SPREUKE 21

1 DIE koning se hart is in die hand van dieHeresoos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil.

2 Elke weg van ’n mens is reg in sy oë, maardieHeretoets die harte.

3 Om geregtigheid en reg te doen, is vir dieHereverkiesliker as offers.

4 Hoogheid van oë en trotsheid van hart — die glans van die goddelose is sonde.

5 Die planne van die vlytige is net tot voordeel, maar elkeen wat oorhaastig is,komnet tot gebrek.

6 Die verwerwing van skatte deur ’n valse tong is’n verwaaide asem — dodelike valstrikke.

7 Die gewelddadigheid van die goddelose sleep hulle weg, want hulle weier om reg te doen.

8 Gekronkeld is die weg van ’n skuldige mens; maar die reine — sy handeling is reg.

9 Dit is beter om op die hoek van ’n dak te woon asby’n twisgierige vrou en ’n gemeenskaplike huis.

10 Die siel van die goddelose begeer die kwaad; sy naaste vind in sy oë geen genade nie.

11 As ’n mens ’n spotter straf, word die eenvoudige bedagsaam; en as ’n mens ’n wyse onderrig, neem hy self kennis aan.

12 Die regverdige let op die huis van die goddelose; Hy stort die goddelose in die ongeluk.

13 Wie sy oor toestop vir die geskreeu van die arme, hy sal self ook roep en nie verhoor word nie.

14 ’n Geskenk in die geheim bring die toorn tot bedaring en ’n geskenk in die skoot die heftige woede.

15 Vreugde is dit vir die regverdige om reg te doen, maar ’n verskrikking vir die werkers van ongeregtigheid.

16 ’n Mens wat afdwaal van die pad van verstand,sal in die vergadering van die skimme rus.

17 Wie van vrolikheid hou, is ’n man van gebrek; hy wat van wyn en olie hou, sal nie ryk word nie.

18 Die goddelose is ’nlosprys vir die regverdige, en in die plek van die opregtes kom die ontroue.

19 Dit is beter om in ’n woeste land te woon asby’n twisgierige vrou en ergernis.

20 ’n Kosbare skat en olie is in die woning van die regverdige, maar ’n dwase mens bring dit deur.

21 Wie geregtigheid en weldadigheid najaag, sal die lewe, geregtigheid en eer vind.

22 Die wyse beklim die stad van die helde en gooi die vesting neer waar dit op vertrou.

23 Hy wat sy mond en sy tong bewaar, bewaar sy siel van benoudhede.

24 ’n Vermetele, ’n trotsaard word ’n spotter genoem, een wat in oormaat van vermetelheid handel.

25 Die begeerte van die luiaard sal hom doodmaak, want sy hande weier om te werk;

26 die hele dag deur word daar dringend begeer, maardie regverdige gee en hou nie terug nie.

27 Die offer van die goddelose is ’n gruwel; hoeveel te meer as hulle dit met skandelike bedoeling bring.

28 ’n Leuenagtige getuie kom om; maar ’n man watgoedtoeluister, spreek vir altyd.

29 Die goddelose trek ’n onbeskaamde gesig, maar die opregte gee aan sy weë die regte rigting.

30 Daar is geen wysheid, en daar is geen verstand, en daar is geen raad teenoor dieHerenie.

31 Die perd word reggemaak vir die dag van die geveg, maar die oorwinning is deur dieHere.

SPREUKE 22

1 ’nNAAM is verkiesliker as groot rykdom, guns beter as silwer en as goud.

2 Rykes en armes ontmoet mekaar,dieHerehet hulle almal gemaak.

3 ’n Skrander mens sien die onheil en verberg hom, maar die eenvoudiges gaan verder en word gestraf.

4 Die loon van nederigheid is die vrees van dieHere, is rykdom en eer en die lewe.

5 Dorings, vangnette lê op die pad van die verkeerde; hy wat sy siel wil bewaar, bly ver weg daarvandaan.

6 Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.

7 Die ryke heers oor die armes, en hy wat leen, is ’n slaaf van die man wat uitleen.

8 Wie onreg saai, sal onheil maai; en die stok van sy grimmigheid sal verdwyn.

9 Wie vriendelik is, hy word geseën, omdathy van sy brood aan die arme gee.

10 Dryf die spotter weg, dan gaan die twis weg; en die stryery en die geskimp hou op.

11 Hy wat reinheid van hart liefhet, wie se lippe aangenaam is — die koning is sy vriend.

12 Die oë van dieHerebewaar kennis; daarom verydel Hy die woorde van die ontroue.

13 Die luiaard sê: Daar is ’n leeu buitekant; ek kan in die middel van die strate gedood word!

14 Die mond van die vreemde vroue is ’n diep kuil; hy op wie dieHerevertoornd is, sal daarin val.

15 As die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal dit daaruit verwyder.

16 Wie die arme verdruk, bevoordeel hom;hy wat aan die ryke gee, verarm hom net.

Sedespreuke.

17 GEE gehoor en luister na die woorde van die wyse manne, en let op my kennis.

18 Want dit is lieflik as jy dit in jou binneste bewaar; mag hulle tesame gereed lê op jou lippe.

19 Dat jou vertroue op dieHeremag wees, daarom onderwys ek jou vandag, ja, vir jou.

20 Het ek jou nie kernagtige spreuke voorgeskrywe met raadgewinge en kennis,

21 om jou bekend te maak waarheid, betroubare woorde, sodat jy woorde van waarheid kan antwoord aan die wat jou stuur nie?

22 Beroof die arme nie, omdat hy arm is, enverbrysel die ellendige niein die poort nie.

23 WantdieHeresal hulle saak verdedig en hulle berowers van die lewe berowe.

24 Verkeer nie met ’n driftige man nie, en met ’n opvlieënde man moet jy nie omgaan nie,

25 sodat jy nie gewend raak aan sy paaie en ’n strik vir jouself span nie.

26 Wees nie onderdie wat ’n handslag gee, onderdie wat vir skulde borg staan nie.

27 As jy nie het om te betaal nie, waarom sal hullejou bed onder jou uit neem?

28 Die ou grenslyne wat jou vaders gemaak het, moet jy nie verlê nie.

29 Sien jy ’n man wat vaardig is in sy werk — hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie.

SPREUKE 23

1 SIT jy aan om saam met ’n heerser te eet, let dan net op wat vóór jou is,

2 en sit ’n mes op jou keel as jy ’n goeie eetlus het.

3 Moenie sy lekker ete begeer nie, want dit is bedrieglike spys.

4 Vermoei jou nie om ryk te word nie, laat staan jou slimheid.

5 Sou jy jou oë daarop laat afvlieg? Maar weg is dit! want skielik maak dit vir hom vlerke en vlieg soos die arend na die hemel toe!

6 Eet nie die brood van een watafgunstig is nie, en begeer nie sy lekker ete nie.

7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy; eet en drink, sê hy vir jou, maar sy hart is nie met jou nie.

8 Jou stukkie wat jy geëet het, sal jyuitspuug; endan het jy jou vriendelike woorde verspil.

9 Spreek nie voor die ore van ’n dwaas nie, want hy sal die verstandigheid van jou woorde verag.

10 Verlê die ou grenslyne nie, en kom nie op die landerye van die wese nie.

11 Want hulle Verlosser is sterk, Hysal hulle saak teen jou verdedig.

12 Bring jou hart na die tug en jou oor na woorde van kennis.

13 Hou die tug nie terug van dieseun nie; as jy hom met die roede slaan, sal hy nie sterwe nie.

14 Jy sal hom wel met die roede slaan, maarsy lewe van die doderyk red.

15 My seun, as jou hart wys word, dan sal my hart hom ook verheug.

16 Enmy niere sal jubel as jou lippe spreek wat reg is.

17 Laat jou hart die sondaars nie beny nie, maar wees die hele dag in die vrees van dieHere.

18 Waarlik,daar is ’n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.

19 Hoor, my seun, en word wys, en rig jou hart reguit op die weg.

20 Wees nie onderdie wynsuipers nie, onder die wat as vrate hulle hart ophaal.

21 Want ’n drinker en ’n vraat sal arm word, en slaperigheid laat stukkende klere dra.

22 Luister na jou vader wat jou verwek het, en verag jou moeder nie as sy oud geword het nie.

23 Koop waarheid en verkoop dit nie,ookwysheid en tug en verstand.

24 Die vader van ’n regverdige juig baie; en as iemand ’n wyse verwek het, dan is hy bly oor hom.

25 Laat jou vader en jou moeder bly wees, en laatsy juig wat jou gebaar het.

26 My seun, gee my jou hart, en laat jou oë ’n welgevalle hê in my weë.

27 Want ’n hoer is ’n diep kuil, en ’n ontugtige vrou is ’n nou put.

28 Sy lê ook en loer soos ’n rower en vermeerder die ontroues onder die mensdom.

29 By wie is „Ag!”; by wie is „Wee my!”; by wie is getwis; by wie is geklaag; by wie is wonde sonder oorsaak; by wie is dofheid van oë?

30 By die wat láát opbly by die wyn, by die wat ingaan om gemengde drank te proe.

31 Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie:

32 op die end byt dit soos ’n slang en spuug gif uit soos ’n basilisk.

33 Jou oë sal vreemde dinge sien en jou hart verkeerde dinge spreek;

34 en jy sal wees soos een wat in die hart van die see lê en soos een wat op die top van die mas lê.

35 Hulle het my geslaan,sê jy dan,ek het geen pyn gevoel nie; hulle het my neergeslaan, ek het dit nie gemerk nie!

36 Wanneer sal ek wakker word? Dan sal ek dit weer opnuut soek.

SPREUKE 24

1 WEES nie afgunstig op die kwaaddoeners nie, en begeer nie om met hulle saam te wees nie.

2 Want hulle hart bedink verwoesting, en hulle lippe spreek moeite.

3 Deurwysheid word ’n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig;

4 en deur kennis word die kamers gevul met allerhande kosbare en lieflike goed.

5 ’n Wyse man is sterk, en ’n man van kennis ontwikkel krag.

6 Wantdeur goeie oorleg kan jy voorspoedig oorlog voer, endie oorwinning is deur die menigte van raadgewers.

7 Die wysheid isvir die sot te hoog; in die poort maak hy sy mond nie oop nie.

8 Hy wat hom voorneem om kwaad te doen, word ’n skelm genoem.

9 Die sonde is ’n dwase voorneme, en die spotter is ’n gruwel vir die mensdom.

10 Gedra jy jou slap in die dag van benoudheid, dan skiet jou krag te kort.

11 Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, houhulletog terug!

12 As jy sê: Kyk, ons het dit nie geweet nie! — sal Hy watdie harte toets, dit nie merk nie? En Hy wat let op jou siel, Hy kom dit te wete. En Hy vergeld die mensna sy werk.

13 Eet heuning, my seun, want dit is goed, en heuningstroop is soet teen jou verhemelte.

14 Erken dat die wysheid só is vir jou siel; as jy dit vind, dan is daar ’n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.

15 Loer nie, o goddelose, op die woning van die regverdige, verwoes sy verblyfplek nie.

16 Wantsewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.

17 As jou vyand val, verheug jou nie; en as hy struikel, laat jou hart nie juig nie,

18 dat dieHeredit nie sien en dit miskien verkeerd is in sy oë en Hy sy toorn van hom afwend nie.

19 Vererg jou nie oor die kwaaddoeners nie, wees nie afgunstig op die goddelose nie.

20 Want die kwaaddoener het geen toekoms nie,die lamp van die goddelose gaan dood.

21 My seun,vrees dieHereen die koning, laat jou nie in met oproerige mense nie.

22 Want skielik sal hulle ongeluk opkom, en die uitgang van hulle jare, wie weet dit?

23 Ook hierdiespreukeis van die wyse manne afkomstig.Om partydig te wees in die gereg, is verkeerd.

24 Hy wat vir die skuldige sê: Jy het reg! — die volke sal hom vervloek, die nasies sal hom verwens.

25 Maar met die wat onpartydig straf, gaan dit goed; en oor hulle kom die seën van voorspoed.

26 Hy wat regte antwoorde gee, soen die lippe.

27 Maak jou werk buitekant reg, en bring dit vir jou op die land in orde; daarna moet jy dan jou huis bou.

28 Wees nie sonder oorsaak getuie teen jou naaste nie; want mag jy met jou lippe mislei?

29 Moenie sê nie: Soos hy aan my gedoen het, so sal ek aan hom doen — ek sal die man vergelde na sy werk.

30 Ek het by die land van ’n lui man verbygeloop en langs die wingerd van ’n verstandelose mens,

31 en kyk, dit was heeltemal toegegroei van die dorings, sy oppervlakte was oordek met brandnekels en syklipmuur omgegooi.

32 En ek het dit aanskou, ja, daarop gelet, gekyk,enlering aangeneem:

33 Nog ’n bietjie slaap, nog ’n bietjie sluimer, nog ’n bietjie hande-vou om uit te rus;

34 dan kom jou armoede aangeloop en jou gebrek soos ’n gewapende man.

SPREUKE 25

Ander spreuke van Salomo, versamel onder Hiskía.

1 DIT is ookspreuke van Salomo, watdie manne van Hiskía, die koning van Juda, versamel het.

2 Dit is die eer van Godom ’n saak te verberg, maar die eer van konings om ’n saak na te speur.

3 Die hoogte van die hemele en die diepte van die aarde en die hart van die konings is ondeurgrondelik.

4 Verwyder jydie skuim uit die silwer, dan sal daar vir die silwersmid ’n voorwerp uitkom;

5 verwyderdie goddelose voor die koning weg, dan sal sy troon deur geregtigheid bevestig word.

6 Pronk nie voor die koning nie, enstaan nie op die plek van die grotes nie.

7 Want dit is beter dat vir jou gesê word: Kom op hierheen! — as dat jy verneder word voor ’n edele wat jou oë gesien het.

8 Gaan nie haastig uit om te twis nie; anders, wat sal jy ten slotte doen as jou naaste jou in die skande steek?

9 Verdedig jou saak teen jou naaste, maar openbaar ’n ander se geheim nie,

10 sodat een wat dit hoor, jou nie beskimp en jou slegte gerug nie ophou nie.

11 Goue appels op versierde silwerborde,sois ’n woord op sy tyd gespreek.

12 ’n Wyse bestraffer by ’n oor wat luister, is ’n goue ring en ’n goue sieraad.

13 Soos die verkoeling van sneeu op ’n oesdag, is ’nbetroubare boodskapper vir sy senders; want hy verkwik die siel van sy heer.

14 ’n Man wat hom beroem op ’n geskenk wat hy tog nie gee nie, issoosdampe en wind waar geen reënbui by is nie.

15 Deur lankmoedigheid word ’n vors oorgehaal, en ’n sagte tong verbreek die gebeente.

16 Het jy heuning gevind, eet tot jy genoeg het, sodat jy daar nie sat van word en dit uitspuug nie.

17 Sit jou voet selde in jou naaste se huis, sodat hy nie van jou genoeg kry en jou haat nie.

18 ’n Knopkierie en’n swaard en’n skerp pyl, so is ’n man watteen sy naaste as valse getuie optree.

19 ’n Slegte tand en ’n voet wat swik, so is die vertroue op ’n ontroue in die dag van benoudheid.

20 Soos een wat ’n kleed uittrek op ’n koue dag, soos asyn op loog, so is een wat ’n bedroefde hart met liedere verwelkom.

21 As jou vyand honger het, gee hom brood om te eet; en as hy dors het, gee hom water om te drink.

22 Want jy hoop gloeiende kole op sy hoof, en dieHeresal jou dit vergelde.

23 Die noordewind bring ’n reënbui voort, en die tong wat agteraf praat — kwaai gesigte.

24 Om te woon op die hoek van ’n dak, is beter asby’n twisgierige vrou en ’n gemeenskaplike huis.

25 Koue water op ’n vermoeide siel, so is’n goeie tyding uit ’n ver land.

26 ’nTroebel fontein en ’n vuile bron,sois die regverdige wat wankel voor die goddelose.

27 Om baie heuning te eet, is nie goed nie, maar om swaar sake na te speur, is ’n eer.

28 ’n Afgebreekte stad sonder muur,sois ’n man wat sy gees nie kan inhou nie.

SPREUKE 26

1 SOOS sneeu in die somer en soos reën in die oestyd, so pas eer nie by ’n dwaas nie.

2 Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is ’n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie.

3 ’n Sweep is vir die perd, ’n toom vir die esel en’n roede vir die rug van die dwase.

4 Antwoord ’n dwaas nie na sy sotheid nie, sodat jy ook nie net soos hy word nie.

5 Antwoord ’n dwaas na sy sotheid, sodat hy nie wys is in sy eie oë nie.

6 Hy kap sy voete af, hy ly onreg, wat ’n boodskap stuur deur middel van ’n dwaas.

7 Soos die bene van ’n lamme slap afhang, so is ’n spreuk in die mond van die dwase.

8 Soos een wat ’n klip in ’n slinger vasbind, so is hy wat eer gee aan ’n dwaas.

9 Soos ’n doring wat in die hand van ’n dronkaard geraak het, so is ’n spreuk in die mond van die dwase.

10 Soos ’n skutter wat alles in gevaar bring, is hy wat ’n dwaas huur, sowel as hy wat verbygangers huur.

11 Soos’n hond wat na sy uitbraaksel teruggaan, is ’n dwaas wat sy sotheid weer ophaal.

12 Het jy ’n man gesien wat wys is in sy eie oë?Daar is meer hoop vir ’n dwaas as vir hom.

13 Die luiaard sê: Daar is ’n leeu op die pad, ’n leeu op die pleine.

14 ’n Deur draai rond op sy skarniere, so die luiaard op sy bed.

15 Het die luiaard sy hand in die skottel gesteek, hy is te moeg om dit na sy mond terug te bring.

16 Die luiaard is wyser in sy eie oë as sewe wat verstandig antwoord.

17 Hy wat ’n verbylopende hond aan die ore gryp, is een wat hom vererg oor ’n twis wat hom nie aangaan nie.

18 Soos een wat onverskillig vuurpyle, dodelike pyle afskiet,

19 so is die man wat sy naaste bedrieg en sê: Ek speel somaar.

20 Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis.

21 Sooskole die gloed en hout die vuur laat opvlam, so is’n twisgierige man om ’n twis aan te hits.

22 Die woorde van ’n kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste.

23 Silwerskuim waarmee ’n potskerf oorgetrek is — so is gloeiende lippe en ’n slegte hart.

24 Die hater veins met sy lippe, maar in sy binneste koester hy bedrog.

25 As hy sy stem lieflik maak, vertrou hom nie; want sewe gruwels is in sy hart.

26 Al verberg die haat homself in bedrog, sy boosheid word in die vergadering openbaar.

27 Wie ’n kuil grawe, sal daarin val; en hy wat ’n klip rol, dit sal na hom terugkom.

28 ’n Valse tong haat die wat hy verbrysel het, en ’n gladde mond bewerk ondergang.

SPREUKE 27

1 BEROEM jou nie op die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal bring nie.

2 Laat ’n ander jou prys en nie jou eie mond nie; ’n vreemde, en nie jou eie lippe nie.

3 Swaar is ’n klip, en die sand het gewig; maar die ergernis oor ’n sot is swaarder as altwee.

4 Woede is wreed, en toorn kook oor; maar wie kan voor jaloersheid standhou?

5 Openlike teregwysing is beter as verborge liefde.

6 Die wonde deur een wat liefhet, is opreg bedoel, maar die soene deur ’n vyand is oorvloedig.

7 ’n Versadigde siel vertrap die heuningstroop, maar vir ’n hongerige siel isalles wat bitter is, soet.

8 Soos ’n voël wat ver van sy nes af rondvlieg, so is ’n man wat ver van sy tuisplek af rondswerwe.

9 Olie en reukwerk verbly die hart, net so die aangenaamheid van ’n vriend vanweë welgemeende raad.

10 Moenie jou vriend en die vriend van jou vader verlaat nie, en kom nie in die huis van jou broer op die dag van jou teëspoed nie.’n Buurman wat naby is, is beter as ’n broer wat ver is.

11 Wees wys, my seun, en verbly my hart, sodat ek hom wat my smaad, kan antwoord gee.

12 As ’n skrandere die onheil sien, verberg hy hom;maardie eenvoudiges gaan verder, word gestraf.

13 Neem sy kleed weg, want hy het vir ’n ander borg gestaan; en neem hom as pand vir ’n onbekende.

14 Wie vroeg in die môre sy naaste met ’n harde stem ’n seën toeroep, dit sal hom as ’n vloek aangereken word.

15 ’n Aanhoudende gedrup op die dag van ’n stortreën en ’n twisgierige vrou is net eenders.

16 Wie haar wil teëhou, hou wind teë, en sy regterhand ontmoet olie.

17 Yster slyp yster, so slyp die een mens die persoon van die ander.

18 Wie ’n vyeboom oppas, sal sy vrugte eet; en hy wat vir sy heer sorg, sal geëer word.

19 Soosindie water aangesig teenoor aangesig is, so is die hart van die mens teenoor die mens.

20 Die doderyk en die plek van verteringword nie versadig nie; soword die oë van ’n mens nie versadig nie.

21 Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, so is ’n man volgens die roem wat hy geniet.

22 Al stamp jy die sot in ’n stampblok tussen graankorrels met ’n stamper, sy sotheid sal nie van hom wyk nie.

23 Gee noukeurig ag op die voorkoms van jou skape, rig jou aandag op die troppe vee;

24 want ’n skat is nie vir ewig nie — of sal ’n kroon wees van geslag tot geslag?

25 As die gras verdwyn en die jong gras verskyn en die bossies van die berge bymekaargemaak word,

26 dan is daar lammers vir jou kleding en bokke as ’n koopprys vir grond,

27 en genoeg bokmelk as voeding vir jou huis en as lewensonderhoud vir jou diensmeisies.

SPREUKE 28

1 DIE goddelosevlug sonder dat daar ’n vervolger is, maar die regverdiges voel hulle veilig soos ’n jong leeu.

2 Deur die oortreding van ’n land word sy vorste baie, maar deur ’n verstandige mens met kennis is die reg duursaam.

3 ’n Man wat arm is en die armes verdruk, is soos ’n reën wat wegspoel en geen brood bring nie.

4 Die wat die wet verlaat, hulleprys die goddelose; maar die wat die wet onderhou, word vererg oor hulle.

5 Slegte mense verstaan die reg nie, maardie wat dieHeresoek, verstaan alles.

6 Die arme wat in sy regskapenheid wandel, is beter as die verkeerde wat twee paaie wil loop en daarby ryk is.

7 Wie die wet bewaar, is ’n verstandige seun; maar hy wat met deurbringers omgaan, steek sy vader in die skande.

8 Wie sy goed vermeerder deur rente en deur woeker, maak bymekaar vir een wat hom oor die armes sal ontferm.

9 Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfssy gebed is ’n gruwel.

10 Wie die opregtes laat verdwaal op ’n verkeerde weg,sal self in sy eie kuil val; maar die regskapenessal die goeie beërwe.

11 ’n Ryk man is wys in sy eie oë; maar ’n arme wat verstandig is, ondersoek hom terdeë.

12 As die regverdiges juig, is die heerlikheid groot; maaras die goddelose opkom, moet die mense gesoek word.

13 Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maarhy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.

14 Gelukkig is die mens wat gedurigdeur vrees; maar hy wat sy hart verhard, sal in die onheil val.

15 ’n Leeu wat brom, en ’n beer wat hongerig is, so is ’n goddelose wat oor ’n arm volk heers.

16 ’n Vors wat gebrek aan verstand het, is wel ryk aan afpersinge,maardie wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng.

17 ’n Mens wat gedruk word deur die bloed van ’n mens, sal vlug tot by die graf; laat niemand hom vashou nie.

18 Wie opreg wandel, sal gehelp word; maar hy wat verward is, wat die twee paaie betref, sal meteens val.

19 Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het armoede volop.

20 ’n Betroubare man is ryk aan seëninge; maarhy wat haastig is om ryk te word, sal nie ongestraf bly nie.

21 Om partydig te wees, is nie goed nie, want ookvir ’n stuk brood kan ’n man ’n oortreding begaan.

22 ’n Afgunstige man oorhaas hom om ryk te word, en hy weet nie dat gebrek oor hom sal kom nie.

23 Hy wat ’n mens teregwys, sal agterna meer guns vind as hy wat vlei.

24 Wie sy vader of sy moeder berowe, en sê: Dit is geen oortreding nie! — hy is ’n bondgenoot van ’n man wat verderflik handel.

25 Die hebsugtige verwek twis; maar hy wat op dieHerevertrou,word verkwik.

26 Wie op sy eie hart vertrou, hy is ’n dwaas; maar hy wat in wysheid wandel, word gered.

27 Wie aan die arme gee, sal nie gebrek ly nie; maar hy wat sy oë toemaak, word swaar vervloek.

28 As die goddelose opkom,verberg die mens homself; maar as hulle omkom, word die regverdiges baie.

SPREUKE 29

1 ’nMAN wat baie bestraf is, en sy nek verhard, sal onvoorsiens verbreek wordsonder dat daar genesing is.

2 As die regverdiges talryk word, is die volk bly; maaras die goddelose heers, sug die volk.

3 ’n Man wat die wysheid liefhet, verbly sy vader; maarhy wat met hoere omgaan, bring die goed deur.

4 ’n Koning hou deur reg die land in stand, maar ’n man wat belastings afpers, verwoes dit.

5 ’n Man wat sy naaste vlei, sprei ’n net uit voor sy voetstappe.

6 In die oortreding van ’n slegte mens is ’n strik, maar die regverdige sal jubel en bly wees.

7 Die regverdige ken die reg van die armes,maardie goddelose verkry geen kennis nie.

8 Manne wat spot, bring ’n stad in oproer, maar die wyse bring die toorn tot bedaring.

9 Het ’n wyse man met ’n sot ’n regsaak, dan gaan diesotte kere en lag, sonder bedaring.

10 Manne van bloed haat die regskapene, en hulle soek die lewe van die opregtes.

11 ’n Dwaas laat al sy toorn uitvaar, maar ’n wyse bring dit eindelik tot bedaring.

12 ’n Heerser wat luister na ’n leuenagtige woord, sy dienaars is almal goddeloos.

13 Die arme en die man wat verdruk, ontmoet mekaar,dieHereverlig altwee se oë.

14 ’n Koning wat getrou aan die armes reg verskaf, sy troon sal vir altyd bevestig wees.

15 Die roede en die bestraffing gee wysheid; maar ’n seun wat aan homself oorgelaat word, steeksy moeder in die skande.

16 As die goddelose vermeerder, vermeerder die oortreding; maardie regverdiges aanskou met welgevalle hulle ondergang.

17 Tugtig jou seun, dan sal hy jou rus gee en aan jou siel vreugde verskaf.

18 As daar geen openbaring is nie, word die volk bandeloos; maarhy wat die wet onderhou, gelukkig is hy.

19 Met woorde laat ’n slaaf hom nie waarsku nie; want hy verstaan dit wel, maar hy steur hom daar nie aan nie.

20 Het jy ’n man gesien wat haastig is in sy woorde?Vir ’n dwaas is daar meer hoop as vir hom.

21 As ’n mens sy slaaf van jongs af verwen, word hy op die end ondankbaar.

22 ’n Opvlieënde man verwek twis, en ’n driftige man is ryk aan oortreding.

23 Die trotsheid van ’n mens verneder hom, maar die nederige van gees sal eer verkry.

24 Hy wat saam met ’n dief deel,haat sy eie siel; hy hoor die beswering, maar openbaar niks nie.

25 Die vrees vir die mens span ’n strik; maar hy watop dieHerevertrou, sal beskut word.

26 Daar is baie wat die aangesig van die heerser soek, maar die reg van ’n mens kom van dieHere.

27 ’n Man van onreg is vir die regverdiges ’n gruwel, en vir die goddelose is die opregte van wandel ’n gruwel.

SPREUKE 30

Die woorde van Agur.

1 DIE woorde van Agur, die seun van Jake;die Godspraak. Die man spreek: Ek het my moeg gemaak, o God, ek het my moeg gemaak, o God, en ek versmag.

2 Ja, ek is te dom om mens te kan wees, en ek het geen menseverstand nie.

3 En ek het nie wysheid geleer, sodat ek kennis van die Heilige sou besit nie.

4 Wie het na die hemel opgeklim en neergedaal?Wie het die wind in sy vuiste versamel? Wie het die waters in ’n kleed saamgebind? Wie het al die eindes van die aarde vasgestel? Hoe is sy Naam? En hoe is die Naam van sy Seun — as jy dit weet?

5 Elke woord van God is gelouter; Hy is ’nskild vir die wat by Hom skuil.

6 Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as ’n leuenaar openbaar word nie.

7 Twee dinge vra ek van U; onthou dit nie aan my voordat ek sterf nie:

8 Hou valsheid en leuentaal ver van my af; gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is;

9 dat ek nie, as ek oorversadig geword het,Uverloën nie, en sê: Wie is dieHere? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie.

10 Belaster nie ’n slaaf by sy heer nie, sodat hy jou nie vloek en jy daarvoor moet boet nie.

11 Daar is ’n geslag wat sy vader vervloek en sy moeder nie seën nie,

12 ’n geslag watrein is in sy eie oë en tog van sy vuiligheid nie gewas is nie,

13 ’n geslag — hoetrots is sy oë, en hoe hoog is sy ooglede opgetrek! —

14 ’n geslagwaarvan die tande swaarde is, waarvan die gebit messe is, om die ellendiges uit die land te verteer en die behoeftiges onder die mensdom uit.

15 Die bloedsuier het twee dogters: Gee, gee! Drie is dit wat nie versadig word nie; vier sê nooit: Genoeg nie! —

16 die doderyk en die toegesluite moederskoot, die aarde wat nie genoeg water kry en die vuur wat nooit sê: Genoeg nie!

17 ’n Oog wat met die vader spot en die gehoorsaamheid vir die moeder verag — die kraaie van die dal sal dit uitpik, en die kuikens van die arend sal dit opeet.

18 Drie is dit wat vir my te wonderbaar is, ja, vier wat ek nie begryp nie:

19 die weg van die arend in die lug, die weg van ’n slang oor ’n rots, die weg van ’n skip in die hart van die see, en die weg van ’n man by ’n maagd.

20 So is die weg van ’n vrou wat owerspel bedryf; sy eet en vee haar mond af en sê: Ek het geen sonde gedoen nie.

21 Onder drie bewe die aarde, en onder vier kan hy dit nie uithou nie:

22 onder ’n slaaf as hy koning word, en ’n dwaas as hy volop brood het;

23 onder ’n nie-geliefde as sytog’n man kry, en ’n slavin as sy haar meesteres uit die besitting verdrywe.

24 Vier is dit wat klein is op die aarde, maar hulle is uitermate wys:

25 die miere is nie ’n sterk volk nie, en tog berei hulle hul voedsel in die somer;

26 die klipdassies is nie ’n magtige volk nie, en tog maak hulle hul huis in die rots;

27 die sprinkane het geen koning nie, en tog trek die hele swerm in goeie orde uit;

28 die geitjie kan jy met die hande gryp, en tog is hy in die konings se paleise.

29 Drie is dit wat statig wegstap, ja, vier wat statig wegloop:

30 die leeu, die held onder die diere, wat vir niks omdraai nie;

31 die dier met gespierde heupe, of die bok, en ’n koning met die troepemag by hom.

32 As jy dwaas gewees het deur jou te verhef, of as jyvoorafnagedink het — die hand op die mond!

33 Want drukking van melk bring botter voort, en drukking van die neus bring bloed voort, en drukking van die toorn bring twis voort.