SPREUKE 1

Inleiding.

1 DIEspreuke van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel,

2 om wysheid en tug te ken, om woorde van insig te verstaan,

3 om aan te neem tug wat verstandig maak, geregtigheid en reg en regverdigheid;

4 om aan dieeenvoudigesskranderheid te gee, aan die jongeling kennis en oorleg;

5 laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry,

6 om ’n spreuk en beeldspraak te verstaan, die woorde van die wyse manne en hulle raaisels.

Standvastigheid teen versoeking in die vrees van die Here.

7 DIE vrees van dieHereis die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.

8 My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;

9 want dit is ’n lieflike krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou hals.

10 My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie;

11 as hulle sê: Gaan saam met ons, laat ons loer op bloed, laat ons die onskuldige voorlê sonder oorsaak,

12 laat ons hullelewendig verslind soos die doderyk en die gesondessoos die wat in die kuil neerdaal;

13 allerhande kosbare goed sal ons vind, ons huise sal ons vol maak met buit;

14 jy sal jou lot onder ons werp, ons sal almal een beurs hê —

15 my seun, gaan nie met hulle saam op die weg nie, hou jou voet terug van hulle pad;

16 want hulle voete hardloop na die kwaad en haas hulle om bloed te vergiet;

17 want die net word tevergeefs uitgesprei voor die oë van allerhande voëls:

18 soloer hulle op hul eie bloed, hulle lê hulleself voor.

19 So gaan dit met almal wat onregverdige wins maak: dit ontneem sy besitter die lewe.

Oproep van die hoogste Wysheid aan die onkundiges.

20 DIE Wysheid roep hardop daarbuite, sy verhef haar stem op die pleine,

21 op die hoek van die rumoerige strate roep sy, by die ingange van die poorte, in die stad, spreek sy haar woorde:

22 Hoe lank sal julle, eenvoudiges, die eenvoudigheid liefhê en die spotters lus hê om te spot en die dwasekennis haat?

23 Wend julle tot my teregwysing, danlaat ek my gees vir julle uitstroom, wil ek my woorde aan julle bekend maak.

24 Omdat ek geroep en julle geweier het, ek my hand uitgestrek en niemand geluister het nie,

25 en julle al my raad nie opgevolg en van my teregwysing nie wou geweet het nie,

26 daarom sal ek ooklag by julle ondergang, ek sal spot as julle verskrikking kom;

27 as julle verskrikking kom soos ’n onweer, en julle ondergang soos ’n stormwind aankom, as benoudheid en angs julle oorval.

28 Dan sal hulle na my roep, maar ek sal nie antwoord nie; hulle sal my soek, maar my nie vind nie.

29 Omdat hulle die kennis gehaat endie vrees van dieHerenie verkies het nie,

30 van my raad nie wou weet nie, al my teregwysinge verag het,

31 daarom sal hulle eet vandie vrug van hulle wandel en versadig word van hulle planne.

32 Want hulle eie afkerigheid maak die eenvoudiges dood, en hulle eie sorgeloosheid rig die dwase te gronde;

33 maardie wat na my luister, sal veilig woon en gerus wees teen die skrik vir die onheil.

SPREUKE 2

Die waarde van wysheid.

1 MY seun, as jy my woorde aanneem enmy gebooie by jou bewaar,

2 sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand;

3 ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef,

4 as jy daarna soeksoos na silwer en dit naspeur soosverborge skatte,

5 dan sal jy die vrees van dieHereverstaan en die kennis van God vind

6 (want dieHeregee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstand,

7 en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is ’nskild vir die wat regskape wandel

8 deurdat Hy die paaie vandie reg bewaak en die weg van sy gunsgenote bewaar);

9 dan sal jy geregtigheid en reg verstaan enregverdigheid — elke goeie pad.

10 Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees;

11 oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak,

12 om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek;

13 vandie wat die paaie van opregtheid verlaat omop weë van duisternis te wandel;

14 die wat hulle verheug in kwaaddoen, watjuig oor die valse streke van die slegte,

15 van wie die paaie verkeerd is, en wat afwyk in hulle spore;

16 om jou te red vandie vreemde vrou, vandie ontugtige wat met haar woorde vlei

17 (watdie vriend van haar jeug verlaat, en die verbond van haar God vergeet;

18 wanthaar huis sink weg na die dood en haar paaie na die skimme;

19 almal wat by haar ingaan, kom nie terug nie en bereik die paaie van die lewe nie)

20 sodat jy kan wandel op die weg van die goeies en die paaie van die regverdiges kan hou;

21 want die opregtessal die land bewoon, en die regskapenes daarin oorbly,

22 maar die goddelosesal uit die land uitgeroei, en die ontroues sal daaruit weggeruk word.

SPREUKE 3

1 MY seun, vergeet my onderwysing nie, enlaat jou hart my gebooie bewaar;

2 want dit sallengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.

3 Laat liefde en trou jou nie verlaat nie;bind dit om jou hals,skryf dit op die tafel van jou hart,

4 dan sal jy genade vind en ’n goeie insig in die oë van God en die mense.

5 Vertrou op dieHeremet jou hele hart ensteun nie op jou eie insig nie.

6 Ken Hom in al jou weë, dansal Hý jou paaie gelykmaak.

7 Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees dieHere, en wyk af van die kwaad;

8 dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.

9 Vereer dieHereuit jou goed en uitdie eerstelinge van al jou inkomste;

10 dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.

11 My seun, verag die tug van dieHerenie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie,

12 want dieHeretugtig hom wat Hy liefhet, ja,soos ’n vader die seun in wie hy behae het.

13 Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry;

14 wantdie verkryging daarvan is beter as dié van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud;

15 dit is kosteliker as korale, enal jou kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.

16 In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhandrykdom en eer;

17 sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede.

18 Dit is’n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig.

19 DieHerehet deur wysheid die aarde gegrond,deur verstand die hemele vasgestel;

20 deur sy kennishet die watervloede oopgebreek en het die wolkedou gedrup.

21 My seun, laat dit nie uit jou oë wyk nie, bewaar beleid en oorleg,

22 dan sal dit die lewe wees vir jou siel en ’n versiersel vir jouhals;

23 dan sal jy veilig jou weg bewandel en jou voet nie stamp nie;

24 as jy gaan lê, sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees.

25 Jy hoef nie bang te wees vir ’n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie;

26 want dieHeresal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik.

27 Hou ’n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie.

28 Sê nie vir jou naaste nie: Gaan en kom terug, dan sal ek môre gee — terwyl jy dit het.

29 Bewerk geen onheil teen jou naaste terwyl hy vol vertroue by jou woon nie.

30 Twis nie sonder oorsaak met ’n mens as hy jou geen kwaad gedoen het nie.

31 Wees nie afgunstig op ’n man van geweld en verkies geeneen van sy weë nie.

32 Want die verkeerde is vir dieHere’n gruwel, maarsy verborgenheid is met die opregtes.

33 Die vloek van dieHereis in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges.

34 As dit spotters betref, spot Hy, maar aan die ootmoediges gee Hy genade.

35 Die wyse sal eer beërwe, maar die dwase behaal skande.

SPREUKE 4

Verkry wysheid en vermy die goddeloosheid.

1 HOOR, julle seuns, na die tug van die vader, en luister om insig te leer ken;

2 want ek gee aan julle goeie lering, verlaat my onderwysing nie.

3 Want toe ek ’n seun was by my vader,teer en ’n enigste voor my moeder,

4 het hy my geleer en vir my gesê: Laat jou hart my woorde vashou;onderhou my gebooie, dan sal jy lewe.

5 Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie:

6 verlaat dit nie, dan sal dit jou bewaar;kry dit lief, dan sal dit jou bewaak.

7 Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit.

8 Hou dit hoog, dan sal dit jou verhoog; dit sal joueer as jy dit omhels.

9 Dit sal’n lieflike krans gee vir jou hoof, dit sal jou ’n sierlike kroon verskaf.

10 Hoor, my seun, en neem my woorde aan; dansal die lewensjare vir jou vermeerder word.

11 In die weg van die wysheid onderrig ek jou, ek laat jou die spore van opregtheid betree;

12 as jy loop,sal jou treë nie belemmer word nie, en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.

13 Hou vas aan die tug, laat dit nie los nie; bewaar dit, want dit is jou lewe.

14 Kom nie op die pad van die goddelose en betree die weg van die slegtes nie.

15 Vermy dit, gaan nie daarop nie, wyk daarvan af en gaan verby;

16 want hulle kan nie slaap as hulle geen kwaad doen nie; en hulle slaap is weg as hulle nie tot ’n val bring nie.

17 Want hulle eet brood van goddeloosheid en drink wyn van gewelddadigheid.

18 Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe,

19 is die weg van die goddelose soos duisternis: hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie.

20 My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde,

21 laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart.

22 Want hulle isdie lewe vir die wat hulle vind, en ’n genesing vir hulle hele liggaam.

23 Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.

24 Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe.

25 Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou.

26 Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees,

27 wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid.

SPREUKE 5

Waarskuwing teen die ontugtige vrou.

1 MY seun, luister na my wysheid, neig jou oor tot my insig,

2 dat jy volle oorleg kan behou en jou lippekennis kan bewaar;

3 want die lippe van dievreemdevroudrup heuningstroop, en haar verhemelte isgladder as olie,

4 maar op die end is sybitter soos wildeals, soos ’n swaard aan weerskante skerp.

5 Haar voetedaal na die dood toe af, haar treë streef na die doderyk toe.

6 Dat sy die pad na die lewe nie sou inslaan nie, wankel haar gange sonder dat sy dit weet.

7 Luister dan nou na my, julle seuns, en wyk nie af van die woorde van my mond nie.

8 Hou jou weg ver van haar af, en kom nie naby die deur van haar huis nie,

9 sodat jy nie jou bloei aan ander gee en jou jare aan een wat onbarmhartig is nie;

10 sodat vreemdes hulle nie versadig met jou vermoë en jou moeitevolle arbeid in die huis van ’n uitlander kom nie

11 en jy uiteindelik moet steun as jou liggaam en jou vlees verteer is,

12 en moet sê: Hoe het ekdie tug gehaat en my hartdie kastyding versmaad,

13 en nie geluister na die stem van my onderwysers en geen gehoor gegee aan die wat my geleer het nie!

14 Amper was ek heeltemal in die ongeluk, in die vergadering en die gemeente.

15 Drink water uit jou eie reënbak en strome uit jou eie put.

16 Sal jou fonteine buitentoe oorstroom, waterstrome op die pleine?

17 Hulle moet vir jou alleen wees en nie vir ander saam met jou nie.

18 Mag jou fontein geseënd wees, en verheug jou oordie vrou van jou jeug —

19 die lieflikewildsbokkie en aanvallige steenbokkie; laat haar boesem jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees.

20 Maar waarom sou jy, my seun, by ’n vreemde bedwelmd raak en die boesem van ’n ontugtige omhels?

21 Want elke mens se weë is voordie oë van dieHere, en Hy weeg al sy gange.

22 Sy eie ongeregtighede vang hom, die goddelose, en in die vangstrikke van sy sonde word hy vasgehou.

23 Hy sal sterf deur gebrek aan tug, en deur die grootheid van sy dwaasheid sal hy dwaal.

SPREUKE 6

Teen borgstaan. Sewe dinge wat God haat.

1 MY seun, as jy vir jou naasteborg gestaan het, vir ’n vreemde jou handslag gegee het,

2 verstrik is in die woorde van jou mond, gevang is deur die woorde van jou mond,

3 doen dan dit, my seun, om jouself te red — want jy het in die hand van jou naaste geraak — gaan, werp jou neer en bestorm jou naaste,

4 gun jou oë geen slaap en jou ooglede geen sluimering nie;

5 red jou soos ’n gemsbok uit die hand, ensoos ’n voël uit die hand van ’n voëlvanger.

6 Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys!

7 Hy wat geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie,

8 maak sy brood klaar in die somer, bêre sy voedsel weg in die oestyd.

9 Hoe lank, luiaard, sal jy bly lê, wanneer sal jy opstaan uit jou slaap?

10 Nog ’n bietjie slaap, nog ’n bietjie sluimer, nog ’n bietjie hande-vou om uit te rus!

11 So kom danjou armoede soos ’n rondloper en jou gebrek soos ’n gewapende man.

12 ’n Deugniet, ’n kwaaddoener is hy wat met ’n valse mond rondloop,

13 watmet sy oë knip, met sy voete beduie, met sy vingers tekens gee;

14 in wie se hart valse streke is, wat altyd onheil bewerk en tweedrag saai.

15 Daarom sal sy ondergang skielik kom,onvoorsiens sal hy verbreek word sonder dat daar genesing voor is.

16 Hierdie ses dinge haat dieHere, en sewe is vir sy siel ’n gruwel:

17 trotse oë,’n leuenagtige tong enhande wat onskuldige bloed vergiet,

18 ’n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop,

19 eenwat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broerstweedrag saai.

Waarskuwing teen ’n slegte vrou.

20 BEWAAR, my seun, die gebod van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;

21 bind dit gedurigdeur op jou hart, hang dit om jouhals;

22 mag dit jou lei as jy wandel, oor jou wag hou as jy slaap en jou toespreek as jy wakker word.

23 Want die gebod is ’n lamp en die onderwysing ’n lig en die teregwysinge van die tug ’n weg tot die lewe,

24 om jou te bewaar vir ’n slegte vrou, vir die gevlei van ’n vreemde tong.

25 Begeer haar skoonheid nie in jou hart nie, en laat sy jou nie vang met haar ooglede nie;

26 wantvir ’n hoer verval ’n mens tot ’n stuk brood, en ’n ander se vrou maak jag op ’n kosbare lewe.

27 Kan iemand vuur in sy skoot dra sonder dat sy klere verbrand?

28 Of kan iemand op gloeiende kole loop sonder dat sy voete brandwonde kry?

29 So is dit met hom wat by die vrou van sy naaste ingaan; elkeen wat haar aanraak, sal nie ongestraf bly nie.

30 ’n Dief word nie verag as hy steel om sy begeerte te bevredig nie, omdat hy honger het;

31 en as hyuitgevind word, moet hy sewevoudig vergoeding gee; al die goed van sy huis moet hy gee.

32 Hy wat owerspel pleeg,is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hý doen so iets;

33 slae en skande sal hy kry, en sy smaad sal nie uitgewis word nie;

34 want jaloersheid is ’n toorngloed in ’n man, en op die dag van wraak verskoon hy nie;

35 hy neem glad geen losprys in aanmerking nie, en hy willig nie in nie al maak jy die omkoopgeskenk nog so groot.

SPREUKE 7

1 MY seun, onderhou my woorde en bewaar my gebooie by jou;

2 onderhou my gebooie, dan sal jy lewe, en my onderwysing soosjou oogappel;

3 bind hulle aan jou vingers, skryf hulle op die tafel van jou hart.

4 Sê aan die wysheid: Jy is my suster! en noem die verstandjouvertroueling,

5 sodat hulle jou kan bewaar vir die vreemde vrou, vir die ontugtige wat met haar woorde vlei.

6 Want ek het deur die venster van my huis, deur my tralievenster uitgekyk,

7 en ek het onder die eenvoudiges gesien, onder die jongmense ’n verstandelose jongman opgemerk,

8 wat op die straat verbygaan naby haar hoek en in die rigting van haar huis stap,

9 in die skemer, in die aand van die dag, in die middel van die nag en die donker.

10 En kyk, daar kom ’n vrou hom tegemoet, soos ’n hoer aangetrek en listig van hart —

11 sy is onrustig en losbandig, haar voete kan nie in haar huis bly nie —

12 nou buitekant, dan weer op die pleine, en sy staan by elke hoek en loer.

13 En sy het hom gegryp en hom gesoen, met ’n onbeskaamde gesig vir hom gesê:

14 Ek moesdankoffers bring, vandag het ek my geloftes betaal;

15 daarom het ek uitgegaan om jou te ontmoet, om jou aangesig te soek, en ek het jou gekry.

16 Ek het my bed met dekens opgemaak, met bont spreie van Egiptiese linne;

17 ek het my bed besprinkel met mirre, alewee en kaneel —

18 kom, laat ons dronk word van liefde tot die môre toe, laat ons mekaar vrolik maak in welluste.

19 Want die man is nie tuis nie, hy het ver weg op reis gegaan,

20 die geldbeurs het hy met hom saamgeneem, teen die dag van volmaan sal hy eers tuis kom.

21 Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok.

22 Hy loop skielik agter haar aan soos ’n bees wat na die slagpaal gaan, en soos voetboeie wat dien tot tugtiging van die sot,

23 totdat die pyl sy lewer splits;soos ’n voël haastig na die vangnet vlieg — sonder om te weet dat dit ten koste van sy lewe is.

24 Hoor dan nou na my, seuns, en luister na die woorde van my mond.

25 Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond op haar paaie nie.

26 Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het, entalryk almal wat deur haar vermoor is.

27 Haar huis is weë na die doderyk, wat afdaal nadie kamers van die dood.

SPREUKE 8

Die uitnemendheid van die Wysheid.

1 ROEP die Wysheid nie, en verhef die Verstandigheid nie haar stem nie?

2 Op die top vandie hoogtes langs die weg, op die kruispunt van die paaie staan sy,

3 aan die kant van diepoorte by die uitgang van die stad, by die ingang van die deure roep sy hardop:

4 Ek roep na julle, manne, en my stem is tot die mensekinders.

5 Leer tog skranderheid verstaan,eenvoudiges, en dwase, leer verstandigheid verstaan.

6 Hoor, want ek sal voortreflike dinge spreek, en my lippe gaan oop vir wat reg is.

7 Want my verhemelte spreek waarheid, en goddeloosheid is vir my lippe ’n gruwel.

8 Al die woorde van my mond is reg, daarin is niks wat slinks of vals is nie,

9 hulle is almal duidelik vir die verstandige en reg vir die wat kennis gevind het.

10 Neem my tug aan, en nie silwer nie, en kennis liewer as uitgesoekte goud.

11 Want wysheid is beter as korale, en al die kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.

12 Ek, Wysheid, is vertroud met die skranderheid, en ek vind kennis van regte oorleg.

13 Die vrees van dieHereis om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en ’n slegte wandel en ’n huigelagtige mond haat ek.

14 Raad en beleid is myne, ek is die insig, sterkte is myne.

15 Deur my regeer die konings en stel die maghebbers vas wat reg is;

16 deur my heers die vorste en die edeles, al die regters van die aarde.

17 Ék het lief die wat my liefhet, endie wat my soek, sal my vind.

18 Rykdom en eer is by my, duursame goed en geregtigheid.

19 My vrug is beter as goud en asfyn goud, en my opbrings as uitgesoekte silwer.

20 Ek wandel op die weg van geregtigheid, in die middel van die paaie van reg,

21 om die wat my liefhet, ’n besitting te laat erwe, en hulle skatkamers maak ek vol.

Die Wysheid bestaan van ewigheid af.

22 DIEHerehet my berei as eersteling van sy weg, voor sy werke, van ouds af.

23 Van ewigheid af is ekgeformeer, van die begin af, van die voortyd van die aarde af.

24 Toe daar nog geenwêreldvloede was nie, is ek gebore; toe fonteine, swaar van water, nog nie daar was nie;

25 voordat die berge ingesink het,voor die heuwels is ek gebore;

26 toe Hy die aarde en die velde en al die stoffies van die wêreld nog nie gemaak het nie.

27 Toe Hy die hemele berei het, was ek daar; toe Hy ’n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed;

28 toe Hy die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die wêreldvloed sterk geword het;

29 toe Hy vir die see sy grens gestel het, dat die waters sy bevel nie sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het —

30 toe was ek ’n kunstenaar naas Hom, en ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor sy aangesig altyd,

31 en het gespeel op sy wêreldrond, en my verlustiginge was met die mensekinders.

32 Luister dan nou na my, seuns; wantgelukkig is hulle wat my weë bewaar.

33 Luister na tug en word wys, en verwerp dit nie.

34 Gelukkig is die mens wat na my luister, om dag vir dag te waak aan my deure, by die syposte van my poorte die wag te hou.

35 Want hy wat my vind,het die lewe gevind en verkry ’n welbehae van dieHere.

36 Maar hy wat my mis,benadeel sy eie lewe; almal wat my haat,het die dood lief.

SPREUKE 9

Die feesmaal van die Wysheid.

1 DIE Wysheid het haar huis gebou, haar sewe pilare uitgekap,

2 haar slagvee geslag, haar wyn gemeng, ook haar tafel gedek.

3 Sy het haar diensmeisies uitgestuur, sy nooi uit op die hange van die stadshoogtes:

4 Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen,wie verstandeloos is, vir hom sê sy:

5 Kom, eet julle van my brood, en drink van die wyn wat ek gemeng het;

6 laat staan die eenvoudigheid, dan sal julle lewe, en betree die weg van verstand.

7 Hy wat ’n spotter teregwys, behaal vir homself skande, en hy wat ’n goddelose bestraf, vir homself ’n skandvlek.

8 Bestraf ’n spotter nie, anders haat hy jou;bestraf ’n wyse, en hy sal jou liefhê.

9 Deel mee aan die wyse, en hy sal nog wyser word, leer die regverdige, enhy sal insig vermeerder.

10 Die beginsel van die wysheid is die vrees van dieHere, enkennis van die Heilige is verstand.

11 Want deur my word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg.

12 As jy wys is, is jy wystot jou voordeel, en is jy ’n spotter,dan moet jy dit alleen dra.

13 Vrou Dwaasheid is onrustig, pure eenvoudigheid en heeltemal onkundig;

14 en sy sit by die deur van haar huis, op ’n stoel op die hoogtes van die stad,

15 om te nooi die wat op die weg verbygaan, die wat op hulle paaie reguit wandel:

16 Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen! En die verstandelose, aan hom sê sy:

17 Gesteelde waters is soet, en brood in die geheimgeëet,is lekker.

18 Maar hy weet niedat dáár skimme is, dat haar genooides in die dieptes van die doderyk is nie.

SPREUKE 10

Spreuke oor verskillende dinge.

1 DIE spreuke van Salomo.’n Wyse seun verbly die vader, maar ’n dwase seun is ’n bekommernis vir sy moeder.

2 Skatte deur goddeloosheid verwerf,bring geen voordeel nie, maar geregtigheid red van die dood.

3 DieHerelaat die regverdige nie honger ly nie, maar die begeerlikheid van die goddelose stoot Hy weg.

4 Hy word arm wat met ’n trae hand werk, maardie hand van die vlytiges maak ryk.

5 Hy wat in die somer wegbêre, is ’n verstandige seun; hy wat vas slaap in die oestyd, is ’n seun wat skande maak.

6 Seëninge is daar op die hoof van die regverdige, maar die mond van die goddelose verberg geweld.

7 Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën, maardie naam van die goddelose vergaan.

8 Hy wat wys van hart is, neem die gebooie aan, maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot ’n val.

9 Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig, maar hy wat sy weë krom maak, word bekend.

10 Hy watmet sy oog knip, veroorsaak smart, en hy wat dwaas spreek, kom tot ’n val.

11 Die mond van die regverdige is’n fontein van lewe, maar die mond van die goddelose verberg geweld.

12 Haat verwek twiste, maarliefde bedek al die oortredinge.

13 Op die lippe van die verstandige word wysheid gevind, maar die roede is vir die rug van die verstandelose.

14 Die wyse lê kennis weg, maar die mond van die dwaas is ’n ondergang wat naby is.

15 Die goed van die ryke is vir hom ’n sterk stad; die ondergang van die behoeftiges is hulle armoede.

16 Wat die regverdige verwerf, is vir die lewe; die inkomste van die goddelose is tot sonde.

17 ’n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem; maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald.

18 Hy wat haat verberg, het valse lippe; enhy wat skindertaal uitstrooi, is ’n dwaas.

19 By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maarhy wat sy lippe inhou, handel verstandig.

20 Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer; die hart van die goddelose is min werd.

21 Die lippe van die regverdige help baie mense reg; maar die dwase sterf deur gebrek aan verstand.

22 Die seën van dieHere— dit maak ryk, en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.

23 Dit is ’n vermaak vir ’n dwaas om ’n skandelike daad te doen, net so is wysheid vir ’n man van verstand.

24 Waar die goddelose bang voor is — dit kom oor hom; maardie begeerte van die regverdiges vervul Hy.

25 Wanneer ’n stormwind verbygaan, isdie goddelose nie meer nie;maar die regverdige is vir ewig gegrondves.

26 Soos asyn vir die tande en soos rook vir die oë, so is die luiaard vir die wat hom stuur.

27 Die vrees van dieHerevermeerder die dae, maardie jare van die goddelose word verkort.

28 Die verwagting van die regverdiges is vreugde, maardie hoop van die goddelose vergaan.

29 Die weg van dieHereis vir die opregte ’n vesting, maar ’n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid.

30 Die regverdige sal vir ewig nie wankel nie, maardie goddelose sal in die land nie bly woon nie.

31 Die mond van die regverdige laat wysheid uitspruit, maar die valse tong word uitgeroei.

32 Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is, maar die mond van die goddelose is pure valsheid.