JOB 42

Job bely sy skuld.

1 TOE het Job dieHeregeantwoord en gesê:

2 Ek weet dat Ualles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie.

3 Wie verberg die raadsbesluit daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan,dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie.

4 Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my!

5 Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien.

6 Daarom herroep ek en het berou in stof en as.

Die geseënde einde.

7 EN nadat dieHereJob toegespreek het met hierdie woorde, sê dieHereaanÉlifas, die Temaniet: My toorn het ontvlam teen jou en jou twee vriende; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie.

8 Neem dan nou vir jullesewe bulle en sewe ramme, en gaan na my kneg Job en bring ’n brandoffer vir julle, en laat my kneg Jobvir julle bid; want hom alleen sal Ek in guns aanneem, sodat Ek aan julle nie die dwaasheid laat vergelde nie; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie.

9 Toe het Élifas, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet,enSofar, die Naämatiet, heengegaan en gedoen soos dieHereaan hulle gesê het; en dieHerehet Job in guns aangeneem.

10 En dieHerehet die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en dieHerehet Jobse besittings vermeerder tot dubbel soveelas voorheen.

11 Ook het al sybroers en al sy susters en al sy bekendes van vroeër na hom gekom en met hom saam brood geëet in sy huis; en hulle het met hom medelyde gehad en hom vertroos oor al die onheil wat dieHereoor hom gebring het. En hulle het hom elkeen ’n geldstuk gegee en elkeen ’n goue ring.

12 En dieHerehetdie einde van Job meer geseën as sy begin; en hy hetveertienduisend stuks kleinvee en sesduisend kamele en duisend paar beeste en duisend eselinne gehad.

13 Daarby het hy sewe seuns en drie dogters gehad.

14 En hy het die eerste genoem Jemíma en die tweede Kesía en die derde Kerenhappug.

15 En in die hele land is geen vroue gevind so mooi soos die dogters van Job nie; enhulle vader het hulle ’n erfdeel gegee onder hulle broers.

16 En Job het daarna honderd-en-veertig jaar lank gelewe; en hy het sy kinders en kindskinders gesien, vier geslagte.

17 En Job het gesterwe, oud en afgeleef.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

11 + 20 =