ESRA 3

Reëling van die erediens. Die tempelfondamente word gelê.

1 EN toe die sewende maand aankom en die kinders van Israel in die stede was, het die volk soos een man in Jerusalem byeengekom.

2 En Jésua, die seun van Jósadak, met sy broers, die priesters, en Serubbábel, die seun van Seáltiël, met sy broers, het klaargemaak en die altaar van die God van Israel gebou om daar brandoffers op te offer soosgeskrywe staan in die wet van Moses,die man van God.

3 En hulle het die altaar op sy grondveste opgerig, omdat die skrik vir die volke van die lande op hulle gekom het; en hulle het daar brandoffers op geoffer aan dieHere, brandoffers smôrens en saans.

4 En hulle het diehuttefees gehousoos geskrywe staan, enbrandoffers dag vir dag volgens die getal, na die eis van elke dag, soos voorgeskrywe was;

5 en daarna dievoortdurende brandoffer en diévan die nuwemane en van al die geheiligdefeestye van dieHereen van elkeen wat aan dieHere’n vrywillige gawe gebring het.

6 Van die eerste dag van die sewende maand af het hulle begin om brandoffers aan dieHerete bring, alhoewel die fondament van die tempel van dieHerenog nie gelê was nie.

7 Maar hulle het geld gegee aan die klipkappers en die skrynwerkers, enaan die Sidoniërs en Tiriërs voedsel en drank en olie om sederhout van die Líbanon te bring na die see, naJafo,volgens die verlof van Kores, die koning van Persië, aan hulle.

8 En in die tweede jaar ná hulle aankoms by die huis van God in Jerusalem, in die tweede maand, hetSerubbábel, die seun van Seáltiël, ’n begin gemaak, hy en Jésua, die seun van Jósadak, en hulle ander broers, die priesters en die Leviete en almal wat uit die gevangenskap na Jerusalem gekom het: hulle het die Leviete vantwintig jaar oud en daarbo aangestel om toesig te hou oor die werk aan die huis van dieHere.

9 En Jésua het opgetree, sy seuns en sy broers, Kádmiël met sy seuns, die seuns van Juda, soos een man, om toesig te hou oor die wat die werk gedoen het aan die huis van God,metdie seuns van Hénadad, hulle seuns en hulle broers, die Leviete.

10 Toe die bouers dan die fondament van die tempel van dieHerelê, het hulle die priestersin ampsgewaad mettrompette, en die Leviete, die seuns van Asaf, metsimbale opgestel om dieHerete loofvolgens die instelling van Dawid, die koning van Israel.

11 En hullehet aangehef met lof en dank aan dieHere,want Hy is goed, want sy goedertierenheid oor Israel is vir ewig! En die hele volk het gejuig met groot gejuig toe hulle dieHereloof, omdat die fondament van die huis van dieHeregelê was.

12 Maar baie van die priesters en die Leviete en die familiehoofde, van die oueswat die eerste huis gesien het, het hardop gehuil toe die fondament van hierdie huis voor hulle oë gelê is, terwyl baie met gejuig, met blydskap die stem verhef het.

13 En die volk kon die geluid van blye gejuig nie onderskei van die geluid van gehuil van die volk nie, want die volk het gejuig met groot gejuig, sodat die geluid tot ver weg gehoor is.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

16 − 6 =