SPREUKE 21

1 DIE koning se hart is in die hand van dieHeresoos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil.

2 Elke weg van ’n mens is reg in sy oë, maardieHeretoets die harte.

3 Om geregtigheid en reg te doen, is vir dieHereverkiesliker as offers.

4 Hoogheid van oë en trotsheid van hart — die glans van die goddelose is sonde.

5 Die planne van die vlytige is net tot voordeel, maar elkeen wat oorhaastig is,komnet tot gebrek.

6 Die verwerwing van skatte deur ’n valse tong is’n verwaaide asem — dodelike valstrikke.

7 Die gewelddadigheid van die goddelose sleep hulle weg, want hulle weier om reg te doen.

8 Gekronkeld is die weg van ’n skuldige mens; maar die reine — sy handeling is reg.

9 Dit is beter om op die hoek van ’n dak te woon asby’n twisgierige vrou en ’n gemeenskaplike huis.

10 Die siel van die goddelose begeer die kwaad; sy naaste vind in sy oë geen genade nie.

11 As ’n mens ’n spotter straf, word die eenvoudige bedagsaam; en as ’n mens ’n wyse onderrig, neem hy self kennis aan.

12 Die regverdige let op die huis van die goddelose; Hy stort die goddelose in die ongeluk.

13 Wie sy oor toestop vir die geskreeu van die arme, hy sal self ook roep en nie verhoor word nie.

14 ’n Geskenk in die geheim bring die toorn tot bedaring en ’n geskenk in die skoot die heftige woede.

15 Vreugde is dit vir die regverdige om reg te doen, maar ’n verskrikking vir die werkers van ongeregtigheid.

16 ’n Mens wat afdwaal van die pad van verstand,sal in die vergadering van die skimme rus.

17 Wie van vrolikheid hou, is ’n man van gebrek; hy wat van wyn en olie hou, sal nie ryk word nie.

18 Die goddelose is ’nlosprys vir die regverdige, en in die plek van die opregtes kom die ontroue.

19 Dit is beter om in ’n woeste land te woon asby’n twisgierige vrou en ergernis.

20 ’n Kosbare skat en olie is in die woning van die regverdige, maar ’n dwase mens bring dit deur.

21 Wie geregtigheid en weldadigheid najaag, sal die lewe, geregtigheid en eer vind.

22 Die wyse beklim die stad van die helde en gooi die vesting neer waar dit op vertrou.

23 Hy wat sy mond en sy tong bewaar, bewaar sy siel van benoudhede.

24 ’n Vermetele, ’n trotsaard word ’n spotter genoem, een wat in oormaat van vermetelheid handel.

25 Die begeerte van die luiaard sal hom doodmaak, want sy hande weier om te werk;

26 die hele dag deur word daar dringend begeer, maardie regverdige gee en hou nie terug nie.

27 Die offer van die goddelose is ’n gruwel; hoeveel te meer as hulle dit met skandelike bedoeling bring.

28 ’n Leuenagtige getuie kom om; maar ’n man watgoedtoeluister, spreek vir altyd.

29 Die goddelose trek ’n onbeskaamde gesig, maar die opregte gee aan sy weë die regte rigting.

30 Daar is geen wysheid, en daar is geen verstand, en daar is geen raad teenoor dieHerenie.

31 Die perd word reggemaak vir die dag van die geveg, maar die oorwinning is deur dieHere.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

2 × two =