JOB 40

Job het die regverdigheid van God in twyfel getrek — laat Job dan nou die wêreld regeer!

1 EN dieHerehet Job uit’n storm geantwoord en gesê:

2 Gord tog jou heupe soos ’n man; Ek sal jou ondervra en onderrig jy My.

3 Wil jy werklik my reg verbreek, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê?

4 Het jy dan ’n arm soos God? En kan jydonder met die stem soos Hy?

5 Versier jou tog met heerlikheid en hoogheid, enbeklee jou met majesteit en glorie!

6 Giet jou toorn in strome uit; enkyk na alles wat hoog is, en verneder dit.

7 Kyk na alles wat hoog is, onderwerp dit; en werp die goddelose neer daar waar hulle staan.

8 Begrawe hulle almal saam in die stof; sluit hulle aangesigte in ’n verborge plek weg.

9 Dan sal ook Ek jou loof, omdat jou regterhand jou die oorwinning gee.

10 Kyk, daar is die seekoei wat Ek gemaak het saam met jou.Gras eet hy soos ’n bees.

11 Kyk tog, sy krag is in sy kruis, en sy sterkte in die spiere van sy buik.

12 Hy hou sy stert reguit soos ’n seder; die senings van sy dye is inmekaar gevleg.

13 Sy gebeente is pype van koper, sy bene soos stawe van yster.

14 Hy is die eersteling van die weë van God; Hy wat hom gemaak het, hethomsy swaard verskaf.

15 Want die berge lewer vir hom voer, en al die wilde diere van die veld speel daar.

16 Onder lotusbome lê hy, in ’n skuilplek van riete en moeras.

17 Lotusbome oordek hom as sy skaduwee, die rivierwilgers omring hom.

18 As die rivier swel — hy word nie verskrik nie; hy voel gerus, ook al bruis ’n Jordaan teen sy mond.

19 Sal ’n mens hom gryp terwyl hy jou aankyk, met vangtoue sy neus deurboor?

20 Kan jy die krokodil met ’n hoek uittrek? En met ’n tou sy tong afdruk?

21 Kan jy ’n tou van biesies in sy neus sit? En sy kakebeen met ’n haak deurboor?

22 Sal hy jou baie smeek? Of met jou spreek in sagte woorde?

23 Sal hy ’n verbond met jou sluit, dat jy hom vir altyd as slaaf aanneem?

24 Sal jy met hom soos met ’n voëltjie speel? En hom vasbind vir jou meisiekinders?

25 Saldie viskopers met hom handel drywe, hom verdeel onder diekoopmans?

26 Kan jy sy vel vol skerp ysters steek, en met ’n vissersharpoen sy kop?

27 Sit jou hand op hom; dink aan die geveg; jy sal dit nie weer doen nie.

28 Kyk, elke hoop kom bedroë uit: sal ’n mens nie reeds by die sien van hom neerslaan nie?

JOB 41

1 NIEMAND is so vermetel, dat hy hom durf terg nie; wie is hy dan wat voor My sou standhou?

2 Wie het eerste aan My gegee, dat Ek hom moet vergelde?Wat onder die ganse hemel is, is myne.

3 Ek wil nie swyg oor sy lede en hoe dit staan met sy kragsvolheid en die skoonheid van sy uitrusting nie.

4 Wie hetdie boonste van sy pantser opgelig? In sy dubbele gebit — wie kan daarin deurdring?

5 Die deure van sy gesig — wie het dit geopen? Rondom sy tande is verskrikking.

6 ’n Voorwerp van trots is die groewe van die skilde, verseël met ’n vaste seël.

7 Die een is so naby die ander, dat die wind daar nie tussenin kan kom nie.

8 Hulle kleef aanmekaar, hou aanmekaar vas, onafskeibaar.

9 Sy genies laat lig skitter, en sy oë is soos die ooglede van die dageraad.

10 Uit sy mond kom fakkels, spat vuurvonke uit.

11 Uit sy neusgate kom rook, soos uit ’n kokende pot met biesiesvuurdaarby.

12 Sy asem laat kole ontvlam, en ’n vlam gaan uit sy mond.

13 In sy nek woon sterkte, en voor hom uit spring ontsteltenis.

14 Die klompe van sy vleis is vas aanmekaar, aan hom vasgegiet, onbeweeglik.

15 Sy hart is hard soos ’n klip, ja, hard soos die onderste meulsteen.

16 As hy hom oplig, word die magtiges bang; van verbystering raak hulle buite hulself.

17 Raak iemand hom met die swaard — dit hou nie stand nie; geen spies, lans of assegaai nie.

18 Yster is vir hom soos strooi; koper soos hout wat vergaan het.

19 Die pyl laat hom nie vlug nie; slingerstene word vir hom soos stoppels.

20 Knopkieries is vir hom soos stoppels, en hy lag oor die gesuis van die lans.

21 Onderaan hom is spits skerwe: hy sprei ’nwaredorsslee uit op die modder.

22 Hy laat die diepte kook soos ’n pot; die waterplas maak hy soos ’nkokendesalfpot.

23 Agter hom verlig hy die pad: ’n mens sou die watervloed aansien vir grys hare.

24 Sy gelyke is daar op die aarde nie, die skepsel sonder vrees.

25 Hy kyk alles aan wat hoog is; hy is koning oor al die trotse roofdiere.

JOB 42

Job bely sy skuld.

1 TOE het Job dieHeregeantwoord en gesê:

2 Ek weet dat Ualles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie.

3 Wie verberg die raadsbesluit daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan,dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie.

4 Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my!

5 Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien.

6 Daarom herroep ek en het berou in stof en as.

Die geseënde einde.

7 EN nadat dieHereJob toegespreek het met hierdie woorde, sê dieHereaanÉlifas, die Temaniet: My toorn het ontvlam teen jou en jou twee vriende; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie.

8 Neem dan nou vir jullesewe bulle en sewe ramme, en gaan na my kneg Job en bring ’n brandoffer vir julle, en laat my kneg Jobvir julle bid; want hom alleen sal Ek in guns aanneem, sodat Ek aan julle nie die dwaasheid laat vergelde nie; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie.

9 Toe het Élifas, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet,enSofar, die Naämatiet, heengegaan en gedoen soos dieHereaan hulle gesê het; en dieHerehet Job in guns aangeneem.

10 En dieHerehet die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en dieHerehet Jobse besittings vermeerder tot dubbel soveelas voorheen.

11 Ook het al sybroers en al sy susters en al sy bekendes van vroeër na hom gekom en met hom saam brood geëet in sy huis; en hulle het met hom medelyde gehad en hom vertroos oor al die onheil wat dieHereoor hom gebring het. En hulle het hom elkeen ’n geldstuk gegee en elkeen ’n goue ring.

12 En dieHerehetdie einde van Job meer geseën as sy begin; en hy hetveertienduisend stuks kleinvee en sesduisend kamele en duisend paar beeste en duisend eselinne gehad.

13 Daarby het hy sewe seuns en drie dogters gehad.

14 En hy het die eerste genoem Jemíma en die tweede Kesía en die derde Kerenhappug.

15 En in die hele land is geen vroue gevind so mooi soos die dogters van Job nie; enhulle vader het hulle ’n erfdeel gegee onder hulle broers.

16 En Job het daarna honderd-en-veertig jaar lank gelewe; en hy het sy kinders en kindskinders gesien, vier geslagte.

17 En Job het gesterwe, oud en afgeleef.

ESTER 1

Die fees van Ahasvéros. Koningin Vasti word verstoot.

1 EN in die dae van Ahasvéros — dit is die Ahasvéros wat geregeer het vanIndië af tot byKus,honderd-sewen-en-twintig provinsies —

2 in dié dae toe koning Ahasvéros op sy koninklike troon indie vesting Susan gesit het,

3 in die derde jaar van sy regering, het hy ’n maaltyd berei vir al sy vorste en sy dienaars; die leërmag van Persië en Medië, die vername manne en die vorste van die provinsies was voor hom;

4 waarby hy die rykdom van sy koninklike heerlikheid en die skitterende prag van sy grootheid baie dae, honderd-en-tagtig dae lank, vertoon het.

5 En toe dié dae verby was, het die koning vir al die mense wat in die vesting Susan aanwesig was, van die grootste tot die kleinste, ’n maaltyd berei, sewe dae lank, op die voorplein vandie tuin van die koninklike paleis.

6 Linne-, katoen- en pers stowwe was met linne- en purperrooi bande vasgemaak aan silwerringe en marmerpilare! Goue en silwerrusbanke op ’n plaveisel van malachiet en van witmarmer en perlemoensteen en gevlekte marmer!

7 Daarby het hy hulle laat drink uit goue bekers, en die een beker was verskillend van die ander beker, en daar was koninklike wyn in oorvloed, eg koninklik!

8 En hulle het gedrink volgens voorskrif: niemand het gedwing nie; want so het die koning bevel gegee aan al die hoë beamptes van sy paleis, dat hulle na elkeen se sin moes handel.

9 Ook het die koningin Vasti ’n vrouemaaltyd aangerig in die koninklike paleis van koning Ahasvéros.

10 Op die sewende dag, toe die hart van die koning vrolik was van die wyn, het hy aan Mehúman, Bista, Harbóna, Bigta en Abágta, Setar en Karkas, die sewe hofdienaars wat voor koning Ahasvéros gedien het, gesê

11 dat hulle koningin Vasti met diekoninklike kroon op voor die koning moet bring om haar skoonheid aan die volke en die vorste te toon, want sy was mooi van aansien.

12 Maar koningin Vasti het geweier om te kom op die bevel van die koning deur middel van die hofdienaarsaan haar oorgebring.Toe het die koning baie kwaad geword, en sy woede het in hom ontvlam.

13 En die koning het aan diewyse manne,die kenners van die tye, gesê — want só word die sake van die koning aan al die kenners van wet en reg voorgelê;

14 en die naaste aan hom was: Karséna, Setar, Admáta, Tarsis, Meres, Marséna, Memúgan, diesewe vorste van die Perse en Mederswat die aangesig van die koning gesien het, wat vooraan gesit het in die koninkryk —

15 wat moet volgens wet gedoen word met koningin Vasti, omdat sy die bevel van koning Ahasvéros, deur middel van sy hofdienaars, nie opgevolg het nie?

16 Toe sê Memúgan voor die koning en die vorste: Nie alleen teen die koning het koningin Vasti misdaan nie, maar ook teen al die vorste en al die volke wat in al die provinsies van koning Ahasvéros is.

17 Want die geval van die koningin sal by al die vroue bekend word, sodat dit hulle manne in hul oë veragtelik sal maak as daar gesê word: Koning Ahasvéros het bevel gegee om koningin Vasti voor hom te bring, maar sy het nie gekom nie.

18 Dieselfde dag nog sal die vorstinne van die Perse en Meders, as hulle die geval van die koningin hoor, dit aan al die vorste van die koning vertel; en dan sal dit genoeg veragting en gramskap afgee!

19 As die koning dit goedvind, laat daar ’n koninklike woord van hom uitgaan en beskrywe word in die wette van die Perse enMeders, sodat dit onherroeplik is, dat Vasti nie meer voor koning Ahasvéros mag kom nie; en laat die koning haar koninklike waardigheid aan haar naaste gee wat beter is as sy.

20 As dan van die bevelskrif van die koning gehoor word wat hy in sy hele koninkryk — want dit is groot — uitvaardig, sal al die vroue aan hulle manne eer bewys, van die grootste tot die kleinste.

21 En die woord was goed in die oë van die koning en van die vorste, en die koning het gehandel volgens die raad van Memúgan.

22 En hy het briewe gestuur aan al die provinsies van die koning, aan elke provinsie volgens sy eie skrif en aan elke volk volgens sy eie taal, dat elke man in sy huis baas moet wees en sy volkstaal praat.

ESTER 2

Ahasvéros trou met Ester, ’n Jodin, wat ’n sameswering teen die koning openbaar maak namens Mórdegai.

1 TOE ná die dinge die woede van koning Ahasvéros bedaar het, het hy aan Vasti gedink en aan wat sy gedoen het en watoor haar besluit is.

2 Toe sê die jongmanne van die koning wat hom dien: Laat hulle vir die koning jongmeisies soek wat mooi van aansien is;

3 en laat die koning beamptes aanstel in al die provinsies van sy koninkryk, dat hulle al die jongmeisies wat mooi van aansien is, bymekaar laat kom in die vesting Susan, in die vrouehuis, onder toesig van Hegai, die hofdienaar van die koning, die bewaker van die vroue; en laat hulle skoonheidsmiddele aan hulle gee.

4 En die jongmeisie wat die koning geval, moet in die plek van Vasti koningin word. Hierdie woord dan was goed in die oë van die koning, en hy het so gedoen.

5 Daar was ’n Joodse man in die vesting Susan met die naam vanMórdegai, die seun van Jaïr, die seun van Símeï, die seun van Kis, ’n Benjaminiet,

6 watuit Jerusalem weggevoer was onder die ballinge wat in ballingskap moes gaan saam met Jegónja, die koning van Juda, wat Nebukadnésar, die koning van Babel, weggevoer het.

7 En hy was die opvoeder van Hadássa, dit is Ester,die dogter van sy oom, want sy het geen vader of moeder gehad nie; en die jongmeisie was skoon van gestalte en mooi van aansien, en by die dood van haar vader en haar moeder het Mórdegai haar as sy dogter aangeneem.

8 En toe die bevel van die koning en sy wet bekend gemaak is, en baie meisies in die vesting Susan onder toesig van Hegaibyeengebring is, het hulle Ester ook saamgeneem na die paleis van die koning, onder toesig van Hegai, die bewaker van die vroue.

9 En die meisie het hom geval en guns by hom gevind; daarom het hy gou gemaak omhaar die nodige skoonheidsmiddele en die regte ete te gee en haar die sewe uitgesoekte meisies uit die paleis van die koning te verskaf; en hy het haar met haar meisies verplaas na die beste gedeelte van die vrouehuis.

10 Ester het haar volk en haar afkoms nie te kenne gegee nie, omdat Mórdegai haar beveel het om dit nie te vertel nie.

11 En Mórdegai het dag vir dag voor die voorhof van die vrouehuis gewandel om te verneem na die welstand van Ester en wat met haar sou gebeur.

12 En as die beurt van elke meisie aankom om na koning Ahasvéros in te gaan, nadat twaalf maande lank met haar volgens die wet vir die vroue gehandel is — want so lank het die dae van hulle voorbereiding geduur: ses maande lank met mirre-olie en ses maande met balsem enanderskoonheidsmiddele van die vroue —

13 as die meisie dan so na die koning ingaan, word alles wat sy sê, aan haar gegee, dat dit saam met haar uit die vrouehuis na die koninklike paleis kan gaan.

14 As sy in die aand ingaan en in die môre terugkom na die tweede vrouehuis onder toesig van Saäsgas, die hofdienaar van die koning wat die byvroue bewaak, dan mag sy nie weer by die koning ingaan nie, behalwe as die koning behae in haar vind en sy by die naam geroep word.

15 Toe die beurt van Ester,die dogter van Abígail, die oom van Mórdegai, wat haar as sy dogter aangeneem het, kom om in te gaan na die koning, het sy niks verlang nie, behalwe wat Hegai, die hofdienaar van die koning wat die vroue bewaak, gesê het; en Ester het guns gevind in die oë van almal wat haar gesien het.

16 Ester is toe by koning Ahasvéros in sy koninklike paleis opgeneem in die tiende maand, dit is die maand Tebet, in die sewende jaar van sy regering.

17 En die koning het Ester liefgekry meer as al die vroue, en sy het guns en welwillendheid voor hom gevind meer as al die jongmeisies; en hy het die koninklike kroon op haar hoof gesit en haar koningin gemaak in die plek van Vasti.

18 En die koninghet ’n groot maaltyd aangerig vir al sy vorste en sy dienaars, die maaltyd van Ester; en hy het ’n vrye dag bepaal vir die provinsies en geskenke gegee,eg koninklik!

19 En toe die jongmeisies virdie tweede keer versamel is, terwyl Mórdegaiin die poort van die koning sit —

20 Ester het haar afkoms en haar volk nie te kenne gegee nie, soos Mórdegai haar beveel het; en Ester het die bevel van Mórdegai opgevolg soos toe syby hom opgevoed is —

21 in dié dae dan, terwyl Mórdegai in die poort van die koning sit, het Bigtan enTeres, twee hofdienaars van die koning, drumpelwagters, kwaad geword en getrag om die hand aan koning Ahasvéros te slaan.

22 Maar Mórdegai het dit te wete gekomen dit aan koningin Ester meegedeel; en Ester het dit uit naam van Mórdegai aan die koning gesê.

23 Toe die saak ondersoek en so bevind is, is hulle twee aan ’n galg opgehang; en dit is indie Kroniekboek voor die koning beskrywe.

ESTER 3

Haman kry volmag van die koning om die Jode uit te roei.

1 NÁ hierdie dinge het koning Ahasvéros Haman, die seun van Hammedáta, dieAgagiet, groot gemaak en hom verhoog en sy setel hoër gestel as dié van al die vorste wat by hom was.

2 En al die dienaars van die koning watin die poort van die koning was, het gebuig en voor Haman neergeval; want so het die koning aangaande hom bevel gegee; maar Mórdegai het nie gebuig of neergeval nie.

3 En die dienaars van die koning, in die poort van die koning, het aan Mórdegai gesê: Waarom oortree jy diegebod van die koning?

4 En toe hulle hom dit elke dag sê, en hy nie na hulle luister nie, het hulle dit aan Haman meegedeel om te sien of die handelwyse van Mórdegai sou standhou, want hy het hulle te kenne gegee dat hy ’n Jood was.

5 Toe Haman sien dat Mórdegai nie buig en voor hom nie neerval nie, was Haman met woede vervul.

6 Maar hy het dit vir hom te gering geag om die hand aan Mórdegai alleen te slaan; want hulle het hom die volk van Mórdegai te kenne gegee. Daarom het Haman daarna gesoek om al die Jode wat in die hele koninkryk van Ahasvéros was, die volk van Mórdegai, te verdelg.

7 In die eerste maand, dit is die maandNisan, in die twaalfde jaar van koning Ahasvéros, het hulledie Pur, dit is die lot, voor Haman gewerp vir elke dag en vir elke maand, twaalf in getal, dit is die maand Adar.

8 Toe sê Haman aan koning Ahasvéros: Daar is een volk wat verstrooid en afgesonderd is tussen die volke in al die provinsies van u koninkryk, enhulle wette is anders as dié van enige volk; ook hou hulle die wette van die koning nie, sodat dit die koning nie pas om hulle te laat begaan nie.

9 As die koning dit goedvind, laat daar dan geskrywe word om hulle te verdelg, en ek sal tienduisend talente silwer afweeg in die hande van die beamptes om dit by die skatte van die koning te voeg.

10 Toetrek die koning sy seëlring van sy hand af en gee dit aan Haman, die seun van Hammedáta, die Agagiet, die teëstander van die Jode.

11 En die koning het aan Haman gesê: Die silwer word jou geskenk; ook die volk, om daarmee te doen soos goed is in jou oë.

12 Toe is die skrywers van die koning geroep in dieeerste maand, op die dertiende dag daarvan, en daar is geskrywe net soos Haman beveel het aan dielandvoogde van die koning en aan die goewerneurs wat oor elke provinsie was, en aan die vorste van elke volk, aan elke provinsie volgens sy skrif en aan elke volk in sy taal;in die naam van koning Ahasvéros is dit geskrywe en verseël met die seëlring van die koning.

13 En briewe is gestuurmet die hardlopers na al die provinsies van die koning om al die Jode te verdelg, dood te maak en uit te roei, die seun sowel as die grysaard, die kindertjies en die vroue,op een dag, op die dertiende van die twaalfde maand, dit is die maandAdar, enom hullebesittingsas buit te plunder.

14 ’n Afskrif van die bevelskrif moes as wet in elke provinsie uitgevaardig en openbaar gemaak word aan al die volke, om gereed te wees teen daardie dag.

15 Die hardlopers het haastig op bevel van die koning uitgegaan, en die wet is in die vesting Susan uitgevaardig terwyl die koning en Haman sit en drink; maardie stad Susan was in verwarring.

ESTER 4

Ester maak haar gereed om tot redding van die Jode na die koning te gaan.

1 TOE Mórdegai verneem alles wat gebeur het, het Mórdegaisy klere geskeur en’n roukleed aangetrek, en daar wasasop sy hoof;en hy het uitgegaan dwarsdeur die stad en hardop en bitter geskreeu.

2 So het hy dan tot voor die poort van die koning gekom; want niemand het met ’n roukleed aan by die poort van die koning mag ingaan nie.

3 En in al die provinsies waar die bevel van die koning en sy wet ook al aankom, was daar groot rou onder die Jode metvas en geween en rouklag; baie het sak en as onder hulle uitgesprei.

4 Toe die meisies van Ester en haar hofdienaars kom en haar dit meedeel, was die koningin baie beangs, en sy het klere gestuur om Mórdegai dit aan te trek en om sy roukleed van hom weg te neem; maar hy het dit nie aangeneem nie.

5 Hierop roep Ester Hatag, een van die hofdienaars van die koning, wat hy in haar diens gestel het, en beveel hom om na Mórdegai te gaan om te verneem wat dit beteken en waarom dit gebeur.

6 En Hatag het uitgegaan na Mórdegai na die stadsplein wat voor die poort van die koning gelê het.

7 Toe deel Mórdegai hom mee alles wat hom oorgekom het, endie juiste bedrag van die silwer wat Haman beloof het om in die skatte van die koning af te weeg as prys vir die Jode om hulle uit te roei.

8 En hy het hom’n afskrif gegee van die bevelskrif wat in Susan uitgevaardig was om hulle te verdelg, sodat hy dit aan Ester kon wys en haar die saak kon meedeel en haar kon opdra om na die koning te gaan om hom genade te vra en by hom ’n voorspraak te wees vir haar volk.

9 Daarop het Hatag ingegaan en die woorde van Mórdegai aan Ester meegedeel.

10 Toe sê Ester vir Hatag, terwyl sy hom ’n opdrag gee aan Mórdegai:

11 Al die dienaars van die koning en die volk van die provinsies van die koning weet dat vir elke man of vrou wat na die koning indie binneste voorhof ingaan, sonder dat hy geroep is,een en dieselfde wet geld: hy moet gedood word; behalwe wanneerdie koning sy goue septer na hom uitsteek, dat hy mag lewe; en ek is nou al dertig dae lank nie geroep om by die koning in te kom nie.

12 En hulle het die woorde van Ester aan Mórdegai meegedeel.

13 Daarop sê Mórdegai dat hulle Ester moes antwoord: Verbeel jou nie dat jy alleen uit al die Jode in die huis van die koning sal vrykom nie.

14 Want as jy nou werklik swyg, sal daar van ’n ander kant af verligting en redding vir die Jode tot stand kom, maar jy en jou familie sal omkom, en wie weet of jy nie met die oog op ’n tyd soos hierdie tot die koninklike waardigheid geraak het nie?

15 Toe sê Ester dat hulle Mórdegai moes antwoord:

16 Gaan heen, versamel al die Jode wat in Susan te vinde is, en vas julle om my ontwil; en julle moet nie eet en drink nie,drie dae lank, nag en dag; ek ook met my dienaresse sal net so vas; en so sal ek na die koning ingaan, wat nie volgens wet is nie, en as ek omkom, dan kom ek om.

17 En Mórdegai het heengegaan en gedoen net soos Ester hom opgedra het.

ESTER 5

1 OP die derde dag het Ester haar koninklik aangetrek en gaan staan indie binneste voorhof van die paleis van die koning, teenoor die saal van die koning, terwyl die koning op sy koninklike troon sit in die koninklike saal, teenoor die ingang van die saal.

2 En net toe die koning koningin Ester in die voorhof sien staan,het sy genade in sy oë gevind; endie koning het die goue septer wat in sy hand was, na Ester uitgesteek; en Ester het nader gekom en die punt van die septer aangeraak.

3 Toe sê die koning vir haar: Wat wil jy hê, koningin Ester, of wat is jou versoek? Al was ditook die helfte van die koninkryk — dit sal jou gegee word.

4 Daarop antwoord Ester: As die koning dit goedvind, laat die koning dan vandag met Haman na die maaltyd kom wat ek vir hom berei het.

5 En die koning sê: Bring Haman gou, dat ons kan handel volgens die woord van Ester! En die koning en Haman het gegaan na die maaltyd wat Ester berei het.

6 En terwyl hulle wyn drink, sê die koning vir Ester:Wat is jou bede? — dit sal jou toegestaan word. En wat is jou versoek? Al was dit ook die helfte van die koninkryk — daaraan sal voldoen word.

7 Daarop antwoord Ester en sê: My bede en my versoek is:

8 As ek genade gevind het in die oë van die koning, en as die koning dit goedvind om my bede toe te staan en aan my versoek te voldoen, laat die koning en Haman na die maaltyd kom wat ek vir hulle sal berei, dan sal ek môre na die wens van die koning handel.

9 En op dié dag het Haman bly en opgeruimd heengegaan; maar toe Haman Mórdegai in die poort van die koning sien endat hy nie opstaan of vir hom bevrees is nie, was Haman met woede vervul teen Mórdegai.

Haman wil Mórdegai laat ophang, maar word gedwing om hom grootliks te eer.

10 MAAR Haman het hom bedwing; en toe hy by sy huis kom, laat hy sy vriende ensy vrou Seres haal;

11 en Haman vertel hulle van die heerlikheid van sy rykdom en vandie veelheid van sy seuns en van alles waarin die koninghom groot gemaak het en hoe hy hom verhef het bo die vorste en die dienaars van die koning.

12 Verder sê Haman: Selfs het koningin Ester niemand saam met die koning na die maaltyd laat kom wat sy aangerig het nie, as net vir my, en ook vir môre is ek deur haar genooi saam met die koning.

13 Maar dit alles baat my niks, solank as ek die Jood Mórdegai in die poort van die koning sien sit.

14 Toe sê sy vrou Seres en al sy vriende vir hom: Laat hulle ’n galg van vyftig el hoog maak, en sê môre vroeg aan die koning dat hulle Mórdegai daaraan moet ophang; gaan dan vrolik saam met die koning na die maaltyd. Dié woord het Haman geval, en hy het die galg laat maak.

ESTER 6

1 IN dieselfde nag het die slaap van die koning gewyk, en hy het gesê dat hulledie gedenkskrif, die kronieke, moes bring. En toe dit die koning voorgelees word,

2 vind hulle daar beskrywe dat Mórdegai openbaar gemaak het dat Bigtána en Teres, twee hofdienaars van die koning, uit die drumpelwagters, getrag het om die hand aan koning Ahasvéros te slaan.

3 Daarop sê die koning: Watter eer en verhoging het Mórdegai daarvoor te beurt geval? En die jongmanne van die koning, sy dienaars, het geantwoord: Met hom het niks gebeur nie.

4 Toe sê die koning: Wie is in die voorhof? — juis toe Haman indie buitenste voorhof van die koninklike paleis komom aan die koning te sê dat hulle Mórdegai moes ophang aan die galg wat hy vir hom laat oprig het.

5 En die jongmanne van die koning antwoord hom: Daar staan Haman in die voorhof. Toe sê die koning: Laat hy inkom.

6 Nadat Haman ingekom het, vra die koning hom: Wat moet met die man gedoen word aan wie die koning eer wil bewys? Haman dink toe by homself: Aan wie sou die koning eer wil bewys meer as aan my?

7 Daarom het Haman vir die koning gesê: Die man aan wie die koning eer wil bewys —

8 laat hulle ’n koninklike kleed bring waarmee die koning bekleed was, en’n perd waar die koning op gery het en op die kop waarvan ’n koninklike kroon gesit is;

9 en laat hulle die kleed en die perd afgee aan een van die vorste van die koning, van die vername manne, dat hulle dit die man aantrek aan wie die koning eer wil bewys; en hulle moet hom laat ry op die perd oor die stadsplein en voor hom uitroep: So word gedoen aan die man aan wie die koning eer wil bewys.

10 Toe sê die koning vir Haman: Neem gou die kleed en die perd soos jy gespreek het, en doen so aan Mórdegai, die Jood, wat in die poort van die koning sit; jy moet nie een woord onvervuld laat bly van alles wat jy gespreek het nie.

11 En Haman het die kleed geneem en die perd, en hy het Mórdegai aangetrek en hom laat ry oor die stadsplein en voor hom uitgeroep: So word gedoen aan die man aan wie die koning eer wil bewys.

12 Daarna het Mórdegai teruggegaan na die poort van die koning; maar Haman het hom gehaas na sy huis toe, treurig enmet bedekte hoof.

13 En Haman het aansy vrou Seres en al sy vriende vertel alles wat hom oorgekom het. Toe sê sy wyse manne en sy vrou Seres vir hom: As Mórdegai voor wie jy alreeds begin val het, uit die geslag van die Jode is, sal jy niks teen hom kan uitrig nie, maar heeltemal voor hom val.

14 Onderwyl hulle nog met hom spreek, kom die hofdienaars van die koning aan, en hulle het Haman gou nadie maaltyd gebring wat Ester gereedgemaak het.

ESTER 7

Haman word deur Ester aangekla en ter dood gebring.

1 TOE die koning en Haman inkom om saam met koningin Ester die feesmaal te hou,

2 sê die koning aan Ester ook op die tweede dag, terwyl hulle wyn drink:Wat is jou bede, koningin Ester? — dit sal jou toegestaan word. En wat is jou versoek? Al was dit die helfte van die koninkryk — daaraan sal voldoen word.

3 En koningin Ester antwoord en sê: As ek genade in u oë gevind het, o koning, en as die koning dit goedvind, laat my lewe my geskenk word op my bede en my volk op my versoek.

4 Want ons isverkoop, ek en my volk, om verdelg, gedood en uitgeroei te word. Was ons nog as slawe en slavinne verkoop, dan sou ek geswyg het, maar hierdie ramp sal onder die verliese van die koning sy weerga nie hê nie.

5 Toe spreek koning Ahasvéros en sê aan koningin Ester: Wie is hy, en waar is hy wie se hart hom ingegee het om so te maak?

6 En Ester sê: Die teëstander en vyand is hierdie slegte Haman! Toe skrik Haman voor die koning en die koningin.

7 En die koning het in sy woede van die wynmaaltyd opgestaan en nadie tuin van die paleis gegaan, terwyl Haman daar bly staan om van koningin Ester die behoud van sy lewe af te smeek; want hy het gesien dat die onheil oor hom by die koning vas besluit was.

8 Toe die koning uit die tuin van die paleis in die saal van die wynmaaltyd terugkom, en Haman juis op die rusbank neergeval het waar Ester op sit, sê die koning: Wil hy die koningin ook nog geweld aandoen by my in die huis? Die woord was nouliks uit die mond van die koning of hulle het die gesig van Haman bedek.

9 Daarop sêHarbóna, een van die hofdienaars voor die koning: Daar staan reeds die galg wat Haman laat maak het vir Mórdegaiwat ten voordele van die koning gespreek het, by die huis van Haman, vyftig el hoog! Toe sê die koning: Hang hom daaraan op!

10 En hulle het Haman opgehang aan die galg wat hy vir Mórdegai opgerig het, endie woede van die koning het bedaar.