NEHEMÍA 8

Esra lees die wet voor. Die huttefees word gevier.

1 EN toe die sewende maand aankom, terwyl die kinders van Israel in hulle stede was,

2 het die hele volk soos een man op die plein voor dieWaterpoort bymekaargekom en aan Esra, dieskrifgeleerde, gesê om die boek van die wet van Moses, wat dieHereIsrael beveel het, te bring.

3 En Esra, die priester, het die wet voor die vergadering gebring, manne sowel as vroue en almal wat met verstand kon luister, op die eerste dag van die sewende maand.

4 En hy het daaruit voorgelees voor die plein wat voor die Waterpoort was, vandat dit lig geword het tot die middag, in teenwoordigheid van die manne en die vroue en die wat kon verstaan; en die ore van die hele volk was op die wetboek gerig.

5 En Esra, die skrifgeleerde, het op ’n houtverhoog gestaan wat hulle vir die geleentheid gemaak het, en langs hom het aan sy regterhand gestaan: Mattítja en Sema en Anánja en Uría en Hilkía en Maäséja; en aan sy linkerhand: Pedája en Mísael en Malkía en Hasum en Hasbaddána, Sagaría, Mesúllam.

6 En Esra het die boek oopgemaak voor die oë van die hele volk, want hy het bokant die hele volk gestaan; en toe hy dit oopmaak, het die hele volk opgestaan.

7 En Esra het dieHere, die grote God, geloof, en die hele volk het geantwoord:Amen, amen! met opheffing van hulle hande; en hulle het hul gebuig en dieHereaanbid met die aangesig na die aarde toe.

8 En Jésua en Bani en Serébja, Jamin, Akkub, Sábbetai, Hodía, Maäséja, Kelíta, Asárja, Jósabad, Hanan, Pelája en die Levietehet die volk in die wet onderrig, onderwyl die volk op hulle plek bly staan.

9 En hulle het uit die boek, uit die wet van God, duidelik voorgelees en dit verklaar, sodat hulle verstaan het wat voorgelees is.

10 Daarop het Nehemía — hy was die goewerneur — en Esra, die priester, die skrifgeleerde, en die Levietewat die volk onderrig, aan die hele volk gesê: Hierdie dag is heilig aan dieHerejulle God; treur nie en ween nie! Want die hele volk het geween toe hulle die woorde van die wet hoor.

11 Verder het hy vir hulle gesê: Gaan, eet lekker spys en drink soet dranke en stuur porsies aan hulle vir wie niks berei is nie; want hierdie dag is heilig aan onseHere. Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in dieHere— dit is julle beskutting.

12 En die Leviete het die hele volk tot bedaring gebring en gesê: Wees stil! want hierdie dag is heilig; wees dus nie bedroef nie.

13 Toe het die hele volk weggegaan om te eet en te drink en porsies te stuur en groot vreugde te bedrywe; want hulle hetag gegee op die woorde wat aan hulle bekend gemaak is.

14 En op die tweede dag het die familiehoofde van die hele volk, die priesters en die Leviete by Esra, die skrifgeleerde, vergader om naamlik die woorde van die wet te ondersoek.

15 Toe vind hulle uit dat in die wet wat dieHeredeur die diens van Moses beveel het, geskrywe was dat die kinders van Israelop die fees in die sewende maand in hutte moes woon,

16 en dat hulle moesafkondig en rondstuur deur al hulle stede enin Jerusalem om te sê: Trek uit op die gebergte en bring olyftakke en oliewenhouttakke en mirtetakke en palmtakke en takke van digte bome om hutte te maak soos geskrywe is.

17 En die volk het uitgetrek en dit gebring en vir hulle hutte gemaak, elkeen opsy dak en op hulle erwe en in die voorhowe van die huis van God en opdie plein van die Waterpoort en op die plein van dieEfraimspoort.

18 En die hele vergadering wat uit die gevangenskap teruggekom het, het hutte gemaak en in die hutte gewoon; want van die dae van Jésua af, die seun van Nun, tot op daardie daghet die kinders van Israel nie só gedoen nie; en daar was baie groot blydskap.

19 En hy het dag vir dag, van die eerste dag af tot die laaste dag toe,voorgelees uit die wetboek van God; en hulle het sewe dae lank fees gehou en op die agtste dag ’n feestyd volgens verordening.

NEHEMÍA 9

Die volk hou ’n vas- en biddag.

1 EN op die vier-en-twintigste dag vanhierdie maand het die kinders van Israel vergader en gevas inrouklere en metgrond op hulle hoof.

2 Endie afstammelinge van Israel het hulle afgesonder van al die uitlanders, en hulle het gaan staan en belydenis gedoen van hulle sondes en die ongeregtighede van hulle vaders.

3 En hullehet van hulle plek opgestaan, en gedurende ’n vierde deel van die daggelees uit die wetboek van dieHerehulle God, en gedurende ’n vierde deel belydenis gedoen en dieHerehulle God aanbid.

4 En op die verhoog van die Leviete hetJésua en Bani, Kádmiël, Sebánja, Bunni, Serébja, Bani, Kenáni opgestaan en met ’n groot stem dieHerehulle God aangeroep.

5 En die Leviete Jésua en Kádmiël, Bani, Hasábneja, Serébja, Hodía, Sebánja, Petágja het gesê: Staan op, loof dieHerejulle God van ewigheid tot in ewigheid! En laat hulle u heerlike Naam loof wat bo alle lof en prys verhewe is!

6 U is alleen dieHere, Ú het die hemel,die hoogste hemel en al sy leërskare, gemaak, die aarde en alles wat daarop is, die seë en alles wat daarin is, en U hou dit alles in die lewe, en die leër van die hemel buig hulle voor U neer.

7 U is dieHere, die God watAbram uitverkies het en hom uit Ur van die Chaldeërs uitgelei het en sy naam totAbraham gemaak het.

8 En U het sy hartgetrou bevind voor u aangesig, en U het met hom dieverbond gesluit om die land te gee vandie Kanaäniete, Hetiete, Amoriete en Feresiete en Jebusiete en Girgasiete, om dit aan sy nageslag te gee; en Uhet u woorde vervul, want U is regverdig.

9 En Uhet die ellende van ons vaders in Egipte aangesien en hulle geroep by die Skelfsee gehoor,

10 en U het tekens en wonders gedoen aan Farao en aan al sy dienaars en aan die hele volk van sy land; want U het geweet dat hulle vermetel teen hulle gehandel het, en U het vir U’n Naam gemaak soos dit vandag is.

11 Endie see het U voor hulle geklowe, sodat hulle op droë grond dwarsdeur die see getrek het; maar hulle vervolgers het U in die kolke gewerp soos ’n klip in sterk waters.

12 En Uhet hulle gelei met ’n wolkkolom bedags en met ’n vuurkolom snags om die pad vir hulle te verlig waar hulle langs moes trek.

13 En op die berg Sinai het U neergedaal en met hulle gespreek uit die hemel, en U het aan hulle regte verordeninge en betroubare wette, goeie insettinge en gebooie gegee.

14 En uheilige sabbat het U aan hulle bekend gemaak, en gebooie en insettinge en ’n wet deur die diens van u kneg Moses hulle beveel.

15 En Uhet hulle brood gegee uit die hemel vir hulle honger enwater vir hulle uit die rots laat uitkom vir hulle dors, en aan hulle gesê omdie land in besit te gaan neem waaromtrent U u hand opgehef het om hulle dit te gee.

16 Maar hulle, naamlik ons vaders, het vermetel gehandel en hulle nek verhard en nie na u gebooie geluister nie;

17 ja, hulle het geweier om te luister en nie gedink aan u wonders wat U by hulle gedoen het nie; maar hulle het hul nek verhard en in hul wederstrewigheid’n hoof aangestel om terug te gaan na hulle slawerny. Maar U is ’n God van vergewing,genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en U het hulle nie verlaat nie.

18 Selfstoe hulle ’n gegote kalf vir hulle gemaak en gesê het: Dit is jou gode wat jou uit Egipte laat optrek het! — en hulle groot, afskuwelike dinge gedoen het,

19 het U in u grote barmhartigheid hulle tog nie verlaat in die woestyn nie; die wolkkolom het nie bedags van hulle gewyk om hulle op die pad te lei nie, en die vuurkolom ook nie snags om vir hulle die pad te verlig waar hulle langs moes trek nie.

20 En ugoeie Gees het U gegee om hulle te onderrig, en u manna het U nie van hulle mond teruggehou nie en aan hulle water gegee vir hulle dors.

21 Enveertig jaar lank het U hulle onderhou in die woestyn; hulle het nie gebrek gehad nie;hulle klere het nie verslyt en hulle voete nie geswel nie.

22 En U het aan hulle koninkryke en volke gegee en dié volgensbepaaldegrense verdeel; en hulle het die land vanSihon, ja, die land van die koning vanHesbon, en die land vanOg, die koning van Basan, in besit geneem.

23 En U het hulle kinders vermenigvuldig soosdie sterre aan die hemel en hulle in die land ingebring waarvan U aan hulle vaders gesê het dat hulle sou ingaan om dit in besit te neem.

24 En die kinders het ingegaan en die land in besit geneem, en U het die inwoners van die land, die Kanaäniete, voor hulle onderwerp en dié in hulle hand gegee, hulle konings sowel as die volke van die land, om met hulle te handel soos hulle dit goedvind.

25 En hulle het versterkte stede en ’nvet land ingeneem, enhuise in besit geneem vol allerhande goeie dinge, uitgekapte putte, wingerde en olyfbome en vrugtebome in menigte, en hulle het geëet en versadig en vet geword en weelderig gelewe deur u grote goedheid.

26 Maar hulle het wederstrewig en opstandig geword teen U enu wet agter hulle rug gewerp; enu profete wat hulle gewaarsku het, om hulle na U terug te bring, het hulle gedood en groot, afskuwelike dinge gedoen.

27 Daarom het U hulle oorgegee in die hand van hulle teëstanders, dat dié hulle in benoudheid sou bring. Maar wanneer hulle in die tyd van hulle benoudheid U aangeroep het, het Ú uit die hemel gehoor en na u grote barmhartigheid aan hulleverlossers gegee, dat dié hulle uit die hand van hul teëstanders kon verlos.

28 Maar sodra hulle rus gehad het, het hulle weer kwaad gedoen voor u aangesig, en U het hulle oorgelewer in die hand van hul vyande, dat dié oor hulle sou heers; as hulle U dan weer aanroep, het U uit die hemel gehoor en hulle na u barmhartigheid baiekeer gered.

29 En U het hulle gewaarsku om hulle na u wet terug te bring, maar hulle het vermetel gehandel en nie geluister na u gebooie nie, en teen u verordeninge, daarteen het hulle gesondig,waarvan geld dat ’n mens dit moet doen, dat hy daardeur kan lewe; en hulle het ’n wederstrewige skouer gegee en hulle nek verhard en nie geluister nie.

30 En U was baie jare lankmoedig oor hulle, en U het hulle gewaarsku deur u Gees, deur middel van u profete; maar hulle het geen gehoor gegee nie.Daarom het U hulle oorgegee in die hand van die volke van die lande.

31 Maar in u grote barmhartigheidhet U hulle nie volkome vernietig en hulle nie verlaat nie, want U is ’ngenadige en barmhartige God.

32 Onse God, groot, magtige en gedugte God,wat die verbond en die goedertierenheid hou, laat dan nou al die moeilikheid nie gering wees voor u aangesig nie wat ons, ons konings, ons owerstes en ons priesters en ons profete en ons vaders en u hele volk oorgekom hetvan die dae van die konings van Assur af tot vandag toe.

33 MaarU is regverdig in alles wat oor ons gekom het; want U het getrou gehandel, maar ons het goddeloos gehandel;

34 en ons konings, ons owerstes, ons priesters en ons vaders het u wet nie volbring en na u gebooie en u getuienisse waarmee U hulle gewaarsku het, nie geluister nie.

35 En hulle het in hul koninkryk en by u groot seën wat U hulle geskenk het, en in die wye en vet land wat U aan hulle oorgegee het, U nie gedien nie en hulle nie van hul verkeerde handelinge bekeer nie.

36 Ons is vandag slawe, en die land wat U aan ons vaders gegee het om die vrug en die volle seën daarvan te geniet — daarin is ons slawe.

37 En dit vermeerder sy opbrings vir die konings wat U oor ons gestel het om ons sondes ontwil, en hulle heers oor ons liggame en oor ons vee na hulle willekeur, en ons is in ’n groot benoudheid.

Die volk sluit ’n verbond met God.

38 MAAR op grond van dit allessluit ons ’n vaste verbond en beskryf dit; en op die verseëlde stuk het ons owerstes, ons Leviete, ons priestersgeteken.

NEHEMÍA 10

1 EN op die verseëlde stukkehet geteken:Nehemía, die goewerneur,die seun van Hagálja, en Sedekía,

2 Serája,Asárja, Jeremia,

3 Pasgur, Amárja, Malkía,

4 Hattus, Sebánja, Mallug,

5 Harim, Méremot, Obádja,

6 Daniël, Gínneton, Barug,

7 Mesúllam, Abía, Míjamin,

8 Maäsja, Bílgai, Semája; dit was die priesters.

9 En die Leviete: Jésua, die seun van Asánja, Bínnuï van die seuns van Hénadad, Kádmiël,

10 en hulle broers: Sebánja, Hodía, Kelíta, Pelája, Hanan,

11 Miga, Rehob, Hasábja,

12 Sakkur, Serébja, Sebánja,

13 Hodía, Bani, Beninu.

14 Die hoofde van die volk: Parhos, Pahat-Moab, Elam, Sattu, Bani,

15 Bunni, Asgad, Bébai,

16 Adónia, Bigwai, Adin,

17 Ater, Hiskía, Assur,

18 Hodía, Hasum, Bésai,

19 Harif, Ánatot, Nobai,

20 Magpías, Mesúllam, Hesir,

21 Mesesábeël, Sadok, Jaddúa,

22 Pelátja, Hanan, Anánja,

23 Hoséa, Hanánja, Hassub,

24 Hallóhes, Pilha, Sobek,

25 Rehum, Hasábna, Maäséja,

26 en Ahía, Hanan, Anan,

27 Mallug, Harim, Baäna.

28 En die res van die volk,die priesters, die Leviete, die poortwagters, die sangers, die tempelbediendes enalmal wat hulle afgesonder het van die volke van die lande tot die wet van God, hulle vroue, hulle seuns en hulle dogters, almal wat enigsins kon verstaan,

29 het by hulle broers, die vername manne onder hulle, aangesluit, en hulle het ondereed en met beswering hulleself verplig om te wandel in die wet van God, wat deur die diens van Moses,die kneg van God, gegee is, en om te hou en te doen al die gebooie van dieHereonse Here, en sy verordeninge en sy insettinge;

30 verder dat onsons dogters nie sou gee aan die volke van die land, en hulle dogters nie sou neem vir ons seuns nie;

31 en as die volke van die land koopware en allerhande soorte koring bring om op die sabbatdag te verkoop, dat ons niks van hulle sou neem op die sabbat of op ’n heilige dag nie; en dat ons in diesewende jaardie landbraak sou laat lê en vanelke skuldvordering afsien.

32 En ons het vir ons die verpligting aangegaan om ons ’n derde van ’n sikkel in die jaar op te lê vir die diens van die huis van onse God —

33 virdie toonbrode en dievoortdurende spysoffer en die voortdurende brandoffer,die offersvan die sabbatte, van die nuwemane, virdie feestye en vir wygawes en vir sondoffersom vir Israel versoening te doen, en vir enige dienswerk in die huis van onse God.

34 Enons, die priesters, die Leviete en die volk het die lot gewerp oordie lewering van hout, om dit volgens ons families opvasgestelde tye jaar vir jaar te bring na die huis van onse God om vuur te maak op die altaar van dieHereonse Godsoos geskrywe staan in die wet;

35 en omdie eerstelinge van ons grond en die eerstelinge van allerhande vrugtebome jaar vir jaar in die huis van dieHerete bring;

36 en om die eersgeborenes van ons seuns en ons vee,soos geskrywe staan in die wet, en die eersgeborenes van ons grootvee en ons kleinvee te bring in die huis van onse God vir die priesters wat diens doen in die huis van onse God;

37 en dat ons die eerstelinge van ons growwe meel en van ons offergawes en van die vrugte van allerhande bome, van mos en olie, sou bring vir die priesters in diekamers van die huis van onse God en dietiendes van ons grond vir die Leviete, terwyl hulle, die Leviete, die tiendes sou invorder in al ons landboustede.

38 En die priester, die seun van Aäron, moet by die Leviete weesas die Leviete die tiendes invorder, en die Leviete moet ’n tiende van die tiendes na die huis van onse God bring, in die kamers vandie skathuis.

39 Want in die kamers moet die kinders van Israel en die kinders van Levi die offergawe van koring, mos en olie bring, omdat die gereedskappe van die heiligdom en die diensdoende priesters en die poortwagters en die sangers daar is; want ons wou die huis van onse God nie laat verwaarloos nie.

NEHEMÍA 11

Verdeling van die nuwe inwoners tussen Jerusalem en die ander dele van die land.

1 EN die owerstes van die volk het in Jerusalem gewoon, maar die res van die volk hetdie lot gewerp om een uit tien daartoe te bring om indie heilige stad Jerusalem te woon, en nege dele in die stede.

2 En die volk het al die manne geseën wat hulle vrywillig aangebied het om in Jerusalem te woon.

3 En dit is die hoofde van die provinsie wat in Jerusalem gewoon het. In die stede van Juda het hulle elkeen in sy besitting in hulle stede gewoon: Israeliete, die priesters en die Leviete en die tempelbediendes endie kinders van die dienaars van Salomo.

4 En in Jerusalem het van die kinders van Juda en van die kinders van Benjamin gewoon. Van die kinders van Juda: Atája, die seun van Ussía, die seun van Sagaría, die seun van Amárja, die seun van Sefátja, die seun van Mehaláleël, van die seuns van Peres;

5 en Maäséja, die seun van Barug, die seun van Kol-Hosé, die seun van Hasája, die seun van Adája, die seun van Jójarib, die seun van Sagaría, die Selaniet.

6 Al die seuns van Peres wat in Jerusalem gewoon het, was vierhonderd-agt-en-sestig, krygsmanne.

7 En dit is die kinders van Benjamin: Sallu, die seun van Mesúllam, die seun van Joëd, die seun van Pedája, die seun van Kolája, die seun van Maäséja, die seun van Ítiël, die seun van Jesaja;

8 en ná hom Gábbai-Sállai,negehonderd-agt-en-twintig.

9 En Joël, die seun van Sigri, was opsigter oor hulle; en Juda, die seun van Hassenúa, was tweede in rang oor die stad.

10 Van die priesters: Jedája, die seun van Jójarib, Jagin,

11 Serája, die seun van Hilkía, die seun van Mesúllam, die seun van Sadok, die seun van Mérajot, die seun van Ahítub, die vors van die huis van God.

12 En hulle broers wat die werk verrig het in die tempel, was agthonderd-twee-en-twintig; en Adája, die seun van Jeróham, die seun van Pelálja, die seun van Amsi, die seun van Sagaría, die seun van Pasgur, die seun van Malkía,

13 en sy broers, familiehoofde, was tweehonderd-twee-en-veertig; en Amásai, die seun van Asáreël, die seun van Ágsai, die seun van Mesíllemot, die seun van Immer,

14 en hulle broers, dapper helde, was honderd-agt-en-twintig, en opsigter oor hulle was Sábdiël, die seun van Haggedólim.

15 En van die Leviete: Semája, die seun van Hassub, die seun van Asríkam, die seun van Hasábja, die seun van Bunni,

16 en Sábbetai en Jósabad, van die hoofde van die Leviete, was oordie buitewerk van die huis van God.

17 En Mattánja, die seun van Miga, die seun van Sabdi, die seun van Asaf, leier van die lofsang, wat die „LoofHom” aanhef by die gebed; en Bakbúkja, die tweede in rang onder sy broers; en Abda, die seun van Sámmua, die seun van Galal, die seun van Jedútun.

18 Al die Leviete in die heilige stad was tweehonderd-vier-en-tagtig.

19 En die poortwagters: Akkub, Talmon, en hulle broers wat wag gehou het by die poorte, was honderd-twee-en-sewentig.

20 En die ander Israeliete, priestersenLeviete, was in al die stede van Juda,elkeen in sy erfdeel.

21 En dietempelbediendes het gewoon op die Heuwel; en Siha en Gispa was oor die tempelbediendes.

22 En opsigter van die Leviete in Jerusalem was Ussi, die seun van Bani, die seun van Hasábja, die seun van Mattánja, die seun van Miga, van die seuns van Asaf, die sangers, vir die werk in die huis van God;

23 want daar was’n bevel van die koning aangaande hulle: ’n vaste ordening vir die sangers, na die eis van elke dag.

24 En Petágja, die seun van Mesesábeël, van die seuns van Serag, die seun van Juda, was verteenwoordiger van die koning in enige saak van die volk.

25 En wat die dorpe in hulle buiteveld betref, van die kinders van Juda het gewoon inKirjat-Arba en sy onderhorige plekke, en in Dibon en sy onderhorige plekke, en in Jekábseël en sy dorpe,

26 en in Jésua en in Mólada en in Bet-Pelet

27 en in Hasar-Sual en in Berséba en sy onderhorige plekke,

28 en in Siklag en in Megóna en sy onderhorige plekke,

29 en in en Rimmon en in Sórea en in Jarmut,

30 Sanóag, Adúllam en hulle dorpe, Lagis en sy buiteveld, Aséka en sy onderhorige plekke; en hulle het in laers gestaan van Berséba af tot by die dal Hinnom.

31 En die kinders van Benjamin: van Geba af in Migmas en Aja en Bet-el en sy onderhorige plekke,

32 Ánatot, Nob, Anánja,

33 Hasor, Rama, Gittáim,

34 Hadid, Sebóim, Nebállat,

35 Lod en Ono,die Handwerkersdal.

36 En van die Leviete het afdelings van Juda by Benjamin behoort.

NEHEMÍA 12

Lys van priesters en Leviete.

1 EN dit is diepriesters en die Leviete wat saam met Serubbábel, die seun van Seáltiël, en Jésua opgetrek het: Serája, Jeremia, Esra,

2 Amárja, Mallug, Hattus,

3 Segánja, Rehum, Méremot,

4 Iddo, Gínnetoi, Abía,

5 Míjamin, Maädja, Bilga,

6 Semája en Jójarib, Jedája,

7 Sallu, Amok, Hilkía, Jedája; dit was die hoofde van die priesters en van hulle broers in die dae van Jésua.

8 En die Leviete was: Jésua, Bínnuï, Kádmiël, Serébja, Juda, Mattánja watmet sy broers die leiding by die kore gehad het.

9 En Bakbúkja en Unni, hulle broers, het by die dienste teenoor hulle gestaan.

10 En Jésua was die vader van Jójakim; en Jójakim was die vader van Éljasib, en Éljasib die vader van Jójada,

11 en Jójada die vader van Jónatan, en Jónatan die vader van Jaddúa.

12 En in die dae van Jójakim was die priesterlike familiehoofde: van Serája, Merája; van Jeremia, Hanánja;

13 van Esra, Mesúllam; van Amárja, Jóhanan;

14 van Mallugi, Jónatan; van Sebánja, Josef;

15 van Harim, Adna; van Mérajot, Hélkai;

16 van Iddo, Sagaría; van Gínneton, Mesúllam;

17 van Abía, Sigri; van Mínjamin, van Moádja, Píltai;

18 van Bilga, Sámmua; van Semája, Jónatan;

19 en van Jójarib, Máttenai; van Jedája, Ussi;

20 van Sállai, Kállai; van Amok, Heber;

21 van Hilkía, Hasábja; van Jedája, Netáneël.

22 Wat die Leviete betref — in die dae van Éljasib, Jójada en Jóhanan en Jaddúa is die familiehoofde opgeskrywe, en die priesters tot aan die regering van Daríus, die Pers.

23 Die kinders van Levi, die familiehoofde, is opgeskrywe in die boek van die kronieke tot die dae vanJóhanan, die seun van Éljasib.

24 En die hoofde van die Leviete was: Hasábja, Serébja en Jésua, Kádmiël, en hulle broers wasteenoor hulleom te loofente dankvolgens die bevel van Dawid,die man van God,wag naas wag:

25 Mattánja en Bakbúkja, Obádja. Mesúllam, Talmon, Akkub was poortwagters wat wag gehou het by die voorraadkamers van die poorte.

26 Hulle was in die dae van Jójakim, die seun van Jésua, die seun van Jósadak, en in die dae van Nehemía, die goewerneur, en van die priester Esra,die skrifgeleerde.

Inwyding van die muur van Jerusalem.

27 EN by die inwyding van die muur van Jerusalem is die Levieteuit al hulle woonplekke gesoek, om hulle na Jerusalem te bring ten einde die inwyding te hou met vreugde en dankliedere en met gesang,simbale, harpe en siters.

28 Toe het die seuns van die sangers byeengekom uitdie streek rondom Jerusalem sowel as uit die dorpe van die Netofatiete,

29 en uit Bet-Gilgal en uit die buiteveld van Geba en Asmáwet, want die sangers het vir hulle dorpe rondom Jerusalem gebou.

30 En die priesters en die Levietehet hulleself gereinig, en die volk en die poorte en die muur gereinig.

31 En ek het die owerstes van Juda bo-op die muur laat klim en twee groot kore opgestel en optogte,eenna regs bo-op die muurna die Aspoort toe;

32 en agter hulle aan het geloop: Hosája en die helfte van die owerstes van Juda,

33 en Asárja, Esra en Mesúllam,

34 Juda en Benjamin en Semája en Jeremia,

35 en van die seuns van die priestersmet trompette, Sagaría, die seun van Jónatan, die seun van Semája, die seun van Mattánja, die seun van Migája, die seun van Sakkur, die seun van Asaf,

36 en sy broers Semája en Asáreël, Mílalai, Gílalai, Maäi, Netáneël en Juda, Hanáni, met diemusiekinstrumente van Dawid, die man van God; en Esra, die skrifgeleerde, voor hulle uit.

37 En by dieFonteinpoort het hulle, reg voor hulle uit, metdie trappe van die Dawidstad opgegaan, waar die muur opgaan bo die huis van Dawid, tot by dieWaterpoort teen die ooste.

38 Endie tweede koor het in teenoorgestelde rigting getrek, en ek met die helfte van die volk agteraan, bo-op die muur by dieBakoondtoring langs tot by dieBreë Muur;

39 verder by dieEfraimspoort langs en dieOu Poort en dieVispoort en dietoring Hanáneël en die toring Hamméa tot by die Skaapspoort; en hulle het bly staan by dieGevangenispoort.

40 Toe het die twee kore in die huis van God gaan staan, en ek en die helfte van die leiers met my saam;

41 en die priesters Éljakim, Maäséja, Mínjamin, Migája, Eljoënai, Sagaría, Hanánja met trompette,

42 en Maäséja en Semája en Eleásar en Ussi en Jóhanan en Malkía en Elam en Eser. En die sangers het hulle laat hoor, en Jisrágja was die leier.

43 En op dié dag het hulle groot offers gebring en was vrolik;want God het hulle groot vreugde verskaf, en ook die vroue en kinders was vrolik, sodat die vreugde van Jerusalem tot ver weg gehoor is.

Herstelling van die tiendes.

44 EN op dié dag is manne aangestel oor diekamers vir die voorrade, die offergawes, die eerstelinge en die tiendes, om daarin die wetlike aandele volgens die landerye van die stede vir die priesters en die Leviete te versamel; want Juda was bly oor die priesters en die Leviete wat in die diens gestaan het.

45 En hulle het die ordening van hulle God en die reinigingsordening onderhou; ook die sangers en die poortwagters,volgens die bevel van Dawidensy seun Salomo.

46 Want in die dae van Dawid enAsaf, van die voortyd af, lê die oorsprong van die sangers enleiers vandie lofsang en die danksegging aan God.

47 En die hele Israel het in die dae van Serubbábel en in die dae van Nehemía die aandele van die sangers en van die poortwagters gegee,na die eis van elke dag; en hullehet die heilige gawes afgegee aan die Leviete, en die Leviete aan die seuns van Aäron.

NEHEMÍA 13

Nehemía se verdere hervorminge.

1 OP dié dag is daar voor die ore van die volk voorgelees uit die boek van Moses, en daarin het geskrywe gestaandat geen Ammoniet of Moabiet tot in ewigheid in die vergadering van God mag kom nie,

2 omdat hulle die kinders van Israel nie teëgekom het met brood en water nie, enBíleam teen hulle gehuur het om hulle te vervloek;maar onse God het die vloek in ’n seën verander.

3 En toe hulle die wet hoor,het hulle al die mense vangemengde bloed uit Israel afgesonder.

4 Maar tevore hetÉljasib, die priester wat oor die kamers van die huis van onse God aangestel was, ’n verwant vanTobía,

5 vir hom ’n groot kamer ingerigwaar hulle vroeër die spysoffer, die wierook en die gereedskappe en die tiendes van koring, mos en olie, die wettige aandeel van die Leviete en die sangers en die poortwagters, en die offergawe aan die priesters neergesit het.

6 Maar gedurende dit alles was ek nie in Jerusalem nie; want in dietwee-en-dertigste jaar van Artasásta, diekoning van Babel, het ek by die koning gekom; en ná verloop van tyd het ek verlof gevra van die koning

7 en na Jerusalem gekom. Toe het ek die kwaad opgemerk wat Éljasib gedoen het deur vir Tobía ’n kamer in die voorhowe van die huis van God in te rig.

8 En ek was erg ontstemd, sodat ek al die huisraad van Tobía uit die kamer buitentoe gegooi het,

9 met die bevel dat hulledie kamers moes reinig; en ek het die gereedskappe van die huis van God, die spysoffer en die wierook daarin teruggebring.

10 Ook het ek verneem datdie aandele van die Leviete nie gegee is nie, sodat die Leviete en die sangers wat die dienswerk moes verrig, elkeen nasy grond gevlug het.

11 Enek het met die leiers getwis en gesê: Waarom is die huis van God in verwaarlosing? En ek het hulle bymekaar laat kom en hulle weer op hulle pos aangestel.

12 En die hele Juda hetdie tiendes van koring en mos en olie na die voorraadkamers gebring.

13 Enoor die voorraadkamers het ek Selémja, die priester, en Sadok, die skrywer, en Pedája, uit die Leviete, as skatmeesters aangestel; en as hulp vir hulle: Hanan, die seun van Sakkur, die seun van Mattánja, omdat hullevertroubaar geag is; en hulle moes aan hulle broers uitdeel.

14 Dink hierom aan my, my God, en delg tog my liefdediens nie uit wat ek aan die huis van my God en aan die instellinge daarvan bewys het nie.

15 In dié dae het ek in Juda mense gesien watop die sabbat die parskuipe trap en vragte koring, op esels gelaai, inbring, en ook wyn, druiwe en vye en allerhande vragtemet goed,en dit op die sabbatdag in Jerusalem inbring; en ek het hulle gewaarsku op die dag toe hulle lewensmiddele verkoop het.

16 Ook dieTiriërs wat daar gewoon het, het vis en allerhande koopware ingebring en op die sabbat aan die kinders van Juda selfs in Jerusalem verkoop.

17 Enek het met die edeles van Juda getwis en vir hulle gesê: Watter verkeerde ding is dit wat julle doen, dat julle die sabbatdag ontheilig?

18 Het julle vaders nie so gehandel, sodat onse God oor ons en oor hierdie stad al hierdie onheil gebring het nie? Ja, julle vermeerder die toorngloed oor Israel deur die sabbat te ontheilig!

19 En sodra dit in die poorte van Jerusalemvoor die sabbat donker was, het ek gesê dat die deure gesluit moes word; en ek het gesê dat hulle dit nie mag oopmaak tot ná die sabbat nie, en van my mense het ek by die poorte aangestel: geen vrag het op die sabbatdag mag inkom nie.

20 Toe het die koopmans en handelaars in allerhande koopware ’n paar keer buitekant Jerusalem vernag.

21 Maar ek het hulle gewaarsku en vir hulle gesê: Waarom vernag julle voor die muur? As julle dit weer doen, sal ek die hand aan julle slaan. Van dié tyd af het hulle nie meer op die sabbat gekom nie.

22 Verder het ek aan die Leviete gesê dat hullehul moes reinig en kom as poortwagters om die sabbatdag te heilig. Dink ook hierom aan my, my God, en ontferm U oor my na die grootheid van u goedertierenheid.

23 In dié dae het ek ook Jode gesien watAsdodiese, Ammonitiese,Moabitiese vroue getrou het.

24 En van hulle kinders het die helfte Asdodies gepraat, of die taal van watter volk ook al; maar hulle kon geen Joods praat nie.

25 Daarom het ek met hulle getwis en hulle gevloek, en sommige van hulle geslaan en die hare uitgepluk enhulle by God besweer: Julle mag julle dogters nie aan hulle seuns gee, en julle mag nie van hulle dogters vir julle seuns of vir julleself neem nie!

26 Het Salomo, die koning van Israel, nie deur hulle gesondig nie? Alhoewel daar onder baie nasies nie ’n koning gewees het soos hy nieen hy ’n liefling van sy God was, sodat God hom as koning aangestel het oor die hele Israel, het die vreemde vroue hom tog sonde laat doen.

27 Moet ons nou van julle hoor dat julle al hierdie groot kwaad doen, omontrou te handel teen God deur vreemde vroue te trou?

28 En een van die seunsvan Jójada, die seun van die hoëpriesterÉljasib, was ’n skoonseun vanSanbállat, die Horoniet; daarom het ek hom van my af weggeja.

29 Dink aan hulle, my God, oor die bevlekking van die priesterskap en vandie verbond met die priesterskap en met die Leviete.

30 So hetek hulle dan gereinig van al wat vreemd was, en die diensordeninge vir die priesters en die Leviete vasgestel, vir elkeen in sy werk,

31 ook virdie lewering van houtop vasgestelde tye en vir die eerstelinge.Dink aan my, my God, ten goede!

ESRA 1

Kores, die Persiese koning, gee die Jode verlof om na hulle land terug te gaan.

1 EN in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het dieHere— sodat die woord van dieHereuit die mond van Jeremia vervul sou word — die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy ’n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê:

2 So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het dieHere, die God van die hemel, aan my gegee; en Hý het myopgedra om vir Hom ’n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is.

3 Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort — mag sy God met hom wees, en laat hom optrek na Jerusalem wat in Juda is, en die huis van dieHere, die God van Israel, bou!Hy is die God wat in Jerusalem is.

4 En enigeen wat oorgebly het, in enige plek waar hy as vreemdeling vertoef — hom moet die manne van sy woonplek ondersteun met silwer en goud en met goed en vee, en met die vrywillige gawes vir die huis van die God wat in Jerusalem is.

5 Toe het die familiehoofde van Juda en Benjamin klaargemaak, en die priesters en die Leviete — elkeen wie se gees God opgewek het om op te trek, om die huis van dieHerewat in Jerusalem is, te bou.

6 En almal wat rondom hulle was, het hul hande versterk met silwervoorwerpe, met goud, met goed en vee en kosbare geskenke, behalwe alles wat hulle as vrywillige gawe aangebring het.

7 En koning Kores het die voorwerpe van die huis van dieHereuitgelewerwat Nebukadnésar uit Jerusalem weggevoer en in die huis van sy god gesit het.

8 En Kores, die koning van Persië, het dit uitgelewer onder toesig van Mítredat,die skatmeester; en dié het dit aanSésbassar, die vors van Juda, voorgetel.

9 En dit was hulle getal: dertig goue komme, duisend silwerkomme, negen-en-twintig messe;

10 dertig goue bekers; verder vierhonderd-en-tien silwerbekers, duisend ander voorwerpe.

11 Al die voorwerpe van goud en silwer was:vyfduisend-vierhonderd; dit alles het Sésbassar saamgebring toe die ballinge uit Babel na Jerusalem opgetrek het.

ESRA 2

Lys van die eerste Jode wat saam met Serubbábel in Juda teruggekom het.

1 ENdit is die inwoners van die provinsieJudawat opgetrek het uit die gevangenskap van die ballingewat Nebukadnésar, die koning van Babel, na Babel weggevoer het, wat na Jerusalem en Juda teruggekeer het, elkeen na sy stad;

2 wat saam met Serubbábel, Jésua, Nehemía, Serája, Reëlája, Mórdegai, Bilsan, Mispar, Bigwai, Rehum, Baäna gekom het; die aantal manne van die volk van Israel was:

3 die kinders van Parhos, tweeduisend-eenhonderd-twee-en-sewentig;

4 die kinders van Sefátja, driehonderd-twee-en-sewentig;

5 die kinders van Arag, sewehonderd-vyf-en-sewentig;

6 die kinders van Pahat-Moab, van die kinders van JésuaenJoab, tweeduisend-agthonderd-en-twaalf;

7 die kinders van Elam, duisend-tweehonderd-vier-en-vyftig;

8 die kinders van Sattu, negehonderd-vyf-en-veertig;

9 die kinders van Sakkai, sewehonderd-en-sestig;

10 die kinders van Bani, seshonderd-twee-en-veertig;

11 die kinders van Bébai, seshonderd-drie-en-twintig;

12 die kinders van Asgad, duisend-tweehonderd-twee-en-twintig;

13 die kinders van Adoníkam, seshonderd-ses-en-sestig;

14 die kinders van Bigwai, tweeduisend-ses-en-vyftig;

15 die kinders van Adin, vierhonderd-vier-en-vyftig;

16 die kinders van Ater, van Hiskía, agt-en-negentig;

17 die kinders van Bésai, driehonderd-drie-en-twintig;

18 die kinders van Jora, honderd-en-twaalf;

19 die kinders van Hasum, tweehonderd-drie-en-twintig;

20 die kinders van Gibbar, vyf-en-negentig;

21 die kinders van Betlehem, honderd-drie-en-twintig;

22 die manne van Netófa, ses-en-vyftig;

23 die manne van Ánatot, honderd-agt-en-twintig;

24 die kinders van Asmáwet, twee-en-veertig;

25 die kinders van Kirjat-Arim, Kefíra en Béërot, sewehonderd-drie-en-veertig;

26 die kinders van Rama en Geba, seshonderd-een-en-twintig;

27 die manne van Migmas, honderd-twee-en-twintig;

28 die manne van Bet-el en Ai, tweehonderd-drie-en-twintig;

29 die kinders van Nebo, twee-en-vyftig;

30 die kinders van Magbis, honderd-ses-en-vyftig;

31 die kinders van die ander Elam, duisend-tweehonderd-vier-en-vyftig;

32 die kinders van Harim, driehonderd-en-twintig;

33 die kinders van Lod, Hadid en Ono, sewehonderd-vyf-en-twintig;

34 die kinders van Jérigo, driehonderd-vyf-en-veertig;

35 die kinders van Sénaä, drieduisend-seshonderd-en-dertig.

36 Die priesters: die kinders van Jedája, van die huis van Jésua, negehonderd-drie-en-sewentig;

37 die kinders van Immer, duisend-twee-en-vyftig;

38 die kinders van Pasgur, duisend-tweehonderd-sewen-en-veertig;

39 die kinders van Harim, duisend-en-sewentien.

40 Die Leviete: die kinders van Jésua en Kádmiël, van die kinders van Hodáwja, vier-en-sewentig.

41 Die sangers: die kinders van Asaf, honderd-agt-en-twintig.

42 Die kinders van die poortwagters: die kinders van Sallum, die kinders van Ater, die kinders van Talmon, die kinders van Akkub, die kinders van Hatíta, die kinders van Sobai, almal saam honderd-negen-en-dertig.

43 Dietempelbediendes: die kinders van Siha, die kinders van Hasúfa, die kinders van Tábbaot;

44 die kinders van Keros, die kinders van Síaha, die kinders van Padon;

45 die kinders van Lebána, die kinders van Hágaba, die kinders van Akkub;

46 die kinders van Hagab, die kinders vanSamlai, die kinders van Hanan;

47 die kinders van Giddel, die kinders van Gahar, die kinders van Reája;

48 die kinders van Resin, die kinders van Nekóda, die kinders van Gassam;

49 die kinders van Ussa, die kinders van Paséag, die kinders van Bésai;

50 die kinders van Asna, die kinders van die Meüniete, die kinders van die Nefisiete;

51 die kinders van Bakbuk, die kinders van Hakúfa, die kinders van Harhur;

52 die kinders van Baslut, die kinders van Mehída, die kinders van Harsa;

53 die kinders van Barkos, die kinders van Sísera, die kinders van Temag;

54 die kinders van Nesíag, die kinders van Hatífa;

55 die kinders van die dienaars van Salomo: die kinders van Sotai, die kinders van Hassoféret, die kinders van Perúda;

56 die kinders van Jáäla, die kinders van Darkon, die kinders van Giddel;

57 die kinders van Sefátja, die kinders van Hattil, die kinders van Pogéret-Hassebáim, die kinders van Ami —

58 al die tempelbediendes en die kinders van die dienaars van Salomo was driehonderd-twee-en-negentig.

59 En dit is hulle wat uit Tel-Melag, Tel-Harsa, Kerub, Addan, Immer opgetrek het, maar wat nie hulle familie en hulle afkoms kon aanwys of hulle van Israel afkomstig was nie —

60 die kinders van Delája, die kinders van Tobía, die kinders van Nekóda, seshonderd-twee-en-vyftig.

61 En van die kinders van die priesters: die kinders van Habája, die kinders van Hakkos, die kinders van Barsíllai, wat uit die dogters vanBarsíllai, die Gileadiet, ’n vrou geneem het en na hulle naam genoem is.

62 Hulle het hul stamboom gesoek onder die wat in die register opgeneem is, maar dit was nie te vinde nie; daarom is hulle onbevoeg verklaar vir die priesterskap.

63 En die goewerneur het aan hulle gesê dat hullenie mag eet van die hoogheilige gawes nie, totdat ’n priester sou optree metUrim en Tummim.

64 Die hele vergadering saam wastwee-en-veertigduisend-driehonderd-en-sestig,

65 behalwe hulle slawe en hulle slavinne; dié was seweduisend-driehonderd-sewen-en-dertig. En hulle hettweehonderd sangers en sangeresse gehad.

66 Hulle perde was sewehonderd-ses-en-dertig; hulle muile, tweehonderd-vyf-en-veertig;

67 hulle kamele, vierhonderd-vyf-en-dertig; esels, sesduisend-sewehonderd-en-twintig.

68 En van die familiehoofde het, toe hulle by die huis van dieHerekom wat in Jerusalem is, vrywillig gegee vir die huis van God om dit weer op te rig op sy plek.

69 Na hul vermoë het hulle bygedra tot die fonds van die werk: in goudeen-en-sestigduisenddragmes, en in silwer vyfduisend mines en honderd priesterrokke.

70 So het dan die priesters en die Leviete en van die volk en die sangers en die poortwagters en die tempelbediendes in hulle stede gaan woon, en die hele Israel in húlle stede.

ESRA 3

Reëling van die erediens. Die tempelfondamente word gelê.

1 EN toe die sewende maand aankom en die kinders van Israel in die stede was, het die volk soos een man in Jerusalem byeengekom.

2 En Jésua, die seun van Jósadak, met sy broers, die priesters, en Serubbábel, die seun van Seáltiël, met sy broers, het klaargemaak en die altaar van die God van Israel gebou om daar brandoffers op te offer soosgeskrywe staan in die wet van Moses,die man van God.

3 En hulle het die altaar op sy grondveste opgerig, omdat die skrik vir die volke van die lande op hulle gekom het; en hulle het daar brandoffers op geoffer aan dieHere, brandoffers smôrens en saans.

4 En hulle het diehuttefees gehousoos geskrywe staan, enbrandoffers dag vir dag volgens die getal, na die eis van elke dag, soos voorgeskrywe was;

5 en daarna dievoortdurende brandoffer en diévan die nuwemane en van al die geheiligdefeestye van dieHereen van elkeen wat aan dieHere’n vrywillige gawe gebring het.

6 Van die eerste dag van die sewende maand af het hulle begin om brandoffers aan dieHerete bring, alhoewel die fondament van die tempel van dieHerenog nie gelê was nie.

7 Maar hulle het geld gegee aan die klipkappers en die skrynwerkers, enaan die Sidoniërs en Tiriërs voedsel en drank en olie om sederhout van die Líbanon te bring na die see, naJafo,volgens die verlof van Kores, die koning van Persië, aan hulle.

8 En in die tweede jaar ná hulle aankoms by die huis van God in Jerusalem, in die tweede maand, hetSerubbábel, die seun van Seáltiël, ’n begin gemaak, hy en Jésua, die seun van Jósadak, en hulle ander broers, die priesters en die Leviete en almal wat uit die gevangenskap na Jerusalem gekom het: hulle het die Leviete vantwintig jaar oud en daarbo aangestel om toesig te hou oor die werk aan die huis van dieHere.

9 En Jésua het opgetree, sy seuns en sy broers, Kádmiël met sy seuns, die seuns van Juda, soos een man, om toesig te hou oor die wat die werk gedoen het aan die huis van God,metdie seuns van Hénadad, hulle seuns en hulle broers, die Leviete.

10 Toe die bouers dan die fondament van die tempel van dieHerelê, het hulle die priestersin ampsgewaad mettrompette, en die Leviete, die seuns van Asaf, metsimbale opgestel om dieHerete loofvolgens die instelling van Dawid, die koning van Israel.

11 En hullehet aangehef met lof en dank aan dieHere,want Hy is goed, want sy goedertierenheid oor Israel is vir ewig! En die hele volk het gejuig met groot gejuig toe hulle dieHereloof, omdat die fondament van die huis van dieHeregelê was.

12 Maar baie van die priesters en die Leviete en die familiehoofde, van die oueswat die eerste huis gesien het, het hardop gehuil toe die fondament van hierdie huis voor hulle oë gelê is, terwyl baie met gejuig, met blydskap die stem verhef het.

13 En die volk kon die geluid van blye gejuig nie onderskei van die geluid van gehuil van die volk nie, want die volk het gejuig met groot gejuig, sodat die geluid tot ver weg gehoor is.

ESRA 4

Die Samaritane verhinder die bou van die tempel.

1 EN toedie teëstanders van Juda en Benjamin hoor dat die ballinge ’n tempel bou vir dieHere, die God van Israel,

2 het hulle aangekom na Serubbábel en na die familiehoofde en aan hulle gesê: Laat ons saam met julle bou, want net soos julle soek ons julle God, en aan Hom offer onsvan die dae van Esar-Haddon af, die koning van Assirië, wat ons hierheen laat optrek het.

3 Maar Serubbábel en Jésua en die ander familiehoofde van Israel het aan hulle gesê: Dit sal nie gaan dat julle saam met ons ’n huis vir onse God bou nie, maar óns alleen sal vir dieHere, die God van Israel, dit bou sooskoning Kores, die koning van Persië, ons beveel het.

4 Toe het die volk van die land die hande van die volk van Juda laat verslap en hulle afgeskrik om nie te bou nie.

5 En hulle het raadgewers teen hulle gehuur om hulle plan te verydel al die dae van Kores, die koning van Persië, tot op die regering van Daríus, die koning van Persië.

6 En onder die regering van Ahasvéros, in die begin van sy regering, het hulle ’n aanklag geskrywe teen die inwoners van Juda en Jerusalem.

7 En in die dae van Artasásta het Bislam,Mítredat, Tábeël en sy ander partygenote aan Artasásta, die koning van Persië, geskrywe; en die skrif van die brief wasAramees geskrywe en in Aramees vertaal.

8 Rehum, die bevelhebber, en Simsai, die skrywer, het ’n brief geskrywe teen Jerusalem aan Artasásta, die koning, van die volgende inhoud:

9 Rehum, die bevelhebber, en Simsai, die skrywer, en hulle ander partygenote, die Dinaïete, die Afarsatgiete, die Tarpeliete, die Afarsiete, die Arkewiete, die Babiloniërs, die Susangiete, naamlik die Elamiete,

10 en die ander volke wat die groot en beroemdeAsnappar weggevoer en in die stad Samaría en die orige gebied wes van die Eufraat laat woon het. En nou —

11 dit is ’n afskrif van die brief wat hulle aan hom gestuur het: Aan koning Artasásta, u dienaars, die manne wes van die Eufraat. En nou —

12 aan die koning word bekend gemaak dat die Jode wat van u af na ons opgetrek het, in Jerusalem aangekom het. Hulle is besig om die rebelse en slegte stad op te bou: die mure voltooi hulle en die fondamente herstel hulle.

13 Laat dit nou aan die koning bekend wees dat hulle, as dié stad opgebou en die mure voltooi is, geenbelasting, opbrings of tol sal gee nie — wat aan die inkomste van die konings skade sal doen.

14 Aangesien ons nou die sout van die paleis geëet het en dit ons nie pas om die smaad van die koning aan te sien nie, daarom stuur ons en laat die koning weet,

15 dat hulle kan nasoek in die kroniekboek van u vaders; dan sal u in die kroniekboek vind endaaruitverneem dat dié stad ’n rebelse stad was wat aan konings en provinsies skade gedoen het, en dat hulle van ouds af daarin oproer verwek het; daarom is dié stad verwoes.

16 Ons maak die koning bekend dat, as dié stad opgebou en die mure voltooi word, u daardeur geen deel sal hê wes van die Eufraat nie.

17 Die koning het as antwoord gestuur: Aan Rehum, die bevelhebber, en Simsai, die skrywer, en hulle ander partygenote wat in Samaría en in die orige gebied wes van die Eufraat woon: Heil! En nou —

18 die brief wat julle aan ons gestuur het, is aan my in vertaling voorgelees.

19 En deur my is bevel gegee, en hulle het gesoek en gevind dat dié stad van ouds af hom teen konings versit, en dat rebellie en oproer daarin verwek is.

20 En magtige konings was daar oor Jerusalem watgeheers het oor die hele gebied wes van die Eufraat, en belasting, opbrings en tol is aan hulle gegee.

21 Gee nou bevel dat dié manne moet ophou en hierdie stad nie opgebou mag word totdat deur my bevel gegee sal word nie.

22 En wees gewaarsku om hierin geen nalatigheid te begaan nie, dat daar nie groter skade tot nadeel van die konings ontstaan nie.

23 Net toe die afskrif van die brief van Artasásta, die koning, aan Rehum en Simsai, die skrywer, en hulle partygenote voorgelees is, het hulle haastig na Jerusalem, na die Jode gegaan en hulle met geweld en mag laat ophou.

24 Toe het die werk aan die huis van God wat in Jerusalem is, opgehou; en dit is gestaak tot op die tweede jaar van die regering van Daríus, die koning van Persië.