II KRONIEKE 1

Salomo bid om wysheid en verkry dit.

1 ENSalomo, die seun van Dawid, het hom versterk in sy koningskap; en dieHeresy God was met hom en het hom uitermate groot gemaak.

2 En Salomo het met die hele Israel gespreek, metdie owerstes oor duisend en oor honderd en met die regters en met elke vors in die hele Israel, die familiehoofde;

3 en hulle het gegaan, Salomo en die hele vergadering saam met hom, nadie hoogte wat by Gíbeon is; want daar was die tent van samekoms van Godwat Moses, die kneg van dieHere, in die woestyn gemaak het.

4 Maar Dawid het die ark van God uitKirjat-Jeárim laat bring na die plek wat Dawid daarvoor ingerig het; want hy het daarvoor ’n tent in Jerusalem opgeslaan.

5 Ookdie koperaltaar watBesáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, gemaak het, was daar voor die tabernakel van dieHere; en Salomo en die vergadering het dit besoek.

6 En Salomo het daar op die koperaltaar wat by die tent van samekoms behoort het, voor die aangesig van dieHeregeoffer en daarop duisend brandoffers gebring.

7 In dieselfde nag het God aan Salomo verskyn en aan hom gesê: Begeer wat Ek jou moet gee.

8 En Salomo het tot God gespreek: Ú het aan my vader Dawid ’n groot guns bewys en my in sy plek koning gemaak.

9 HereGod, laat u woord aan my vader Dawid nou bewaarheid word; want Ú het my koning gemaak oor ’n volk talryk soos die stof van die aarde.

10 Gee my nou wysheid en kennis, dat ek voor hierdie volk kan uit- en ingaan, want wie kan hierdie groot volk van U regeer?

11 Toe sê God aan Salomo: Omdat dít in jou hart gewees het, en jy nie rykdom, skatte en eer en die lewe van jou haters of selfs ’n lang lewe begeer het nie, maar wysheid en kennis vir jou begeer het om my volk waaroor Ek jou koning gemaak het, te kan regeer —

12 daarom word dié wysheid en dié kennis aan jou gegee. Ek sal jou ook rykdom en skatte en eer geesoos die konings wat voor jou gewees het, nie gehad het nie, en soos ná jou nie sal wees nie.

13 En Salomo het van die hoogte wat by Gíbeon is, van die tent van samekoms af, in Jerusalem aangekom, en hy het oor Israel geregeer.

Waens en perderuiters van Salomo.

14 EN Salomo het strydwaens en perderuiters versamel, sodathy veertienhonderd waens en twaalfduisend perderuiters gehad het; en hy het hulle indie stede vir die waens en by die koning in Jerusalem opgestel.

15 En die koning het die silwer en die goud in Jerusalem gemaak soos die klippe, en die seders het hy gemaak soos die wildevyebome wat in die Laeveld is, in menigte.

16 En die uitvoer van perde vir Salomo het plaasgevind uit Egipte en uit Kwé; handelaars van die koning het hulle uit Kwé gaan haal teen koopprys.

17 En hulle het uit Egipte ’n wa laat optrek en dit uitgevoer vir seshonderdsikkelssilwer en ’n perd vir honderd-en-vyftig; en so is dit vir al die konings van die Hetiete en die konings van Aram deur hulle uitgevoer.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

3 × 1 =