PSALMS 30

Die toorn van God duur ’n oomblik; sy goedheid is vir ewig.

1 ’nPSALM, ’n liedby die inwyding van die Huis. Van Dawid.

2 Ek sal U verhoog,Here, want U het my opgetrek en my vyande oor my nie laat bly wees nie.

3 Here, my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my gesond gemaak.

4 Here,U het my siel uitdie doderyk laat opkom; U het my lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal.

5 Psalmsing tot eer van dieHere, o sy gunsgenote, en loof sy heilige gedenknaam;

6 want ’n oomblik is daar in sy toorn, ’n lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôrens is daar gejuig.

7 Ek het wel in my sorgeloosheid gesê: Ek sal vir ewig nie wankel nie.

8 Here, U het my berg deur u welbehae sterk laat staan.U het u aangesig verberg — ek het verskrik geword!

9 Ek het U aangeroep,Here, en ek het dieHeregesmeek:

10 Watter voordeel is daar in my bloed as ek neerdaal in die kuil?Sal die stof U loof? Sal dit u trou verkondig?

11 Hoor,Here, en wees my genadig!Here, wees my ’n helper!

12 U het my weeklag vir my veranderin ’n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord;

13 sodatmyeer U kan besing en nie swyg nie.Here, my God, vir ewig sal ek U loof.

PSALMS 31

Klagte, gebed en dank.

1 VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

2 By U, oHere, skuil ek; laat my nooit beskaamd staan nie. Bevry my deur u geregtigheid.

3 Neig u oor tot my, red my gou; wees vir my ’n rots om in te vlug, ’n baievaste huis om my te verlos.

4 Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.

5 U sal my laat uitgaan uit dienet wat hulle vir my gespan het, want U is my toevlug.

6 In u hand gee ek my gees oor; U het my verlos,Here, God van trou.

7 Ek haat die watnietige afgode vereer, maar ék vertrou op dieHere.

8 Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien, my siel in die benoudhede geken het

9 en my nieoorgelewer het in die hand van die vyand nie; U het my voeteop vrye grond laat staan.

10 Wees my genadig,Here, want ek is benoud;van verdriet het my oog mat geword, my siel en my liggaam.

11 Want my lewe kwyn weg van kommer en my jare van gesug; my krag struikel deur my ongeregtigheid, enmy gebeente teer uit.

12 Vanweë al my teëstanders het ek ’n voorwerp van smaad geword, ja,grootliks vir my bure, en ’n voorwerp van skrik vir mybekendes;die wat my op straat sien, vlug weg van my af.

13 Ekis vergeet uit die hart, soos ’n dooie; ek het geword soos ’n ding wat lê en vergaan.

14 Want ek het die skindertaal van baie gehoor — skrik rondom! — terwyl hulle saam raad hou teen my; hulle is van plan om my lewe te neem.

15 Maar ék vertrou op U, oHere! Ek sê: U is my God.

16 My tye is in u hand; red my uit die hand van my vyande en van my vervolgers.

17 Laat u aangesig skyn oor u kneg, verlos my deur u goedertierenheid.

18 Here, laat my nie beskaamd staan nie, want ek roep U aan; laat die goddelose beskaamd staan, laat hulle verstom in die doderyk!

19 Laat die valse lippe stom word wat in trotsheid en veragting onbeskaamd spreek teen die regverdige.

20 o, Hoe groot is u goedheidwat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders!

21 U verberg hulle in die skuilplek van u aangesig vir die samesweringe van mense; Usteek hulle weg in ’n hut virdie twis van die tonge.

22 Geloofd sy dieHere, want Hy het sy goedertierenheid aan my wonderbaar gemaak, in ’n vaste stad.

23 Ek tog het in my angs gesê: Ek het verdwyn,weg van u oë; nogtans het U die stem van my smekinge gehoor toe ek U aangeroep het om hulp.

24 Julle moet dieHereliefhê, al sy gunsgenote! DieHerebewaar die getroues en vergeld hom oorvloedig wat trots handel.

25 Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal watop dieHerewag!

PSALMS 32

Die seën van skuldvergifnis.

1 ’nPSALMvan Dawid; ’n onderwysing.

# Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is.

2 Welgeluksalig is die mens aan wie dieHeredie ongeregtigheid nie toereken nie enin wie se gees geen bedrog is nie.

3 Toe ek geswyg het,het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag;

4 want uhand was dag en nag swaar op my; my murg het verandersoosdeur somergloed. Sela.

5 My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie.Ek het gesê: Ek wil aan dieHeremy oortredinge bely; en Ú het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela.

6 Daarom sal elke vrome U aanbid in ’n tyd asUte vinde is; ja, by ’n oorstroming van groot waters sal hulle nie aan hom raak nie.

7 U is ’n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela.

8 Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.

9 Wees nie soos ’n perd, soos ’n muilesel wat geen verstand het nie,wat ’n mens moet tem met toom en teuel as sy tuig,anderskom hy nie naby jou nie.

10 Die goddelose het baie smarte, maar hy wat op dieHerevertrou — met goedertierenheid sal Hy hom omring.

11 Wees bly in dieHereen juig, o regverdiges! En jubel, alle opregtes van hart!

PSALMS 33

Loflied op die almag en genade van God.

1 oREGVERDIGES, jubelin dieHere!’n Loflied betaam die opregtes.

2 Loof dieHeremet die siter; psalmsing tot sy eer met die tiensnarige harp.

3 Sing tot sy eer’n nuwe lied; speel goed mettrompetgeklank.

4 Want die woord van dieHereis reg, en al sy werk is met trou.

5 Hy het geregtigheid en reg lief;die aarde is vol van die goedertierenheid van dieHere.

6 Deur die Woord van dieHereis die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.

7 Hy versamel die waters van die see soos ’n hoop;Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers.

8 Laat die hele aarde vir dieHerevrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees;

9 wantHý het gespreek, en dit was; Hý het gebied, en dit staan.

10 DieHerevernietig die raad van die nasies, Hy verydel die gedagtes van die volke.

11 Die raad van dieHerebestaan vir ewig, die gedagtes van sy hart van geslag tot geslag.

12 Welgeluksalig is die nasie wie se God dieHereis, die volk wat Hy vir Homas erfdeel uitgekies het.

13 DieHerekyk van die hemel af; Hy sien al die mensekinders.

14 Uit sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde,

15 Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke.

16 ’n Koning word nie verlos deur ’n groot leër, ’n held nie gered deur groot krag nie.

17 Die perd help niks vir die oorwinning en red nie deur sy groot krag nie.

18 Kyk,die oog van dieHereis op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag;

19 om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te houin hongersnood.

20 Ons siel wag op dieHere; Hy isons hulp en ons skild;

21 want onshart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou.

22 Laat u goedertierenheid,Here, oor ons wees net soos ons op U wag!

PSALMS 34

Die Here beskerm die gelowige.

1 ’nPSALMvan Dawid, toehy hom kranksinnig gehou het voor Abiméleg en dié hom weggejaag het, sodathy heengegaan het.

2 Alef.Ek wil dieHerealtyd loof; sy lof sal altyddeur in my mond wees.

3 Bet.My siel salhom beroem in dieHere; die ootmoediges sal dit hoor en bly wees.

4 Gimel.Maak dieHeresaam met my groot, en laat ons saam sy Naam verhef!

5 Dalet.Ek het dieHeregesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered.

6 He.Hulle het Hom aangesien en gestraal van vreugde, en hulle aangesig hoef nie rooi van skaamte te word nie.

7 Sajin.Hierdie ellendige het geroep, en dieHerehet gehoor, en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos.

8 Get.Die Engel van dieHeretrek ’n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.

9 Tet.Smaak en sien dat dieHeregoed is;welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!

10 Jod.Vrees dieHere, o sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie.

11 Kaf.Die jong leeus ly armoede en het honger; maar die wat dieHeresoek, het geen gebrek aan enigiets nie.

12 Lamed.Kom, kinders, luister na my; ek wil julle die vrees van dieHereleer.

13 Mem.Wie is die man wat lus het in die lewe, wat dae liefhet om die goeie te sien?

14 Noen.Bewaar jou tong vir wat verkeerd is, en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie.

15 Samek.Wyk af van wat verkeerd is, en doen wat goed is; soek die vrede enjaag dit na.

16 Ajin.Die oë van dieHereis op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep.

17 Pe.Die aangesig van dieHereis teen die kwaaddoeners,om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei.

18 Sade.Hulle roep, en dieHerehoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede.

19 Kof.DieHereis naby die watgebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.

20 Resj.Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red dieHerehom.

21 Sjin.Hy bewaar al sy bene:nie een daarvan word gebreek nie.

22 Tau.Die onheil maak die goddelose dood; en die wat die regverdige haat, moet daarvoor boet.

23 DieHereverlos die siel van sy knegte; en almal wat by Hom skuil, hoef nie te boet nie.

PSALMS 35

Dawid bid God om die goddelose mense te straf.

1 ’nPSALMvan Dawid.

# Here,twis met die wat met my twis; bestry die wat my bestry!

2 Gryp dieklein skild en die grote, en staan op as my hulp!

3 En trek die spies uit en stuit my vervolgers! Spreek tot my siel: Ek is jou heil!

4 Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en in die skande kom; laat hulle wat my ongeluk beraam, agteruitwyk en rooi van skaamte word!

5 Laat hulle wordsoos kaf voor die wind, terwyl die Engel van dieHerehullewegstoot.

6 Laat hulle weg duister englibberig wees, terwyl die Engel van dieHerehulle vervolg!

7 Want hulle het sonder oorsaakdie kuil met hul net vir my verberg, hulle het sonder oorsaak gegrawe teen my lewe.

8 Laat verwoesting oor hom kom sonder dat hy dit weet, en laat sy net hom vang wat hy gespan het; laat hom daarin val met verwoesting!

9 Maar my siel sal juig in dieHere,dit sal bly wees in sy heil.

10 Al my beendere sal sê:Here, wie is soos U? U wat die ellendige red van die wat sterker is as hy; ja, die ellendige en behoeftige van sy berower!

11 Kwaadwillige getuies staan op; wat ek nie weet nie, vra hulle vir my.

12 Hulle vergeld my kwaad vir goed: verlatenheid vir my siel.

13 En ek — toe hulle siek was, het ek ’n roukleed gedra; ek het my siel gekwel met vas, en my gebedhet teruggekeer in my boesem.

14 Ek het rondgegaan asof dit ’n vriend, asof dit ’n broer van my was; ek het gebuk gegaan in die rou soos een wat oor sy moeder treur.

15 Maar as ek struikel, is hulle bly en kom bymekaar; hulle vergader teen my, lae mense en die wat ek nie ken nie; hulle laster sonder ophou.

16 Onder die roekeloosste tafelspotters kners hulle met hul tande teen my.

17 Here, hoe lank sal U dit aansien? Bring my siel terug van hulle verwoestinge, my enigste van die jong leeus af.

18 Ek sal U loof in ’n groot vergadering; onder ’n groot skare sal ek U prys.

19 Laat hulle oor my nie bly wees wat sonder grond my vyande is nie; laat diewat my sonder oorsaak haat, niemet die oë knip nie!

20 Want hulle spreek nie van vrede nie, maar hulle bedink bedrieglike woorde teen die stilles in die land.

21 En hullemaak hul mond wyd oop teen my, hulle sê: Ha, ha, ons oog het dit gesien!

22 Here, U het dit gesien, swyg nie. Here,wees nie ver van my af nie!

23 Ontwaak en word wakkervir my reg; my God en Here, vir my regsaak.

24 Doen aan my reg na u geregtigheid,Heremy God, en laat hulle oor my nie bly wees nie!

25 Laat hulle in hul hart nie sê: Ha, ons begeerte! Laat hulle nie sê:Ons het hom verslind nie!

26 Laat hulle wat bly is oor my ongeluk, beskaamd staan en saam rooi van skaamte word; laat hulle wat hul teen my groot maak, met skaamte en skande beklee word!

27 Laat húlle jubel en bly wees wat ’n behae het in my geregtigheid; en laat hulle altyddeur sê: Groot is dieHerewat ’n welbehae het in die vrede van sy kneg!

28 Enmy tong sal u geregtigheid prys, u lof die hele dag deur.

PSALMS 36

Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God!

1 VIR die musiekleier.’n Psalmvan Dawid,die kneg van die Here.

2 In die binneste van my hart sê die oortreding aangaande die goddelose:Daar is geen vrees van God voor sy oë nie.

3 Want dit vlei hom in sy oë in verband met die uitvind en haat van sy skuld.

4 Die woorde van sy mond is onreg en bedrog;hy laat ná om verstandig te wees, om goed te doen.

5 Hy bedink onreg op sy bed; hy gaan staan op’n weg wat nie goed is nie; wat sleg is, verfoei hy nie.

6 oHere,u goedertierenheid is tot in die hemele, u trou tot in die wolke.

7 U geregtigheid is soos die berge van God;u oordele is ’n groot watervloed.Here,U behou mense en diere!

8 Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God! Daarom skuil die mensekindersonder die skaduwee van u vleuels.

9 Hulle verkwik hul aan die vettigheid vanu huis, en U laat hulle drink uitdie stroomvan u genietinge.

10 Want by U isdie fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.

11 Laat u goedertierenheid voortduur vir die wat U ken, en u geregtigheid vir die opregtes van hart.

12 Laat die voet van die trotsaard nie oor my kom nie, en laat die hand van die goddelose mense my nie verdryf nie.

13 Daar het die werkers van ongeregtigheid geval; hulle is neergestoot en kan nie weer opstaan nie.

PSALMS 37

Geluk van die goddelose is maar skyn.

1 ’nPSALMvan Dawid.

# Alef.Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie,beny hulle nie wat onreg doen nie;

2 wantsoos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog.

3 Bet.Vertrou op dieHere, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,

4 en verlustig jou in dieHere; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.

5 Gimel.Laat jou weg aan dieHereoor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;

6 en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.

7 Dalet.Swyg voor dieHereen verwag Hom;wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.

8 He.Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid; wees nie toornig nie:dit isnet om kwaad te stig.

9 Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat dieHereverwag, hulle saldie aarde besit.

10 Wau.Ennog ’n klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee opsy plek, maar hy sal daar nie wees nie.

11 Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.

12 Sajin.Die goddelose bedink listige planne teen die regverdige en kners met sy tande teen hom.

13 Die Here lag oor hom, want Hy sien datsy dag kom.

14 Get.Die goddelose het die swaard getrek en hulle boog gespan om die ellendige en behoeftige te laat val, om dié te slag wat opreg is van weg.

15 Hulle swaard sal in hul hart gaan, enhulle boë sal verbreek word.

16 Tet.’n Klein bietjie is vir die regverdige beter as die rykdom van baie goddelose;

17 wantdie arms van die goddelose sal verbreek word, maar dieHereondersteun die regverdiges.

18 Jod.DieHereken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly.

19 Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, enin dae van hongersnood sal hulle versadig word.

20 Kaf.Maar die goddelose sal omkom en die vyande van dieHeresoos die prag van die weivelde; hulle verdwynsoos rook, hulle verdwyn.

21 Lamed.Die goddeloseleen en gee nie terug nie, maar die regverdige ontferm hom en gee;

22 want die wat deur Hom geseën word,sal die aarde besit; maar die wat deur Hom vervloek word, sal uitgeroei word.

23 Mem.Deur dieHereword die gange van ’n man bevestig, en Hy het ’n welbehae in sy weg.

24 As hy val, dan stort hy nie neer nie; want dieHereondersteun sy hand.

25 Noen.Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslagbrood soek nie.

26 Die hele dag ontferm hy hom en leen uit, en sy nageslag is ’n seën.

27 Samek.Wyk af van wat kwaad is, en doen wat goed is, enjy sal vir ewig woon;

28 want dieHerehet die reg lief en sal sy gunsgenote nie verlaat nie; vir ewig word hulle bewaar, maardie nageslag van die goddelose word uitgeroei.

29 Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.

30 Pe.Die mond van die regverdigeverkondig wysheid, en sytong spreek wat reg is.

31 Die wet van sy God is in sy hart; sy gange sal nie wankel nie.

32 Sade.Die goddelose loer op die regverdige en soek om hom dood te maak.

33 DieHeregee hom nie oor in sy hand nie, enHy veroordeel hom nie as hy gerig word nie.

34 Kof.Wag op dieHereen hou sy weg, en Hy sal jou verhoog,om die aarde te besit;jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense.

35 Resj.Ek het die goddelose gesien, ’n geweldenaar, terwyl hy hom uitbrei soos ’n groen inlandse boom.

36 Toe gaan iemand verby, en kyk, hy was daar nie; en ek het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie.

37 Sjin.Let op die vrome en kyk na die opregte, want daar is ’n toekoms vir die man vanvrede.

38 Maar die oortreders word tesame verdelg;die toekoms van die goddelose word afgesny.

39 Tau.Maar die hulp van die regverdiges is van dieHere, hulle toevlug in tyd van benoudheid.

40 En dieHerehelp hulle enred hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.

PSALMS 38

’n Gebed in krankheid.

1 ’nPSALM van Dawid, by die gedenkoffer.

2 oHere, straf my nie in u toorn nie en kasty my nie in u grimmigheid nie.

3 Wantu pyle het in my ingedring, enu hand het op my neergedaal.

4 Daar is geen heel plek in my vlees vanweë u grimmigheid nie; daar is niks gesond inmy gebeente vanweë my sonde nie.

5 Want my ongeregtighede gaan oor my hoof; soos ’n swaar pak het hulle vir my te swaar geword.

6 Mywonde stink, hulle dra vanweë my dwaasheid.

7 Ek is krom, heeltemal geboë; die hele dag gaan ekin die rou;

8 want my lendene is vol ontsteking, en daar is geen heel plek in my vlees nie.

9 Ek is kragteloos en heeltemal verbrysel; ekbrul van die gebons van my hart.

10 Here, voor U is al my begeertes, en my gesug is vir U nie verborge nie.

11 My hart slaan vinnig, my krag het my verlaat; endie lig van my oë, ook dit is nie by my nie.

12 Die wat my liefhet en my vriende is, staan opsy vir my kwaal, en my nabestaandeshet ver gaan staan;

13 en die wat my lewe soek,span strikke; en die wat my ongeluk soek, spreek van ondergang, en hulle bedink die hele dag bedrog.

14 Maar ek is soos ’n dowe: ek hoor nie, en soos’n stomme wat sy mond nie oopmaak nie.

15 Ja, ek is soos ’n man wat nie hoor nie en in wie se mond geenteëspraak is nie;

16 want op U,Here, wag ek; Ú sal verhoor, Here my God!

17 Want ek het gesê:Laat hulle net nie bly wees oor my nie! Hulle wat by die wankeling van my voet hul groot maak teen my!

18 Want ek is klaar om te val, en my smart is altyddeur voor my.

19 Ja,my ongeregtigheid bely ek,ek is bekommerd oor my sonde.

20 Maar my vyande lewe, hulle is magtig; en die wat myvalslik haat, is groot in aantal.

21 En die watkwaad vir goed vergeld, behandel my vyandig, omdat ek die goeie najaag.

22 Verlaat my nie, oHere! My God, wees nie ver van my af nie!

23 Maak tog gou om my te help, Here, my heil!

PSALMS 39

Gebed in aanvegtinge.

1 VIR die musiekleier; virJedútun. ’n Psalm van Dawid.

2 Ek het gesê: Ek wil my weë bewaar, sodat ek nie sondig met my tong nie; ek wil my mond in toom hou solank as die goddelose nog voor my is.

3 Ek was stom in stilte, ek het geswyg, ver van die goeie af; maar my smart is aangewakker.

4 My hart het warm geword in my binneste; ’n vuur het ontvlam by my gesug; ek het gespreek met my tong:

5 Here,maak my einde aan my bekend en wat die maat van my dae is; laat my weet hoe verganklik ek is.

6 Kyk, U het my dae ’n paar handbreedtes gemaak, enmy leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela.

7 Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond;ja, hulle woel verniet;hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie.

8 En nou, wat verwag ek, o Here? My hoop is op U.

9 Red my van al my oortredinge;maak my nie ’n smaad van die dwaas nie.

10 Ek is stom, ek sal my mond nie oopmaak nie;want Ú het dit gedoen.

11 Neem u plaag van my weg; ek vergaan vanweë die bestryding van u hand.

12 Tugtig U die mens met strawwe oor die ongeregtigheid, dan laat U sy skoonheid vergaan soosdeur’n mot; ja, elke mens is ’n asemtog! Sela.

13 Hoor,Here, my gebed, en luister na my hulpgeroep;swyg nie by my trane nie; want ek is’n vreemdeling by U, ’n bywonersoos al my vaders.

14 Wend u oog van my af, dat ekvrolik kan wordvoordat ek heengaan en daar nie meer is nie.