die seun van Hasábja, die seun van Amásia, die seun van Hilkía,

46 die seun van Amsi, die seun van Bani, die seun van Semer,

47 die seun van Magli, die seun van Musi, die seun van Merári, die seun van Levi.

48 En hulle broers, die Leviete, wasbestemd vir al die dienswerk by die tabernakel van die huis van God.

49 Maar Aäron en sy seuns het offerrook laat opgaanop die brandofferaltaar enop die reukofferaltaar, vir al die werk in die Allerheiligste enom versoening te doen vir Israel, net soos Moses, die kneg van God, beveel het.

50 En dit is die seuns van Aäron: Eleásar was sy seun, Pínehas sy seun, Abisúa sy seun;

51 Bukki sy seun, Ussi sy seun, Serágja sy seun,

52 Mérajot sy seun, Amárja sy seun, Ahítub sy seun,

53 Sadok sy seun, Ahímaäs sy seun.

54 En dit was hulle woonplekke volgens hulle laers in hulle grondgebied — aan die seuns van Aäron, aan die geslag van die Kehatiete,want aan hulle was dieeerstelot.

55 Aan hulle dan is gegee: Hebron, in die land Juda, met sy weiveld daar rondom;

56 maar die saaigrond van die stad en sy dorpe het hulle aan Kaleb, die seun van Jefúnne, gegee.

57 En aan die seuns van Aäron het hulle die vrystad Hebron en Libna gegee met die weiveld daarvan, en Jattir en Estemóa met die weiveld daarvan,

58 en Hiles met sy weiveld, en Debir met sy weiveld,

59 en Asan met sy weiveld, en Bet-Semes met sy weiveld;

60 en van die stam van Benjamin: Geba met sy weiveld, en Alémet met sy weiveld, en Ánatot met sy weiveld. Al hulle stede in hulle geslagte was dertien stede.

61 En aan die ander seuns van Kehat uit die geslag van die stam, uit die halwe stam, half Manasse, tien stede deur die lot.

62 En aan die seuns van Gersom, volgens hulle geslagte, uit die stam van Íssaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van Náftali en uit die stam van Manasse in Basan, dertien stede.

63 Aan die seuns van Merári volgens hulle geslagte uit die stam van Ruben en uit die stam van Gad en uit die stam van Sébulon deur die lot, twaalf stede.

64 En die kinders van Israel het aan die Leviete die stede met hulle weiveld gegee:

65 hulle het deur die lot uit die stam van die seuns van Juda en uit die stam van die seuns van Símeon en uit die stam van die seuns van Benjamin hierdie stede gegee wat hulle met die naam genoem het.

66 En aandie anderuit die geslagte van die seuns van Kehat — die stede van hulle grondgebied was uit die stam van Efraim.

67 En hulle het aan hulle die vrystad Sigem met sy weiveld, op die gebergte van Efraim, en Geser met sy weiveld gegee;

68 en Jókmeam met sy weiveld, en Bet-Horon met sy weiveld,

69 en Ájalon met sy weiveld, en Gat-Rimmon met sy weiveld;

70 en uit die halwe stam van Manasse: Aner met sy weiveld, en Bíleam met sy weiveld — vir die geslag van die ander seuns van Kehat.

71 Aan die seuns van Gersom uit die geslag van die halwe stam van Manasse: Golan in Basan met sy weiveld, en Ástarot met sy weiveld;

72 en uit die stam van Íssaskar: Kedes met sy weiveld, Dáberat met sy weiveld,

73 en Ramot met sy weiveld, en Anem met sy weiveld;

74 en uit die stam van Aser: Masal met sy weiveld, en Abdon met sy weiveld,

75 en Hukok met sy weiveld, en Rehob met sy weiveld;

76 en uit die stam van Náftali: Kedes in Galiléa met sy weiveld, en Hammon met sy weiveld, en Kirjatáim met sy weiveld.

77 Aan die ander seuns van Merári uit die stam van Sébulon: Rimmóno met sy weiveld, Tabor met sy weiveld;

78 en oorkant die Jordaan van Jérigo, aan die oostekant van die Jordaan, uit die stam van Ruben: Beser in die woestyn met sy weiveld, en Jahas met sy weiveld,

79 en Kedémot met sy weiveld, en Mefáät met sy weiveld;

80 en uit die stam van Gad: Ramot in Gílead met sy weiveld, en Mahanáim met sy weiveld,

81 en Hesbon met sy weiveld, en Jaéser met sy weiveld.

I KRONIEKE 7

Nakomelinge van Íssaskar.

1 EN die seuns van Íssaskar was: Tola en Pua, Jasub en Simron, vier.

2 En die seuns van Tola was: Ussi en Refája en Jériël en Jágmai en Jibsam en Samuel, hoofde van hulle families, van Tola, dapper helde. Volgens hulle afstamming was hulle aantalin die dae van Dawid twee-en-twintigduisend-seshonderd.

3 En die seuns van Ussi was Jisrágja; en die seuns van Jisrágja was: Mígael en Obádja en Joël, Jissía, vyf, almal hoofde.

4 En by hulle, volgens hulle afstamming, volgens hulle families, was die afdelings krygsmanne: ses-en-dertigduisend; want hulle het baie vroue en kinders gehad.

5 En hulle broers, van al die geslagte van Íssaskar, dapper helde: sewen-en-tagtigduisend tel hulle geslagsregister in sy geheel.

Nakomelinge van Benjamin en Náftali.

6 BENJAMIN: Bela en Beger en Jedíael, drie.

7 En die seuns van Bela was: Esbon en Ussi en Ússiël en Jérimot en Iri, vyf hoofde van families, dapper helde; en hulle geslagsregister het getel: twee-en-twintigduisend-vier-en-dertig.

8 En die seuns van Beger was: Semíra en Joas en Eliëser en Eljoënai en Omri en Jéremot en Abía en Ánatot en Alémet; hulle almal was seuns van Beger.

9 En hulle geslagsregister het getel volgens hulle afstamming, hoofde van hulle families, dapper helde: twintigduisend-tweehonderd.

10 En die seuns van Jedíael was Bilhan; en die seuns van Bilhan was: Jehus en Benjamin en Ehud en Kenáäna en Setan en Tarsis en Ahisáhar.

11 Hulle almal, seuns van Jedíael, volgens die hoofde van die families, dapper helde, was sewentienduisend-tweehonderd wat in die oorlog op kommando moes uittrek.

12 Ook Suppim en Huppim was seuns van Ir; Husim, seuns van Aher.

13 Die seuns van Náftali was: Jágsiël en Guni en Jeser en Sallum, seuns van Bilha.

Nakomelinge van Manasse.

14 DIE seuns van Manasse was Ásriël watsy vrougebaar het; sy Aramese byvrou het Magir gebaar, die vader van Gílead;

15 en Magir het van Huppim en Suppim ’n vrou geneem; die naam van sy suster was Máäga. En die naam van die tweede was Selófhad; en Selófhad het dogters gehad.

16 En Máäga, die vrou van Magir, het ’n seun gebaar, en sy het hom Peres genoem; en die naam van sy broer was Seres, en sy seuns was Ulam en Rekem.

17 En die seuns van Ulam was Bedan; dit is die seuns van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse.

18 En sy suster Moléket het Ishod en Abiëser en Magla gebaar.

19 En die seuns van Semída was: Agjan en Segem en Likhi en Aníam.

Nakomelinge van Efraim.

20 EN die seuns van Efraim was Sutélag; en sy seun was Bered, en sy seun Tahat, en sy seun Eleáda, en sy seun Tahat,

21 en sy seun Sabad, en sy seun Sutélag en Eser en Élead; en die manne van Gat wat in die land gebore was, het hulle gedood, omdat húlle afgetrek het om hulle vee te neem.

22 Daarom het hulle vader Efraim baie dae lank gerou, en sy broers het gekom om hom te troos.

23 Daarna het hy by sy vrou ingegaan, en sy het swanger geword en ’n seun gebaar; en hy het hom Bería genoem, omdat dit tydens ’n onheil in sy huis gebeur het.

24 En sy dogter was Séëra; en sy het Bet-Horon-Onder en -Bo gebou, en Ussen-Séëra.

25 En sy seun was Refag, en Resef, en sy seun Telag, en sy seun Tahan;

26 sy seun Láedan; sy seun Ámmihud; sy seun Elisáma;

27 sy seun was Nun, sy seunJosua.

28 En hulle besitting en hulle woonplekke was Bet-el met sy onderhorige plekke; en teen die ooste Náäran, en teen die weste Geser met sy onderhorige plekke; en Sigem met sy onderhorige plekke tot by Ajja met sy onderhorige plekke.

29 En onder die bestuur van die seuns van Manasse was Bet-Sean met sy onderhorige plekke, Táänag met sy onderhorige plekke, Megíddo met sy onderhorige plekke, Dor met sy onderhorige plekke. Hierin het die seuns van Josef, die seun van Israel, gewoon.

Nakomelinge van Aser.

30 DIE seuns van Aser was: Jimma en Jiswa en Jiswi en Bería en Serag, hulle suster.

31 En die seuns van Bería was Heber en Málkiël; hy was die vader van Birsájit.

32 En Heber was die vader van Jaflet, en van Somer en Hotam en Sua, hulle suster.

33 En die seuns van Jaflet was: Pasag en Bimhal en Aswat; dit was die seuns van Jaflet.

34 En die seuns van Semer was: Ahi en Róhega, Jehúbba en Aram.

35 En die seuns van sy broer Helem was: Sofag en Jimna en Seles en Amal.

36 Die seuns van Sofag was: Suag en Harnéfer en Sual en Beri en Jimra,

37 Beser en Hōd en Samma en Silsa en Jitran en Beëra.

38 En die seuns van Jeter was: Jefúnne en Pispa en Ara.

39 En die seuns van Ulla was: Arag en Hánniël en Risja.

40 Hulle almal was seuns van Aser, hoofde van families, uitgesoekte dapper helde, hoofde van die vorste; en hulle geslagsregister het betrekking gehad op diens in die oorlog; hulle aantal was ses-en-twintigduisend man.

I KRONIEKE 8

Nakomelinge van Benjamin en Saul.

1 EN Benjamin was die vader van Bela, sy eersgeborene; die tweede, Asbel; en die derde, Agrag,

2 die vierde, Noha; en die vyfde, Rafa.

3 En Bela het seuns gehad: Addar en Gera en Abíhud

4 en Abisúa en Naäman en Ahóag

5 en Gera en Sefúfan en Huram.

6 En dit was die seuns van Ehud (hulle was hoofde van families van die inwoners van Geba, en hulle is in ballingskap na Manáhat weggevoer —

7 Naäman en Ahía en Gera het hulle in ballingskap weggevoer); en hy was die vader van Ussa en van Ahíhud.

8 En Saharáim het in die veld van Moab, nadat hy sy vroue Husim en Báära verstoot het, die vader van kinders geword:

9 by sy vrou Hodes was hy die vader van Jobab en Sibja en Mesa en Malkam,

10 en Jehus en Sagía en Mirma; dit was sy seuns, hoofde van families.

11 En by Husim was hy die vader van Abítub en Elpáäl.

12 En die seuns van Elpáäl was: Eber en Míseam en Semed; hy het Ono en Lod met sy onderhorige plekke gebou;

13 en Bería en Sema; hulle was hoofde van families van die inwoners van Ájalon; hulle het die inwoners van Gat verjaag;

14 en Agjo, Sasak en Jéremot

15 en Sebádja en Arad en Eder

16 en Mígael en Jispa en Joha, die seuns van Bería;

17 en Sebádja en Mesúllam en Hiski en Heber

18 en Jísmerai en Jislía en Jobab, die seuns van Elpáäl;

19 en Jakim en Sigri en Sabdi

20 en Eliënai en Sílletai en Éliël

21 en Adája en Berája en Simrat, die seuns van Símeï;

22 en Jispan en Eber en Éliël

23 en Abdon en Sigri en Hanan

24 en Hanánja en Elam en Antotía

25 en Jifdéja en Pnuel, die seuns van Sasak;

26 en Sámserai en Sehárja en Atálja

27 en Jaärésja en Elía en Sigri, die seuns van Jeróham.

28 Hulle was hoofde van families, volgens hulle afstamming, hoofde; hulle het in Jerusalem gewoon.

29 En in Gíbeon het die vader van Gíbeon gewoon, en die naam van sy vrou was Máäga.

30 En sy eersgebore seun was Abdon, verder Sur en Kis en Baäl en Nadab

31 en Gedor en Agjo en Seger.

32 En Miklot was die vader van Símea; en hulle het ook teenoor hulle broers in Jerusalem saam met hulle broers gewoon.

33 EnNer was die vader van Kis, en Kis van Saul, en Saul van Jónatan en Malkisúa en Abinádab en Esbáäl.

34 En die seun van Jónatan was Merib-baäl, en Merib-baäl was die vader van Miga.

35 En die seuns van Miga was: Piton en Meleg en Taäréa en Agas.

36 En Agas was die vader van Jehóadda, en Jehóadda van Alémet en Asmáwet en Simri; en Simri was die vader van Mosa.

37 En Mosa was die vader van Bínea; sý seun was Rafa; sý seun was Eleása; sý seun was Asel.

38 En Asel het ses seuns gehad; en dít was hulle name: Asríkam, Bogru en Ismael en Seárja en Obádja en Hanan; hulle almal was seuns van Asel.

39 En die seuns van Esek, sy broer, was: Ulam, sy eersgeborene, Jehus, die tweede, en Elifélet, die derde.

40 En die seuns van Ulam was manne, dapper helde wat die boog gespan het, en hulle het baie kinders en kindskinders gehad, honderd-en-vyftig. Hulle was almal uit die seuns van Benjamin.