II KRONIEKE 35

Josía hou ’n plegtige paasfees vir die Here.

1 DAARNAhet Josía in Jerusalem die pasga tot eer van dieHeregehou; en hulle het die pasga geslag op dieveertiende van die eerste maand.

2 En hy het die priesters hulle dienspligte laat waarneem en hulle versterk vir die diens in die huis van dieHere.

3 Ook het hy aan die Leviete,die onderwysers van die hele Israel, wat heilig was aan dieHere, gesê: Sit die heilige ark in die huis wat Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel, gebou het; julle hoef niks meer op die skouers te dra nie: dien nou dieHerejulle God en sy volk Israel;

4 en hou julle gereedvolgens julle families, volgens julle afdelings, ooreenkomstig dievoorskrif van Dawid, die koning van Israel, en dieverordening van sy seun Salomo:

5 gaan staan in die heiligdom volgens die afdelings van die families van julle broers, die volksgenote, naamlikvir elkeen daarvan’n afdeling van ’n Levitiese familie;

6 en slag die pasga enheilig julle en berei dit vir julle broers, om te doen volgens die woord van dieHeredeur die diens van Moses.

7 En Josía het aan die mense uit die volk afgegee kleinvee, skaaplammers en boklammers, dit alles as paasoffers, aan almal wat daar aanwesig was, dertigduisend in getal, en drieduisend beeste; dit was uit die besitting van die koning.

8 Ook sy vorste het aan die volk, aan die priesters en die Leviete vrywillig afgegee.Hilkía enSagaría en Jéhiël, die vorste oor die huis van God, het aan die priesters as paasoffers tweeduisend-seshonderdstuks kleinveeen driehonderd beeste gegee.

9 EnKonánja en sy broers Semája en Netáneël, en Hasábja en Jeï-el en Jósabad, die owerstes van die Leviete, het aan die Leviete as paasoffers vyfduisendstuks kleinveeen vyfhonderd beeste afgegee.

10 Die diens is toe gereël: die priestershet op hul plek gaan staan, en die Leviete volgens hulle afdelings, volgens die bevel van die koning.

11 Daarna het hulle die pasga geslag, en die priesters hetdie bloeduitdie Levietese hand geneem en dit uitgegooi, onderwyl die Leviete besig was om af te slag.

12 En hulle het wat vir die brandoffer bestem was, afgesonder om dit aan die familie-afdelings van die mense van die volk te gee om aan dieHerete offer, soos geskrywe is in die boek van Moses; en net so met die beeste.

13 En hullehet die pasga op die vuur gebraai volgens die voorskrif, maar die heilige gawes in potte en in kanne en in skottels gekook en gou aan al die mense van die volk gebring.

14 Daarna het hulle dit ook vir hulleself berei en vir die priesters; want die priesters, die seuns van Aäron, was tot in die nag besig met die offer van die brandoffer en die vetstukke; daarom het die Leviete dit vir hulleself en vir die priesters, die seuns van Aäron, berei.

15 En die sangers, die seuns van Asaf, was op hulle plek volgens die bevel vanDawid en van Asaf en Heman en Jedútun, die siener van die koning, endie poortwagters by elke poort; hulle het nie nodig gehad om van hulle diens af weg te gaan nie, want hulle broers, die Leviete, het dit vir hulle berei.

16 Die hele diens van dieHereis toe op dié dag gereël — om die pasga te hou en brandoffers te bring op die altaar van dieHerevolgens die gebod van koning Josía.

17 En die kinders van Israel wat aanwesig was, het die pasga gehou in dié tyd, en ook die fees vandie ongesuurde brode, sewe dae lank.

18 So’n pasga soos dié is in Israel nie gehou van die dae vandie profeet Samuel af nie, en al die konings van Israel het nie so ’n pasga gehou as wat Josía en die priesters en die Leviete en die hele Juda en Israel wat aanwesig was, en die inwoners van Jerusalem gehou het nie.

19 In die agttiende jaar van die regering van Josía is hierdie pasga gehou.

Josía sneuwel in ’n oorlog met Nego, koning van Egipte.

20 NÁ dit alles, toe Josía die huis herstel het, het Nego, die koning van Egipte, opgetrek om te veg byKárkemis aan die Eufraat, en Josía het uitgetrek hom tegemoet.

21 Toe stuur hy boodskappers na hom om te sê: Wat het ek met jou te doen, koning van Juda? Ek kom nie vandag teen jóú nie, maar teen die huis wat gedurig teen my oorlog voer; en God het gesê ek moet gou maak. Verset jou nie teen God wat met my is, dat Hy jou nie vernietig nie.

22 Josía het egter sy gesig nie van hom afgewend nie, maar homself onkenbaar gemaak om teen hom te veg; hy het nie geluister na die woorde van Nego uit die mond van God nie, en aangekom om te veg in die laagte van Megíddo.

23 En die skutters het koning Josía raak geskiet. Toe sê die koning aan sy dienaars: Bring my weg, want ek is swaar gewond.

24 Sy dienaars bring hom toe van die strydwa af weg en laat hom op sy tweede wa ry en vervoer hom na Jerusalem; en hy het gesterwe en is begrawe in die grafte van sy vaders, terwyl die hele Juda en Jerusalem oor Josíagerou het.

25 En Jeremiahet ’n klaaglied op Josía gedig, en aldie sangers en sangeresse het in hulle klaagliedere van Josía gespreek tot vandag toe en dit tot ’n insetting in Israel gemaak; en kyk, dit is beskrywe in die Klaagliedere.

26 En die verdere geskiedenis van Josía en sy vrome dade, volgens wat geskrywe is in die wet van dieHere,

27 sy geskiedenis dan, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Israel en Juda.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

three × three =