ESTER 8

1 OP dieselfde dag het koning Ahasvéros aan koningin Ester die huis gegee van Haman, die teëstander van die Jode; en Mórdegai het voor die koning gekom, want Ester het vertelwat hy van haar was.

2 En die koning hetsy seëlring uitgetrek wat hy van Haman afgeneem het, en dit aan Mórdegai gegee; en Ester het Mórdegai aangestel oor die huis van Haman.

Besluit van Ahasvéros ten gunste van die Jode.

3 EN Ester het weer voor die koning gespreek en voor sy voete neergeval en geween en hom gesmeek om die onheil van Haman, die Agagiet, en sy plan wat hy teen die Jode beraam het, te verydel.

4 Endie koning het die goue septer na Ester uitgesteek, en Ester het haar opgerig en voor die koning gaan staan

5 en gesê: As die koning dit goedvind en ek genade voor hom gevind het en die saak reg is voor die koning en ek welgevallig is in sy oë, laat dan geskrywe word om die briewe met die plan van Haman, die seun van Hammedáta, die Agagiet, te herroep wat hy geskrywe het om die Jode wat in al die provinsies van die koning is, uit te roei.

6 Want hoe sou ek kan aansien die onheil wat my volk sal tref? En hoe sou ek kan aansien die ondergang van my geslag?

7 Toe sê koning Ahasvéros aan koningin Ester en aan die Jood Mórdegai: Kyk,die huis van Haman het ek aan Ester gegee, en hom het hulle aan die galg opgehang, omdat hy sy hand teen die Jode uitgesteek het.

8 Skryf julle maar, wat die Jode betref, soos julle dit goedvinduit naam van die koning, en verseël dit met die seëlring van die koning; want ’n geskrif, in naam van die koning geskrywe en verseël met die seëlring van die koning,kan nie herroep word nie.

9 Toe is in dieselfde tyd die skrywers van die koning geroep, in die derde maand, dit is die maandSiwan, op die drie-en-twintigste daarvan; en daar is geskrywe net soos Mórdegai beveel het, aan die Jode en aan dielandvoogde en diegoewerneurs en die vorste van die provinsies wat vanIndië af tot by Kus lê, honderd-sewen-en-twintig provinsies, aan elke provinsie volgens sy skrif en aan elke volk in sy taal, en aan die Jode volgens hulle skrif en in hulle taal —

10 hy het laat skrywe uit naam van koning Ahasvéros en dit verseël met die seëlring van die koning en briewe gestuur met rapportgangers te perd wat gery het op koninklike renperde uit die stoetery,

11 dat die koning aan die Jode wat in elke stad woon, toegestaan het om bymekaar te kom en hulle lewe te verdedig, deur te verdelg en dood te maak en uit te roei elke gewapende mag van volk of provinsie wat hulle in benoudheid mag bring, saam met kindertjies en vroue, enhullebesittingsas buit te plunder,

12 op een dag in al die provinsies van koning Ahasvéros, op die dertiende van die twaalfde maand, dit is die maand Adar.

13 ’n Afskrif van die bevelskrif moes as wet uitgevaardig word in elke provinsie, openbaar gemaak aan al die volke, sodat die Jode op dié dag gereed moes wees om hulle op hul vyande te wreek.

14 Die rapportgangers wat op die koninklike renperde gery het, het op bevel van die koning haastig en gou weggegaan, en die wet is in die vesting Susan uitgevaardig.

15 En Mórdegai het van die koning weggegaanin ’n koninklike kleed van pers en wit, met ’n groot goue kroon op en ’n mantel van fyn linne en purperrooi stof, terwyldie stad Susan jubel en vrolik was.

16 Vir die Jode was daar lig en vrolikheid en vreugde en eer;

17 en in al die provinsies en in al die stede waar die bevel van die koning en sy wet ook al aangekom het, was daar vrolikheid en vreugde by die Jode, maaltyd enfeesdag; en baie uit die volke van die land het Jode geword, wantdie skrik vir die Jode het op hulle geval.

ESTER 9

Die Jode verslaan baie van hulle vyande, ook die tien seuns van Haman.

1 ENin die twaalfde maand, dit is die maand Adar, op die dertiende dag daarvan, toedie bevel van die koning en sy wet uitgevoer sou word, op die dag toe die vyande van die Jode gehoop het om hulle te oorweldig — maar dit net omgekeerd was, sodat juis die Jode hulle haters sou oorweldig —

2 het die Jodesaamgekom in hulle stede in al die provinsies van koning Ahasvéros om die hand te slaan aan die wat hulle onheil gesoek het; en niemand het voor hulle standgehou nie, wantdie skrik vir hulle het op al die volke geval.

3 En al die vorste van die provinsies en die landvoogde en die goewerneurs en die beamptes van die koning het die Jode ondersteun, want die skrik vir Mórdegai het op hulle geval.

4 Want Mórdegai was groot in die paleis van die koning, en sy gerug het deur al die provinsies gegaan, omdat die man Mórdegai al groter geword het.

5 En die Jode het onder hulle vyande ’n slagting aangerig deur die swaard en deur doodslag en verdelging, en met hulle haters na hulle goedvinde gehandel.

6 En in die vesting Susan het die Jode vyfhonderd man gedood en uitgeroei;

7 en Parsandáta en Dalfon en Aspáta,

8 en Poráta en Adálja en Aridáta,

9 en Parmásta en Arísai en Arídai en Waisáta,

10 die tien seuns van Haman, die seun van Hammedáta, die teëstander van die Jode, het hulle gedood, maarna die buit hulle hand nie uitgesteek nie.

11 Op dieselfde dag het die getal van die wat in die vesting Susan gedood is, voor die koning gekom;

12 en die koning het aan koningin Ester gesê: In die vesting Susan het die Jode vyfhonderd man gedood en uitgeroei benewens die tien seuns van Haman; wat sou hulle wel in die ander provinsies van die koning gedoen het? Wat is dan jou bede? — dit sal jou toegestaan word. Enwat is verder jou versoek? — daaraan sal voldoen word.

13 Toe sê Ester: As die koning dit goedvind, laatmôre ook aan die Jode wat in Susan is, toegestaan word om te handel volgens die wet wat geld vir vandag; en laat hulle die tien seuns van Haman aan die galg ophang.

14 En die koning het bevel gegee om so te doen; en ’n wet is in Susan uitgevaardig, en hulle het die tien seuns van Haman opgehang.

15 En die Jode wat in Susan was, het ook op die veertiende dag van die maand Adarsaamgekom; en hulle het in Susan driehonderd man gedood, maarna die buit hulle hand nie uitgesteek nie.

16 En die ander Jode wat in die provinsies van die koning was, het saamgekom en hulle lewe verdedig en gerus van hul vyande; en hulle het onder hul haters vyf-en-sewentigduisend omgebring, maar na die buit hulle hand nie uitgesteek nie.

17 Dit was op die dertiende dag van die maand Adar; en op die veertiende daarvan het hulle gerus en dit ’n dag van maaltyd en vrolikheid gemaak.

18 Maar die Jode wat in Susan was, hetop die dertiende en die veertiende daarvan byeengekom, en op die vyftiende daarvan gerus, sodat hulle dit ’n dag van maaltyd en vrolikheid gemaak het.

19 Daarom maak die Jode wat buite in die onbemuurde stede woon, van die veertiende dag van die maand Adar’n dagvan vrolikheid en maaltyd en’n feesdag waarop hullemekaar lekkernye stuur.

Instelling van die Purimfees.

20 EN Mórdegai het hierdie dinge opgeskrywe en briewe gestuur aan al die Jode wat in al die provinsies van koning Ahasvéros was, die wat naby en die wat ver was,

21 om vir hulle vas te stel dat hulle elke jaar dieveertiende dag van die maand Adar en die vyftiende daarvan moes vier —

22 as die dae waarop die Jode rus gekry het van hulle vyande, en die maand wat vir hulle van kommer in vrolikheid en van rou in ’n feesdag verander is — dat hulle daar dae van maaltyd en vrolikheid van moes maak en om mekaar lekkernye enaan die armes gawes te stuur.

23 En die Jode het as insetting aangeneem wat hulle begin het om te doen en wat Mórdegai aan hulle geskryf het.

24 Want Haman, die seun van Hammedáta, die Agagiet, teëstander van al die Jode,het ’n plan beraam teen die Jode om hulle uit te roei, en die Pur, dit is die lot, gewerp om hulle te vernietig en hulle uit te roei.

25 Maar toe dit voor die koning kom, het hy skriftelik bevel gegee dat sy goddelose plan wat hy teen die Jode uitgedink het, op sy eie hoof moes neerkom; en hulle het hom en sy seuns aan die galg opgehang.

26 Daarom noem hulle dié dae Purim, na die naam Pur. Hierom, vanweë al die woorde vandaardie brief en wat hulle self daarvan gesien het en wat hulle oorgekom het,

27 het die Jode vasgestel en as insetting aangeneem vir hulle en hulle nageslag en vir almal wat hulle by hulle sou aansluit, sodat dit onherroeplik sou wees, dat hulledié twee dae al jare sou hou volgens die voorskrif daaromtrent en op die bepaalde tyd;

28 en dat dié dae herdenk en gehou moet word in al die geslagte, families, provinsies en stede, en dat dié Purim-dae onder die Jode nie afgeskaf mag word nie en die gedagtenis daaraan onder hulle nageslag nie mag ophou nie.

29 En koningin Ester,die dogter van Abígail, en die Jood Mórdegai het met alle nadruk geskrywe om hierdietweede brief oor die Purim krag te verleen.

30 En hy het briewe gestuur aan al die Jode indie honderd-sewen-en-twintig provinsies, die koninkryk van Ahasvéros, woorde van vrede en trou,

31 om dié Purim-dae op hulle bepaalde tye vas te stel soos die Jood Mórdegai en koningin Ester dit vir hulle verorden het, en soos hulle vir hulself en hul nageslag die voorskrifte aangaandedie vastyd en die daarby behorende weeklag vasgestel het.

32 En die bevel van Ester het die voorskrifte vir hierdie Purim vasgestel, en dit is in ’n boek geskrywe.

ESTER 10

Mórdegai se hoë posisie en aansien.

1 DAARNA het koning Ahasvéros ’n belasting op die land en opdie kuslande van die see gelê.

2 En al die dade van sy mag en sterkte en die noukeurige berig oor die grootheid van Mórdegaiwaartoe die koning hom verhoog het, is dit nie beskrywe indie Kroniekboek van die konings van Medië en Persië nie?

3 Want die Jood Mórdegai wasdie tweede in rang onder koning Ahasvéros; en hy was groot by die Jode en ’n liefling by die menigte van sy broers, omdat hy die heil van sy volk gesoek en tot welsyn van sy hele nageslag gespreek het.

NEHEMÍA 1

Gebed van Nehemía vir die kinders van Israel.

1 DIE geskiedenis vanNehemía, die seun van Hagálja. En in die maand Kislew vandie twintigste jaar toe ek in dievesting Susan was,

2 hetHanáni, een van my broers, gekom, hy en manne uit Juda; en ek het hulle gevra na die Jode, die vrygeraaktes wat oorgebly het uit die gevangenskap, en na Jerusalem.

3 En hulle het vir my gesê: Die oorgeblewenes wat vrygekom het uit die gevangenskap daar in die provinsie, verkeer in groot ellende en in smaad, en die muur van Jerusalemlê stukkend en sy poorte is met vuur verbrand.

4 En toe ek hierdie woorde hoor,het ek gesit en ween, en ek het dae lank getreur; en ek het gevas en gebid voor die aangesig van die God van die hemel

5 en gesê: Ag,Here, God van die hemel,grote en gedugte God,wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat U liefhet en u gebooie onderhou —

6 laat u oor tog opmerksaam en u oë oop wees, om te luister na die gebed van u kneg wat ek vandag voor u aangesig bid, dag en nag, vir die kinders van Israel, u knegte, terwyl ekdie sondes van die kinders van Israel bely wat ons teen U gedoen het; ook ek en my familie het gesondig.

7 Ons het baie verkeerd gehandel teenoor U, en ons het die gebooie en insettinge en verordeninge wat U aan Moses, u kneg, beveel het, nie gehou nie.

8 Dink tog aan die woord wat U aan Moses, u kneg, beveel het, naamlik:As julle ontrou is, sal Ek julle onder die volke verstrooi;

9 maar as julle jul tot My bekeer en my gebooie onderhou en dit doen —al was julle verjaagdes aan die einde van die hemel, dan sal Ek hulle daarvandaan versamel en hulle bringna die plek wat Ek verkies het om my Naam daar te laat woon.

10 Hulle is tog u knegte en u volk wat U verlos het deur u grote krag en deur u sterke hand.

11 Ag, Here, laat u oor tog opmerksaam wees op die gebed van u kneg en op die gebed van u knegte wat verlang om u Naam te vrees; en laat dit tog vandag u kneg geluk, en verleen hom barmhartigheid voor die oë van hierdie man. Ek was naamlik skinker van die koning.

NEHEMÍA 2

Artasásta gee Nehemía verlof om Jerusalem te gaan herbou.

1 EN in die maandNisan vandie twintigste jaar van koning Artasásta toe daar wyn voor hom was,het ek die wyn opgehef en aan die koning gegee; en omdat ek nooit voor hom bedroef was nie,

2 het die koning my gevra: Waarom is jou aangesig so bedroef; jy is tog nie siek nie? Dit is niks anders as hartseer nie. En ek het baie bevrees geword

3 en aan die koning gesê:Mag die koning ewig lewe! Waarom sou my aangesig nie bedroef wees nie, terwyl togdie stad waar my vaders begrawe is, woes lê en sy poorte deur vuur verteer is?

4 Daarop vra die koning my: Wat is dan jou begeerte? En ek het totdie God van die hemel gebid

5 en aan die koning gesê: As die koning dit goedvind en as u dienaar welgevallig is in u oë, stuur my dan na Juda, na die stad waar my vaders begrawe lê, dat ek dit kan opbou.

6 Toe vra die koning my, terwyl die koningin langs hom sit: Hoe lank sal jou reis duur, en wanneer sal jy terugkom? En die koning het dit goedgevind om my te stuur. En ek het hom ’nbepaalde tyd aangegee

7 en aan die koning gesê: As die koning dit goedvind, kan hulle vir my briewe saamgee aan diegoewerneurs wes van die Eufraat, dat hulle my laat deurtrek totdat ek in Juda kom;

8 en ’n brief aan Asaf, opsigter van die park van die koning, dat hy aan my hout lewer om die poorte van dievesting wat by die tempel behoort, met balke uit te lê, en vir die muur van die stad en vir die huis waar ek sal intrek. En die koning het my dit toegestaanvolgens die goeie hand van my God oor my.

9 En ek het by diegoewerneurs gekom wes van die Eufraat en die briewe van die koning aan hulle gegee. Ook leërowerstes en perderuiters het die koning met my saamgestuur.

10 Maar toeSanbállat, dieHoroniet, enTobía, die Ammonitiese kneg, hoor dat iemand gekom hetom vir die kinders van Israel iets goeds te soek, was hulle daaroor erg ontstemd.

11 En toe ek in Jerusalem kom en daar drie dae was,

12 het ek my in die nag gereedgemaak, ek en enkele manne saam met my; maar ek het aan geen mens meegedeel wat my God in my hart gegee het om vir Jerusalem te doen nie; daar was ook geen dier by my nie, behalwe die dier waar ek op gery het.

13 En ek het in die nag deur dieDalpoort uitgery en na die kant van die Slangfontein en na dieAspoort toe; en ek het die mure van Jerusalem besigtig wat stukkend lê, en sy poorte wat deur vuur verteer was.

14 En ek het verder gegaan na dieFonteinpoort en na dieKoningsvywer. Maar daar was geen plek vir die dier om onder my verder te gaan nie.

15 Daarna het ek in die nag in diedal opgeklim en die muur besigtig. Toe het ek weer deur die Dalpoort ingekom en teruggegaan.

16 Maar dieleiers het nie geweet waar ek heengegaan het en wat ek doen nie; want ek het tot nog toe die Jode en die priesters en die edeles en die leiers en die ander wat die werk moes doen, niks te kenne gegee nie.

17 Daarop sê ek vir hulle: Julle sien die nood waar ons in is, dat Jerusalem woes lê en sy poorte met vuur verbrand is; kom, laat ons die muur van Jerusalem opbou, dat ons nie langer’n voorwerp van smaad kan wees nie.

18 En ek vertel hulle vandie hand van my God wat goed was oor my, en ook van die woorde van die koning wat hy my gesê het. En hulle sê: Ons sal ons klaarmaak en bou! En hullehet hulle hande sterk gemaak vir die goeiewerk.

19 Maar toe Sanbállat, die Horoniet, en Tobía, die Ammonitiese kneg, enGesem, die Arabier, dit hoor, het hulle ons bespot en ons verag en gesê: Wat is dit vir ’n ding wat julle doen?Wil julle teen die koning rebelleer?

20 Toe antwoord ek hulle en sê vir hulle: Die God van die hemel, Hy sal ons dit laat geluk, en ons, sy knegte, sal ons klaarmaak en bou;maar julle het geen deel of reg of gedagtenis in Jerusalem nie.

NEHEMÍA 3

Herbouing van die mure en poorte van Jerusalem.

1 ENÉljasib, die hoëpriester, het hom klaargemaak met sy broers, die priesters, en hulle het dieSkaapspoort gebou; hulle het dit geheilig en sy deure ingesit; verder tot by die toring Hamméa wat hulle geheilig het, tot by die toring Hanáneël.

2 En naas hom het die manne van Jérigo gebou; en daarnaas het Sakkur, die seun van Imri, gebou.

3 En dieVispoort het die seuns van Sénaä gebou; hulle het dit met balke uitgelê en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit.

4 En naas hulle het Méremot, die seun van Uría, die seun van Hakkos, herstel; en naas hulle het Mesúllam, die seun van Berégja, die seun van Mesesábeël, herstel; en naas hulle het Sadok, die seun van Báäna, herstel.

5 En naas hulle het die Tekoïete herstel; maar hulle vername manne het hulle nek nie gebuig onderdie diens van hulleHerenie.

6 En dieOu Poort het Jójada, die seun van Paséag, en Mesúllam, die seun van Besódja, herstel; hulle het dit met balke uitgelê en sy deure en sy sluitbalke en sy grendels ingesit.

7 En naas hulle het Melátja, die Gibeoniet, en Jadon, die Meronotiet, die manne van Gíbeon en Mispa, herstel by diesetel van die goewerneur van die gebied wes van die Eufraat.

8 Naas hom het Ússiël, die seun van Harhája,vandie goudsmede, herstel; en naas hom het Hanánja, ’n lid van die salfmengers, herstel; en hulle het Jerusalem onaangeroerd gelaat tot by diebreë muur.

9 En naas hulle het Refája, die seun van Hur, owerste vandie halwe distrik Jerusalem, herstel.

10 En naas hulle het Jedája, die seun van Harúmaf, herstel — teenoor sy huis; en naas hom het Hattus, die seun van Hasábneja, herstel.

11 ’n Tweede stuk het Malkía, die seun van Harim, en Hassub, die seun van Pahat-Moab, herstel, ook dieBakoondtoring.

12 En naas hom het Sallum, die seun van Hallóhes, owerste van die halwe distrik Jerusalem, herstel, hy met sy dogters.

13 DieDalpoort het Hanun en die inwoners van Sanóag herstel; hulle het dit opgebou en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit, ook duisend el aan die muur tot bydie Aspoort.

14 En die Aspoort het Malkía, die seun van Regab, owerste van die distrik Bet-Hakkerém, herstel; hy het dit opgebou en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit.

15 Endie Fonteinpoort het Sallum, die seun van Kol-Hosé, owerste van die distrik Mispa, herstel; hy het dit opgebou en dit oordek, en hy het sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit, ook die muur van die dam van die waterleiding bydie koning se tuin, en tot bydie trappe wat van die Dawidstad afloop.

16 Ná hom het Nehemía, die seun van Asbuk, owerste van die halwe distrik Bet-Sur, tot teenoordie Dawidsgrafte herstel en tot by die kunstig aangelegdedam en tot by die huis van die helde.

17 Ná hom het die Leviete — Rehum, die seun van Bani, herstel; naas hom het Hasábja, die owerste van die halwe distrik Kehíla, vir sy distrik herstel.

18 Ná hom het hulle broers, Bágwai, die seun van Hénadad, die owerste van dieanderhalwe distrik Kehíla, herstel.

19 En naas hom het Eser, die seun van Jésua, die owerste van Mispa, ’n tweede stuk herstel teenoor die opgang na diewapenhuis, die Winkelhaak.

20 Ná hom het Barug, die seun van Sábbai, ’n tweede stuk ywerig herstel; van die Winkelhaak af tot by die huisdeur van die hoëpriester Éljasib.

21 Ná hom het Méremot, die seun van Uría, die seun van Hakkos, ’n tweede stuk herstel, van die huisdeur van Éljasib af tot by die end van Éljasib se huis.

22 En ná hom het die priesters, die manne vandieJordaanstreek, herstel.

23 Ná hom het Benjamin en Hassub teenoor hulle huis herstel; ná hom het Asárja, die seun van Maäséja, die seun van Anánja, langs sy huis herstel.

24 Ná hom het Bínnuï, die seun van Hénadad, ’n tweede stuk herstel; van die huis van Asárja af tot by die Winkelhaak en tot by die Hoek.

25 Palal, die seun van Úsai, teenoor die Winkelhaak en die boonste toring wat uit die huis van die koning uitsteek, by die voorhof van bewaking; ná hom Pedája, die seun van Parhos.

26 En die tempelbediendes het gewoon op die Heuwel tot teenoor die Waterpoort, teen die ooste, en die toring wat uitsteek.

27 Ná hom het die Tekoïete ’n tweede stuk herstel, van teenoor die groot toring af wat uitsteek, tot by die Heuwel-muur.

28 Bokant diePerdepoort het die priesters herstel, elkeen teenoor sy huis.

29 Daarnaas het Sadok, die seun van Immer, teenoor sy huis herstel; en ná hom het Semája, die seun van Segánja, die bewaker van dieOospoort, herstel.

30 Ná hom het Hanánja, die seun van Selémja, en Hanun, die sesde seun van Salaf, ’n tweede stuk herstel; daarnaas het Mesúllam, die seun van Berégja, teenoor sy kamer herstel.

31 Ná hom het Malkía, lid van die goudsmede, herstel tot by die huis van die tempelbediendes en die koopmans, teenoor die Wagpoort en tot by die bo-kamer op die Hoek.

32 En tussen die bo-kamer op die Hoek en dieSkaapspoort het die goudsmede en die koopmans herstel.

NEHEMÍA 4

Sameswering van die vyande. Nehemía wapen die volk.

1 MAARtoe Sanbállat hoor dat ons die muur bou, het hy kwaad geword en hom baie geërg, en hy het met die Jode gespot

2 en voor sy broers en die leër van Samaría gespreek en gesê: Wat maak die magtelose Jode? Sal ’n mens hulle laat begaan? Sal hulle offer? Sal hulle dit vandag nog voltooi? Sal hulle die klippe uit die grondhope lewendig maak, al is dit deur brand verniel?

3 EnTobía, die Ammoniet, het langs hom gestaan en gesê: Wat hulle ook al bou — as’n jakkals daarteen opspring, sal hy hulle klipmuur omgooi!

4 Hoor, onse God, dat ons ’n veragting geword het; enbring hulle smaad op hulle hoof terug en gee hulle oor aan plundering in ’n land van gevangenskap.

5 Endek hulle ongeregtigheid nie toe nie, en laat hulle sonde nie uitgedelg word voor u aangesig nie; want hulle hetUgeterg teenoor die bouers.

6 Maar ons het die muur opgebou, en die hele muur is tot op sy helfte herstel; en die volk was met hulle hart in die werk.

7 Maar toe Sanbállat en Tobía en dieArabiere en die Ammoniete en die Asdodiete hoor dat die verbetering aan die mure van Jerusalem vorder, dat die skeure begin toeraak, het hulle baie kwaad geword.

8 En hulle het almal met mekaar ’n sameswering gesmee om teen Jerusalem te gaan veg en daar verwarring te stig.

9 Maar ons het tot onse God gebid en om hulle ontwil ’n wag teen hulle uitgesit, dag en nag.

10 Maar Juda het gesê: Die krag van die lasdraers beswyk, en die puinhoop is groot, sodat ons nie aan die muur kan bou nie.

11 En ons teëstanders het gesê: Hulle mag niks weet en sien nie totdat ons tussen hulle inkom en hulle doodslaan en ’n einde maak aan die werk.

12 En toe die Jodewat by hulle gewoon het, inkom en wel tien maal, uit al die plekke, aan ons sê: Julle moet na ons toe terugkom —

13 het ek op die laagste plekke agter die muur, op die kaal plekke,manskappeopgestel — ek het die volk opgestel volgens hulle geslagte met hul swaarde, hul spiese en hul boë.

14 En ek het dit gesien en my opgerig en aan die edeles en die leiers en die ander mense gesê: Julle moet nie bang wees vir hulle nie; dink aan die grote en gedugteHere, en veg vir julle broers, julle seuns en julle dogters, julle vroue en julle huise.

15 En toe ons vyande hoor dat dit aan ons bekend geword het, en God hulle plan verydel het, het ons almal teruggegaan na die muur, elkeen na sy werk.

16 En van dié dag af was die helfte van my mense besig met die werk, en die ander helfte het diespiese en die skilde en die boë en die pantsers gehou, terwyl die owerstes agter die hele huis van Juda gestaan het.

17 Van die bouers aan die muur het die lasdraers hulle werk so gedoen dat hulle met die een hand die werk verrig het, terwyl die ander hand die werpspies vashou,

18 en die bouers het elkeen sy swaard aan sy heupe gegord en gebou, terwyl die basuinblaser by my gestaan het.

19 Enek het aan die edeles en die leiers en die ander mense gesê: Die werk is groot en uitgestrek, en ons is uitmekaar op die muur, die een ver van die ander af.

20 Op die plek waar julle die geluid van die basuin hoor, daar moet julle by ons bymekaarkom;onse God sal vir ons stry.

21 En ons het die werk gedoen, terwyl die helfte van hulle die spiese vashou vandat die rooidag uitkom totdat die sterre verskyn.

22 Ook het ek in dié tyd aan die volk gesê: Elkeen moet met sy kneg binnekant Jerusalem vernag, sodat hulle vir ons in die nag ’n wag kan wees en oordag ’n werkkrag.

23 Maar ek self en my broers en my mense en die manne van die wag wat my gevolg het, het nooit ons klere uitgetrek nie — elkeen met sy wapenenwater.

NEHEMÍA 5

Nehemía verlig die skuldelas van die armes. Sy belangeloosheid.

1 EN daar het ’n groot geroep van die volk en van hulle vroue ontstaan teen hullebroers, die Jode;

2 en sommige het gesê: Ons seuns en ons dogters, ons is baie; ons wil koring hê, dat ons kan eet en lewe!

3 En ander het gesê: Ons lande en ons wingerde en ons huise moes ons verpand, sodat ons koring kon koop in die hongersnood!

4 En ander weer het gesê: Ons het op ons lande en ons wingerde geld geleen vir diebelasting aan die koning.

5 En nou, ons vlees is soos die vlees van ons broers en ons kinders soos hulle kinders, en tog moet ons nou ons seuns en onsdogters tot slawe verneder, en van ons dogters is al verneder sonder dat ons daar iets aan kan doen, en ons lande en ons wingerde behoort aan ander.

6 En ek was baie verontwaardig toe ek hulle geroep en hierdie woorde hoor.

7 En ek het by myself beraadslaag en met die edeles en die leiers getwis en aan hulle gesê:Julle leen uit op woeker, elkeen aan sy broer! En ek het ’n groot vergadering teen hulle belê

8 en aan hulle gesê: Óns het ons Joodse broers wat aan die heidene verkoop was, na ons vermoëlosgekoop; en tog verkoop júlle jul broers, sodat hulle hul aan ons moet verkoop. En hulle het geswyg en geen antwoord gevind nie.

9 Verder het ek gesê: Dit is nie goed wat julle doen nie. Moet julle niein die vrees van onse God wandelter wille van die smaad van die heidene, ons vyande, nie?

10 Ek self, my broers en my mense het ook aan hulle geld en koring geleen; laat ons tog hierdie lening kwytskeld.

11 Gee dan vandag nog hulle lande, hulle wingerde, hulle olyfbome en hulle huise aan hulle terug, en die honderdste deel van die geld en die koring, die mos en die olie wat julle aan hulle geleen het.

12 Daarop sê hulle: Ons sal dit teruggee en niks van hulle vorder nie; ons sal net so handel soos u gesê het. En ek het die priesters geroepen hulle laat sweer om volgens hierdie woord te handel.

13 Ook het ek myboesem uitgeskud en gesê: Mag God so elke man uitskud wat hierdie woord nie bevestig nie, uit sy huis en uit sy besitting; en mag hy so uitgeskud en leeg wees! Toe sê die hele vergadering:Amen! en hulle het dieHeregeprys. En die volk het volgens hierdie woord gehandel.

14 Ook van die dag af dat ek aangestel is om hulle goewerneur te wees in die land Juda, van dietwintigste jaar af tot dietwee-en-dertigste jaar van koning Artasásta, twaalf jaar lank, het ek en my broersdie brood van goewerneurs nie geëet nie;

15 terwyl die vorige goewerneurs wat voor my was, die volk swaar belas het en van hulle brood en wyn geneem het, daarna veertig sikkels silwer. Hulle mense het ook heerskappy gevoer oor die volk; maar so het ek uit vrees vir God nie gedoen nie.

16 En ook by die werk aan hierdie muur het ek volhard sonder dat ons grond aangeskaf het, terwyl tog al my mense daar by die werk versamel was.

17 En die Jode, die leiers, honderd-en-vyftig man, sowel as die wat uit die heidene rondom ons na ons toe gekom het, was aan my tafel.

18 Enwat vir elke dag berei is — een bees, ses uitgesoekte stuks kleinvee en voëls — is berei op my koste, en elke tien dae allerhande soorte wyn in oorvloed; en daarby het ek tog die brood van goewerneurs nie begeer nie, omdat die diens swaar was op hierdie volk.

19 Dink, my God, my ten goede, aan alles wat ek aan hierdie volk gedoen het!

NEHEMÍA 6

Sameswering teen Nehemía; sy geloof en sy volharding.

1 EN toeSanbállat en Tobía en Gesem, die Arabier, en ons ander vyande verneem dat ek die muur gebou het en dat daar geen skeur in oorgebly het nie,alhoewel ek tot dié tyd toe geen deure in die poorte gesit het nie,

2 laat Sanbállat en Gesem my weet: Kom laat ons bymekaarkom ineen vandie dorpe, in die laagte vanOno; maar hulle het gemeen om my kwaad aan te doen.

3 Toe stuur ek boodskappers na hulle om te sê: Ek doen ’n groot werk, sodat ek nie kan afkom nie. Waarom moet die werk ophou sodra ek dit verlaat om na julle af te kom?

4 Nog vier keer het hulle op dieselfde manier na my gestuur, en ek hulle op dieselfde manier geantwoord.

5 Daarop stuur Sanbállat op dieselfde manier vir die vyfde keer sy dienaar na my met ’n ope brief in sy hand.

6 Daarin was geskrywe: Die gerug gaan rond onder die volke, en Gasmu sê: Jy en die Jode is van planom te rebelleer; daarom bou jy die muur, en jy sal hulle koning word — dergelike dinge.

7 Ook het jy profete aangestel om van jou in Jerusalem uit te roep en te sê: Koning in Juda! En nou, sulke dinge sal deur die koning gehoor word; kom dan nou en laat ons saam beraadslaag!

8 Maar ek het hom laat weet: Daar het nie sulke dinge gebeur as dié waar jy van spreek nie, maar jy het dit self versin.

9 Want hulle almal wou ons bang maak en het gedink: Hulle hande sal die werk laat lê, sodat dit nie gedoen word nie. Versterk dan nou my hande!

10 En toe ek in die huis van Semája, die seun van Delája, die seun van Mehetábeël kom, terwyl hyverhinder was, sê hy: Laat ons saamkom in die huis van God, binne-in die tempel, en laat ons die deure van die tempel toesluit; want hulle kom om u dood te maak, ja, hulle sal in die nag kom om u dood te maak.

11 Maar ek het gesê: Sal ’n man soos ek vlug? En hoe durf een soos ek die tempel ingaan en in die lewe bly? Ek sal nie ingaan nie.

12 Want ek het duidelik gemerk dat God hom nie gestuur het nie, maar dat hy die profesie oor my gespreek het, omdat Tobía en Sanbállat hom gehuur het.

13 Daarvoor was hy gehuur, dat ek bang sou word en so sou maak en sonde doen, sodat dit hulle as slegte gerug kon dien om my smaadheid aan te doen.

14 Dink, my God, aan Tobía en aan Sanbállat volgens hierdie werke van hom, en ook aan Noádja, die profetes, en die ander profete wat my wou bang maak.

15 En die muur is voltooi op die vyf-en-twintigste vanElul, in twee-en-vyftig dae.

16 En toeal ons vyande dit hoor, het al die nasies rondom ons bevrees geword en neerslagtig gevoel, enhulle het erken dat hierdie werk deur onse God gedoen is.

17 Ook het in dié dae die edeles van Juda baie briewe geskrywe wat na Tobía gegaan het, en dié van Tobía het na hulle gekom.

18 Want baie in Juda was deur ’n eed aan hom verbonde, omdat hy die skoonseun was van Segánja, die seun van Arag, en sy seun Jóhanan die dogter vanMesúllam, die seun van Berégja, getrou het.

19 Ook het hulle voor my sy goeie bedoelings verhaal en my woorde na hom uitgebring. Tobía het briewe gestuur om my bang te maak.

NEHEMÍA 7

Nehemía stel wagte op in die stad. Geslagslys van die wat saam met Serubbábel uit die gevangenskap gekom het.

1 EN toe die muur gebou was, het ek die deure ingesit, en die poortwagters en die sangers en die Leviete is aangestel.

2 En ek het my broerHanáni en Hanánja, die owerste van die vesting, oor Jerusalem aangestel — want hy was ’n getroue man en godvresend bo baie —

3 en ek het vir hulle gesê: Die poorte van Jerusalem mag nie oopgemaak word voordat die son warm is nie; en terwyl hulle nogop wagstaan, moet die deure toegesluit word, en julle moet dit dig grendel; en julle moet van die inwoners van Jerusalem wagte uitsit, elkeen op sy pos en elkeen teenoor sy huis.

4 En die stad was wyd uitgestrek en groot, maar die mense daarin was min, en die huise was nie opgebou nie.

5 Toe het my God in my hart gegee dat ek die edeles en die leiers en die volk bymekaar laat kom het om ’n geslagslys aan te lê; en ek het die geslagslys gekry van die wateerste opgetrek het, en daarin geskrywe gevind:

6 Dit is die inwoners van die provinsie wat opgetrek het uit die gevangenskap van die ballinge, wat Nebukadnésar, die koning van Babel, weggevoer het, en teruggekom het na Jerusalem en Juda, elkeen na sy stad;

7 wat saam met Serubbábel, Jésua, Nehemía, Asárja, Raämja, Nahamáni, Mórdegai, Bilsan, Mispéret, Bigwai, Nehum, Baäna gekom het; die getal manne van die volk van Israel was:

8 die kinders van Parhos, tweeduisend-eenhonderd-twee-en-sewentig;

9 die kinders van Sefátja, driehonderd-twee-en-sewentig;

10 die kinders van Arag,seshonderd-twee-en-vyftig;

11 die kinders van Pahat-Moab, van die kinders van Jésua en Joab, tweeduisend-agthonderd-en-agttien;

12 die kinders van Elam, duisend-tweehonderd-vier-en-vyftig;

13 kinders van Sattu,agthonderd-vyf-en-veertig;

14 die kinders van Sakkai, sewehonderd-en-sestig;

15 die kinders van Bínnuï, seshonderd-agt-en-veertig;

16 die kinders van Bébai, seshonderd-agt-en-twintig;

17 die kinders van Asgad,tweeduisend-driehonderd-twee-en-twintig;

18 die kinders van Adoníkam, seshonderd-sewe-en-sestig;

19 die kinders van Bigwai, tweeduisend-sewe-en-sestig;

20 die kinders van Adin, seshonderd-vyf-en-vyftig;

21 die kinders van Ater, van Hiskía, agt-en-negentig;

22 die kinders van Hasum,driehonderd-agt-en-twintig;

23 die kinders van Bésai, driehonderd-vier-en-twintig;

24 die kinders van Harif, honderd-en-twaalf;

25 die kinders van Gíbeon, vyf-en-negentig;

26 die manne van Betlehem en Netófa, honderd-agt-en-tagtig;

27 die manne van Ánatot, honderd-agt-en-twintig;

28 die manne van Bet-Asmáwet, twee-en-veertig;

29 die manne van Kirjat-Jeárim, Kefíra en Béërot, sewehonderd-drie-en-veertig;

30 die manne van Rama en Geba, seshonderd-een-en-twintig;

31 die manne van Migmas, honderd-twee-en-twintig;

32 die manne van Bet-el en Ai,honderd-drie-en-twintig;

33 die manne van die ander Nebo, twee-en-vyftig;

34 die kinders van die ander Elam, duisend-tweehonderd-vier-en-vyftig;

35 die kinders van Harim, driehonderd-en-twintig;

36 die kinders van Jérigo, driehonderd-vyf-en-veertig;

37 die kinders van Lod, Hadid en Ono, sewehonderd-een-en-twintig;

38 die kinders van Sénaä, drieduisend-negehonderd-en-dertig.

39 Die priesters: die kinders van Jedája, van die huis van Jésua, negehonderd-drie-en-sewentig;

40 die kinders van Immer, duisend-twee-en-vyftig;

41 die kinders van Pasgur, duisend-tweehonderd-sewen-en-veertig;

42 die kinders van Harim, duisend-en-sewentien.

43 Die Leviete: die kinders van Jésua, van Kádmiël, van die kinders van Hodéwa, vier-en-sewentig.

44 Die sangers: die kinders van Asaf, honderd-agt-en-veertig.

45 Die poortwagters: die kinders van Sallum, die kinders van Ater, die kinders van Talmon, die kinders van Akkub, die kinders van Hatíta, die kinders van Sobai, honderd-agt-en-dertig.

46 Die tempelbediendes: die kinders van Siha, die kinders van Hasúfa, die kinders van Tábbaot;

47 die kinders van Keros, die kinders van Sia, die kinders van Padon;

48 die kinders van Lebána, die kinders van Hágaba, die kinders van Salmai;

49 die kinders van Hanan, die kinders van Giddel, die kinders van Gahar;

50 die kinders van Reája, die kinders van Resin, die kinders van Nekóda;

51 die kinders van Gassam, die kinders van Ussa, die kinders van Paséag;

52 die kinders van Bésai, die kinders van die Meüniete, die kinders van die Nefisiete;

53 die kinders van Bakbuk, die kinders van Hakúfa, die kinders van Harhur;

54 die kinders van Baslut, die kinders van Mehída, die kinders van Harsa;

55 die kinders van Barkos, die kinders van Sísera, die kinders van Temag;

56 die kinders van Nesíag, die kinders van Hatífa.

57 Die kinders van die dienaars van Salomo: die kinders van Sotai, die kinders van Soféret, die kinders van Perída;

58 die kinders van Jáäla, die kinders van Darkon, die kinders van Giddel;

59 die kinders van Sefátja, die kinders van Hattil, die kinders van Pogéret-Hassebáim, die kinders van Amon —

60 al die tempelbediendes en die kinders van die dienaars van Salomo: driehonderd-twee-en-negentig.

61 En dit is hulle wat opgetrek het uit Tel-Melag, Tel-Harsa, Kerub, Addon en Immer, maar wat nie hul familie en hul afkoms kon aanwys, of hulle uit Israel afkomstig was nie —

62 die kinders van Delája, die kinders van Tobía, die kinders van Nekóda: seshonderd-twee-en-veertig.

63 En van die priesters: die kinders van Habája, die kinders van Hakkos, die kinders van Barsíllai, wat uit die dogters van Barsíllai, die Gileadiet, ’n vrou geneem het en na hulle naam genoem is.

64 Hulle het hul stamboom gesoek onder die wat in die register opgeneem is, maar dit was nie te vinde nie; daarom is hulle onbevoeg verklaar vir die priesterskap.

65 En die goewerneur het aan hulle gesê dat hulle nie mag eet van die hoogheilige gawes nie, totdat die priester sou optree met Urim en Tummim.

66 Die hele vergadering saam was twee-en-veertigduisend-driehonderd-en-sestig;

67 behalwe hulle slawe en hulle slavinne; dié was seweduisend-driehonderd-sewen-en-dertig. En hulle hettweehonderd-vyf-en-veertig sangers en sangeresse gehad.

68 Hulle perde was sewehonderd-ses-en-dertig; hulle muile tweehonderd-vyf-en-veertig;

69 kamele, vierhonderd-vyf-en-dertig; esels, sesduisend-sewehonderd-en-twintig.

70 En ’n deel van die familiehoofde het bygedra vir die werk; die goewerneur se bydrae tot die fonds was: in goud duisend dragmes, vyftig komme, vyfhonderd-en-dertig priesterrokke.

71 En van die familiehoofde het gegee vir die boufonds: in goud twintigduisend dragmes, en in silwer tweeduisend-tweehonderd mines.

72 En wat die res van die volk gegee het, was: in goud twintigduisend dragmes, en in silwer tweeduisend mines, en sewen-en-sestig priesterrokke.

73 So het dan die priesters en die Leviete en die poortwagters en die sangers en van die volk en die tempelbediendes en die hele Israel in hulle stede gaan woon.