JOB 30

En nou? Selfs die laagste klas mense lag hom uit.

1 EN nóú lag hulle wat jonger is as ek, my uit — mensewie se vaders ek te min geag het om by my herdershonde te sit.

2 Wat sou die krag van hulle hande my ook baat? Die frisse lewenskrag het by hulle verlore gegaan.

3 Hulle is uitgeput deur gebrek en honger, hulle wat die dor land afknaag in die donkerheid van woestheid en verwoesting;

4 hulle wat die soutkruid afpluk by die bossies, en die besemboswortel is hulle brood.

5 Uit die samelewing word hulle weggejaag; die mense skreeu oor hulle soos oor ’n dief.

6 In die afgryslike klowe moet hulle woon, in gate in die grond en in rotse.

7 Tussen die bossiesskreeu hulle, onder brandnekels kruip hulle bymekaar —

8 dwase, ja, eerlose mense wat met ’n sweep uit die land geslaan word.

9 En nou het ek hullespotlied geword en die onderwerp van hulle gepraat.

10 Hulle het ’n afsku van my, staan op ’n afstand van my af en ontsien nie om my in die gesig te spuug nie.

11 Want Hyhet my boogsnaar losgemaak en my verneder; so het hulle dan teenoor my die teuel laat skiet.

12 Aan die regterhand staan die gespuis op; hulle stoot my voete weg engooi hul onheilspaaie teen my op.

13 My pad verniel hulle, hulle help om my te laat val sonder dat hulle self ’n helper het.

14 Soos deur ’n wye bres kom hulle; te midde van die puinhope kom hulle aanrol.

15 Verskrikkinge is teen my gerig; hulle vervolg my hoogheid soos die wind, ensoos ’n wolk het my geluk verbygegaan.

16 Daaromstort my siel hom nou uit in my; dae van ellende hou my vas.

17 Die nag deurboor my gebeente,en dit valvan my af; en my knaende pyne rus nooit nie.

18 Deurgoddelikeoormag is my kleed ontredder; soos die kraag van my lyfrok omspan dit my.

19 Hy het my in die modder gewerp, en ek het soos stof en as geword.

20 Ek roep U aan om hulp, maar U antwoord my nie; ek staan daar, en U staar my aan.

21 U is jeens my verander in ’n onbarmhartige; deur die sterkte van u hand behandel U my as vyand.

22 U hef my op die wind, laat my daarop ry; en U laat my vergaan in stormgedruis.

23 Want ek weet: U wil my na die dood toe bring en na die huis waar al wat lewe, saamkom.

24 Maar sal iemand by die ineenstorting nie nog die hand uitsteek of by sy ondergang om dié rede om hulp roep nie?

25 Ofhet ek nie geween oor hom wat harde dae het nie? Was my siel nie bekommerd oor die behoeftige nie?

26 Wantek het op die goeie gehoop, en onheil het gekom; en ek het gewag op lig, en donkerheid het gekom.

27 My ingewande kook sonder ophou; dae van ellende het my teëgekom.

28 Ek gaan daarheen in die rou, sonder son; ek staan op in die vergadering, ek roep om hulp.

29 Ek het ’n broer geword vir die jakkalse en ’n vriend vir die volstruise.

30 My vel het swart geword en val van my af, enmy gebeente gloei van hitte.

31 So het dan mysiter’n rouklag geword en my fluit ’n stem van die wat ween.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

5 × five =