JOB 30

En nou? Selfs die laagste klas mense lag hom uit.

1 EN nóú lag hulle wat jonger is as ek, my uit — mensewie se vaders ek te min geag het om by my herdershonde te sit.

2 Wat sou die krag van hulle hande my ook baat? Die frisse lewenskrag het by hulle verlore gegaan.

3 Hulle is uitgeput deur gebrek en honger, hulle wat die dor land afknaag in die donkerheid van woestheid en verwoesting;

4 hulle wat die soutkruid afpluk by die bossies, en die besemboswortel is hulle brood.

5 Uit die samelewing word hulle weggejaag; die mense skreeu oor hulle soos oor ’n dief.

6 In die afgryslike klowe moet hulle woon, in gate in die grond en in rotse.

7 Tussen die bossiesskreeu hulle, onder brandnekels kruip hulle bymekaar —

8 dwase, ja, eerlose mense wat met ’n sweep uit die land geslaan word.

9 En nou het ek hullespotlied geword en die onderwerp van hulle gepraat.

10 Hulle het ’n afsku van my, staan op ’n afstand van my af en ontsien nie om my in die gesig te spuug nie.

11 Want Hyhet my boogsnaar losgemaak en my verneder; so het hulle dan teenoor my die teuel laat skiet.

12 Aan die regterhand staan die gespuis op; hulle stoot my voete weg engooi hul onheilspaaie teen my op.

13 My pad verniel hulle, hulle help om my te laat val sonder dat hulle self ’n helper het.

14 Soos deur ’n wye bres kom hulle; te midde van die puinhope kom hulle aanrol.

15 Verskrikkinge is teen my gerig; hulle vervolg my hoogheid soos die wind, ensoos ’n wolk het my geluk verbygegaan.

16 Daaromstort my siel hom nou uit in my; dae van ellende hou my vas.

17 Die nag deurboor my gebeente,en dit valvan my af; en my knaende pyne rus nooit nie.

18 Deurgoddelikeoormag is my kleed ontredder; soos die kraag van my lyfrok omspan dit my.

19 Hy het my in die modder gewerp, en ek het soos stof en as geword.

20 Ek roep U aan om hulp, maar U antwoord my nie; ek staan daar, en U staar my aan.

21 U is jeens my verander in ’n onbarmhartige; deur die sterkte van u hand behandel U my as vyand.

22 U hef my op die wind, laat my daarop ry; en U laat my vergaan in stormgedruis.

23 Want ek weet: U wil my na die dood toe bring en na die huis waar al wat lewe, saamkom.

24 Maar sal iemand by die ineenstorting nie nog die hand uitsteek of by sy ondergang om dié rede om hulp roep nie?

25 Ofhet ek nie geween oor hom wat harde dae het nie? Was my siel nie bekommerd oor die behoeftige nie?

26 Wantek het op die goeie gehoop, en onheil het gekom; en ek het gewag op lig, en donkerheid het gekom.

27 My ingewande kook sonder ophou; dae van ellende het my teëgekom.

28 Ek gaan daarheen in die rou, sonder son; ek staan op in die vergadering, ek roep om hulp.

29 Ek het ’n broer geword vir die jakkalse en ’n vriend vir die volstruise.

30 My vel het swart geword en val van my af, enmy gebeente gloei van hitte.

31 So het dan mysiter’n rouklag geword en my fluit ’n stem van die wat ween.

JOB 31

Job hou verlaas nog sy onskuld staande.

1 EK het ’n verbond gesluit met myoë: hoe sou ek dan ag gegee het op ’n jonkvrou?

2 Wat tog is dielot wat God daarbo beskik, en die erfdeel van die Almagtige uit die hoogtes —

3 is dit nie ondergang vir die kwaaddoener en ongeluk vir die werkers van ongeregtigheid nie?

4 Sien Hý nie my weë nie, en tel Hy nie al my voetstappe nie?

5 As ek met leuens omgegaan het en my voet gehardloop het na bedrog:

6 laat Hy my dan weeg op ’n regte weegskaal, sodat God my onskuld kan weet!

7 As my gang afgewyk het van die weg enmy hart agter my oë aangegaan het en aan my hande ’n vlek gekleef het —

8 laat my dan saai en iemand anders eet, en laat my uitspruitsels ontwortel word.

9 As my hart verlok was oor ’n vrou, en ek geloer het by die deur van my naaste —

10 laat dan my vrou vir iemand anders maal enander hulle oor haar buig.

11 Want dit is ’n skandelike daad, en dit is ’nstrafbare misdaad.

12 Ja, dit is ’n vuur wat tot by die plek van vertering toe vreet en al my opbrings sou ontwortel.

13 As ek gering geag het die reg van my slaaf of van my slavin toe hulle ’n geskil met my gehad het —

14 wat sou ek dan doen as God opstaan? Enwat Hom antwoord as Hyondersoek doen?

15 Het Hy wat my in die moederskoot gemaak het, hom nie gemaak nie? En hetEen ons nie in die geboorte toeberei nie?

16 As ek die armes ’n versoek geweier het endie oë van die weduwee laat versmag het

17 en my stukkie brood alleen geëet het sonder om die wees daarvan te laat saameet;

18 (veelmeer het hy van my jeug af by my grootgeword soos by ’n vader, en van my moeder se skoot afhet ek haar gelei!)

19 as ek iemand sien omkom het sonder klere en dat daar geen bedekking vir die behoeftige was nie;

20 as sy lendene my niegeseën en hy hom nie warm gemaak het van die skeersel van my lammers nie;

21 as ek my handteen ’n wees beweeg het, omdat ek in die poort vir my hulp gesien het —

22 laat dan my skouer uit sy gewrig val en my arm van sy pyp afgebreek word.

23 Wantdie ondergang wat God bewerk, was ’n skrik vir my; en weens sy hoogheid was ek onmagtig.

24 Asek op goud my hoop gestel het en vir die fyn goud gesê het: My vertroue!

25 As ek bly gewees het, omdat my vermoë groot was en my hand baie verwerf het;

26 as ek die sonlig aangesien het wanneer dit helder skyn en die maan wat so pragtig daarheen gaan,

27 en my hart heimlik verlei is, en ek met my hand hulle ’n kus toegewerp het —

28 ook dit sou’n strafbare misdaad wees, want ek sou God daarbo verloën het.

29 As ek bly was oor die ongeluk van my hater en uitgejubel het toe onheil hom getref het;

30 (ja, ek het my verhemelte nie toegelaat om te sondig nie, om deur ’n vloek sy lewe te vorder nie!)

31 as die mense in my tent nie gesê het: Wie kan iemand vind wat van sy vleesspys nie versadig is nie?

32 (die vreemdeling het nie buitekant vernag nie; my deure het ek oopgemaak na die pad toe!)

33 as ek, soos Adam, myoortredinge bedek het deur my ongeregtigheid in my boesem weg te steek,

34 omdat ek bang was vir die groot menigte en die veragting van die geslagte my laat skrik het, sodat ek my stil gehou, die deur nie uitgegaan het nie!

35 Ag, as iemand my maar wou aanhoor! Kyk hier my handtekening (laatdie Almagtige my antwoord!) en die skrif wat my teëparty geskrywe het!

36 Waarlik, op my skouer sou ek dit dra; ek sou dit my ombind as ’n krans.

37 Die getal van my voetstappe sou ek Hom te kenne gee; as ’n vors sou ek na Hom toe aankom.

38 As my saailand my aanklaag en sy vore almal saam ween;

39 as ek sy opbrings geëet het sonder betaling en die lewe van sy eienaars uitgeblaas het —

40 laat dandistels in plaas van koring uitspruit en onkruid in plaas van gars.

Hier eindig die woorde van Job.

JOB 32

Die woorde van Elíhu.

1 TOE het dié drie manne opgehou om Job te antwoord, omdat hyin sy eie oë regverdig was.

2 En die toorn van Elíhu, die seun van Barágeël,die Busiet, uit die geslag van Ram, het ontvlam; teen Job het sy toorn ontvlam, omdat hy homself regverdig beskou het voor God.

3 Sy toorn het ook ontvlam teen sý drie vriende, omdat hulle geen antwoord gevind het nie en Job veroordeel het.

4 Maar Elíhu het op Job gewag metsywoorde, omdat hulle ouer was as hy.

5 Maar toe Elíhu sien dat daar geen antwoord was in die mond van die drie manne nie, het sy toorn ontvlam.

Elíhu spreek die vriende van Job toe.

6 EN Elíhu, die seun van Barágeël, die Busiet, het begin en gesê: Ek is jonk, en u ishoogbejaard; daarom was ek beskroomd en het gevrees om my kennis aan u mee te deel.

7 Ek het gesê: Laat die dae spreek en die veelheid van jare wysheid te kenne gee.

8 Maar dit isdie Gees in die mens endie asem van die Almagtige wat hulle verstandig maak.

9 Nie die bejaardes is wys nie, en nie die oues verstaan wat reg is nie.

10 Daarom sê ek: Luister na my; ek wil ook my kennis meedeel.

11 Kyk, ek het gewag op u woorde; ek wou luister na verstandige taal van u, totdat udie regtewoorde uitgevind het.

12 En ek het op u ag gegee; maar kyk: daar was niemand wat Job weerlê het nie, niemand van u wat sy woorde beantwoord het nie.

13 Sê maar net nie: Ons het wysheid aangetref, Godalleenkan hom verslaan, geen mens nie.

14 Teen my tog het hy geen woorde ingebring nie; en met u redeneringe sal ek hom nie beantwoord nie.

Dat Job se vriende uit die veld geslaan is — dit sal hom nie stil maak nie.

15 HULLE staan verslae; hulle antwoord nie meer nie; die woorde laat hulle in die steek.

16 Sal ek dan wag, omdat hulle nie spreek nie, omdat hulle daar staan sonder antwoord?

17 Ek wil ook my deel antwoord; ek wil ook my kennis meedeel.

18 Want ek is vol woorde; die gees in my binneste dring my.

19 Kyk, my binneste is soos wyn wat geen opening het nie, soos nuwe leersakke wil dit bars.

20 Ek wil spreek om lug te kry, my lippe oopmaak en antwoord gee.

21 Ek wil nie partydig wees nie; en ’n mens vlei, sal ek nie.

22 Want ek verstaan nie om te vlei nie; gou sou my Maker my wegneem!

JOB 33

Elíhu sal met Job opreg spreek en soos ’n medemens hom behandel.

1 MAAR hoor tog, o Job, na my rede, en luister na al my woorde.

2 Kyk, ek het my mond oopgemaak; my tong spreek in my verhemelte.

3 My woorde kom uit die opregtheid van my hart, en wat my lippe weet, spreek hulle suiwer uit.

4 Die Gees van God het my geskape, endie asem van die Almagtige maak my lewend.

5 As u kan, antwoord my; maak klaar teen my; staan gereed!

6 Kyk, teenoor God staan ek in dieselfde verhouding as u: van klei is ek ook afgeknyp.

7 Kyk,vrees vir my hoef u nie te beangstig nie, en my las sal op u nie swaar wees nie.

Job vergis hom met sy bewering dat God sy vyand is en dat God nie antwoord op die mens se geroep nie.

8 SEKERLIK, u het voor my ore gesê, ek het die geluid van die woorde gehoor:

9 Rein is ek, sonder oortreding; suiwer is ek, en daar is geen skuld by my nie.

10 Kyk, Hy soek aanleidinge vir vyandskap teen my;Hy hou my vir ’n vyand van Hom.

11 Hy sit my voete in die blok;Hy bewaak al my paaie.

12 Kyk, daarin het u nie reg nie (antwoord ek u), want groter is God as ’n mens.

13 Waarom het u teen Homgetwis, dat Hy op al die woorde van ’n mens nie antwoord nie?

Inteendeel, God spreek deur naggesigte.

14 WANT God spreek op een, ja, op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie.

15 In die droom,in ’n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed,

16 dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle;

17 om die mens terug te houvan syonderneming en trotsheid vir die man te verberg;

18 sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie.

God spreek ook deur krankheid — met heerlike gevolg.

19 OOK word hy getugtig met smart op sy bed en aanhoudende stryd in sy gebeente,

20 sodatsy lewe hom laat walg van brood en sy siel van lieflingspys.

21 Sy vlees verdwyn, weg uit die gesig; en sy gebeente, wat onsigbaar was, steek uit.

22 Ja, sy siel kom nader by die kuil en sy lewe by die dodende magte.

23 Is daar dan vir hom ’n gesant, ’n tolk, een uit duisend, om die mens sy plig te kenne te gee;

24 en is Hy hom genadig en sê: Verlos hom, dat hy in die kuil nie afdaal nie: Ek het ’n losprys gevind —

25 dan word sy vlees fris van jeugdige krag, hy keer terug na die dae van sy jonkheid.

26 Hy bid tot God, en Hy het ’n welbehae in hom, sodat hy sy aangesig sien met gejuig: so vergeld Hy dan aan die mens sy geregtigheid.

27 Hy sing voor die mense ensê: Ek het gesondig en verdraai wat reg is, maar dit is my nie na verdienste vergeld nie.

28 Hy hetmy siel verlos, dat dit nie in die kuil ingegaan het nie, en my lewe mag hom verlustig in die lig.

29 Kyk, dit alles doen God, twee keer,ja,drie keer met ’n mens

30 om sy siel terug te bring van die kuil, sodat hy bestraal word met die lig van die lewe.

31 Let op, o Job! Luister na my; swyg, en ék sal spreek.

32 As u woorde het, antwoord my; spreek, want ek wil u graag gelyk gee.

33 So nie, luister ú dan na my; swyg, en ek sal u wysheid leer.

JOB 34

Elíhu wil nie daarvan weet dat God onreg gedoen het teenoor Job nie.

1 VERDER het Elíhu aangehef en gesê:

2 Hoor my woorde, o wyse manne! En luister na my, u wat kennis het!

3 Want die oor toets woorde soos die verhemelte die spys proe.

4 Laat ons vir onsself uitmaak wat reg is, en onder mekaar uitvind wat goed is.

5 Want Job het gesê:Ek is regverdig, enGod het my my reg ontneem.

6 Ondanks my reg staan ek as leuenaar; ongeneeslik is my pylwond, en dit sonder oortreding!

7 Waar is ’n man soos Jobwat godslastering drink soos water?

8 Wat in die geselskap loop van die werkers van ongeregtigheid en wandel saam met goddelose mense?

9 Wanthy het gesê: Dit baat ’n man niks dat hy ’n welgevalle aan God het nie.

Onreg is in stryd met die wese en werk van God.

10 DAAROM, manne van verstand, luister na my: Ver is Godvan goddeloosheid en die Almagtige van onreg!

11 Veelmeer vergeld Hy die mens na sy werk, envolgens ’n man se wandel laat Hy hom ondervind.

12 Ja waarlik, God handel nie onregverdig nie, endie Almagtige verdraai nie die reg nie.

13 Wie het aan Hom die aarde toevertrou, en wie het die hele wêreld gegrond?

14 As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek,

15 dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die menssou tot stof terugkeer.

16 As daar dan verstandby uis, hoor dit; luister na die stem van my woorde.

17 Kan ook een wat die reg haat, heers? Of durf u die Regverdige, die Geweldige, veroordeel?

18 Durf iemand aan ’n koning sê: Jou deugniet! Aan die edeles: Jou goddelose!

19 Hoeveel minderaan Hom wat dievorste nie voortrek nie en op dievername nie meer ag gee as op die arme nie; wanthulle almal is die werk van sy hande.

20 In ’n oomblik sterf hulle, en in die middel van die nag word ’n volk in beroering gebring en hulle gaan onder, en die magtige word weggedryf — nie deur ’n hand nie.

21 Want sy oë is op die weë van die mens, en Hy sien al sy voetstappe.

22 Daar is geen duisternis en daar is geen diepe donkerheid waarin die werkers van ongeregtigheid hulle kan wegsteek nie.

23 Want Hy hoef nie lank op ’n mens ag te gee, dat hy voor God in die gereg sou gaan nie.

24 Hy verpletter die geweldiges sonder ondersoek en sit ander in hulle plek.

25 So ken Hy dan hulle werke en werp hulle omver in die nag, sodat hulle verbrysel word.

26 Hy straf hulle soos goddelose op die plek waar almal dit sien,

27 omdat hulle van Hom afgewyk en op geeneen van sy weë ag gegee het nie —

28 omdie geroep van die arme na Hom te laat kom, en dat Hy die geroep van die ellendiges sou hoor.

29 En gee Hý rus, wie durfHomdan veroordeel? En verberg Hy die aangesig, wie kan Hom dan aanskou? — of dit al ’n nasie betref of ’n mens, almal saam;

30 sodat die goddelose mense nie sal regeer, sodat hulle geen strikke vir die volk sal wees nie.

Alle verstandige mense sal Job veroordeel as hy klaag oor die regering van alle dinge deur God.

31 WANT sê iemand wel tot Gód: Ek boet sonder dat ek sleg handel;

32 wat ek nie insien nie, leer Ú my dit; ás ek onreg gedoen het, ek sal dit nie meer doen nie —

33 moet Hy volgens u mening tog vergelding doen? U is mos ontevrede, sodat ú moet sê wat beter is, en nie ek nie! Wat u dan weet — spreek dit uit!

34 Manne van verstand sal vir my sê, en ’n wyse man wat my aanhoor:

35 Job spreeksonder kennis, en sy woorde is sonder verstand.

36 Ag, mag Job getoets word tot die einde toe weens die antwoorde in die trant van kwaaddoeners.

37 Want hy voeg ’n oortreding by sy sonde; onder ons spreek hy smadelik en vermenigvuldig sy woorde teen God.

JOB 35

Elíhu beantwoord Job se bewering dat dit ’n mens nie baat om regverdig te wees nie.

1 VERDER het Elíhu aangehef en gesê:

2 Hou u dit vir reg, noem u dit: my geregtigheid voor God,

3 dat u vrawat dit u baat?Wat help dit my meer as wanneer ek sou sondig?

4 Ék sal u antwoord gee enaan u vriende saam met u.

5 Kyk op na die hemel en sien, en aanskou die wolke wat hoog bo u is.

6 As u sondig,watter skade is dit vir Hom? En is u oortredinge baie, wat kan u Hom daarmee aandoen?

7 As u regverdig is, wat gee u aan Hom? Of wat kan Hy uit u hand aanneem?

8 U goddeloosheid raak net ’n mens soos u, en u geregtigheid ’n mensekind.

Die onskuldiges roep God aan, maar nie op die regte manier nie.

9 VANWEË die menigte van verdrukkinge skreeu hulle; hulleroep om hulp oor die geweld van die grotes.

10 Maar niemand sê nie: Waar is God, my Maker,wat lofsange gee in die nag,

11 wat ons meer leer as aan die diere van die aarde en ons wyser maak as die voëls van die hemel?

12 Dan roep hulle, maar Hy antwoord nie, vanweë die trotsheid van die kwaaddoeners.

13 Sekerlik, na nietigeklagteluister God nie, en die Almagtige slaan daar geen ag op nie.

14 Hoeveel minder as u sêu sien Hom nie! Die regsaak is voor Hom: wag dan op Hom.

15 Maar nou, omdatsy toorn nie straf nie, en Hy nie grootliks ag gee op oormoed nie,

16 maak Job sy mond wyd oop in nietige gepraat, vermenigvuldig hy woordesonder kennis.

JOB 36

As God beproewinge stuur, dan is dit om die mens te waarsku.

1 EN Elíhu het voortgegaan en gesê:

2 Wag ’n bietjie op my, en ek sal u inlig; want daar is nog genoeg te sê tot eer van God.

3 Ek sal my kennis van ver af ophaal en aan my Skepper reg verskaf.

4 Want waarlik, my woorde is geen leuens nie; een wat volkome is in kennis, is by u.

5 Kyk, God is geweldig, nogtans ag Hy niks gering nie —geweldig deur krag van verstand.

6 Hy laat die goddelose nie lewe nie, maar aan die ellendiges verskaf Hy reg.

7 Hy trek sy oë nie af van die regverdige nie, maar by konings op die troonlaat Hy hulle sit vir altyd, sodat hulle verhoog is.

8 Maar as hulle inkettings geklink is, gevang word in bande van ellende,

9 dan gee Hy aan hulle hul dade te kenne en hul oortredinge, dat hul gedrag hoogmoedig was;

10 dan open Hy hulle oor vir die tugtiging en sê dat hulle moet terugkeer van ongeregtigheid.

11 As hulle luister enHomdien, dan bring hulle hul dae deur in voorspoed en hul jare in aangenaamheid.

12 Maar as hulle nie luister nie, dan kom hulle om deur die spies, en hulle blaas die asem uit sonder kennis.

13 Maar die goddelose van hartkoester nyd; hulle roep nie om hulp as Hy hullebind nie.

14 So sterwe dan hulle siel in die jeug en hulle lewe soos dié van skandseuns.

15 Hy red die ellendige deur sy ellende en open hulle oor deur verdrukking.

Laat Job dan voordeel trek uit die beproewinge en God verheerlik.

16 SO lok Hy u dan ook uit die mond van die nood na’n onbeperkte ruimte en na die behaaglikheid van u tafel wat vol is van vetspys.

17 Maar u is vol van die oordeel oor die goddelose: oordeel en strafgerig saluaangryp.

18 Want pas op dat woede u nie verlok by die bestraffing en die grootheid van die losprys u nie verlei nie.

19 Sal Hy u geroep om hulp voorbring waar daar geen nood is nie, en alle moontlike kragsinspanningvan u?

20 Smag nie na dieoordeelsnag wat volke wegneem uit hulle plek nie.

21 Neem u in ag,wend u nie tot ongeregtigheid nie; want ditverkies u liewer as ellende.

22 Kyk, God handel verhewe in sy krag;wie is ’n leermeester soos Hy?

23 Wiehet Hom sy weg voorgeskrywe? En wie het gesê: U het onreg gedoen?

24 Dink daaraan dat u sy werk moet verheerlik waar die mense van sing.

25 Al die mense sien dit met welgevalle aan, die sterfling aanskou dit van ver.

26 Kyk, God is groot enonbegryplik vir ons;die getal van sy jare is onnaspeurlik.

27 Want Hytrek waterdruppels af; hulle sif neer by sy mistige weer as reën

28 watdie wolke laat neerstroom, laat afdrup op baie mense.

29 Ja, kan iemand die uitspreiding van die wolke verstaan, die gekraak van sy hut?

30 Kyk, Hy spreisy lig oor Hom uit, en die dieptes van die see oordek Hy.

31 Want daarmeeoordeel Hy die volke,gee Hy voedsel in oorvloed.

32 Altwee sy hande oordek Hy metweerlig en gee daaraan bevel teen die aanvaller.

33 Sy donderstem kondig Hom aan, die vee selfs dat Hy optrek.

JOB 37

Storm en onweer.

1 JA, hiervoor beef my hart en spring op uit sy plek.

2 Luister, luister na die gedruis van sy stem en die dreuning wat uit sy mond uitgaan.

3 Onder die ganse hemel laat Hy dit los en sy lig oor die eindes van die aarde.

4 Daarna brulsystem, Hydonder met sy stem vol majesteit en hou diebliksemsnie terug as sy stem gehoor word nie.

5 God donder wonderbaar met sy stem;Hy doen groot dinge wat vir ons onbegryplik is.

6 Want Hy gebieddie sneeu: Val op die aarde! Ook die stortreën, ja, sy geweldige stortreëns.

7 Hy verseël die hand van elke mensin die winter,sodat tot kennis kan kom al die mense wat Hy gemaak het.

8 Dan gaan die wilde diere in skuilhoeke en bly in hullelêplekke.

9 Uitsykamer kom die stormwind, en deur diewolkverstrooiers koue.

10 Deur die asem van God wordys gegee, en die wye waterslê vasin die engte.

11 Ja, met volheid van water belas Hy die wolke, en Hy strooi ver en wyd sy ligtende wolk;

12 en dit skiet oral rond volgens sy bestel,sodat hulle alles doen wat Hy hulle beveel oor die wye wêreldrond:

13 òf tot ’n tugroede, òftotnut vansy aarde, òftot weldadigheid laat Hy dit sy doel vind.

Laat Job hierop let — hy wat meen dat hy God kan beoordeel.

14 LUISTER hierna, o Job! Staan stil en gee ag op die wonders van God.

15 Begryp u hoe God hulle bevel gee en die lig van sy wolk laat flikker?

16 Begryp u iets van die gesweef van die wolke, van die wonders van dieVolmaakte in kennis?

17 U, wie se klere warm word as die aarde stil is vanweë die suidewind—

18 kan u saam met Homdie hemel uitbrei wat vas is soos ’n gegote spieël?

19 Onderrig ons wat ons aan Hom moet sê: ons kan niks voorbring vanweë die duisternis nie.

20 Moet dit Hom vertel word dat ek wil spreek? Of het iemand ooit gesê dat hy vernietig wil word?

21 En nou, ’n mens kan die lig nie aansien wat helder is in die hemel as die wind verbygegaan en dit skoongemaak het nie.

22 Uit die Noorde kom goud te voorskyn,maaroor God is daar ontsagwekkende majesteit.

23 Die Almagtige —ons vind Hom nie; Hy isgroot van krag, maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie.

24 Daaromvrees die mense Hom; almal wateiewys is, sien Hy nie aan nie.

JOB 38

Die majesteit van God in die skepping, onderhouding en regering van alle dinge.

1 DAARNA het dieHereJob uit’n storm geantwoord en gesê:

2 Wie maak die raadsbesluit daar tot duisternis met woorde sonder kennis?

3 Gord dan soos ’n man jou heupe — dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My.

4 Waar was jy toe Ekdie aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het.

5 Wie het sy afmetinge bepaal? — jy weet dit mos! Of wie het daaroor die meetsnoer gespan?

6 Waar is sy fondamentklippe op ingesink? Of wie het sy hoeksteen gelê?

7 Toe die môresterre saam gejubel en aldie seuns van God gejuig het?

8 En wiehet die see met deure afgesluit toe dit uitgebreek, uit die moederskoot voortgekom het?

9 Toe Ek die wolk tot sy kleding gemaak het endie donkerheid tot sy windsel.

10 Toe Ekmy grens daarvoor uitgebreek en grendel en deure gemaak het;

11 en gesê het: Tot hiertoe mag jy kom en nie verder nie; en hier word’n grensgestel vir jou trotse golwe.

12 Het jy, solank as jy lewe, die môre ontbied, die dageraad sy plek aangewys,

13 om die some van die aarde aan te gryp, sodat die goddelose daarvan afgeskud word?

14 Dit neem nuwe vorme aan soos die klei onder ’n seël; endie dingekry gestalte soos ’n kleed.

15 En aan die goddelose wordhulle lig ontneem, endie hoë arm word verbreek.

16 Het jy gekom tot by die bronne van die see? En het jy rondgewandel in die binneste diepte van die wêreldvloed?

17 Isdie poorte van die dood vir jou ontbloot? En het jy die poorte van die doodskaduwee gesien?

18 Omvat jou begrip die breedtes van die aarde? Gee te kenne as jy dit alles weet.

19 Waar is tog die weg na die woning van die lig? En die duisternis — waar is tog sy plek,

20 sodat jy dit kan bring, elkeen na sy gebied en kan verstaan die paaie na hulle huis?

21 Jy weet dit seker wel, want jy is toe gebore! En die getal van jou dae is groot!

22 Het jy gekom bydie skatkamers van die sneeu? En het jy die skatkamers van die hael gesien,

23 wat Ek opgespaar hetvir die tyd van benoudheid, vir die dag van stryd en oorlog?

24 Waar is tog die weg na die plek waar die lig gedeel word, die oostewind hom uitsprei oor die aarde?

25 Wie het ’n kanaal gesplyt vir die stortvloed en ’n pad vir die onweerstraal;

26 om te laat reën op ’n land waar geen mens is nie, op’n woestyn waar niemand woon nie;

27 om woestheid en verwoesting te versadig en op die groeiplek jong gras te laat uitspruit?

28 Het die reën ’n vader? Of wie verwek die doudruppels?

29 Uit wie se moederskoot kom die ys te voorskyn? Endie ryp van die hemel — wie baar dit?

30 Die waters word hard soos ’n klip, en die oppervlakte van die watervloedsluit aanmekaar.

31 Kan jy die bande van die Sewe-ster knoop? Ofdie toue van die Oríon losmaak?

32 Kan jy die Diereriem uitbring op sy tyd? Endie Beer met sy kleintjies lei?

33 Ken jydie wette van die hemel? Of kan jy sy heerskappy oor die aarde bestel?

34 Kan jy jou stem na die wolke verhef, sodat ’n oorvloed van water jou oordek?

35 Kan jy die bliksems uitstuur, sodat hulle heengaan en vir jou sê: Hier is ons!

36 Wie het wysheid neergelê in die wolke? Of wie het verstand gegee aan die wolkgevaarte?

37 Wie kan die wolke met wysheid tel? En die watersakke van die hemel — wie giet hulle leeg

38 wanneer die stof saamvloei tot ’n stuk gietwerk en die kluite aanmekaar klewe?

JOB 39

1 KAN jy prooi jag vir die leeuin? Of die honger van die jong leeus stil maak

2 as hulle neerbuig in die lêplekke, klaar sit in die skuilplek om te loer?

3 Wie berei vir diekraai sy spys as sy kleintjies roep tot God, ronddwaal by gebrek aan voedsel?

4 Weet jy die tyd asdie steenbokke lam? Neem jy dit waar asdie takbokooie voortbring?

5 Tel jy die maande wat hulle dragtig is? En weet jy die tyd dat hulle lam?

6 Hulle buig hul krom, bring hulle kleintjies voort — weg is hulle weë!

7 Hulle kleintjies word sterk, word groot in die veld, loop weg en kom na hulle nie terug nie.

8 Wie het die wilde-esel so vry laat loop? En wie het die bande van die woestyn-esel losgemaak?

9 Vir hom het Ekdie wildernis sy huis gemaak en die brak land sy woonplek.

10 Hy lag oor die gewoel van die stad; die geskreeu van die drywer hoor hy nie.

11 Die omgewing van die berge is sy weiveld; en al wat groen is, soek hy uit.

12 Sal diebuffel gewillig wees om jou te dien? Of sal hy vernag by jou krip?

13 Kan jy die buffel aan die ploegvoor bind met sy trektou? Of sal hy die laagtes agter jou eg?

14 Sal jy op hom vertrou, omdat sy krag groot is? En aan hom jou arbeid oorlaat?

15 Kan jy op hom reken, dat hy jou gesaaide sal inbring en bymekaarmaak op jou dorsvloer?

16 Die vlerk van die volstruis klap vrolik. Is dit ’n sagaardige vleuel en veer?

17 Want sy laat haar eiers op die grond lê en hou hulle warm op die grond;

18 en vergeet dat ’n voet dit kan stukkend druk en die wilde diere van die veld dit kan vertrap.

19 Hard behandel sy haar kleintjies asof dit nie hare is nie; is haar moeite tevergeefs — sy is nie bekommerd nie.

20 Want God het haar die wysheid ontsê en haar geen deel gegee aan die verstand nie.

21 Wanneer sy haarself in die hoogte klap, lag sy oor die perd en sy ruiter.

22 Gee jy aan die perd sterkte? Beklee jy sy nek met maanhare?

23 Laat jy hom spring soos die sprinkaan? Sy trotse gesnuif is ’n verskrikking.

24 Hy grawe in die laagte en is vrolik insykrag;hy trek uit, die stryd tegemoet.

25 Hy lag oor die vrees en word nie verskrik nie en draai nie om vir die swaard nie.

26 Op hom rammel die pylkoker, die flikkerende spies en lans.

27 Onstuimig en wild verslind hy die grond en staan nie stil as die basuin klink nie.

28 By elke basuinstoot sê hy: Heag! En van ver ruik hy die oorlog, die donderroep van die leërowerstes en die oorlogsgeskreeu.

29 Sweef die valk opwaarts deur jou verstandensprei sy vlerke uit na die suide toe?

30 Of vlieg die adelaar hoog op jou bevel en bou hy hoog sy nes?

31 Op die rots woon hy en vernag hy, op die rotspunt en bergvesting.

32 Daarvandaan loer hy op voedsel, sy oë kyk in die verte.

33 Ook slurp sy kleintjies bloed, enwaar gesneuweldes lê, daar is hy.

Sal Job dan langer met God twis?

34 EN dieHerehet Job geantwoord en gesê:

35 Wil dieberisper met die Almagtige twis? Laat hy wat God teregwys, hierop antwoord!

36 Toe het Job dieHeregeantwoord en gesê:

37 Kyk,ek is te gering. Wat kan ek U antwoord?Ek lê my hand op my mond.

38 Een maal het ek gespreek, maar sal nie meer antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie voortgaan nie.