ESRA 5

Die tempelbou word hervat en voltooi onder Daríus.

1 MAARHaggai, die profeet, enSagaría, die seun van Iddo, die profete, het vir die Jode wat in Juda en Jerusalem was, geprofeteer in die Naam van die God van Israel wat oor hulle was.

2 Toe het Serubbábel, die seun van Seáltiël, en Jésua, die seun van Jósadak, klaargemaak, en hulle het begin om die huis van God wat in Jerusalem was, te bou, en saam met hulle was die profete van God wat hulle ondersteun het.

3 In dié tyd het Tattenai, die goewerneur wes van die Eufraat, en Setar-Bosenai en hulle partygenote na hulle gekom en só aan hulle gesê: Wie het julle bevel gegee om hierdie huis te bou en hierdie muur te voltooi?

4 Só het ons dan vir hulle gesê wat die name was van die manne wat hierdie gebou oprig.

5 Maardie oog van hulle God was oor die oudstes van die Jode, sodat hulle hul nie verhinder het nie, totdat die berig voor Daríus sou kom, en dan daaroor ’n brief teruggebring sou word.

6 ’n Afskrif van die brief wat Tattenai, die goewerneur wes van die Eufraat, en Setar-Bosenai en sy partygenote, die Afarsegaïete wat wes van die Eufraat was, aan koning Daríus gestuur het.

7 Hulle het aan hom ’n berig gestuur, en só was daarin geskrywe: Aan koning Daríus — alle heil!

8 Aan die koning word bekend gemaak dat ons na die provinsie Juda, na die huis van die grote God, gegaan het; en dit word van groot klippe gebou, en hout word teen die mure gelê, en daardie werk word sorgvuldig gedoen en vorder goed onder hulle hande.

9 Toe het ons daardie oudstes gevra; só het ons aan hulle gesê: Wie het julle bevel gegee om hierdie huis te bou en hierdie muur te voltooi?

10 Verder het ons vir hulle ook hul name gevra om u bekend te maak, dat ons die name van die manne wat aan hul hoof staan, kan skrywe.

11 En hulle het ons die volgende antwoord gegee en gesê: Ons is knegte van die God van hemel en aarde, en ons bou die huis wat baie jare gelede gebou is, wat ’n groot koning van Israel gebouen voltooi het.

12 Maaromdat ons vaders die God van die hemel vertoorn het, het Hy hulle oorgegee in die hand vanNebukadnésar, die koning van Babel, die Chaldeër; hy het hierdie huis verwoes en die volk na Babel weggevoer.

13 Maar in die eerste jaar vanKores, die koning van Babel, het koning Kores bevel gegee om hierdie huis van God te bou.

14 Enook die goue en silwervoorwerpe van die huis van God wat Nebukadnésar uit die tempel in Jerusalem weggevoer en in die tempel van Babel gebring het, dit het koning Kores uit die tempel van Babel uitgehaal, en dit is oorhandig aan een, met die naam vanSésbassar, wat hy as goewerneur aangestel het;

15 en hy het vir hom gesê: Neem hierdie voorwerpe, gaan sit dit in die tempel in Jerusalem, en laat die huis van God gebou word op sy plek.

16 Toe het hierdie Sésbassar gekom, hyhet die fondamente van die huis van God in Jerusalem gelê, en van toe af tot nou toe is daar gebou, maar dit is nog nie voltooi nie.

17 As die koning dit nou goedvind, laat dan nagesoek word in die skathuis van die koning daar in Babel, of dit so is dat deur koning Kores bevel gegee is om hierdie huis van God in Jerusalem te bou; en mag die koning sy beslissing hieroor aan ons stuur.

ESRA 6

1 TOE het koning Daríus bevel gegee, enhulle het nagesoek in die argief waar hulle in Babel die skatte wegbêre.

2 En in Agméta, in die vesting wat in die provinsie Medië lê, is ’n skrifrol gevind, en só was daarin geskrywe: Oorkonde.

3 In die eerste jaar van koning Kores het koning Kores bevel gegee: Die Godshuis in Jerusalem — dié huis moet gebou word as ’n plek waar hulle offers bring, en sy fondamente moet gelê word; sy hoogte moet sestig el, sy breedte sestig el wees;

4 met drie lae groot klippe en een laag nuwe hout; en die onkoste sal deur die huis van die koning gedra word.

5 En ookdie goue en silwervoorwerpe van die huis van God wat Nebukadnésar uit die tempel in Jerusalem weggevoer en na Babel gebring het, moet hulle teruggee, dat dit in die tempel in Jerusalem op hulle plek kan kom, en jy moet dit in die Godshuis sit.

6 Tattenai, goewerneur wes van die Eufraat, Setar-Bosenai met hulle partygenote, dieAfarsegaïete wes van die Eufraat — julle moet daar nou ver van af bly.

7 Laat die werk aan daardie Godshuis toe; die goewerneur van die Jode en die oudstes van die Jode mag daardie huis van God op sy plek bou.

8 En deur my word bevel gegee hoe julle met hierdie oudstes van die Jode moet handel om daardie huis van God te bou, naamlik: Uit die inkomste van die koning, uit diebelasting van die westelike gebied van die Eufraat moet die onkoste aan daardie manne sorgvuldig vergoed word sonder vertraging.

9 En wat nodig is, jong bulle sowel as ramme en lammers vir brandoffers aan die God van die hemel, koring, sout, wyn en olie moet aan hulle volgens opgawe van die priesters in Jerusalem sonder versuim dag vir dag gelewer word,

10 dat hulle welgevallige offers kan bring aan die God van die hemel en kan bid vir die lewe van die koning en van sy seuns.

11 En deur my word bevel gegee dat van elkeen wat hierdie bevel oortree, ’n balk uit sy huis geruk sal word, en dat hy daaraan opgehang en vasgeslaan sal word, en van sy huis hieroor ’n puinhoop gemaak sal word.

12 En mag God watsy Naam daar laat woon het, elke koning en volk neerwerp wat sy hand uitsteek om dit te oortree, om naamlik hierdie Godshuis in Jerusalem te verwoes. Ek, Daríus, gee bevel; sorgvuldig moet dit uitgevoer word.

13 Toe het Tattenai, die goewerneur wes van die Eufraat, Setar-Bosenai en hulle partygenote sorgvuldig net so gehandel soos koning Daríus laat weet het.

14 En die oudstes van die Jode het gebou en goed gevorder deur die profetiese werksaamheid van die profeet Haggai en Sagaría, die seun van Iddo; en hulle het gebou en voltooi op bevel van die God van Israel en op bevel vanKores enDaríus enArtasásta, koning van Persië.

15 En hierdie huis was klaar op die derde dag van die maandAdar; dit was die sesde jaar van die regering van koning Daríus.

Tempelwyding en paasfees.

16 EN die kinders van Israel, die priesters en die Leviete en die ander, uit die ballingskap afkomstig, hetdie inwyding van hierdie huis van God met vreugde gevier.

17 En hulle het geoffer by die inwyding van hierdie huis van God: honderd bulle, tweehonderd ramme, vierhonderd lammers entwaalf bokke as sondoffer vir die hele Israel volgens die getal van die stamme van Israel.

18 En hulle het die priesters aangestel volgens hulle afdelings en die Leviete volgens hulleafdelings vir die diens van God in Jerusalem, volgens die voorskrif van die boek van Moses.

19 En die ballinge het die pasga gehouop die veertiende van die eerste maand.

20 Want die priesters en die Leviete hethulle soos een man gereinig — hulle almal was rein — en die paaslam geslag vir al die ballinge en vir hulle broers, die priesters, en vir hulleself.

21 En die kinders van Israel wat uit die ballingskap teruggekeer het, het dit geëet en elkeen wat hom van die onreinheid van die nasies van die land afgesonder het om saam met hulle dieHere, die God van Israel, te soek.

22 Hulle het ook die fees van die ongesuurde brode met blydskapsewe dae lank gehou; want dieHerehet hulle verbly en die hart van die koning van Assirië na hulle omgewend, om hul hande te versterk in die werk aan die huis van God, die God van Israel.

ESRA 7

Koning Artasásta stuur Esra na Jerusalem om die diens van God te herstel.

1 EN ná hierdie gebeurtenisse, onder die regering vanArtasásta, die koning van Persië, het Esra,die seun van Serája, die seun van Asárja, die seun van Hilkía,

2 die seun van Sallum, die seun van Sadok, die seun van Ahítub,

3 die seun van Amárja, die seun van Asárja, die seun van Mérajot,

4 die seun van Serágja, die seun van Ussi, die seun van Bukki,

5 die seun van Abisúa, die seun van Pínehas, die seun van Eleásar, die seun van Aäron, die hoëpriester,

6 het hierdie Esra opgetrek uit Babel; en hy was’n skrifgeleerde, vaardig in die wet van Moses wat dieHere, die God van Israel, gegee het; en die koning het,omdat die hand van dieHeresy God oor hom was, al sy begeertes ingewillig.

7 Ook van diekinders van Israel en van die priesters endie Leviete en die sangers en die poortwagters endie tempelbediendes het na Jerusalem opgetrek in die sewende jaar van koning Artasásta.

8 En hy het in Jerusalem gekom in die vyfde maand; dit was die sewende jaar van die koning.

9 Want op die eerste van die eerste maand het hy die optog uit Babel gereël, en op die eerste van die vyfde maand het hy in Jerusalem aangekom, omdat die goeie hand van sy God oor hom was.

10 Want Esra het sy hart daarop gerig om die wet van dieHerete ondersoek en te betrag, en omIsrael die insettinge en verordeninge te leer.

11 En dit is die afskrif van die brief wat koning Artasásta gegee het aan Esra, die priester-skrifgeleerde, wat skrifgeleerd was in die woorde van die gebooie en insettinge van dieHereoor Israel:

12 Artasásta,die koning van die konings, aan die priester Esra, skrifgeleerde in die wet van die God van die hemel, volkomevrede!En nou —

13 deur my is bevel gegee dat elkeen van die volk van Israel en van sy priesters en Leviete wat in my koninkryk gewillig is om na Jerusalem te trek, met jou mag saamtrek;

14 omdat jy vanweë die koning en sysewe raadsmanne gestuur is om oor Juda en in Jerusalem ondersoek te doen volgens die wet van jou God wat in jou hand is,

15 en om die silwer en goud weg te bring wat die koning en sy raadsmanne vrywillig gee aan die God van Israel wie se woning in Jerusalem is,

16 en al die silwer en goud wat jy sal vind in die hele provinsie Babel saam met die vrywillige gawes van die volk en die priesters wat vrywillig gee vir die huis van hulle God wat in Jerusalem is.

17 Daarom moet jy sorgvuldig met hierdie geld koop bulle, ramme, lammers met diespysoffers endrankoffers wat daarby behoort, en dit op die altaar van die huis van julle God in Jerusalem offer.

18 En wat jy en jou broers goedvind om met die orige silwer en goud te doen, kan julle doen volgens die wil van julle God.

19 Maar die voorwerpe wat aan jou gegee word vir die diens van die huis van jou God, moet jy aflewer voor die God van Jerusalem.

20 En die ander benodigdhede vir die huis van jou God wat jy sal moet gee, mag jy gee uit die skathuis van die koning.

21 En deur my, koning Artasásta, is bevel gegee aan al die skatmeesters wat wes van die Eufraat is, dat alles wat Esra, die priester, die skrifgeleerde in die wet van die God van die hemel, van julle vra, sorgvuldig gedoen moet word,

22 tot honderd talente silwer en tot honderd kor koring en tot honderd bat wyn en tot honderd bat olie toe en sout sonder beperking.

23 Alles wat volgens die bevel van die God van die hemel is, moet stiptelik uitgevoer word vir die huis van die God van die hemel; want waarom sou daar ’n toorn kom oor die koninkryk van die koning en sy seuns?

24 En ons maak julle bekend dat wat betref al die priesters en Leviete, sangers, poortwagters, tempelbediendes of dienaars van hierdie huis van God, niemand gemagtig is om hullebelasting, opbrings of tol op te lê nie.

25 En jy, Esra, volgens die wysheid van jou God wat jy besit, stel owerhede en regters aan om vir die hele volk wat wes van die Eufraat is, reg te spreek, almal wat die wette van jou God ken; en wie dit nie ken nie, moet julle dit leer.

26 En elkeen wat die wet van jou God en die wet van die koning nie doen nie, teen hom moet geregtelik opgetree word, hetsy ter dood of tot verbanning of geldboete of gevangenisstraf.

27 Geloofd sy dieHere, die God van ons vaders, wat so iets in die hart van die koning gegee het, om die huis van dieHerewat in Jerusalem is, te versier;

28 enwat my guns laat vind het voor die koning en sy raadsmanne en voor al die magtige vorste van die koning. Toe het ek moed geskep, omdat die hand van dieHeremy God oor my was, en ek het die hoofde uit Israel versamel om saam met my op te trek.

ESRA 8

Register van Juda wat saam met Esra teruggegaan het. Hulle reis.

1 EN dit is hulle familiehoofde, met hulle geslagsregister, wat saam met my onder die regering van koning Artasásta uit Babel opgetrek het:

2 van die kinders vanPínehas: Gersom; van die kinders vanÍtamar:Daniël; van die kinders van Dawid:Hattus,

3 van die kinders vanSegánja; van die kinders vanParhos: Sagaría, en saam met hom in die register opgeneem, aan manspersone, honderd-en-vyftig;

4 van die kinders vanPahat-Moab: Eljehóënai, die seun van Serágja, en saam met hom tweehonderd manspersone;

5 van die kinders vanSattu:Segánja, die seun van Jahásiël, en saam met hom driehonderd manspersone;

6 en van die kinders van Adin: Ebed, die seun van Jónatan, en saam met hom vyftig manspersone;

7 en van die kinders vanElam: Jesaja, die seun van Atálja, en saam met hom sewentig manspersone;

8 en van die kinders vanSefátja: Sebádja, die seun van Mígael, en saam met hom tagtig manspersone;

9 van die kinders vanJoab: Obádja, die seun van Jéhiël, en saam met hom tweehonderd-en-agttien manspersone;

10 en van die kinders vanBani:Selómit, die seun van Josífja, en saam met hom honderd-en-sestig manspersone;

11 en van die kinders vanBébai: Sagaría, die seun van Bébai, en saam met hom agt-en-twintig manspersone;

12 en van die kinders van Asgad: Jóhanan, die seun van Hakkátan, en saam met hom honderd-en-tien manspersone;

13 en van die kinders van Adoníkam wat latergekom het,en dit was hulle name: Elifélet, Jeï-el en Semája, en saam met hulle sestig manspersone;

14 en van die kinders vanBigwai: Útai en Sabbud, en saam met hom sewentig manspersone.

15 En ek het hulle versamel by die rivier wat na Áhawa loop, en ons het daar drie dae laer opgeslaan; en ek het op die volk en die priesters ag gegee, maar van diekinders van Levi daar nie aangetref nie.

16 Daarom het ek Eliëser, Áriël, Semája en Élnatan en Jarib en Élnatan en Natan en Sagaría en Mesúllam, die hoofde, en Jójarib en Élnatan, die leraars, gestuur

17 en hulle bevel gegee aan Iddo, die hoof in die plek Kasífja; en ek het die woorde in hulle mond gelê wat hulle met Iddo,ensy broers, die tempelbediendes in die plek Kasífja, moes spreek, dat hulle vir ons dienaars vir die huis van onse God moes bring.

18 En hulle het vir ons,omdat die goeie hand van onse God oor ons was, verstandige manne uit die kinders vanMagli, die seun van Levi, die seun van Israel, gebring, naamlik Serébja met sy seuns en sy broers, agttien;

19 en Hasábja, en saam met hom Jesaja, van die kinders van Merári, sy broers en hulle seuns, twintig;

20 en van die tempelbediendes wat Dawid en die owerstes vir die diens van die Leviete gegee het, tweehonderd-en-twintig tempelbediendes wat almalmet hulle name aangewys was.

21 Toe het ek daar’n vastyd uitgeroep aan die rivier Áhawa, om ons teverootmoedig voor die aangesig van onse God ten einde van Hom ’n voorspoedige reis te vra vir ons en ons families en al ons goed.

22 Want ek was skaam om van die koning ’n leër en perderuiters te vra om ons te help teen vyande op die pad, omdat ons met die koning gespreek en gesê het:Die hand van onse God isten goede oor almal wat Hom soek, maar sy krag en sy toorn oor almal watHom verlaat.

23 So het ons dan gevas en onse God dit gevra, en Hyhet ons verhoor.

24 Toe het ek van die priesterowerstes twaalf afgesonder:Serébja, Hasábja en tien van hulle broers saam met hulle.

25 En ek het vir hulledie silwer en die goud en die voorwerpe afgeweeg, die offergawe aan die huis van onse God wat die koning en sy raadsmanne en sy vorste en die hele Israel wat aanwesig was, aangebied het.

26 En ek het in hulle hand afgeweeg: seshonderd-en-vyftig talente silwer en silwervoorwerpe van honderd talente, honderd talente in goud,

27 en twintiggoue bekers van duisend darieke en twee mooi goudgeel voorwerpe van koper, kosbaar soos goud.

28 En ek het vir hulle gesê: Julle isheilig aan dieHere, en die voorwerpe isheilig, en die silwer en die goud is ’n vrywillige gawe aan dieHere, die God van julle vaders.

29 Waak daaroor en bewaar dit, totdat julle dit afweeg voor die owerstes van die priesters en die Leviete en die familie-owerstes van Israel in Jerusalem, indie vertrekke van die huis van dieHere.

30 Toe het die priesters en die Leviete die gewig van die silwer en die goud en die voorwerpe ontvang om dit na Jerusalem, na die huis van onse God te bring.

31 Daarna het ons weggetrek van die rivierÁhawa af opdie twaalfde van die eerste maand, om na Jerusalem te gaan; endie hand van onse God was oor ons, sodat Hy ons gered het uit die hand van die vyand en die wat ons voorlê op die pad.

32 Enons het in Jerusalem aangekom en daar drie dae gebly.

33 En op die vierde dag is die silwer en die goud en die voorwerpein die huis van onse God afgeweeg onder bewaring van die priesterMéremot, die seun van Uría, en by hom was Eleásar, die seun van Pínehas, en by hulleJósabad, die seun van Jésua, en Noádja, die seun van Bínnuï, die Leviete —

34 volgens getal en gewig van alles; en tegelykertyd is die hele gewig opgeskrywe.

35 Hulle wat uit die gevangenskap gekom het, die seuns van die ballingskap, het brandoffers gebring aan die God van Israel:twaalf bulle vir die hele Israel, ses-en-negentig ramme, sewen-en-sewentig lammers, twaalf bokke as sondoffer — dit alles as brandoffer aan dieHere.

36 En hulle het diebevelskrifte van die koning gegee aan dielandvoogde van die koning en diegoewerneurs wes van die Eufraat, en dié het die volk en die huis van God ondersteun.

ESRA 9

Rou en gebed van Esra oor volksondes van vermenging met die heidene.

1 EN toe dit klaar was, het die owerstes na my gekom en gesê: Die volk van Israel en die priesters en die Leviete hethulle nie afgesonder van die volke van die lande,wat hulle gruwels betref nie, naamlik van die Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Jebusiete, Ammoniete, Moabiete, Egiptenaars en Amoriete.

2 Want hulle hetvan húlle dogters vir hulleself en vir hul seuns geneem, sodat dieheilige geslag hommet die volke van die lande vermeng het; en die owerstes en dieleiers het in hierdie ontrou eerste die hand gehad.

3 En toe ek dit hoor,het ek my kleed en my mantel geskeur en van die hare van my hoof en my baard uitgepluk en verslae neergesit.

4 En by my het byeengekom almal watgebeef het vir die woorde van die God van Israel, oor die ontrou van die ballinge; maar ek het verslae bly sit tot dieaandoffer toe.

5 Maar op die tyd van die aandoffer het ek opgestaan uit my verootmoediging; en terwyl ek my kleed en my mantel skeur, het ek op my knieë my gebuig enmy hande uitgebrei na dieHeremy God

6 en gesê: My God, ek voel te beskaamd en verleë om my aangesig tot U, my God, op te hef, wantons ongeregtighede het oor ons hoof gegroei, en ons skuldis hemelhoog.

7 Van die dae van ons vaders af tot vandag toe is ons in ’n groot skuld, en oor ons ongeregtighede is ons self, ons konings, ons priesters oorgegee in die hand van die konings van die lande, aan die swaard, aan gevangenskap en aan plundering enbeskaming van die aangesig soos dit vandag is.

8 En nou was daar vir ’n klein oomblik genade van die kant van dieHereonse God, om vrygeraaktes vir ons te laat oorbly en ons ’n pen te gee in sy heilige plek, sodat onse Godons oë verhelder het en ons ’n bietjie verademing geskenk het in ons diensbaarheid.

9 Want slawe is ons; in ons slawerny egter het onse God ons nie verlaat nie, maar Hyhet ons guns laat vind voor die konings van Persië, sodat hulle ons verademing geskenk het om die huis van onse God weer op te rig en sy puinhope te herstel en ons ’n muur te gee in Juda en Jerusalem.

10 En wat sal ons nou ná hierdie dinge sê, onse God? Want ons het u gebooie verlaat

11 wat U deur u knegte, die profete, beveel het deur te sê: Die land waar julle inkom om dit in besit te neem, is ’n onrein land vanweë die onreinheid van die volke van die lande, deur hulle gruwels waarmee hulle dit van die een end tot die ander vervul het in hulle onreinheid.

12 Gee dan nou julle dogters nie aan hulle seuns en neem hulle dogters nie vir julle seuns nie, ensoek tot in ewigheid nie hulle vrede en geluk nie, sodat julle kan sterk word en die goeie van die land geniet en dit aan julle kinders as besitting kan gee tot in ewigheid.

13 En ná alles wat oor ons gekom het vanweë ons slegte dade en ons groot skuld — want U, onse God, het ons minder toegereken as wat ons ongeregtighede verdien het, en aan ons nog soveel vrygeraaktes gegee —

14 sal ons weer u gebooie verbreek en ons verswaer met hierdie gruwelike volke? Sal U nie op ons vertoorn wees, totdat ons vernietig is, sodat daar geen oorblyfsel of vrygeraakte meer is nie?

15 Here, God van Israel,U is regverdig; want ons het as vrygeraaktes oorgebly soos dit vandag is. Hier is ons in ons skuld voor u aangesig, want niemand kan om sulke dinge voor u aangesig bestaan nie.

ESRA 10

Die vreemde vroue word weggestuur.

1 ENterwyl Esra bid en hy wenende neerval en belydenis doenvoor die huis van God, kom daar uit Israel ’n baie groot vergadering van manne en vroue en kinders by hom bymekaar; want die volk het geween met ’n groot geween.

2 Toe het Segánja, die seun van Jéhiël, van die seuns van Elam, begin spreek en aan Esra gesê: Ons het ontrou gehandel teen onse God, dat ons vreemde vroue uit die volke van die land getrou het; maar tog is daar nog hoop vir Israel in hierdie saak.

3 Laat ons dan nou ’n verbond met onse God sluit om al die vroue en wat uit hulle gebore is, weg te stuur volgens die raad van my heer en van die watbeef vir die gebod van onse God, en laatvolgens die wet gehandel word.

4 Staan op, want die saak rus op u, en ons staan by u; wees sterk en handel!

5 Toe het Esra opgestaan en hy het die owerstes van die priesters, die Leviete en die hele Israellaat sweer om volgens hierdie woord te handel; en hulle het gesweer.

6 En Esra het hom opgerigvan voor die huis van God en weggegaan na die kamer vanJóhanan, die seun van Éljasib. En hy het daar gekom; geen brood het hy geëet en geen water gedrink nie, want hy het rou bedrywe oor die ontrou van die ballinge.

7 Toe het hulle ’n oproep deur Juda en Jerusalem laat gaan aan al die ballinge om in Jerusalem saam te kom.

8 En elkeen wat nie binne drie dae inkom nie, dié se hele besitting sou volgens besluit van die owerstes en die oudstes deur die banvloek getref word, en hy self uit die vergadering van die ballinge uitgesluit word.

9 Daarop het al die manne van Juda en Benjamin binne drie dae in Jerusalem saamgekom; dit was die negende maand, op die twintigste van die maand; en die hele volk het op die plein van die huis van God gesit en bewe vanweë die saak self en vanweë die reënbuie.

10 En die priester Esra het opgestaan en vir hulle gesê: Julle was ontrou en het vreemde vroue getrou om die skuld van Israel te vermeerder.

11 Gee dan nou aan dieHere, die God van julle vaders, die eer en doen wat Hom behaag en sonder julle af van die volke van die land en van die vreemde vroue.

12 Toe antwoord die hele vergadering en sê hardop: Só, volgens u woorde, is ons verplig om te handel;

13 maar die mense is baie, en dit is die reëntyd — dit is onmoontlik om buite te staan; en dit is nie ’n werk van een dag en nie van twee nie, want ons het in hierdie saak swaar oortree.

14 Laat tog ons owerstes vir die hele vergadering optree, dan kan almal in ons stede wat vreemde vroue getrou het, opvasgestelde tye kom, en die oudstes en die regters van elkeen se stad saam met hulle, om die toorngloed van onse God, wat hierdie saak betref, van ons af te wend.

15 Net Jónatan, die seun van Ásahel, en Jagséja, die seun van Tikwa, het hierteen opgetree, en Mesúllam en die Leviet Sábbetai het hulle gesteun.

16 Maar die seuns van die ballingskap het so gedoen; en afgesonder is: Esra, die priester,saam metmanne, familiehoofde volgens hulle families, en hulle is almal by hul naamgenoem;en hulle het opdie eerste dag van die tiende maand sitting gehou om die saak te ondersoek,

17 en met al die manne wat vreemde vroue getrou het, was hulle gereed op die eerste dag van die eerste maand.

18 En van die seuns van die priesters wat vreemde vroue getrou het, was daar van die seuns vanJésua, die seun van Jósadak, en sy broers: Maäséja en Eliëser en Jarib en Gedálja.

19 Maar hullehet hulle hand daarop gegeedat hulle hul vroue sou wegstuur en dat hulle ’n ram skuldig sou wees vir hulle skuld.

20 En van die seuns van Immer: Hanáni en Sebádja;

21 en van die seuns vanHarim: Maäséja en Elía en Semája en Jéhiël en Ussía;

22 en van die seuns van Pasgur: Eljoënai, Maäséja, Ismael, Netáneël, Jósabad en Eleása.

23 En van die Leviete: Jósabad en Símeï en Kelája (dit is Kelíta), Petágja, Juda en Eliëser.

24 En van die sangers: Éljasib; en van die poortwagters: Sallum en Telem en Uri.

25 En uit Israel, van die seuns van Parhos: Ramja en Jissía en Malkía en Míjamin en Eleásar en Malkía en Benája;

26 en van die seuns van Elam: Mattánja, Sagaría en Jéhiël en Abdi en Jéremot en Elía;

27 en van die seuns van Sattu: Eljoënai, Éljasib, Mattánja en Jéremot en Sabad en Asísa;

28 en van die seuns van Bébai: Jóhanan, Hanánja, Sábbai en Átlai;

29 en van die seuns van Bani: Mesúllam, Mallug en Adája, Jasub en Seal, Jéremot;

30 en van die seuns van Pahat-Moab: Adna en Kelal, Benája, Maäséja, Mattánja, Besáleël en Bínnuï en Manasse;

31 en van die seuns van Harim: Eliëser, Jissía, Malkía, Semája, Símeon,

32 Benjamin, Mallug, Semárja;

33 van die seuns van Hasum: Mátnai, Mattátta, Sabad, Elifélet, Jerémai, Manasse, Símeï;

34 van die seuns van Bani: Máädai, Amram en Úel,

35 Benája, Bedéja, Kelúhu,

36 Wanja, Méremot, Éljasib,

37 Mattánja, Mátnai en Jáäsai

38 en Bani en Bínnuï, Símeï

39 en Selémja en Natan en Adája,

40 Magnádbai, Sásai, Sarai,

41 Asáreël en Selémja, Semárja,

42 Sallum, Amárja, Josef;

43 van die seuns van Nebo: Jeï-el, Mattítja, Sabad, Sebína, Jáddai en Joël, Benája.

44 Hulle almal het vreemde vroue getrou, en daaronder was vroue wat kinders voortgebring het.

II KRONIEKE 1

Salomo bid om wysheid en verkry dit.

1 ENSalomo, die seun van Dawid, het hom versterk in sy koningskap; en dieHeresy God was met hom en het hom uitermate groot gemaak.

2 En Salomo het met die hele Israel gespreek, metdie owerstes oor duisend en oor honderd en met die regters en met elke vors in die hele Israel, die familiehoofde;

3 en hulle het gegaan, Salomo en die hele vergadering saam met hom, nadie hoogte wat by Gíbeon is; want daar was die tent van samekoms van Godwat Moses, die kneg van dieHere, in die woestyn gemaak het.

4 Maar Dawid het die ark van God uitKirjat-Jeárim laat bring na die plek wat Dawid daarvoor ingerig het; want hy het daarvoor ’n tent in Jerusalem opgeslaan.

5 Ookdie koperaltaar watBesáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, gemaak het, was daar voor die tabernakel van dieHere; en Salomo en die vergadering het dit besoek.

6 En Salomo het daar op die koperaltaar wat by die tent van samekoms behoort het, voor die aangesig van dieHeregeoffer en daarop duisend brandoffers gebring.

7 In dieselfde nag het God aan Salomo verskyn en aan hom gesê: Begeer wat Ek jou moet gee.

8 En Salomo het tot God gespreek: Ú het aan my vader Dawid ’n groot guns bewys en my in sy plek koning gemaak.

9 HereGod, laat u woord aan my vader Dawid nou bewaarheid word; want Ú het my koning gemaak oor ’n volk talryk soos die stof van die aarde.

10 Gee my nou wysheid en kennis, dat ek voor hierdie volk kan uit- en ingaan, want wie kan hierdie groot volk van U regeer?

11 Toe sê God aan Salomo: Omdat dít in jou hart gewees het, en jy nie rykdom, skatte en eer en die lewe van jou haters of selfs ’n lang lewe begeer het nie, maar wysheid en kennis vir jou begeer het om my volk waaroor Ek jou koning gemaak het, te kan regeer —

12 daarom word dié wysheid en dié kennis aan jou gegee. Ek sal jou ook rykdom en skatte en eer geesoos die konings wat voor jou gewees het, nie gehad het nie, en soos ná jou nie sal wees nie.

13 En Salomo het van die hoogte wat by Gíbeon is, van die tent van samekoms af, in Jerusalem aangekom, en hy het oor Israel geregeer.

Waens en perderuiters van Salomo.

14 EN Salomo het strydwaens en perderuiters versamel, sodathy veertienhonderd waens en twaalfduisend perderuiters gehad het; en hy het hulle indie stede vir die waens en by die koning in Jerusalem opgestel.

15 En die koning het die silwer en die goud in Jerusalem gemaak soos die klippe, en die seders het hy gemaak soos die wildevyebome wat in die Laeveld is, in menigte.

16 En die uitvoer van perde vir Salomo het plaasgevind uit Egipte en uit Kwé; handelaars van die koning het hulle uit Kwé gaan haal teen koopprys.

17 En hulle het uit Egipte ’n wa laat optrek en dit uitgevoer vir seshonderdsikkelssilwer en ’n perd vir honderd-en-vyftig; en so is dit vir al die konings van die Hetiete en die konings van Aram deur hulle uitgevoer.

II KRONIEKE 2

Ooreenkoms van Salomo met Huram en ander toebereidsels vir die bou van die tempel.

1 EN Salomo het gedink om vir die Naam van dieHere’n huis te bou en ’n huis vir sy koningskap.

2 EnSalomo het sewentigduisendlasdraers afgetel en tagtigduisend klipkappers op die gebergte en drieduisend-seshonderd opsigters oor hulle.

3 Toe laat Salomo Huram, die koning van Tirus, weet:Soos u aan my vader Dawid gedoen het deur aan hom seders te stuur, dat hy vir hom ’n huis kon bou om in te woon,doen dit ook aan my.

4 Kyk, ek gaan ’n huis bou vir die Naam van dieHeremy God, om dit aan Hom te heilig — om voor sy aangesig reukwerk van speserye aan die brand te steek endie toonbrode gedurigreg te siten die brandoffers smôrens en saanste bringop die sabbatte en op die nuwemane en op die feestye van dieHereonse God — ’n ewige verpligting op Israel.

5 En die huis wat ek gaan bou, sal groot wees; want onse God is groter as al die gode.

6 Maar wie is in staat om vir Hom ’n huis te bou? Wantdie hemele, ja, die hoogste hemel, kan Hom nie bevat nie. Wie is ek dan, dat ek vir Hom ’n huis kan bou, behalwe om voor sy aangesig offers aan die brand te steek?

7 Stuur my dan nou ’n kunsvaardige man om goud en silwer en koper en yster en purperrooi en bloedrooi en pers stowwe te bewerk, en wat verstaan om figure uit te sny saam met die kunstenaars wat by my in Juda en in Jerusalem is,wat my vader Dawid bestel het.

8 Stuur ook aan my seder-, sipres- en sandelhout van die Líbanon af, want ek weet dat u dienaars verstaan om die hout van die Líbanon te kap; en kyk, my dienaars sal saam met u dienaars wees,

9 naamlik om hout in menigte vir my gereed te maak, want die huis wat ek gaan bou, sal groot en wonderbaar wees.

10 En kyk, ek gee as voedsel aan die houtkappers wat die bome kap, aan u dienaars,twintigduisend kor koring en twintigduisend kor gars en twintigduisend bat wyn en twintigduisendbat olie.

11 En Huram, die koning van Tirus, het in ’n brief gesê wat hy aan Salomo gestuur het:Omdat dieHeresy volk liefhet, het Hy u as koning oor hulle aangestel.

12 Verder het Huram gesê: Geloofd sy dieHere, die God van Israel, wat die hemel en die aarde gemaak het, wat aan koning Dawid ’n wyse seun gegee het, begaafd met insig en verstand, om ’n huis vir dieHereen ’n huis vir sy koninkryk te bou.

13 Ek stuur dan nou ’n kunstenaar, begaafd met verstand, naamlik Huram Abi,

14 die seun van ’n vrou uit die dogters van Dan, maar wie se vader ’n man van Tirus is, wat verstaan om goud en silwer, koper, yster, klippe en hout, purperrooi, pers stowwe en fyn linne en bloedrooi stowwe te bewerk; en om allerhande figure uit te sny en om enige kunstige plan uit te dink wat aan hom opgedra word, saam met u kunstenaars en die kunstenaars van my heer, u vader Dawid.

15 Laat my heer dan nou die koring en die gars, die olie en die wyn wathy gesê het, aan sy dienaars stuur.

16 En óns sal bome uit die Líbanon kap net soveel as u nodig het, en ons sal dit vir u as vlotte oor die see na Jafo bring; dan kan ú dit na Jerusalem laat vervoer.

17 En Salomo het al die uitlanders getel wat in die land van Israel was, volgens die telling wat sy vaderDawid van hulle gehou het, en dit het geblyk dat daar honderd-drie-en-vyftigduisend-seshonderd was.

18 En sewentigduisend van hulle het hy lasdraers gemaak en tagtigduisend klipkappers op die gebergte en drieduisend-seshonderd opsigters om die mense te laat werk.

II KRONIEKE 3

Bou van die tempel.

1 ENSalomo het die huis van dieHerebegin bou in Jerusalem op die bergMoría waar Hy aan sy vader Dawid verskyn het, op die plek wat Dawid reggemaak het op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet.

2 En hy het begin bou in die tweede maand, op die tweededag,in die vierde jaar van sy regering.

3 En dit is die grondplan van Salomo vir die bou van die huis van God:die lengte, in elle volgens die ou maat, sestig el, en die breedte twintig el.

4 En dievoorportaal voordie huis— die lengte daarvan voor op die breedte van die huis was twintig el en die hoogte twintig el; en binnekant het hy dit met suiwer goud oorgetrek.

5 Endie groot vertrek het hy met sipreshout oordek en dit met goeie goud oorgetrek en daar palmbome en kettings op aangebring.

6 Verder het hy die huis met kosbare stene as versiering oorgetrek, en die goud was goud van Parwáim.

7 Ook het hy die huis, die balke, die drumpels en die mure en deure daarvan met goud oorgetrek en gérubs op die mure uitgesny.

8 Verder het hy dieAllerheiligste Vertrek gemaak; die lengte daarvan, voor op die breedte van die huis, was twintig el, en die breedte daarvan twintig el; en hy het dit oorgetrek met fyn goud, van seshonderd talente.

9 En die gewig van die spykers was vyftig sikkels aan goud; ook diebovertrekke het hy met goud oorgetrek.

10 Ook het hy in die Allerheiligste Vertrektwee gérubs gemaak, ’n werk van beeldhoukuns, en dit met goud oorgetrek.

11 En die vlerke van die gérubs, die lengte daarvan was twintig el; die vlerk van vyf el van die een het geraak aan die muur van die vertrek, terwyl die ander vlerk van vyf el geraak het aan die vlerk van die ander gérub;

12 en die vlerk van die ander gérub van vyf el het geraak aan die muur van die vertrek, en die ander vlerk van vyf el was vas teen die vlerk van die ander gérub.

13 Hierdie gérubs het die vlerke twintig el uitgesprei, en hulle het op hul voete gestaan met hul gesigte na die huis toe.

14 En die voorhangsel het hy gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi en fyn linne en daar gérubs op aangebring.

15 Verder het hy twee pilare voor die huis gemaak;vyf-en-dertig el was die hoogte, met ’n kapiteel wat op die top daarvan was, vyf elhoog.

16 Hy het ook kettings gemaak soos ’n krans en dit op die top van die pilare aangebring; verder het hy honderd granaatjies gemaak en aan die kettings bevestig.

17 En hy het die pilare voor die tempel opgerig, die een regs en die ander links; en die regter-een het hy genoem Jagin, en die linker-een Boas.

II KRONIEKE 4

Die koperaltaar vir die brandoffer en ander gereedskap van die tempel.

1 VERDER het hy ’nkoperaltaar gemaak; twintig el was sy lengte en twintig el sy breedte en tien el sy hoogte.

2 Hy het ook die see gemaak van gietwerk; van rand tot rand was tien el, heeltemal rond; en die hoogte daarvan was vyf el, en ’n lyn van dertig el kon dit rondom omspan.

3 En daar onderaan het afbeeldings van kolokwinte dit heeltemal rondom omring — tien op ’n el; hulle het die see rondom omgewe, twee rye kolokwinte, daarmee saam uit een stuk gegiet.

4 Dit het gestaan op twaalf beeste: drie kyk na die noorde, en drie kyk na die weste, en drie kyk na die suide, en drie kyk na die ooste toe; en die see was bo-op hulle, en al hulle agterdele binnekant toe.

5 En die dikte daarvan was ’n handbreedte, en sy rand was in die vorm van ’n bekerrand,soos’n lelieblom; wat die inhoud betref, het dit drieduisend bat gehou.

6 En hy hettien waskomme gemaak en vyf regs en vyf links gesit om in te was; die gereedskap van die brandoffer moes hulle daarin afspoel, maar die see was vir die priesters om daarin te was.

7 En hy hetdie goue kandelaars gemaak, tien, volgens die voorskrif daarvan, en dit in die tempel gesit, vyf regs en vyf links.

8 Hy het ooktien tafels gemaak en hulle in die tempel gesit, vyf regs en vyf links; en hy het honderd goue komme gemaak.

9 Verder het hy die voorhof van die priesters gemaak en die groot voorhof en die deure vir die voorhof; en die deure daarvan het hy met koper oorgetrek.

10 En die see het hy aan die suidekant opgestel, teen die ooste na die suide toe.

11 Verder het Huram die potte en die skoppe en die komme gemaak; en Huram het die werk voltooi wat hy vir koning Salomo in die huis van God gedoen het:

12 twee pilare metdie bolle en die kapitele op die top van die twee pilare en die twee stukke vlegwerk om die twee bolle van die kapitele wat op die top van die pilare was, te bedek;

13 en die vierhonderd granaatjies vir die twee stukke vlegwerk, twee rye granaatjies vir elke vlegwerk om die twee bolle van die kapitele bo-op die pilare te oordek.

14 En hy het die afspoelwaentjies gemaak en die bakke op die afspoelwaentjies gemaak;

15 en die een see en die twaalf beeste daaronder;

16 en die potte en die skoppe en die vurke en al die daarby behorende gereedskap het Huram Abiw vir koning Salomo ten behoewe van die huis van dieHerevan gepolyste koper gemaak.

17 In die Jordaanstreek waar die grond diep was, tussen Sukkot enSeréda, het die koning dit gegiet.

18 En Salomo het al hierdie voorwerpe in ’n oorgroot menigte gemaak, wantdie gewig van die koper was onberekenbaar.

19 En Salomo het al die voorwerpe gemaak wat in die huis van God was: die goue altaar en die tafels waar die toonbrode opmoes lê,

20 en die kandelaars met hulle lampe om volgens voorskrif voor die binneste vertrek te brand, van fyn goud,

21 en die blomwerk en die lampe en die snuiters van goud; dit was die suiwerste goud;

22 en die messe en die komme en die rookpanne en die vuurpanne van fyn goud; en wat die ingang van die huis betref, die binnedeure daarvan na die Allerheiligste en die deure van die huis na die hoofvertrek was van goud.